|
|
 |
Sport |
 |
 |
 |
|
Kano's in droogdok |
|
Leon Steenkamp |
|
|
|
 |
VIR die eerste keer in die 41-jarige bestaan van dié Bergrivier Kanomarathon, sal dié legendariese wedvaart nie in die Paarl wegspring nie.
Dié besluit is Dinsdagaand geneem deur André Collins, voorsitter van die Bergrivier Reëlingskomitee, en Giel van Deventer, |
 |
 |
|
|
STILTE VOOR DIE STORM. Roeiers kon die afgelope tyd in byna perfekte somersomstandighede oefen vir die Bergrivier Kanomaraton. So warm was die weer en min die reën dat die wegspringpunt van die Marathon dalk na Hermon verskuif sal word. Vyf van die ontwikkelingsryers wat vanjaar gaan deelneem, is van links Jermaine Pietersen, Beaucrim Coetzee (wie vanjaar vir die eerste keer deelneem), John Stander, Wayne August en Niklas Tiras. Nog twee roeiers van wie daar ook groot dinge verwag word, is Moses Afrika en Paul Lombard. Foto: Leon Steenkamp |
|
|
 |
 |
|
veiligheidsbeampte van die wedvaart wat op 2 Julie begin en op 5 Julie op Velddrif ten einde loop.
Die watervlak van die Bergrivier is so laag dat die gedeelte tussen Paarl en Hermon onbegaanbaar is vir roeiers.
Volgens Herbert Conradie, voorsitter van die Paarl Kanoklub, is die groot probleem die 15km tussen Grensplaas en Hermon.
"Die groot kopseer is die boomstompe op die bodem van die rivier. Met die water wat slegs 'n voet bokant die stompe is, moet daar letterlik bo-oor die bome geklim word," vertel Conradie. |
|
 |
 |
|
Roeiers wat die gedeelte onlangs geroei het, vertel dat hulle tot vyf uur geneem het om dit af te lê, pleks van 90 minute wanneer die water hoër is.
Van Deventer, 'n veteraan-roeier wat die Berg al 33 keer voltooi het, beaam die toestande.
"Dié deel van die rivier is heeltemal onrybaar," het hy gesê.
Tensy daar onverwagte reën val in die volgende week, in teenstelling met huidige voorspellings, sal die marathon by Hermon begin.
Die eerste dag se skof sal dan by Bridgetown, pleks van Zonquasdrif, ten einde loop. Dit verleng die roete van 60km na 65km.
Op die tweede dag sal die roeiers weer terugkeer na Zonquasdrif en die tradisionele been roei tot by Bridgetown. Die res van die wedvaart sal onveranderd wees.
"Daardie gedeelte van die rivier sal wel twee keer geroei word, maar uit 'n roeiersoogpunt sal dit nie so baie verskil maak nie. Die vierdag-formaat bly dieselfde en net die roete verander," sê Van Deventer.
Ondanks die lae watervlak sal die roeiers nietemin meer tyd op die water spandeer as op die oewer.
"Die res van die rivier is baie vlak, maar selfs waar die water maar 50cm diep is, kan daar geroei word. Die uitklimplekke is redelik min, met lang tye se roei tussenin."
Met die water wat so te sê stil staan, word 'n aansienlik stadiger wentyd vanjaar verwag, met die agterosse wat veral gaan swaar kry, sê Van Deventer.
Hy glo ook nie die toestande sal die aanslag van die Kapenaar Graeme Solomon op sy tweede Bergrivier-titel veel belemmer nie.
"Graeme het eerste gekom in al die kwalifiserende bene en bewys dat hy in vlak water kan roei. Die Berg sal steeds 'n roei-marathon wees en nie so baie hardloopwerk verg soos die Dusi nie," sê Van Deventer.
Volgens die Paarliet was die rivier in 1978 ook baie laag.
"Ek dink nie die rivier is vanjaar laer as in '78 nie. Maar omdat daar destyds nog nie so baie boomstompe in die rivierloop tussen Grensplaas en Hermon gelê het nie, was dit nie so 'n groot probleem nie."
Die roeiers sou juis oormôre die been van Wellington tot by Hermon geroei het, maar dit is afgestel. Daar sal nou van Gouda tot by Drie Heuwels geroei word.
* For the first time in history the Berg River Canoe Marathon looks set to start outside Paarl due to the low water level. |
 |
|
 |
 |
|
Tyd van rekenskap |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
"ONS het dié seisoen nog niks bereik nie, net 'n vliegtuigkaartjie na Johannesburg, dit is al, maar ons kan die toernooi wen. Ons het 'n job om te doen, so kom ons gaan doen dit."
Dit was die woorde van Hennie Smit, kaptein van Wellington Rugbyklub se eerstespan op die vooraand van die span se vertrek na die Nasionale Klubkampioenskappe.
Die span vertrek môre na Johannesburg vir dié toernooi wat Saterdag by die RAU-stadion afskop.
Die Bolanders kom Saterdag in hul eerste wedstryd teen Cambridge van Grens te staan. Daarna kom hulle te staan teen die wenner van die wedstryd tussen Maties (WP) en Groot Brakrivier (SWD).
"Ons is glad nie bang vir Maties nie. Ons vat dit span vir span en wedstryd vir wedstryd," het Smit Maandagaand tydens 'n borge-funksie op Wellington gesê.
Wellington wat in 1999 laas in die klubkampioenskappe gespeel het, het tot dusver 'n droomseisoen beleef.
Die klub is in 'n gees van vernuwing met baie jong spelers, 'n nuwe afrigter, nuwe kaptein, en 'n nuwe veld en klubhuis.
Die oudste speler is Derick Pool (33) en die jongste,Tiaan Burger (18), met die gemiddelde ouderdom van die span op 23 jaar. Agt van die spelers is nog o.20, draf ook uit vir die o.21 liga en 'n paar sal beslis deel uitmaak van die Boland o.21 span.
"Dit het baie te doen met die jong manne in die span, die ouens wíl goed doen. Die ervaring van die ouer spelers bring weer daardie nodige rustigheid in die span," verduidelik afrigter Jaco Stouman die klub se sukses.
Daarby was Wellington ook baie gelukkig om tot dusver die beseringspook vry te spring.
"Net ons gereelde heelagter, Kris Joubert, kon nie vir die kampioenskappe oorweeg word nie. Hy het 'n geskeurde skouerspier opgedoen ná 'n kontaksessie saam met die Boland-span," sê Stouman. "Ons hoop net om dit so deur te dra."
Volgens Stouman het sy span groot skoene om te vul. "Ons het 'n redelike hoë gradering gevang omdat ons oorneem by Ceres wat verlede jaar in die halfeindstryd uitgeval het." Wellington is derde gekeur om die toernooi te wen.
Maar die breier is positief dat sy span sal goed doen.
"As ons ons spelpatroon en ons tipe rugby kan speel, kan ons goed vertoon. Die ouens weet wat vir hulle voorlê. Die grootste ding is dat daar kalmte in die span moet wees," het Stouman gesê.
Smit stem saam dat die jong en ouer spelers mekaar goed aanvul wat sorg vir 'n "fantastiese" spangees.
"Dit is die meeste van die ouer spelers se derde klubkampioenskappe, terwyl dit 'n eerste vir die jonger klomp is. Dit kan 'n goeie of 'n slegte ding wees. Dit is dus baie belangrik dat ons goed geestelik voorbereid is.
"Maar ons is 'n goed gebalanseerde span wat baie hard gewerk het om 12 ligawedstryde uit 12 te wen met bonuspunte. Ons groot motivering is dat die spelers vir mekaar speel," sê Smit.
Tydens die geleentheid het Boland Rugby Unie se uitvoerende beampte, Piet Bergh, die span ook sterkte toegewens.
"Dit is goed dat ons ander klubs kry wat die Boland verteenwoordig. Ceres het verlede jaar gewys wat daar in 'n plattelandse span steek en ons het gewys dat ons nie hoef terug te staan vir WP se klubrugby nie," het Bergh gesê.
Dolf Stemmet, president van WRK, het Three Ships Whisky bedank vir hul borgskap van nuwe truie en klerasie vir die toernooi.
Wellington het tydens die 1998 klubkampioenskappe 15-12 teen Cambridge vasgeval in 'n modderbad van 'n veld in Oos-Londen en so net-net uitgemis op 'n plek in die halfeindstryd. Die kampioenskappe is toe nog net op naweke beslis met spanne wat regoor die land teen mekaar speel. Dit is die eerste keer dat Wellington aan die toernooi-formaat deelneem wat in 2000 ingestel is. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Paarlite takes a jab at title |
|
|
 |
|
|
|
 |
A world title beckons for a local boxer after he secured a fight with a champion of Africa.
Henry Vaughan from Paarl is set to fight the Kenian Chris Sirengo in October for the World Boxing Institute's (WBI) Junior Heavyweight title.
It will be the Paarlite's first fight since 1997.
Vaughan started boxing in 1988 and won the SA Amateur Heavyweight Championship in the same year. Six months later he turned professional.
It is not his first shot at a world title fight. In 1995 the World Boxing Organissation (WBO) presented Vaughan with a chance to fight a Chinese for the international junior heavyweight title.
He however first had to fight the SA junior heavyweight champion, Jacob Mofeking - a fight which never came about.
At that time the Paarlite was the Western Cape Junior Heavyweight Champ, a title which has since been declared vacant as he hasn't fought since 1997.
Vaughan has been training constantly for when he and Sirengo lock horns in Tanzania in October.
With the help of promoter Willie Saayman from La Federation de Combat d'Afrique, Vaughan will also be in action in two warm-up fights.
The first is tentatively planned against Sibosiso Mshlope next Saturday in George, followed by a clash with Mkoseli "Tyson" Kabeni in early August in Paarl for the vacant Western Cape title. |
 |
|
 |
 |
|
Albions verras Peoples |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
SATERDAG se Premierliga A wedstryd tussen Albions en Young Peoples het weer eens bewys dat wanneer die plaaslike spanne teen mekaar speel, 'n mens niks as vanselfsprekend kan aanvaar nie.
Albions het op 'n oortuigende wyse vir Peoples met 25-5 op Daljosafat kafgedraf.
Dit is veral verrassend aangesien Albions tot dusver dié seisoen redelik wisselvallig vertoon het, terwyl Young Peoples 'n beter vertoning gelewer het en tot en met Saterdag tweede op die punteleer gelê het.
Daarby het Paarl die vorige Saterdag 23-8 met Albions afgereken, terwyl Young Peoples vir Paarl 24-22 geklop het.
Die hewige reën waarin die wedstryd gespeel is, het sekerlik 'n rol gespeel. Maar dit was Albions wat beter in dié toestande gespeel het.
Teen rustyd was dié span reeds 10-0 voor, danksy die linkervleuel Alwyn Hugo wat met 'n strafskop asook 'n drie en doelskop geslaag het.
Soos te wagte kon wees, is die wedstryd grotendeels voorlangs beslis.
Albions se agterlyn het egter deurgaans meer op hul gemak gelyk as hul Peoples-eweknieë en het goeie rugby verseker vir die kannie-dood ondersteuners wat selfs die gure weer trotseer het om hul spanne te ondersteun.
In die tweede helfte slaan Peoples terug met 'n drie deur Carlo Cornelissen (slot).
Albions het nie gaan lê nie en in die laaste kwartier slaag Marius Claassen (skrumskakel) met 'n strafskop, terwyl Hugo en Gemaine Poggenpoel (senter) albei weer druk.
Claassen se doelskop verseker 'n goeie oorwinning vir die Streeptruie.
Paarl Rangers kon Saterdag in hul tuiswedstryd teen Rangers net nie daarin slaag om vier drieë te druk in hul 17-11 oorwinning oor die span van Kaapstad nie.
Die gebrek aan 'n bonuspunt plaas Paarl Rangers nou gelyk met Franschhoek bo-aan die Premierliga B punteleer ná afloop van die eerste ronde.
In die wedstryd op Daljosafat het die besoekers die eerste helfte oorheers en met rustyd 5-0 voorgeloop.
Die tuisspan het egter in die tweede helfte hul ritme gevind en met drie drieë en 'n doelskop geslaag teenoor die twee strafdoele van Rangers.
Vir die Paarliete het Roger Ruiters (vleuel), Derick Solomons (heelagter) en Johannes van Reenen (agsteman) gedruk. Butch Green (stut) het met 'n doelskop geslaag.
Windmeul United het Saterdag op Daljosafat verseker dat hulle gesamentlik eerste eindig na die eerste ronde van die Premierliga C, deur 11-0 met Paarl Violets af te reken.
Twee strafskoppe deur Jan Williams en 'n drie deur Axreal Malgas het Windmeul se punte op die bord gesit. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Kilotreads-span môre in aksie |
|
|
 |
DIE Kilotreads-rugbyspan kom môreaand in hul eerste kragmeting van die seisoen teen die Superliga A span van Kuilsrivier te staan.
Aangesien Paarl Rugbyklub Saterdag nog 'n ligawedstryd speel, is hul gekose spelers nie vir Vrydagaand se wedstryd beskikbaar nie.
Volgens Thomas du Plessis, voorsitter van die Paarl Rugbykode, is van die WP-keurders genooi om die wedstryd op Faurestraat by te woon.
'n Voorwedstryd tussen die o.20-span van Paarl Rugbyklub en 'n Uitnodiging o.20-span sal om 18:00 afskop, terwyl die hoofwedstryd om 19:30 sal begin.
Toegang is R5 (R3 vir studente en gratis vir kinders o.12).
Die voorlopige span is Eugene Herklaas, Jacques Lategan, Stefanus Cedras, Adlie Moerat, Ju-Wayne Cyster, Mandred Hendricks, Barry Williams, Morné Goetham, Bradley Fortuin, Lionel van Vuuren, Carlo Carolissen, Roderick Allies, Alfredo Hendricks, Rowan Fortuin en Hamley Marquard. |
 |
Newtons verbaas met nederlaag |
|
|
 |
 |
|
IN hul wegwedstryd het Newtons verras toe hulle Saterdag teen een van die huidige agterosse in die Boland Superliga A2, Abbotsdale, vasgeval het.
Die wedstryd is in gure weersomstandighede afgehandel en swak hanteerwerk was aan die orde van die dag.
Newtons het eerste punte aangeteken en na volgehoue druk deur die voorspelers bars die agsteman, Hendrik Mars, oor die doellyn vir 'n drie.
Tino Prins druk weer vir die besoekers na 'n goeie agterlynbeweging en nadat Abbotsdale met 'n strafskop slaag, gaan drink die spelers water met die telbord op 10-3.
In die tweede helfte dikteer die tuisspan die wedstryd en kruip hulle nader met 'n verdere strafskop.
Abbotsdale se druk werp vrugte af toe hul agsteman in die laaste minute druk om die Wellingtonners 13-10 te klop.
Newtons speel Saterdag tuis teen Ashton. |
 |
Gardens en Rangers pak mekaar in derby |
|
|
 |
|
 |
 |
|
YOUNG GARDENS het Saterdag weer 'n wen in hul sak gesteek nadat hulle in 'n tuiswedstryd vir Polisie 15-5 geklop het.
Die oorwinning is 'n veer in Gardens se hoed aangesien Polisie tans derde op die Premierliga B punteleer lê. Die Rooi Rose self het opgeskuif na negende posisie.
Dit was veral Gardens se ligte agttal wat die swaarder pak van Polisie goed vasgevat het.
Agterlangs het Richard Abrahams (skrumskakel) en Ryan Coetzer (senter) met aanvallende hardloop-rugby en goeie verdediging vir die Rooi Rose uitgeblink. Hulle het die man van die wedstryd-titel gedeel.
Anwar Daniels en Richard Abrahams het Gardens se drieë gedruk, terwyl Chesley Theo met 'n doel- en strafskop geslaag het.
Saterdag speel Gardens en Paarl Rangers in hul jaarlikse derby teen mekaar.
Die program is 11:00 o.12-spanne, 11:50 o.14-spanne, 12:40 Derdespan, 13:50 Tweedespan, 15:00 Veterane spanne, 15:20 Vrouespanne, 16:10 Hoofwedstryd. Die vroue- en veterane-spanne oefen vanaand 18:00 op Gardenspark. Navrae: Chrisbin 082-713-5973. |
 |
|
 |
|
|
|