|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE voorste snelbouler in wêreldkrieket, Wasim Akram, het Woensdag die eerste speler geword om die magiese rekord van 500 eendaagse-paaltjies te laat kantel. Hy het dié prestasie behaal tydens Pakistan se 97 lopie oorwinning oor Holland op Boland Park in die Paarl in sy 354ste kitswedstryd. Die openingskolwer Nick Statham (0) was Akram se 500ste slagoffer nadat hy die bal op sy paaltjies getrek het. Die dag het beslis aan Akram (3/24 in 8,3bb) behoort wat met sy derde paaltjie die Hollanders finaal gesink het. Pakistan is ingestuur om te kolf nadat Holland die loot gewen het en het 253 aangeteken. Yousuf Youhana se 58 het hom die man van die wedstryd toekenning besorg, terwyl Taufeeq Umar (48) en Abdur Razzaq (47) ook lyf aan die Pakistanse beurt gegee het. Die Hollanders het egter goed gedoen om Pakistan te beperk op 'n blad waar hulle maklik nog 20 na 30 lopies kon aanteken. Die manne in oranje se kwesbare kolforde is egter weer eens deur die Pakistanse blitsboulers ontbloot. Die toporde het ineengevou met nie een van die voorste vier kolwers wat dubbelsyfers kon aanteken nie en die telling op 43/4 na 10 beurte. Daan van Bunge (31), Tim de Leede (15), Lucas van Troost (22) en Hendrik-Jan Mol (13) het egter die spit afgebyt en die beurt rigting gegee. Maar met die kantel van Mol se paaltjie het nog drie paaltjies vinnig gevolg. Hoewel die kaptein, Roland Lefebvre en Jeroen Smits hardnekkig gekolf het om 'n bykomende 18 tot die totaal te voeg, was 'n Pakistan oorwinning 'n uitgemaakte saak. Shoaib Akthar (3/26 in 7bb) was benewens Akram die ander groot paaltjie-jagter, Waqar Younis, Saqlain Mushtaq, Razzaq en Saeed het elk een paaltjie platgetrek. |
|
|
|
|
IMAGINE racing on the back of a horse at neck-breaking speed and having to duck and weave away from your opponent while trying to control a small white ball, score a goal and not be flung from your horse in the process. You have just entered the world of polocrosse. The 16-year-old Anton Snyman from Paarl is a relative newcomer to the sport of polocrosse, having only competed for the last three years, but has already represented South Africa twice. Anton, a grade 10 pupil at Boys' High, became interested in polocrosse when his mom, Marguerite, took up horse riding. "He came with me to the farm in Agter Paarl where I had the lessons and saw a couple of kids playing polocrosse," explains Margue- rite. Anton, then 13 joined the Cape Unicorns Polocrosse Club in Durbanville and immediately excelled in the sport even without any formal horse riding lessons. It was only in 2001 when he was chosen for the SA o.14 team that his parents decided it was time for some dressage lessons to improve his posture. Anton is a natural ball player who has proved himself on both the rugby and cricket field as well as in the swimming pool and has recently also taken up golf. His agility on horseback and success on the polocrosse pitch has not gone unnoticed. Charles van Wyk, a top senior polocrosse player who has won the Interprovincial Tournament and SA Championships, named Anton as one of the polocrosse stars of the future. The game seems to run in the family's blood with Anton's younger brother, Emile, who also competes and was chosen to represent WP last year. Right now the search is on to find Anton a new horse after Annie, who he has been riding for the last year, had to be put down. After getting used to his new partner, Anton will aim to make the Western Province team to compete in the interprovincials later this year. |
|
|
|
|
ATLETE van Paarl Gim het heelwat rekords in die slag laat bly tydens die onlangs mini SA kampioenskappe wat in Bloemfontein gehou is. Spanne bestaande uit 10 seuns of meisies van 30 skole het aan die uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem. Elke atleet kon aan twee items deelneem, met die 15 beste prestasies volgens die Absa-tabel asook die aflos wat tot die uiteindelike punt bygedra het. Vier rekords is deur Gimmies verbeter. Cobus van Wyk het in die o.17 100m 10,6s (Ou Rekord 10,7s) gehardloop, terwyl Louw Smit in die o.15 100mH die rekord van 13,8s met 0,6s verbeter het. Maurice Fisher het in die o.15 hoogspring 'n hoogte van 1,89m (OR 1,80m) behaal. Die prestasie het hom 'n allemintige 1040 Absa-punte besorg. Jean Rossouw het op sy beurt die o.15 diskus-rekord van 43,27m, met sy gooi van 45,72 verbeter. Ander noemenswaardige prestasies is Jaco Carstens o.19 800m (1:57,1) en 400m (49,8s); Louw Smit o.15 100m (11,2s); Hendrik Bester o.17 400m (49,5s); Jean Stemmet o.17 400mH (57,1s); en Pieter Joubert o.17 800m (2:01). Gimnasium het ook derde geëindig in die Sweedse aflos-item. In die spankompetisie was die Paarliete algeheel vierde, met skole soos Grey (Bloemfontein) en Volkskool (Potchefstroom) laer af op die punteleer. Die Gimmies se gemiddelde punt per prestasie was 892. |
|
|
|
|
DIE meisies van Hoërskool La Rochelle het vir die tweede agtereenvolgende jaar koning gekraai tydens die 4M Interskole atletiekbyeenkoms wat Donderdag in die Paarl gehou is. Tien rekords en twee geëwenaarde rekords was 'n aanduiding van die kwaliteit atletiek wat opgedis is. Onder die rekord-brekers was die Larries wat ses van dié prestasies agter hul name kon skryf. La Rochelle het die byeenkoms met 483 punte afgesluit, gevolg deur Hoër Meisieskool Paarl (400), Bloemhof (382) en Rhenish (62). Die nuwe rekords wat verpletter is, het ingesluit Marné van der Burgh se tyd van 14,2s (Ou Rekord 15,7s) in die o.19 100mH (850 punte op die Absa-tabel), 100m in 12,4s (OR 12,8s) asook haar hoogte van 1,64m (OR 1,57m) in die hoogspring. In die o.14 spiesgooi-item was die kompetisie veral kwaai met drie atlete wat die bestaande rekord van 26,84m oortref het. Stephanie Bester (Bloemhof) het 27,61m gegooi vir derde plek, met Anandi van der Merwe (HMS) tweede met 27,65. Kelly-Lee Wilson (HMS) het egter die grootste poging aangewend vir haar gooi van 28,03m (745 punte). In die o.17 diskus het Annette de Villiers (LaR) met 31,11m die rekord van 29,91 laat spat, terwyl Liné Barnard (HMS) in die o.14 gewigstoot 11,26m (OR 10,27m) gestoot het. Barnard het in die diskus ook die rekord van 23,17m met haar 25,06m verpletter. Stacey Gardiner (LaR) het die o.15 100m in 12,7s afgelê (OR 12,8s) en was ook deel van die 4x100m aflosspan wat die rekord van 53,20s na 52,80s verbeter het. Odette Olivier (HMS) het 875 Absa-punte opgestapel toe sy die o.17 spiesgooi-rekord van 35,54m na 'n allemintige 40,84m verbeter het. In die o.14 hoogspring het Meagan Jackman (LaR) en Anandi van der Merwe (HMS) die rekord-hoogte van 1,48m geëwenaar om eerste en tweede te eindig onderskeidelik. Marné van der Burgh, Odette Oliver, Stacey Gardiner en Meagan Jackman was die bekerwenners. |
|
|
|
|
MET die eerste Boland Landloop ligabyeenkoms wat tydens Paasnaweek op Stellenbosch plaasvind, hoop die mense aan die stuur van sake dat daar vanjaar meer junior atlete op klubvlak sal meeding. Volgens Chris Davids, voorsitter van Boland Landloop, is die gebrek aan deelname van skool landloopatlete 'n groot kopseer. "Die skakeling tussen Boland en Ussasa is al jare lank 'n probleem. Ons (Boland) wil hê skoolatlete moet by klubs aansluit en sodoende aan die Boland landloop-ligas deelneem," sê Davids. Volgens hom ding die kinders nou mee in die kompetisies wat Ussasa reël. Davids glo dat die talent van baie atlete hier nie tot hul volle reg kom nie en ook nie die geleentheid het om te ontwikkel nie. "Enige atleet werk na 'n Suid-Afrikaanse en uiteindelik 'n wêreldkampioenskap. Om op klubvlak deel te neem, bied atlete van so jonk as o.15 nie net die kans om provinsiaal en nasionaal deel te neem nie, maar ook internasionaal." Hy voeg by dat klubs ook finansieel sterker as skole is, as dit kom by sportontwikkeling. "Skole beskik nie altyd oor fondse om talentvolle landlopers te ontwikkel nie. Geld vir ontwikkeling lê by die klubstrukture, wat dit deur padwedlope en dies meer insamel. "Daarby het Boland Atletiek 'n ontwikkelingsdirekteur wat fondse kan bekom om atlete finansieel te ondersteun en help om hul talent te ontwikkel," verduidelik Davids. "Kinders moet inskakel by hul plaaslike atletiekklub en dan vir die klub meeding. Paarl met sy baie skole het 'n magdom atletiek-talent, maar verlede jaar is daar slegs enkele landloop-atlete wat deurgekom het, terwyl junior atlete van Malmesbury en Hermanus wat wel by klubs betrokke was, onder die top atlete was." As lede van dieselfde klub, beteken dit ook dat atlete van verskillende skole wat in 'n seisoen slegs enkele kere teen mekaar hardloop meer gereeld kan kragte meet en selfs vriendskapsbande kan snoer. 'n Saamgestelde program van landloop-byeenkomste - met Ussasa byeenkomste in die week en ligabyeenkomste op Saterdae byvoorbeeld - wat in oorleg met alle betrokke administrateurs opgestel is, sal atlete die kans gun om oral deel te neem. Meer belangrik, dit sal hulle meer geleenthede gee om verder te vorder met hul sport. Maar swak skakeling tussen skole en die Boland atletiekstrukture beteken dat baie kinders nie eens bewus is daarvan dat hulle hulself kan bevoordeel deur by 'n klub aan te sluit nie. Atlete wat enige navrae het, kan Chris Davids skakel by 083-315-0773. |
|
||||