safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 27 January 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 3 February 2005.

Aida

 Letters - Briewe


Ons mense kry nog steeds te swaar

[ Top ]


DIT is  vir my 'n groot teleurstelling dat mense nog steeds so swaar kry in die Paarl.

Omtrent 70% van die mense is werkloos of ly aan stresverwante siektes wat hulle na drank of dwelms dryf, omdat daar nie genoegsame of geen inkomste in die huishouding is nie.

Al meer jonger prostitute verskyn deesdae op straat en dan maak ons so maklik aantygings teen hulle sonder om aan die omstandighede by die huis te dink.

Werk is vandag baie skaars, opleiding en kwalifikasies is die meeste van die tyd nie voldoende nie en dan speel velkleur ook steeds 'n baie groot rol.

HOP huise is gebou, omdat elke mens 'n huis moet hê. Al is dit 'n baksteenhok op 'n erf, mense moet betaal vir elektrisiteit, belasting, water en  vullisverwydering.

Daar waar hy voorheen geplak het, het hy moontlik niks betaal nie of 'n geringe bedrag betaal. Van ons mense was nie geskoold vir dié stap in die lewe nie.

Baie van die mense het nou hul werk verloor weens personeelvermindering of omdat maatskappye toemaak. Mense sorg deesdae dat hulle net 'n brood kan koop sodat die kinders kan oorleef. Jong kinders wend hulle tot drank, dwelms of prostitusie vir oorlewing.

Hoekom skep die Munisipaliteit nie 'n departement waar die armste mense wat minder as R500 per maand verdien of werkloos is, 'n semi-vrywillige diens kan verrig nie.

Of gee vir iemand die mandaat om dit te kan doen. Werkskepping sal armoede verlig - nie huise alleen nie.

Ek wil so ver gaan om die Raadslede uit te daag om net 2% van hul salarisse aan die mense terug te gee, 'n tipe erkenning of dank aan hulle wat nie 'n bestaan kan maak nie.

Wat my pla, is dat mense dreigbriewe kry om te sê hulle moet hulle munisipale skuld betaal, en wanneer hulle opdaag met 'n R50, word gesê slegs 'n minimum van R500 is aanvaarbaar.

Is dit 'n manier om mense se samewerking te kry?

Handry de Silva

Die Waarnemende Munisipale Bestuurder, Hennie Barnard, reageer: Sou 'n persoon 'n brief ontvang dat sy munisipale rekening agterstallig is en die dienste daardeur beëindig sal word, word 'n bedrag vir heraansluiting van dienste gemeld.

Daar kan nie deur die verbruiker self besluit word watter bedrag betaal moet word vir heraansluiting nie. 

'n Persoon kan minder as die vasgestelde bedrag betaal, maar sy elektrisiteit sal nie aangeskakel word nie.


Eetplek stel teleur

[ Top ]


AGT van ons vriendekring het besluit om op 19 Desember die carvery-ete by die Dros in die Paarl te gaan geniet.

Ek het twee weke voor die tyd bespreek en daar was vir my gesê dat alles is reg.

Op Woensdag 15 Desember, 'n paar dae voor die ete, bel ek weer en bevestig of alles nog reg is en ek word gerus gestel dat alles nog in plek is.

Op Sondag 19 Desember net na 12:00 stap ons die Dros binne, want die carvery word vanaf 12:00 voorgesit.

Met ons aankoms was daar nie eens 'n tafel vir agt reggemaak nie.

Die kelnerinne moes haastig en vinnig tafels bymekaar skuif om ons te akkommodeer.

Terwyl ons almal sitplekke inneem, bring die kelnerin vir ons gewone spyskaarte. Ek vra toe vir die kelner wat ook daar was en gelyk het asof hy in beheer was, wat aangaan, want waar is die "carvery"?

Hulle het 'n lang verduideliking gegee, terwyl daar bewyse van my van en telefoonnommer, in hul besprekingsboek was.

Die kelner het sonder om om verskoning te vra net gesê dat hy dit onder die bestuurder se aandag sal bring en dat die bestuurder my moet skakel.

Dis 'n maand gelede en niks het gebeur nie, nie 'n verskoning nie, nie 'n oproep. Ons was lanklaas so teleurgesteld.

Dus uiters swak diens en ek sal geeneen aanraai om die Dros te besoek nie.

Ons moes inderhaas 'n ander eetplek soek, en moes so ver soos Somerset Mall ry om 'n "carvery"-ete te geniet.

Heather Hendricks, Wellington

Die eienaar,  Lucas van Aswegen, reageer: Ons vra om verskoning vir die behandeling van die kliënt deur ons personeel.


Insleepdiens vat 'n vet kans

[ Top ]


DIT kan met enigeen van ons gebeur. 'n Skielike ongeluk met gevolglike skok en mense wat om jou swerm om hul "dienste" aan te bied.

Wees uiters versigtig. Weet jy dat sommige insleepdienste jou voertuig sleep en een dag later tot R3 500 wil hê voordat jy jou voertuig kan terugkry?

Daar is versekeringsmaatskappye wat ooreenkomste met spesifieke insleepdienste het. Vind uit wat die situasie is voordat jy in 'n ongeluk beland.

Die meeste van die insleepdienste in die Paarl is bereid om vir onder R1 000 dieselfde diens te lewer. 

Vra tog die insleepdiens wat dit gaan kos voordat jy die vormpie teken, selfs al het jy versekering. Daar is baieander wat wel die diens vir jou goedkoper sal lewer. 

Dit is jou goeie reg om die fooi te beding! Dit is tyd dat die blatante uitbuitery stopgesit word.

Sê maar net


Spookstem pla op foon

[ Top ]


EK wil vir Telkom vra wie het vir hulle toestemming gegee om 'n spookstem op almal se fone te sit sonder verlof.

Ek vind dit uiters irriterend as ek bel en die foon op die ander kant is beset en 'n stem sê  "skakel R*62#" (vir dit moet ek betaal).

As ek wel van die diens gebruik maak, kan hulle jou vir 'n hele getal oproepe laat betaal,want soos Telkom skakel en die lyn is beset, so betaal jy. Ek weet, want op my "Print out" elke maand wys dit.

Ek voel as 'n lyn beset is, sal ek self skakel tot ek deurkom. Ek wonder hoeveel mense weet dat hulle fone die spookstem het?

H van Schalkwyk

Volgens Telkom word slegs eenmaal teruggeskakel (die rekenaar skakel outomaties as die besette foon neergesit word) en is die koste dieselfde as wanneer u self skakel. Telefoonhuurders kan Telkom skakel om die diens te kanselleer indien dit pla - Red.


'Suiwering' nie goedkoop

Editorial

[ Top ]


DRAKENSTEIN se geldkoffers het 'n lelike knou gekry met die uitdienstreding van die munisipale bestuurder en nog twee senior amptenare.

Ses miljoen rand is ter sprake, volgens die burgemeester, maar daar is gerugte dat dit nie heeltemal die einde van die vergoeding is nie.

Dit is ook nie die einde van die storie nie, want daar is blykbaar nog twee hoofde in die gedrang.DRAKENSTEIN se geldkoffers het 'n lelike knou gekry met die uitdienstreding van die munisipale bestuurder en nog twee senior amptenare.

Ses miljoen rand is ter sprake, volgens die burgemeester, maar daar is gerugte dat dit nie heeltemal die einde van die vergoeding is nie.

Dit is ook nie die einde van die storie nie, want daar is blykbaar nog twee hoofde in die gedrang.

Die rede vir hul uittrede word gegee as 'n verandering in struktuur by die Munisipaliteit. Op die oomblik is daar 'n bestuurder en ses hoofde, terwyl die nuwe struktuur voorsiening maak vir 'n bestuurder en vier direkteure.

Die keuse was om amptenare uit diens te stel, óf herstrukturering, waar hulle in elk geval nie seker was van hulle poste nie.

Hoe dit ook al sy, Drakenstein het pas drie amptenare vaarwel toe-geroep wat tussen hulle meer as 90 jaar se kennis en ervaring van plaaslike regering het.

Om hulle te vervang, gaan dus ook nie goedkoop wees nie. Die ervaring het ook geleer dat munisipaliteite in dié situasie dikwels gedwing word om konsultante aan te stel - soms selfs die amptenare wat pas hul diens verlaat het.

Opposisiepartye het die proses openlik as etniese suiwering beskryf, hoewel die regerende ANC dit heftig ontken.

Betroubare bronne meen egter dat hulle die proses so vinnig as moontlik probeer afhandel, vir geval die ANC dalk nie die komende plaaslike verkiesing in Drakenstein wen nie.

Die rede vir hul uittresde word gegee as 'n verandering in struktuur by die Munisipaliteit. Op die oomblik is daar 'n bestuurder en ses hoofde, terwyl die nuwe struktuur voorsiening maak vir 'n bestuurder en vier direkteure.

Die keuse was om amptenare uit diens te stel, óf herstrukturering, waar hulle in elk geval nie seker was van hulle poste nie.

Hoe dit ook al sy, Drakenstein het pas drie amptenare vaarwel toe-geroep wat tussen hulle meer as 90 jaar se kennis en ervaring van plaaslike regering het.

Om hulle te vervang, gaan dus ook nie goedkoop wees nie. Die ervaring het ook geleer dat munisipaliteite in dié situasie dikwels gedwing word om konsultante aan te stel - soms selfs die amptenare wat pas hul diens verlaat het.

Opposisiepartye het die proses openlik as etniese suiwering beskryf, hoewel die regerende ANC dit heftig ontken.

Betroubare bronne meen egter dat hulle die proses so vinnig as moontlik probeer afhandel, vir geval die ANC dalk nie die komende plaaslike verkiesing in Drakenstein wen nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]