safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 26 September 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 3 October 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


'n Droomrok

Susan du Toit

[ Top ]


wrok26MET haar oorspronklike matriekafskeidrok probeer 'n graad 12 leerder van Hugenote Hoërskool om haar droom om verder te kan studeer, verwesenlik.

Elizabeth Bezuidenhout hoop om deur haar deelname aan matriekafskeidrok-kompetisies geldpryse los te slaan met haar unieke skepping. 

Haar bloedrooi romp en bostuk van rou sy het 'n los paneel voor met vigsbewusmakingsembleme daarop uitgeborduur.

Madiba en die disa-embleem van die WP kry 'n ereplek bo aan die paneel omdat Nelson Mandela 'n voorstander is van vigsteenmiddels en die Wes-Kaap

TREFFER. Elizabeth Bezuidenhout het koppe laat draai met haar besondere rok by Hugenote se matriek-afskeid.

'n leidende rol speel met nevirapientoediening.

Ook op die rok is die vigsstrikke, die Christusvissie, AZT en die vigslyer Nkosi Johnson se naam. Die paneel word afgerond met 'n reeks landsvlaggies. 

Elizabeth is sedert haar veertiende jaar by Tarina en Carl Schweidler in pleegsorg. Toe haar matriekjaar aanbreek, het almal begin koppe bymekaar sit vir 'n matriekafskeidrok. Die gedagte was om nie net geld uit te gee met die rok nie, maar dat dit ook vir haar moes geld verdien. 

Elizabeth se eerste geldmaakpoging deur gemmerbier te maak en te verkoop het R300 opgelewer. Daarna het Bybelstudiegroepe individue sowel as gemeenskapsgroepe bydraes gemaak.  

Die kleremaakster Nevelene het die rok gemaak en die borduurwerk is deur 'n vrouegroep in Mbekweni gedoen. Heinz Snabel was haar maat vir die aand. 

* A Wellington matriculant hopes to raise money for her studies with a prize-winning outfit.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za