safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 27 February 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 6 March 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Business - Sakenuus


Wedren-legende wil boer

Henriette Geldenhuys

[ Top ]


wplaas27DIE Suid-Afrikaanse motorwedren-legende, Jody Scheckter, het Vrydag een van die land se voorste organiese druiweboere, Eddie Redelinghuys, in die Paarl besoek.

Kort na sy aankoms Vrydagoggend op die Kaapse internasionale lughawe, het Scheckter Redelinghuys se plase besoek om meer uit te vind oor Redelinghuys se

baanbrekerswerk op die gebied van organiese boerdery en grondhervorming.

BESOEK. Jody Scheckter (links) en die eienaar van die plaas, Eddie Redelinghuys.

Scheckter, 52, is na Suid-Afrika genooi as een van die Internasionale Krieketraad se 41 Afrika ambassadeurs van die Wêreldbeker Kriekettoernooi. 

Die ander ambassadeurs is ook sporthelde soos Retief Goosen, Lucas Radebe en Gary Player.

Na sy besoek aan die Paarl, het Scheckter die openingseremonie en die eerste wedstryd tussen Suid-Afrika en die West Indies bygewoon.

Scheckter is enig in sy soort in Suid-Afrikaanse sport as Suid-Afrika se enigste voormalige Formule Een wêreldkampioen. Hy is ook die enigste Suid-Afrikaner wat ooit 'n Grand Prix gewen het.

Deesdae, is hy in beheer van 'n gemengde organiese boerdery in Hampshire in Engeland.

Hy het gesê hy wil graag 'n organiese boerdery in Suid-Afrika begin en het by 'n sakekennis in Holland gehoor dat Redelinghuys hom die beste raad sal kan gee oor plaaslike organiese boerderymetodes.

Organiese boere, wat natuurlike metodes in plaas van chemiese spuitstowwe gebruik, se produkte is wêreldwyd gesog.

Redelinghuys was een van die eerste boere wie se druiweplase ten volle organies gesertifiseer is deur die British Soil Association (BSA).

Sy druiwe word aan uitgesoekte Suid-Afrikaanse, Amerikaanse en Europese markte verskaf.

Redelinghuys het onlangs 'n verreikende ooreenkoms met die regering bereik waarvolgens sy werkers 'n groot aandeel in sy plase bekom het.

Scheckter het gesê hy sal sy werkers graag op dieselfde manier wil betrek wanneer hy 'n plaas in Suid-Afrika koop, moontlik op Nelspruit, waar hy gehoor het dat die grond baie vrugbaar is.

Hy beplan om daar met organiese vrugte te boer, moontlik lietsjies en mango's.

Scheckter se seun Toby, 'n motorwedrenjaer wat aan internasionale wedrenne in Europa deelneem en reeds sedert 11-jarige ouderdom aan wedrenne deelneem, het hom vergesel op 'n toer van Redelinghuys se plase.

Op een van die plase, St Pieter's Roche, het hulle gaan kyk hoe die druiwe verpak en verkoel word voordat hulle in die wingerde van die sappige druiwekorrels geproe het.

* Sondag het 25 lede van die Europese Unie Redelinghuys se plaas besoek.

Die Europese Unie het vyf miljoen rand geskenk om le-nings aan Eddie se werkers te befonds. Die geld help om die werkers se aandeel in die plase te koop.

Die EU lede was baie beïndruk met die plase en met die vordering van die projek om werkers te bemagtig.


Comment on Development Planning Amendment Bill

[ Top ]


THE Standing Committee on Local Government, Environmental Affairs and Development Planning, which is chaired by Kholekha Mqulwana of the ANC, has refused to finalise the Development Planning Amendment Bill tabled before it by the Department of Planning and Environmental Affairs.

The ANC Chief Whip and spokesperson on Planning, Garth Strachan, stated: "Public participation in the drafting of the Development Planning Amendment Bill has been wholly inadequate.

"It was advertised for public comment over the Christmas festive season. The Standing Committee has insisted that it must be re-advertised and the period for public comment must be extended.

"We call on all interested parties - local governments, professional bodies, community organisations and environmental and other non-government organisations to comment on the Bill".

The Bill can be accessed from the Provincial Parliament or on the website at www.wcpp.gov.za.

For further information contact Garth Strachan on 083-454-6667.


Sakelui moet terugploeg

[ Top ]


'n GROOT eer en plig het Neil Lyners, van Lyners Raadgewende Ingenieurs, te beurt geval toe hy die eerste anderskleurige geword het wat as voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die SA Vereniging van Raadgewende Ingenieurs verkies is.

Lyners het pas 'n kantoor in die Paarl geopen.

Hy sê hy beskou nie sy verkiesing as 'n prestasie nie, maar as die ideale geleentheid om die besigheidsbelange van die ingenieursbedryf te bevorder.

"Ek moedig alle professionele persone en instansies aan, wie by magte is om dit te doen, om iets terug te ploeg in hul betrokke gemeenskappe, aangesien dit ons morele plig is om veral histories benadeelde gemeenskappe op te hef."

Lyners, wat verlede jaar 'n studiebeurs van R30 000 geskenk het vir 'n student in siviele ingenieurswese, is ook van mening dat werkgewers tesame met die owerheid se Nasionale Vaardigheidsfonds in die jeug moet investeer.

Lyners het sy B.Sc. Siviele Ingenieursgraad aan die Universiteit van Kaapstad behaal en begin in 1997 sy eie onderneming. Dit is een van die beperkte aantal regstellende besigheidsondernemings in die raadgewende siviele ingenieursbedryf.


Wiele verruil vir huise

[ Top ]


"EK het die wiele verruil vir stene!" sê Kaufie Kaufman van sy nuwe loopbaan by Homenet Caprop in die Paarl.

'n Boorling van Windmeul op die perseel waar die NG Kerk staan, begin hy sy skoolloopbaan by Laerskool Slot van die Paarl en matrikuleer by 'n bekende seunskool op die dorp.

Kaufie begin as junior motorverkoopsman by die destydse Williams Hunt in 1955. Later is hy bestuurder van verskeie motorsake in die Paarl totdat hy in 1980 op sy eie Boland Motors begin.

Die afgelope paar jaar doen Kaufie sake by Rite Car Sales in Bergrivier Boulevard, totdat die perseel verkoop is.

"Intussen het ons, as gesin, FG Paneelkloppers oorgeneem met Mark, die oudste seun, as bestuurder bygestaan deur sy ma as administratiewe beampte."

Kaufie is reeds baie jare betrokke by die gemeenskap van die Paarl as lid van Tafelronde, skoolkomitee, muurbalklub en tennisklub.

Hy is tans nog 'n aktiewe lid van die Rotariërs en dien op die raad van Hospice.

"Ek stel intens belang in die welvaart en ontwikkeling van ons dorp en sien daarna uit om betrokke te raak in eiendomsverkope by Homenet Caprop.

"My doel is om aan voornemende eiendomskopers dieselfde diens te lewer, as wat talle motoriste wat met my oor die laaste paar dekades sake gedoen het, van kan getuig."


Familie-onderneming onder die loep

[ Top ]


DIE suksesvolle oordra van die bestuur van die familie-onderneming aan die jonger geslag familie is een van die grootste gevare wat die voortbestaan van familie-ondernemings bedreig. 

Juis daarom het die Potchefstroomse Besigheidskool aan die Potchefstroomse Universiteit 'n praktiese model ontwikkel vir die beplanning en uitvoering hiervan.

"Slegs 30% van familie-ondernemings word suksesvol na die tweede geslag en slegs 10% suksesvol na die derde geslag oorgedra," het dr Stephan van der Merwe by die Besigheidskool verduidelik.

Volgens hom rus suksesvolle bestuursopvolging op die beginsel dat daar 'n ooreenkoms moet wees tussen die eise wat die onderneming aan die uitvoerende bestuurder stel en die bevoegdhede, passie en ondervinding van die voornemende opvolger. 

Indien daar 'n gaping is tussen die vereistes van die pos en die bevoegdheid van die voornemende opvolger, moet die nodige ingrepe plaasvind om die opvolger gereed te maak vir die taak wat voorlê.

Die opvolgbesluit rus op vier pilare, naamlik die bestuurseise van die onderneming, die behoeftes en visie van die familie, die beskikbare leierspoel binne die familie en onderneming en die posprofiel van die voornemende opvolger. 

Die raamwerk wat ontwikkel is, bied 'n gestruktureerde en stapsgewyse proses wat enige onderneming in staat stel om die proses self uit te voer.

Strategiese beplanning, die visie en behoeftes van die familie, seleksiekriteria, posbeskrywings, prestasiemeting, die identifisering en ontwikkeling van opvolgers, meganismes soos familiebyeenkomste en familieforums om die opvolgproses te fasiliteer, aftrede- beplanning en die oordragproses is enkele aspekte wat in die raamwerk vervat is.

Navrae kan gerig word aan dr Van der Merwe by (018) 299-1414 of 082-335-0578.


A taste for wine

[ Top ]


CATHY MARSHALL, who garnered her first nod from the Platter Five Star judging panel in the 2003 guide, has been appointed as consultant winemaker at Lindhorst Wines, a Paarl-based property which already has a vintage in the barrels, but has yet to release any wines on to the market.

Currently winemaker-member at BWC (Barefoot Wine Company), Marshall also consults for Royle Family Vineyards, Glenwood and Ridgeback.

Initially hesitant to work in Paarl because she felt uncomfortable with the area's overall fruit quality, Marshall has come to appreciate its potential for quality red wines from vineyards that have been scientifically and intuitively managed.

The farm's owners, Mark and Belinda Lindhorst, have retained highly regarded viticulturist, Kevin Watt, to assist them achieve their fruit quality objectives.

Marshall says her first vintage at Lindhorst Wines will deliberately be 'low-key'. "It's 'vintage as usual' to start with at Lindhorst until I get a more in-depth feel for the farm's performance," she says.

"Experimentation in the cellar will therefore be limited until that style is revealed."


Agricultural outlook conference

[ Top ]


An agricultural outlook conference will be held on Friday 14 March 2003 by AMT and Landbouweekblad in the Bellville Sanlam Auditorium.

The programme consists of price trends of wheat, ostriches, potatoes and livestock, a review on the fruit and wine industries as well as economic trends.

Many other interesting topics will be discussed, ie opportunities in Africa by prof Willie Estherhuyse, as well as competitiveness in the SA Agriculture by Prof Herman van Schalkwyk.

Empowerment in SA Agriculture will be discussed by Prof Eckart Kassier and input costs by Dr John Purchase (Grain SA). The weather outlook for the Western Cape will be discussed by Johan van Rensburg.

Book with Minda Bornman 083-594-7112 or e-mail: minda@amtrends.co.za. Cost is R450.


Vooruitsigte lyk goed

[ Top ]


DIE Paarl Sakekamer se onlangse byeenkoms het ekwiteitsfinansiering as 'n wyse waarop besighede kapitaal bekom, gedek.

Hannes le Roux, besturende direkteur van NuweBoere-Ontwikkelingsmaatskappy Beperk, het die belang van investering in klein sake-ondernemings ten einde ekonomiese groei en gevolglik werkskepping te stimuleer, beklemtoon.

Hy het daarop gewys dat NuweBoere fokus op besigheid met entrepreneurs uit alle gemeenskappe.

Volgens Le Roux is daar uitstekende geleenthede in akwakultuur, biotegnologie, verbouing van hoë waarde gewasse in kweekhuise asook die dienste sektor gemik op landboubesigheid.

Ester Bezuidenhout, 14 jaar in diens van Business Partners, het gepraat oor stres en risiko in die bestuur van besighede.

"Soms is mense in die verkeerde tipe besighede, en is hul fokus nie op winsgewende besighede nie.

"Fokus op nismarkte, uitbreidingsgeleenthede, hoe maklik die tipe besigheid teen 'n kapitaalwins verkoop kan word, en hoe hard gewerk moet word vir die opbrengs wat behaal word, is van die dinge waaraan besigheidseienaars aandag moet gee."

Omrede die befondsing en groei van die besigheid nie altyd vooraf beplan word nie, eindig entrepreneurs soms in 'n situasie dat die besigheid se groei en winsgewendheid beperk word, en dat hul nie beheer oor hul besigheid het nie.

Business Partners is 'n maatskappy wat die entrepreneur ook die opsie van risiko kapitaal bied, met die verskil dat meerderheidsbelang en die bestuur van die besigheid in die hande van die entrepreneur gelaat word.

Deur hierdie manier van finansiering te gebruik, kan die besigheidseienaar toegang tot groter projekte kry as wat met eie fondse aangepak kan word, of teen 'n vinniger tempo groei, of nuwe geleenthede opneem soos die oopmaak van meer winkels, of oorkoop van bestaande besighede.

Vinnig groeiende besighede het dikwels nie geld vir deposito's by die aankoop van 'n gebou nie, en Business Partners sou die deposito of volle koopsom kan finansier met die geleentheid vir die entrepreneur om op die langtermyn in die kapitaalgroei van die gebou te deel, en nie net huur aan derde partye te betaal nie.

"Dit is nie die posisie waarin 'n mens jou bevind nie, maar die rigting waarin gekyk word, wat die uitsig bepaal," was Bezuidenhout se bemoedigende woorde.

Business Partners belê in lewensvatbare besighede wat in die formele sektor handel dryf, en beleggingskapitaal tussen R150 000 en R15 miljoen benodig. Hulle kan gekontak word by (021) 809-2169 of www.businesspartners.co.za.

Die Paarl Sakekamer se kontakpersoon is Jacques Basson by (021) 872-8960


Distell boosts earnings

[ Top ]


DISTELL GROUP LIMITED posted an increase of 52% in trading income of R389,6m (2001: R255,8m) for the six months to December 2002, thanks to improved operational efficiencies, a more focused, better balanced portfolio of brands and growing international reach. Total sales revenue for the six months rose 16% to R2,9bn.

Distell chairman David Nurek said the most impressive feature of the company's performance was the growth in international sales revenue, which had increased by 31% and now represented 22% of total sales revenue (2001: 18%).

However, the rise in trading income had been negated by the improvement in the value of the Rand towards the end of the reporting period, reflecting a loss of R53,2m (2001: R69,6m gain). 

Net profit before taxation rose 26% to R291,1m (2002: R231,5m) while attributable earnings per share were 24% higher at 109,4c (2001: 87,9c). The board declared an interim dividend of 40c a share, an increase of 14% (2001: 35c).

Distell MD Jan Scannell said Amarula Cream had been a major contributor to the higher international sales revenue with total sales up 37% for the six months to December 2002, compared with the same period in 2001.

Revenue from international wine sales rose 39% on volumes 32% higher than for the comparable period the previous year.

He added that domestically, there had also been volume growth, with spirits rising 4% and wines by 5,3%.  Flavoured alcoholic beverages, however, had suffered from more aggressive competition from multinationals in the local market.

The company had increased volumes sold in Africa by 14% and was committed to strengthening its presence on the continent through investments in Tanzania, Zimbabwe, Kenya and Mauritius. 

Discussing the outlook for the remaining six months, Nurek said the company was continuing its strategy to drive revenue growth by building brand equity augmented by improved product service and product supply.


Business Index


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za