safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 26 September 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 3 October 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Mense kan gerus help om strate skoon te hou

[ Top ]


EK stem saam met M du Plessis (Paarl Post 19 September). Daar word gepraat, geskrywe, bespiegel, maar niks word aan die Paarl se vuil strate gedoen nie.

Onlangs was 'n vergadering byeengeroep om oplossing te probeer vind. Ses mense was teenwoordig.

Wat kan hulle teen Paarl se inwoners vermag?

Wat het geword van die mense wat by die munisipaliteit gewerk het? Hulle sit sonder inkomste en loop vir kwaad doen in die strate rond.

As hulle nog strate gevee het, al is dit een keer per week, teen minimumvergoeding, was hulle ook verseker van minimale loon vir iets te eet.

Die beste raad is om elke inwoner te beveel om net elke dag so tien minute af te staan en voor sy eie deur te vee en die vullis op te tel. Daarvoor het elke inwoner 'n vullishouer ontvang.

As daar van munisipale werkers gebruik gemaak word, gee vir elke groep mense 'n sekere area om skoon te hou. Beloon hulle vir die blok wat die skoonste is.

Ek en my man stap gereeld soggens of saans. Sover ek loop maak ek rusie oor die gemors wat so lê.

Hoekom begin ons nie almal saamwerk deur net voor jou eie deur te vee nie?

Ons sal dadelik 'n beter, skoner en mooier omgewing hê.

Hier kom so baie toeriste die Paarl besoek, maar as die dorp so lyk sal die besoeke seker opdroog.

A Conradie


Belastingbetalers moet kyk wat Raad doen

[ Top ]


EK het onlangs die vergadering van die Koöperatiewe Dienstekomitee van die Drakenstein Munisipaliteit bygewoon waar die ouditverslag bespreek was met 'n verteenwoordiger van die Ouditeur-generaal.

Dit is veral kommerwekkend dat die Raad 'n interne ouditafdeling het, maar dat dit volgens die ouditverslag nie behoorlik gedurende die boekjaar 2000/2001 gefunksioneer het nie.

Volgens die munisipale bestuurder sal poste in die afdeling gedurende 2002/3 gevul word indien die Raad se fondse dit toelaat.

Na my mening is dit al hoog-tyd dat hierdie afdeling so gou moontlik beman word en aan die werk spring om nog enige verdere verliese vir die Raad te verhoed.

Hiermee wil ek graag 'n beroep op belastingbetalers doen om meer betrokke te raak met die funksionering van die Raad en ook van hul reg gebruik te maak om komiteevergaderings by te woon om so eersterangse kennis op te doen.

Ek nooi belangstellendes om te probeer om so veel as moontlik sittings van die Raad by te woon.

 Dit is tog immers die belastingbetalers se geld wat oordeelkundig bestuur moet word.

G van der Vent


Ouers, moenie ons skool so teleur stel nie

[ Top ]


EK is 'n ouer van 'n laerskool op Wellington. Ek het onlangs 'n nuusbrief gelees waarin die ouers bedag gemaak word daarop dat hulle hul finansiële verantwoordelikhede teenoor die skool moet nakom.

Glo my, ek was baie teleurgesteld dat ouers nie skoolgelde betaal nie en sodoende nie hul verantwoordelikhede nakom nie.

Ek wil net vir my mede-ouers sê: "Ek en 'n klomp ander voel trots om deel van ons skool te wees".

Ek besef ook dat dit moeilik gaan met sommige van ons, maar glo dat ons weet wat ons prioriteite in die lewe is.

Ons kinders was en is nog altyd gelukkig by ons skool en is nog nooit teleurgestel nie. Hoekom moet ons dan ons skool teleurstel?

Mede-ouers, kom ons wys ons trots en liefde vir ons kinders en kom ons verantwoordelikhede na.

Die lewe is klaar so suur - kom ons maak almal gelukkig, ook ons opvoeders en andere by ons skole wat so baie vir ons kinders omgee.

Bekommerde ouer


Bumper to bumper intercourse on roads

[ Top ]


A FRIENDLY warning to two particular young drivers on the Paarl/Franschhoek road: a CJ white Chico and the champagne silver Tazz 130 that turns in at Klein Waterval daily: both of you have a habit of driving right up on one's rear bumper. 

Now allow me to say this: I am known as "The Braker". I brake summarily when someone is getting too close to my rear.

Should you and I meet by accident it may lead to a court case where one or both would have to explain our driving behaviour.

What will you say is your reason for driving 50 cm behind a fast moving vehicle on wet roads? Why are you reckless as well as homicidal? Or should that be suicidal? 

Please, please, don't take me with you - I'm quite happy to be alive.

But I am not happy when reckless, arrogant drivers chase my behind. I feel unsafe and vulnerable, knowing that you are just an accident waiting to happen. 

What do you gain by driving the way you do? Why are you a terrorist?

If all else fails: take harp lessons - the way you drive you will soon be playing in the Heavenly (or otherwise) Choir.

Just make sure you don't kill someone else in your suicide attempt. 

I'm fed-up with motorists being so close I can see the plaque on their teeth in my mirror.

Biebie Barbara Brits


Wie het my motor gestamp?

[ Top ]


OP 9 September is my motor deur 'n onbekende motoris voor die Vineyard Spar in die Paarl gestamp.

Hierdie persoon het nie die vrymoedigheid of ordentlikheid gehad om sy naam onder my ruitveër te laat sodat ek hom kan kontak nie.

Hy het eenvoudig net weggery sonder om sy verantwoordelikheid na te kom.

Sy groot voertuig het moontlik nie 'n duik of skraap nie, want dis waarskynlik beskerm met 'n "bull bar", terwyl die koste aan my silver Mazda R2000 beloop.

Ek sal dit waardeer indien enige ooggetuies my asseblief sal kontak.

En indien die skuldige hierdie brief lees en sy gewete hom genoeg pla, is hy welkom om my te kontak by 863-1459 (na ure).

C Jordaan


Paarl Post webwerf puik

[ Top ]


GRAAG wil ek die Paarl Post geluk wens met 'n uitstekende webblad. 

Ek en my man is tans woonagtig in Taiwan - hier is omtrent 7000 Suid-Afrikaners op die eiland. Ons was woonagtig in die Paarl.

'n Mens kan altyd staatmaak dat die webblad altyd beskikbaar sal wees en ten volle op datum gebring is teen 'n volgende Donderdag wanneer ons dit lees.

Ek dink dat u waarlik trots kan wees op so 'n uitstekende diens wat u lewer.  Dit is so lekker om weer iets nuuts te lees van wat in die Paarl en omliggende dele gebeur. Groete uit Taiwan.

Teresa Nortjé


Redaksioneel:

Sê en doen is twee dinge

[ Top ]


Sê en doen is twee, laat die beterweteriges gereeld hoor, maar dit is nou een spreekwoord wat 'n groot stuk waarheid bevat.

Vat nou maar die hele debakel rondom die beoogde nuwe tolhek by Joostenbergvlakte.

Praat 'n mens met inwoners van Drakenstein en verduidelik hoe dit hul sakke gaan ruk, is almal direk woedend en by met die mond.

Ons skel onder mekaar, kla onsself moedeloos en praat oor allerlei moontlikhede om die gedoente te stop.

Maar wanneer dit by die doen kom, raak ons so 'n bietjie traag.

Petisielyste is wel onderteken, maar die skriftelike besware wat by die Munisipaliteit ingehandig moes word, was dun gesaai.

Nou is daar nóg 'n geleentheid vir "doen" - Maandag van 15:00 tot 20:00 kan mense die planne gaan bekyk by die ope dag in die Zionsaal in Klein Drakensteinweg, Paarl.

Daar sal geleentheid wees om vrae te vra en om skriftelik kommentaar te lewer, of mense kan ook die konsultante kontak.

'n Hele dertig dae vir kommentaar word toegelaat: kom ons gooi die slagspreuk om en doen 'n slag wat ons sê.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za