|
|
 |
Nuus - News |
|
Korrupsie 'vier hoogty' |
 |
 |
 |
|
Susan Botha |
|
|
|
 |
PAARL-OOS is 'n 'doring in my oog', het areakommissaris Ganief Daniels Donderdagaand kaalkop gepraat oor korrupsie en die swak toestand van die polisiestasiegebou.
Daniels het gepraat by 'n vergadering wat deur raadslid Lutisia Daries in haar private hoedanigheid gereël is.
"Die personeel by Paarl-Oos polisie is 'n probleem. Onder die mense is goeie mense, maar ons sit met die realiteit van korrupsie," het Daniels gesê.
"Ek het Maandag amper my trollie verloor. Daar is mense in Paarl-Oos wat gedood en geroof word met vuurwapens. Waarom het ons oor twee |
 |
 |
|
weke dan nie een vuurwapen opgespoor nie?"
Daniels sê hulle het 'n groot probleem met inligting wat uitlek.
"As ons misdaadoperasies beplan, moet |
|
 |
 |
|
VERRAAIERS. "As ons misdaad-operasies beplan, moet ons daar doer in die bos gaan sit, anders help dit nie. Hier is polisiemanne wat hul makkers verkoop vir 'n kis bier." - areakommissaris Ganief Daniels |
|
 |
 |
|
ons daar doer in die bos gaan sit, anders help dit nie. Hier is polisiemanne wat hul makkers verkoop vir 'n kis bier.
"Ek kan nog verstaan as dit vir vyf- of tienduisend rand is, maar nie dit nie.
"Ek hoor van 'n geval waar 'n man beroof word en net in sy onderbroek langs die pad gelaat word.
"Die Polisie kom en laai hom saam met 'n klomp kriminele agter in die vangwa. By die stasie aangekom, is die man behoorlik gekarnuffel deur die misdadigers," het hy vertel en gesê dit kan nie geduld word nie.
"Ons sit met 'n interne probleem. 'n Skof het tussen vyf en agt lede en dan het ons altyd een, gewoonlik 'n man, wat stressiekte, of dronksiekte, of luiheid onder die vlees het."
Komm Daniels sê hulle het drastiese maatreëls in werking gestel om die probleem aan te spreek. "Ons het 'n totaal nuwe bestuur ingebring. Op 1 Julie begin 'n nuwe stasiekommissaris en ons het ook van die vrot appels op die skofte weggevat."
Sy aankondiging is met luide applous en oproepe van "dankie, dankie!" begroet.
Daniels het hom ook sterk uitgespreek oor die toestand van die stasie en gesê die gebou is onaanvaarbaar. "Ek moet erken die gebou en omgewing waar u moet sake doen met die polisie is nie gesond nie.
"Dit maak nie saak of ons die grootste krimineel in die selle aanhou nie, hy het die reg op 'n gesonde omgewing.
"Dit is ook bitter moeilik om personeel te motiveer en die gees reg te kry onder sulke omstandighede."
Hy het darem goeie nuus vir die gemeenskap en die polisie ook: "Ons gaan binne die volgende paar weke uit op tender vir die nuwe stasie."
Dié polisiestasie gaan by Orleanspark opgerig word en Daniels glo hulle gaan binne 18 maande die gebou kan betrek.
Die bestaande gebou in Klein Drakensteinweg sal steeds oop bly as 'n kontakkantoor.
'n Saak wat hom bekommer, is die gemeenskap se houding wanneer die polisie optree.
"Die mense kla van smokkelhuise. Maar as ons optree, word die voertuie se ruite stukkend gegooi en personeel beseer. En dit is nie kriminele wat dit doen nie - dit is gewone inwoners."
Daniels sê een van die planne wat hy in die mou voer, is 'n spesiale reaksiegroep wat onmiddellik beskikbaar kan wees, bo en behalwe die gewone patrollievoertuie.
Onder die kopsere wat die publiek geopper het, was swak dienslewering by die polisiestasie, amptelike voertuie wat gebruik word vir private vervoer en klagtes wat glad nie, of baie laat, ondersoek word. Die publiek moet ook opgevoed word oor hul gedrag tydens polisieoptredes.
"Ek wil nie die alfa en die omega beloof nie. As ons die grote olifant wil opeet, sal ons dit stukkie vir stukkie moet doen, was komm Daniels se antwoord.
Hy het gesê dat hy oor 'n paar maande 'n opvolgvergadering gaan hou om te hoor of sake verbeter het.
Die publiek is gevra om 10111 te skakel met sake en te sorg dat hulle die nodige besonderhede byderhand het. Vir vertroulike inligting wat hulle nie aan enige polisielid wil verskaf nie, kan hulle 863-1040 skakel.
* Area commissioner Ganief Daniels says he will address corruption at the Paarl East police station on all levels. |
 |
|
 |
|
|
|
 |
OM trein te ry sonder 'n kaartjie het Saterdagoggend 'n man duur te staan gekom - en 'n vrou daarenteen, baie gelukkig gemaak.
Skuriteitsmanne wat om 08:00 'n passasier by Maitland-stasie voor stok gekry het omdat hy nie 'n kaartjie gehad het nie, het snuf in die neus gekry.
Die man se voete was letterlik toegepak met bultende drasakke.
Toe hulle 'n sak oopmaak, en 'n videomasjien met die naam R Rabie en 'n adres daarop geskryf ontdek, was die gort gaar.
Sekuriteitsmanne Bongiwe Dyantiyi en Lungisa Zenzik van Sechaba Protection Services het die passasier aangehou en aan polisie-sersant Samuel Engelbrecht oorhandig.
Intussen het Rehanna Rabie van Noorder-Paarl die Vrydagnag tuisgekom en dadelik besef hier is moeilikheid. Haar kombuisdeur het oopgestaan en daar is duidelik deur die huis gesnuffel.
Sy het die polisie ingeroep en skaars was die speurders daar, of hulle kry 'n oproep. Die verdagte huisbreker is in hegtenis.
Met ondervraging het insp Nardie Groenewald kon vasstel dat die verdagte gereeld tussen die Paarl en Kaapstad pendel en dat hy met die inbraak verbind kon word.
Terence Cloete (25) van Athlone het Maandag in die Paarl landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding.
Cloete het agt vorige skuldigbevindings, ook vir 'n huisbraakklag in die Paarl, en het sy paroolvoorwaardes verbreek.
Maandagoggend was daar vreugde toe Rehanna haar eiendom kon gaan opeis by die Paarl polisiestasie.
Daar was sakke met klere en drafskoene, juweliersware, grimering, parfuum, horlosies, wekkerradio, 'n videokamera, videomasjien, musiekkassette, 'n tweerigtingradio, hondeleiband, sigarette en selfs 'n bakkie jogurt.
Een groot bruin tas is egter nog soek.
En daarin is Rehanna se leer motorfietsbroek en -baadjie, 'n geleende onderbaadjie met dosyne wapens van motorfietsbyeenkomste, en 'n armvol aandklere.
"Hoekom my hond nie geblaf en my huiswerker nie wakker geword het nie, sal ons nooit weet nie," het Rehanna gesê.
"Daar het nog stapels goed reggestaan om weggedra te word."
Dit was Rehanna se elfde kennismaking met diewe en inbrekers. Daar is boonop al drie keer by haar huis in Hermanus ingebreek en haar motor is ook al in Kaapstad gesteel.
Sy is nou nog kwaad oor haar gereedskapkiste wat drie weke gelede uit haar motorhuis in Noorder-Paarl gesteel is.
"Ek maak alles self reg en ek het meer spykers en skroewe en dinge in daardie kiste gehad as die voorraad in 'n hardeware winkel.
"Net soos my videomasjien, is my naam ook op die gereedskapkiste.
"Ek is 'n 'tipiese' Suid-Afrikaner," kon Rehanna hierdie week spot. Om dié eer te verdien het ek al genoeg kere onder inbrekers deurgeloop."
* Being caught without a train ticket has cost an alleged burglar his freedom, when stolen goods were found on him. |
 |
|
|
|
 |
Twee is eens te veel |
|
|
 |
|
 |
 |
|
EEN Carolissen is al mans genoeg, maar kry jy met pa én seun te doen, is jou doppie geklink.
En moenie dat Alan en Ryno Carolissen nog die lang arm van die gereg ook bytrek as jy wil ontsnap van 'n ongelukstoneel nie. Wegkomkans is daar dan nie.
Ryno (19) het by die rooi verkeerslig by die aansluiting van Jan van Riebeeckrylaan met Lady Greystraat in die Paarl gestaan toe 'n motor skielik sy voertuig skuins van agter gestamp het.
Hy het enkele meters verder by Paarl Motors van die pad getrek, maar in plaas daarvan dat die skuldige party by hom stop, het die man vetgegee.
Ryno het met sy selfoon sy pa geskakel, en dié eienaar van Paarl AC Rottweiler sekuriteit, het dadelik die polisie verwittig.
In die beheerkamer het insp Jerome Solomon en sers Joseph Kasper die agtervolging gemonitor.
"So kon Ryno my en die polisie die hele tyd op hoogte hou van die roete waarop hy die man gejaag het," sê Alan.
Ryno vertel: "Ons is uit die Paarl uit, regs in Arboretumstraat en oor Ceceliastraat na Nuwe Vleistraat. Daar het hy sy ligte afgeskakel, maar toe ek sien hy draai, was ek agter hom."
Toe die man sekondes later in 'n akkerboom vasjaag was Ryno, sy pa en 'n polisievoertuig met inspekteurs Niel Gelderblom en Heinz Samson by.
John Philander (19) van Robertson het vertel dat die bestuurder dronk was, en weggehardloop het, maar van so 'n persoon kon daar geen spoor gevind word nie.
Die ander insittendes, sy broer Eben Philander, sy vriendin Carmen Gouws van Worcester en haar sewe-maande oue babaseun, is met ernstige beserings na die hospitaal geneem.
Daar is later vasgestel dat die motor in Robertson gesteel is. John Philander is van diefstal van 'n motorvoertuig asook roekelose en nalatige bestuur aangekla.
* A car thief was caught when he crashed after being chased by a member of the public . |
 |
|
|
|
 |
Die Kraal te koop |
|
|
 |
|
 |
DIT is nou amptelik: die stadsraad het besluit om die historiese sportterrein Die Kraal, regoor die Huguenot-gemeenskapsaal in Paarl-Oos, te verkoop.
Dit, ten spyte van 'n oorweldigende oproep uit die gemeenskap om die grond te behou vir sport.
Tenders word nou ingewag vir voorstelle vir sakeontwikkeling op die grond en beswaarmakers moet hul besware teen volgende Vrydag indien.
As teenprestasie moet potensiële ontwikkelaars 'n donasie gee vir sportontwikkeling op die oop terrein agter die gemeenskapsaal, of dit self ontwikkel.
"Wat 'n tragedie, wat 'n skande!" het 'n besorgde inwoner, aan die Paarl Post gesê.
Hy praat van die vergadering in Maart om insette van die gemeenskap te kry en sê dit is nogal ironies dat een van die raadslede daar, juis die eienaarskap van die grond bevraagteken het.
"En daar was aan haar belowe om die bewyse te toon by 'n beloofde derde vergadering, wat nooit plaasgevind het nie," lug hy talle mense se verontwaardiging.
Hy wys daarop dat die Paarl nie minder nie as 25 Springbokke in verskillende sporte opgelewer het, vier voor die Tweede Wêreldoorlog.
"Die Kraal het spelers opgelewer wat 'n Rudolf Straeuli net kon droom van.
"Die Kraal was die enigste rugbylandjie in die Paarl waar hele families Saterdae opgetrek het en 'n familiedag gehou het.
"Dit was vir ons gemeenskap van die Paarl soos Coetzenburg vir Stellenbosch is.
"Die Kraal was en is nog steeds daar, ten spyte van die politieke veranderings."
Hy het gepleit dat die Raad moet afsien van sy plan om "Die Kraal" te verkoop.
Hy sê só 'n stap sal op verraad neerkom: "Ek hoop en vertrou hulle almal dink mooi en deeglik daaroor, aangesien die volgende verkiesing op hande is."
Voorstel
Nog 'n persoon wat die vergadering bygewoon het, Leonard Koza, meen dat dit belangrik is om die sportkarakter van die grond te behou.
"'n Sportakademie, wat nie sakeontwikkeling uitsluit nie, kan dalk net die goue middeweg wees vir die terrein.
"Dit kan alle sportkodes bedien en behalwe afrigters kan daar ook spesiaal aandag gegee word aan belowende sportsterre."
Koza stel voor dat só 'n akademie kan bekend staan as Die Kraal Sportakademie, wat die historiese naam behoue sal laat bly.
"Die akademie kan gelykstaande aan 'n technikon wees, met beurse en ander studiehulp aan hulpbehoewende studente."
Tenders
Tenderdokumente met 'n liggingsplan en verkoopvoorwaardes, is beskikbaar by die Kantoor van die Hoof: Korporatiewe Dienste (Afdeling: Eiendomme Administrasie), by die munisipale kantore in Bergrivier Boulevard.
Navrae kan gerig word aan tel 807-4621.
Verseëlde tenders moet ingedien word nie later nie as Donderdag 17 Julie om 10:00.
Besware teen die voorgestelde verkoop van die grond moet skriftelik by die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, ingedien word, nie later as Vrydag 4 Julie nie.
* The town council has decided to sell Die Kraal sportsgrounds by tender. |
 |
|
|
|
 |
Raad wil boere help |
|
|
 |
|
 |
 |
|
"EK dink dit is baie onregverdig dat ons gemeenskap provinsiale dienste moet subsidieer."
Raadslid André de Villiers (NNP) het Dinsdag by die eerste vergadering van die nuwe burgemeesterskomitee van Drakenstein Munisipaliteit gesê daar moet gepraat word oor dienste soos gesondheid en biblioteke, wat eintlik provinsie se verantwoordelikheid is.
Indien die geld van provinsie gekry kan word, voel hy daar kan gekyk word na 'n vermindering in eiendomsbelasting vir veral boere.
"Ons tariewe vir boere is beslis die hoogste in die Wes-Kaap en daar kan selfs gekyk word na gewone huiseienaars wie se tariewe met 9,5% verhoog het, pleks van 'n beplande 5%.
"Ons sal ons plig versuim as ons dit nie doen nie," het hy gesê.
Raadslid JT Basson (NNP) het die voorstel ondersteun, veral met betrekking tot die landbou.
Raadslid Arthob Petersen (ANC) was, nes die res van die komitee, dit eens met hulle dat 'n ontmoeting met provinsie nodig is.
Petersen het aanvanklik die bewering oor landelike belastingtariewe in twyfel getrek en ook bygevoeg dat die deur nog oopstaan vir verdere onderhandelinge.
Burgemeester Herman Bailey het egter bevestig dat daar by 'n onlangse vergadering van burgemeesters vasgestel is dat Drakenstein se landelike tariewe wel die hoogste in die provinsie is.
Die saak is nie verder bespreek nie, maar daar is besluit om 'n dringende afspraak met die betrokke provinsiale ministers aan te vra.
Dienste soos biblioteke, brandweer en gesondheid kos die Munisipaliteit in die omgewing van R35 miljoen per jaar. |
 |
|
 |
Boetie Theron is te na gekom |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE man wat jare lank al 'n vrou sou verpes het, en nadat sy met Boetie Theron van Wellington getroud is, sy visier ook na hom verskuif het, is deur die hof verbied om die egpaar verder lastig te val.
Die eis om skadevergoeding weens 'n sogenaamde seksueel oordraagbare siekte is teen die Therons teruggetrek en nou wil die gesin "net met hul lewens aangaan".
Chris Bellingan, die man van Bellville wat die eis ingestel het, word deur 'n geslaagde aansoek in die hooggeregshof "van enige verdere litigasie weerhou".
'n Kostebevel is ook deur die Hooggeregshof teen Bellingan uitgereik sodat hy vir hofonkostes aanspreeklik gehou sal word.
"Ons het meer as 'n jaar gelede al die aansoek by die Kaapstadse Hooggeregshof ingedien," het Trudie Theron, voormalige vriendin en besigheidsvennoot van Bellingan, gesê.
"Ons wou sy herhaalde, uiters kwelsugtige litigasie, vir eens en altyd stopsit. Bellingan het oor 'n lang tydperk met dié litigasie teen my volhard en nadat ek met mnr Theron getroud is, ook teen my man.Die motief was om sensasie te wek deur die publikasie van berigte en om ons sodoende te verneder."
Bellingan het deur sy prokureur, Johan Matthee van Malmesbury, 'n eis om skadevergoeding namens hom en ene Rosemary de Beer by die Landdroshof op Wellington ingedien en kon daarin slaag dat 'n verstekvonnis toegestaan is.
Die saak is intussen deur De Beer geabandoneer en Bellingan is deur die Hooggeregshof beveel om die saak terug te trek. Die verstekvonnis is deur landdros Patrick Ross tersyde gestel. |
 |
|
|
Kop gekrap oor huisloses |
 |
Susan Botha |
 |
|
|
 |
|
 |
ORAL is hopies besittings, van klere en komberse tot verflenterde huisraad en selfs 'n dubbelbed of twee.
Mense sit saamgehurk in die sonkolletjies, met maer honde en katte wat rondsnuffel in die vullis. Hier en daar vee 'n vrou rommel weg.
Hierdie is die toneel "Agter Alan se Bar", die oop perseel agter 'n kroeg op die hoek van Jan van Riebeeck en Klein Drakensteinweg, waar sowat honderd mense die afgelope twee jaar 'n heenkome probeer vind.
Die Paarl Polisie het onlangs die Drakenstein Munisipaliteit en ander rolspelers gevra om saam met hulle 'n besoek te bring aan twee groot knelpunte in die dorp.
Die ander een is die sogenaamde "Walletjies", die informele nedersetting op die wal van die Bergrivier, in die omgewing van die moskee in Bergrivier Boulevard.
Ook hier bly mense onder stukke plastiek en karton, met rommel en menslike afval wat die hele area bevuil.
Ná 'n ondersoek by die twee persele, het die polisie 'n video wat oor 'n tydperk van 'n paar maande gemaak is, aan die rolspelers vertoon.
Stasiekommissaris Paul Marais het verduidelik hoe die meeste van dié mense 'n bestaan maak deur betrokke te raak by misdaad - om te oorleef.
"Hulle word deur sogenaamde "high flyers" gebruik om misdaad te pleeg, net om geld vir kos en hout te kan maak.
"Hierdie misdaadagente is deel van sindikate wat teer op die mense se armoede en steeds meer mense lok om betrokke te raak."
Marais sê van die mense is ook besig om parke oor te neem en daar was reeds twee aanvalle op skoolkinders in die omgewing van Victoriapark in Markstraat, Paarl.
"Dit is nie net onaangenaam en gevaarlik vir die dorp se inwoners nie, dit het ook 'n impak op toerisme.
Marais sê hy voel die verskillende rolspelers moet betrokke raak in langtermyn-oplossings vir dié sosiale euwels. Op die korttermyn sal die polisie steeds probeer om dit onder beheer te hou.
Daar is sowat 'n jaar gelede begin met optredes by die twee probleemareas. By Walletjies het die polisie 32 optredes tussen Junie 2002 en Mei vanjaar gehad.
Daar is 411 arrestasies gemaak, waaronder 226 vir dronkenskap, 85 vir drink in die publiek, 38 vir urineer in die publiek, 22 vir besit van dagga, 6 vir handel in dagga en 15 vir mors van rommel en rioolvullis.
Daar is beslag gelê op drie bergfietse, 579 x750 ml bottels bier, 4362 liter wyn, 485 stoppe en ses pakke dagga, twee daggaboompies, 'n Oka-pyp en Mandrax tablette.
Daar is ook 'n Nissan-bakkie, kameras, twee ID-boekies, 'n mikrogolfoond en wapens gevind.
By "Agter Alan se Bar" was daar in April en Mei vanjaar vier optredes, waartydens 18 mense in hegtenis geneem is vir dronkenskap.
Daar is beslag gelê op onder meer 135 liter wyn en 234 daggastoppe.
Areakommissaris Ganief Daniels het 'n dringende beroep op die Munisipaliteit en ander rolspelers gedoen om die polisie se hand te sterk in dié verband.
Daniels het die publiek gevra om nie goedere te koop wat gesteel is nie.
Anré Koegelenberg, voorsitter van die Paarl-Wes Gemeenskapspolisiëringsforum, sê as inwoner van die dorp verwag hy dat bestaande regulasies toegepas moet word en dat almal oor een kam geskeer word.
Hy meen ook daar moet 'n plan van aksie opgestel word wat dan deurlopend toegepas en gemonitor moet word.
Raadslid Chris Leander het daarop gewys dat hierdie probleme net die simptome is wat ons sien.
"Dit is die simptome van die verlede."
Onderburgemeester Anthea Sheldon het gesê hoewel daar gekyk moet word na hierdie ernstige simptome, dit noodsaaklik is om die grondoorsake aan te spreek.
"Die kernoorsaak is armoede en ons sal holisties na die saak moet kyk."
Raadslid Charmaine Manuel het dié standpunt ondersteun.
Raadslid Sheldon het ook bygevoeg dat daar aandag geskenk moet word aan verouderde munisipale regulasies, veral rakende oop ruimtes soos parke.
Raadslid Jean Smit het daarop gewys dat hierdie nie net 'n plaaslike probleem is nie en dat nasionale rolspelers betrek moet word.
Ritz de la Bat van die Paarlse Sakekamer het gevoel daar moet gekyk word na beter voorsiening vir huislose mense.
"Ons kan nie toelaat dat werklose en huislose mense gekriminaliseer word nie."
'n Belangrike punt is deur maatskaplike werker Anne-Marie MacGregor geopper: "Ons maak planne vir ander mense hier. Wat is die kans om die mense self te betrek by die proses en te hoor wat hulle behoeftes is?"
Almal het saamgestem dat dit een van die prioriteite moet wees van die aksiegroep wat gevorm is.
In 'n uitvloeisel van die vergadering, het die Munisipaleit Vrydag rommel verwyder op die persele.
Mense wat betrokke wil raak kan kapt Johnny May skakel by 807-4000.
* Local councillors recently visited spots frequented by homeless people in central Paarl. |
 |
|
|
|
 |
Klapmuts robbers thrashed |
|
|
 |
THE five men who robbed the Potbelly farm store in Klapmuts of R29 000 two years ago, were sentenced to a total of 89 years imprisonment this week.
Masilewa Monwabisi (29), Lindikhaya Gogela (32), Skumbuzo Penny (29), Norman Qwaka (41) and Zolani Jwambi (27), all from Khayelitsha, were respectively sentenced to 20, 15, 16, 18 and 15 years in the Paarl Regional Court.
In 2001 two of the men followed an employee with wages in his possession, to an office behind the restaurant, where they robbed him at gunpoint.
An alert member of the public sitting in the restaurant suspected that something was wrong when he saw an armed man running to a waiting car, and called the Klapmuts Police from his cellphone. |
|