|
'n HANDLEIDING oor die toepassing van gesinsinstandhouding, wat sy grondslag in Wellington gehad het, is onlangs aan die Wes-Kaapse
Depar- tement van Maatskaplike Dienste voorgelê en sal moontlik met aanvaarding daarvan verder ge‹mplementeer word.
Die opstellers, wat onder andere Murray Kinderhuis as studieveld gebruik het, hoop dat dit 'n model vir dienslewering aan kinders
en gesinne vir die toekoms landwyd sal wees.
Gesinsinstandhouding is gebaseer op die beginsel dat kinders en jongmense 'n gesin of familie nodig het waarbinne hulle kan
ontwikkel, en 'n behoefte aan 'n permanente gesin het.
"Die beste manier om permanensie in kinders se lewens te verseker is om hulle toe te laat om in hul gesinne te bly, en dat
maatskaplike werkers eerder met die hele gesin werk om te voorkom dat die kinders na alternatiewe sorg verwyder word," verduidelik projekkoördineerder Carin van der Merwe van die Andrew Murray Kinderhuis.
Die loodsprojek is die afgelope vier jaar op Wellington bedryf, met die Andrew Murray Kinderhuis en talle plaaslike
welsynsorganisasies wat hul kennis in dié veld saamgesnoer het om 'n generiese handleiding saam te stel.
Onder hulle is die ACVV, SANRA, FAMSA, die provinsiale departement, Wellington Gemeenskapsdienste, die Kindersorgvereniging,
Wellington Jeugsorgsentrum, Drakenstein Sentrum vir Gestremdes, Hawequa Korrek- tiewe Dienste, Hugenote Kollege en die SAPD Gemeenskapspolisiërings- forum.
Volgens Carin van der Merwe kan hierdie handleiding, wat die beginsel van samevoeging van hulpbronne en kennis voorstaan, 'n
deurbraak vir baie welsynsinstansies wees. Vir navrae, kontak Carin by 873-3834.
|