safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 27 January 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 3 February 2005.

Aida

Nuus - News


SLIPPERY. Two experienced rock climbers,a Capetonian and a woman from Britain, ran into trouble in strong wind on Friday  while ascending Gordon's Rock on Paarl Mountain. They were  stuck halfway up the rock face when they made an emergency cellphone call. Rescuers who were dropped by helicopter, abseiled to the stricken couple and helped secure them to a harness. They could complete their ascent unharmed before they were airlifted from the dome.. 


Wapenlisensies droog op

Malané Bosman

[ Top ]


SLEGS twee aansoeke vir wapenlisensies is die afgelope sewe maande - sedert die instelling van die nuwe Wapenwet - by die Paarl polisie ingedien.

Dit, terwyl daar in die eerste vyf maande verlede jaar 231 aansoeke ontvang is.

Wapenverkope by die bekende Paarlse wapenhandelaar Hugo van Zyl Sport het sedert 1 Julie met 90 persent gedaal.

En gedurende daardie tyd het slegs vier Paarliete lisensies om wapens aan te koop, verkry.

"Dit is aansoeke wat drie jaar gelede gedoen was," het wapenhandelaar Dennis Schreuder gesê.

Net mense met 'n vaardigheidsertifikaat van 'n geakkrediteerde opleidingsin- stansie mag 'n wapen aankoop. Die koste kan tot R500 beloop.

Dan word 'n agtergrondsondersoek deur die polisie gedoen en 'n bevoegd- heidsertifikaat uitgereik (teen R70). Die aansoek vir 'n lisensie  word in Pre- toria nagegaan voordat die lisensie vir wapenbesit toegestaan kan word (nog R140).

Volgens die polisie se vuurwapenregistrasiekantoor is meer as 80 persent van die nuwe lisensie-aansoeke die afgelope maande in die vuurwapenreg-i strasiekantoor in Gauteng geweier.

"In die Paarl word nie eens aansoek gedoen nie - die mense stel nie belang in die wyse waarop die wet in werking gestel word nie."

Daar is in Pretoria ook nog nie aandag gegee aan die meer as 12 000 appelle van mense landwyd, wie se aansoeke geweier is nie.

Vra die bestuurder van die wapenafdeling by Dick&Allsop Mica op Wellington, Tony Mac Queen, hoe besigheid is, en hy antwoord: "Watter besigheid? Ons het in maande geen lisensie gesien nie, maar verkoop nog 'n bietjie ammunisie."

Ook Dennis meen die bedryf is nie meer lonend nie, maar hy sit met baie wapens en deposito's.

"Voor die instelling van die nuwe Wet het 300 voornemende kopers aansoek gedoen vir lisensies, maar dié is almal nou meer as 'n jaar hangende.

"Al wat deurkom is enkele weierings, en dit nogal vir mense soos 'n profes- sionele jagter, wat afgekeur is op gronde van 'gebrek aan motivering'.

"Dit is alles 'n ontwapeningstelsel," het Dennis die mening van wapeneienaars bevestig.

Die bestaande skietbaan by Hugo van Zyl Sport in Hoofstraat is geak- krediteer en toestemming is ontvang om vanaf 16 Februarie die nodige opleiding aan wapeneienaars te verskaf.

Bestaande vuurwapeneienaars hoef net 'n teoretiese toetsing (teen sowat R300) te doen vir die bekwaamheidsertifikaat.

Aansoeke om hernuwing van bestaande wapenlisensies word vanaf Januarie vanjaar volgens verjaardagmaande gedoen, met 'n jaar grasie voordat boetes gehef sal word.

Lisensies vir jag-en sportgewere moet elke tien jaar hernu word, met lisensies vir verdedigingswapens elke vyf, en sekuriteit elke twee jaar.

In die Paarl is 72 wapens - die meeste uit boedels - sedert 1 Julie verbeurd verklaar by die polisie.

Sewe wapens wat as ornamente behou wil word deur mense wat nie lisensies wil bekom nie, is met magtiging van die polisie deur 'n wapensmid gedeaktiveer en aan aan die eienaars terugbesorg.

'n Amnestieperiode is vir die drie maande tot einde Maart ingestel vir mense in besit van 'n wapen sonder lisensie, wat dit sonder vrees vir vervolging aan die polisie wil oorhandig.

* Licenses for firearms have dried up since the inception of the new Arms Regulations last year.    


Klok lui vir top amptenare

Susan Botha

[ Top ]


DIE klok het finaal gelui vir die ou bedeling by die Drakenstein Munisipaliteit.

Pas is aangekondig dat die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, uit diens gaan tree.

Saam met hom in die "pakket"-bootjie is Jan Coetzee (hoof van elek- trotegniese dienste) en Johan Lambrechts (hoof van gemeenskaps- dienste).

Dié amptenare sal plek maak vir die nuwe makro-struktuur vir Drakenstein, wat reeds in April verlede jaar deur die stadsraad goedgekeur is.

Dié struktuur maak voorsiening vir 'n munisipale bestuurder en vier direkteure, in plaas van die huidige bestel wat uit 'n bestuurder en ses hoofde bestaan.

Die burgemeester, Herman Bailey, en die onderburgemeester, Anthea Sheldon, het die afgelope maande met die betrokke amptenare onderhandel. Twee opsies was op die tafel: vroeë uitdienstreding of herstrukturering.

Om te verseker dat die prosesse binne die Wet op Arbeidsverhoudinge en ander relevante wetgewing geskied, is 'n arbeidsregskenner aangestel om die prosesse te fasiliteer.

Uiteindelik het die drie genoemde amptenare aangedui dat hulle vroeë uitdienstreding as 'n opsie oorweeg. Aankondigings oor nog twee amptenare wat oorbly in die oorspronklike bestuurspan wat op kontrakbasis aangestel is deur die DA-stadsraad, sal waarskynlik binnekort gemaak word.

Die uittredende amptenare is die geleentheid gegee om met behulp van hulle vakbondverteenwoordigers en finansiële adviseurs met die raad se regsverteenwoordiger in gesprek te tree ten einde oor skeidingspakette te onderhandel.

Op 20 Desember het die burgemeester 'n verslag ontvang van die Raad se regsverteenwoordiger waarin hy meegedeel is dat die voormelde amptenare tot 'n skikkingsooreenkoms ingestem het.

Daar is ooreengekom op vrywillige uitdienstredingspakkette wat wissel tussen R1,5 en R2,6 miljoen - 'n toale bedrag van sowat R6 miljoen.

Burgemeester Bailey het die publiek verseker dat gevestigde voordele, onder meer verlofuitbetalings en prestasie-bonusse, by dié bedrag ingesluit is.

Hy sê geen ekstra uitbetalings word gemaak nie (die sogenaamde goue handdruk) en die basis vir die berekening was dít wat die betrokke werknemers sou toegeval het indien hulle hul kontrakte uitgewerk het.

'n Spesiale raadsvergadering is vir Donderdag 23 Desember belê om die saak goed te keur.

Nadat daar redelik rondgeval is om 'n kworum te kry, het die DA hul ontevredenheid getoon deur uit te stap.

Van die opposisielede het die proses as "etniese suiwering" beskryf, tot ergernis van die burgemeester.

"Ons wil net die versekering hê dat die hele proses bekostigbaar is en die motiewe suiwer," het nog 'n raadslid gesê.

"Dit is ons mening dat 'n wen-wen situasie en billikheid as beginsel van die onderhandelinge bereik is," het burgemeester Bailey selfversekerd gesê.

"'n Proses sal nou in plek gestel word om met die implementering van die makrostruktuur voort te gaan, sodra die onderhandelinge met die res van die bestuurskader afgehandel is."

* Die DA sê hulle steun die beginsel dat 'n amptenaar om grondige redes diens kan verlaat voor sy dienskontrak verstryk het.

Hulle het egter bedenkinge oor die werksomstandighede van senior amptenare: "Politieke intimidasie en openlike verdagmakery het ongetwyfeld 'n deurslaggewende rol gespeel in die besluit van die onderhawige amptenare om ter wille van hulself, hul gesondheid en hul gesinne die diens van die raad te verlaat voordat hul ampstermyn verstryk".

Die DA is ook bekommerd oor die impak van die pakkette op die begroting en meen dit plaas 'n onnodige las op die belastingbetaler.

* Three top officials at Drakenstein municipality are taking early retirement.


Hawelose sterf buite hospitaal

[ Top ]


'n SIEK bergie wat by die Paarl Hospitaal weggewys is, is dieselfde oggend op die sypaadjie buite die hospitaal oorlede.

David Boer (52), 'n bekende op die strate van Franschhoek, het vertel "die suster by ongevalle" wil hom nie laat ingaan nie, want hy "stink" en hy is "lastig".

Volgens verbygangers het Boer eers gestaan, toe gesit, en toe hulle later verbygekom het, het die man gelê.

"Hy was beslis nie gesond nie, en ons het die hospitaal in kennis gestel.

"Volgens die hopitaal was die man 'lastig'. Toe ons later weer verbykom, het die man kaal uitgetrek daar gelê."

Die motoris het die polisie geskakel.

"Ek weet nie of hulle ooit daar was nie, maar toe ons later weer verbykom, was die man dood."

* Die liggaam van nog 'n hawelose is op Wellington ontdek.

Ann Williams (54) het in lang gras langs Albertstraat, Wellington, gesterf.

Sy het drie dae voor die ontdekking aan natuurlike oorsake gesterf.

* Andile Magqazolo (33) het die naweek in sy woning in Verastraat in Fairyland gesterf nadat hy van sy self-gemaakte druiwemos gedrink het.

* Die ontbinde liggaam van Nduleko Siyoko (67) was 'n week lank in sy woning in Cocktailstraat, Milkytown, voordat bure oor die reuk gekla het.

Die polisie het die woning oopgebreek en op die man afgekom.

Hy het aan natuurlike oorsake gesterf. Paarl brandweer is ontbied om die woning te ontsmet.

* A homeless man has died waiting for treatment outside the Paarl Hospital while the body of a homeless woman was found in Wellington.


Brand by burgesentrum

[ Top ]


'n BRANDSTIGTER het Vrydag die Paarlse Burgersentrum aan die brand probeer steek.

Die brandweer het kort voor sewe-uur Vrydagoggend 'n oproep ontvang dat 'n deur aan die brand is.

Ondersoek het getoon dat brandbare materiaal teen 'n sydeur gegooi en aan die brand gesteek is.

Rook wat deur ventilasie-openinge in die gebou geborrel het, het die brandalarms geaktiveer en personeel en besoekers moes die gebou verlaat sodat die alarm weer ingestel kon word.

Die polisie stel ondersoek in.

Terwyl die brandweerspanne nog op die toneel was, het hulle 'n noodoproep ontvang dat ses opslaanhuise agter Bosbokwoonstelle in Chicago aan die brand was.

Die held van die dag was Moses May van Blesbokstraat 39, wat op Edwina Serfontein se hulpkrete gereageer het, en 'n gestremde 16-jarige meisie, Suné Serfontein, uit 'n brandende hut gedra het.

Volgens May was dit 'n bestiering dat hy op daardie bepaalde oomblik daar verbygekom het, want die huis het net daarna ineengestort.

Die meisie het geringe brandwonde opgedoen aan haar voete en hande, maar is reeds uit die hospitaal ontslaan. May het geen beserings opgedoen nie.

Hy het sy verbasing uitgespreek dat so min mense bereid was om hand te gee.

Brandstigters en mense wat nalatig met vuur omgaan, is verantwoordelik vir die meeste veld en ander brande, het 'n woordvoerder van die brandweerdiens gesê.


Dorp bars uit sy nate

Malané Bosman

[ Top ]


STUDENTE-GETALLE op Wellington het die afgelope drie jaar verdriedubbel, met nuwe voete wat sorg vir ewe veel glimlagte as fronse.

Winkeliers lag al die pad bank toe en huiseienaars wat vinnig gespring en wonings in studente-losies omskep het, glimlag.

Studentegetalle op dié dorp het sedert 2001 met meer as 1000 toegeneem.

Teenoor die 400 studente wat in 2001 aan die Technikon studeer het, het die jonger geslag by die kollege nou gegroei tot 1 200.

Geen nuwe koshuise is nog gebou nie, dus is daar steeds slegs beddens vir 550 studente in die vyf koshuise van die Technikon (een mans, een gemeng en drie dames).

Hugenote Kollege het self sedert 2001 elke jaar 'n tien persent groei gehad.

Daar word by Hugenote vanjaar 620 studente verwag, terwyl daar net kollegelosies vir 500 studente is.

"Ons bars uit ons nate, en dis die heel eerste jaar dat ons studente wat wil losies hê, moet wegwys," het 'n koshuishoof van Hugenote Kollege gesê.

"Ons verwys selfs studente na die onbenutte koshuis van Bergrivier Hoërskool."

Daar is ook private studentehuise in Wellington, maar steeds voldoen dit nie aan die vraag nie. Ouers oorval eiendomsagente met versoeke vir private losies.

Die onderbenutte kantore op die boonste verdieping van die Markplein inkopiesentrum in Hoofstraat is nou omskep in 15 klein woonstelle vir verhuring.

'n Beplande private ontwikkeling in Fonteinstraat regoor die Technikon sal 75 enkel-, twee- en drie-slaapkamereenhede hê, met winkels op die grondvlak - maar bouwerk het nog nie begin nie.

 "Wellington word nou 'n studentedorp," het die Technikon se kampusrektor, Vincent Landey, hierdie week gesê.

"Die dorpenaars is baie opgewonde daaroor, en ons kry baie ondersteuning. Mense wat private losies wil aanbied, kan ons gerus skakel."

Volgens 'n eienaar van private akkommodasie gaan dit partykeer maar rof in die huise, en die studente raas, "maar dis vir ons 'n gerieflike inkomste."

Dis juis die "rasery" van die jonger geslag wat pla. Die studente is immers snags later wakker as wat die dorp die afgelope eeue gewoond was.

Soos 'n inwoner sê: "Ek het nog gedink my bure is rustig, toe trek hulle en nou is hier 'n huisvol studente. En dit kuier, tot laat!"

Terwyl behuising vir hul ouers kopseer gee, meen studente die gebrek aan vermaak is vir hulle dalk 'n groter probleem.

"Bedags kan ons Bainskloof toe, maar saans moet ons Paarl toe, of Kaap toe, om te kuier.

"Ons soek 'n fliek, en 'brand-name entertainment' soos 'n pub of restaurant met 'n bekende naam."

* Student numbers at Wellington have increased by more than 1000 during the past four years.


'Fear factor' in local block of flats

Leon Steenkamp

[ Top ]


CRAWLING cockroaches and bedbugs eating you alive, while dripping water showers you in your bed. Add some faulty wiring and you could be in for the shock of your life.

No, this is not an extreme version of Big Brother meets Fear Factor, but the true life precarious conditions in which residents of the PAT building at the junction of Main Street and Pastorie Avenue in Paarl have to live.

The building houses about 40 people in ten apartments and 19 single rooms sharing communal bathrooms which are in a dilapidated state.

One of the two baths on the second floor is out of order and peeling paint appears to be crawling off the walls at every corner.

Residents of this apartment block, property of Ashraf Ahmed of Salt River, have had enough. Leading their charge for better living conditions is retired civil servant Magda Marais.

"There has never been cockroaches on this floor before," says Marais, who lives on the second floor and has been a resident in the building for 13 years.

After repeated requests for Ahmed to take control of the pest situation and warnings by health inspectors, two men did appear on the Thursday after Christmas to spray the building.

"They however never came back for a follow-up spraying. The bug problem is still just as bad. I blow my budget weekly, buying pesticide to spray my own place to keep the bugs out," says Marais.

"Since they've sprayed the place, the roaches have taken over, crawling out of the cracks in the walls. Bedbugs are also a big problem."

But it's not only the bugs that bother her.

Residents are plagued by streams of water cascading down the bedroom walls every time it rains, following apparently unsuccessful roof repairs by the previous owner.

"In the past there was some dampness in the walls with visible mildew, but last year the situation deteriorated," says Marais as she shows you the watermarks on her walls.

"We have tried to sand down the worst of it, but as soon as it rains we have to dry and clean it up all over again."

In the same breath she tells of another resident, who slipped and fell on the wet steps of the fire escape - a condition which allegedly  came about due to the leaking roof.

The whole interior of the building is in dire need of paint and the wrecked post boxes and broken gutters also need repairing.

The most threatening of the problems, however, is the rotten wiring.

"According to one of the municipal inspectors, the geyser and stove connections of two of the apartments are connected and the building as a whole isn't earthed. They say all the wiring is rotten and needs to be redone," says Marais.

Ahmed bought the building for R1,8 million at an auction in October 2003.

"I was at the auction myself, and there they said that the building needs work," says Marais. "But he has done nothing since."

Ahmed, owner of Zhauns material shops, says the complaints are exaggerated.

"When we bought the building we had no idea there were leaks, but when winter arrived, we saw the problems. The leaks will be seen to before winter.

"The whole interior of the building certainly does not need to be painted - this is a gross exaggeration.

"When we bought the building the electrical supply should have been in working order - why blame me? The previous owner, Louis Gildenhuys, was the person who neglected the building."

He blames Marais's complaints on racism: "Because mine is a BEE group, the problems are blown out of proportion. It's racism. Our building is in better condition than many similar residential buildings in Paarl."

A day after Ahmed was asked to comment on Marais's complaints, she received a letter asking her to vacate the building.

Marais admits she is in arrears due to the condition of the building. Her debt includes a monthly bill of R50 for water.

"I don't even have my own bathroom, and the R50 is not stated in any contract.

"I am not the only one who is in arrears - why am I the only one told to move out suddenly?" asks Marais, a pensioner.


Tienermmeisie vas oor inbrake

[ Top ]


'n DERTIENJARIGE meisie is in hegtenis geneem nadat sy met 'n ysterstaaf ingebreek het in 'n woning in Paarl-Oos.

Polisielede op patrollie het onraad vermoed toe hulle die meisie, wat al voorheen deur die polisie aangekeer is, met 'n sak sien loop het.

Speur-konstabels Janine Jantjies, Sheryl Whatney, Charmaine Oliphant en Abigail Reid het op 'n gesteelde digitale kamera en twee selfone afgekom.

Die meisie wou na bewering die eiendom uit 'n woning in Conradiestraat vir R2,20 verkoop omdat sy vir haar chips wou koop.

Toe die meisie se ma by haar Solomonstraatwoonstel van die voorval in kennis gestel is, het sy na bewering die polisie aangerand. Sy is toe self in hegtenis geneem.

Die vrouekonstabels het ook verlede naweek in Amstelhof gepatrolleer toe hulle afgekom het op 'n groepie jeugdiges wat op 'n sypaadjie gesit het.

Die reuk van dagga het gemaak dat die konstabels die kinders deursoek het.

'n Vuurhoutjiedosie met dagga, oranje strooitjies met die dwelm tik en 'n gloeilamp waardeur dit gerook word, is in 'n baadjie van 'n 16-jarige seun van Piet-my-Vroustraat ontdek. Daar was ook 'n gevaarlike mes op die sypaadjie.

Die seun is in hegtenis geneem.

* In teenmisdaadoptrede word naweke tot meer as 100 arrestasies deur die Paarl polisie gedoen.

Aanhoudings is vir moord, roof, dwelm- en onwettige vuurwapenbesit, handel in drank, drink en dronkenskap in die publiek en vir huisbraak en diefstal.

"Ons het lanklaas so veilig gevoel in die middedorp," het Paarliete gesê ná die instelling tydens die Kersseisoen van voet- en voertuigpatrollies deur die polisie en buurtwaglede.

Lede van die Paarlse honde-eenheid het twee jeugdiges aangekeer nadat hul makker in Laborie Friendly supermark aangekeer is.

Die seuns het deur die dak van die nuwe deel van die inkopiesentrum ingebreek.

Daar is ook die naweek by sewe motors in die middedorp ingebreek. Woonstelbewoners is raadop, want sonder motorhuise en met onvoldoende private parkering, is hulle verplig om hul motors op verlate plekke te laat.

"Motoriste bly egter steeds nalatig," vermaan die polisie.

"Inbrekers loop nie sommer 'n selfoon, handsak of sonbril wat oop en bloot lê, verby nie."

* A teenage girl (13) has been arrested for burglary and a sixteen-year-old for drugs.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]