|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
KWV Groep Beperk het in die ses maande tot einde verlede jaar sy netto wins en bruto winsmarge aansienlik verhoog. Die groep se voorsitter, Lourens Jonker, sê die verbeterde finansiële posisie is aan verhoogde uitvoere, gunstige wisselkoersbewegings, streng kostebestuur, rasionalisasie en gevolglike beter ekonomie van skaal te danke. Die groep het in die oorsigtyd sy wesensverdienste met 4,7% tot R62 miljoen verbeter, terwyl die toeskryfbare netto wins met 41,7% tot R48,2 miljoen opgeskuif is en die bruto winsmarge van 34% tot 37,5%. 'n Afname van 13% in bedryfswins is te wyte aan aansienlik verhoogde spandering aan advertensies en promosies. Dié spandering is deel van 'n langtermynstrategie om buitelandse handel in KWV-handelsmerke te stimuleer. Omdat die afset van wyn en brandewyn seisoenaal van aard is en die laaste ses maande van die kalenderjaar, wat in die tussentydse verslag gereflekteer word, gewoonlik groter verkope meebring, verwag die groep nie soortgelyke resultate vir die oorblywende ses maande van die finansiële jaar nie. Daar is egter wel 'n oplewing in die kleinhandel-afset van brandewyn en indien dit voortduur, kan die groep daarby, asook by die huidige lae vlak van die rand, baat vind. Geen tussentydse dividend is verklaar nie. |
|
|
|
|
THE 2001 KWV Chardonnay has won a gold medal at the ninth annual Chardonnay-du-Monde competition held a few days ago in Burgundy, France. It is one of only three gold medals awarded to a South African Chardonnay at this competition, the world's premier event for judging Chardonnay varietal wines. The other winners were Riebeek Cellar and Hazendal. A total of 1 127 wines from 34 countries were entered, of which 341 wines were awarded medals. The competition was held according to the rules of the Organisation du Vin et de la Vigne (OIV), allowing only 30% of entries to receive medals Sterik de Wet, wine manager at KWV SA, said that he was delighted with this achievement. "It is good that a light-bodied wine style with a full fruity character and less wood soes so well. It is especially gratifying that this wine from the 2001 vintage should have been awarded gold, as that year saw the adoption of a new winemaking approach at KWV. |
|
|
|
|
LEDE van die publiek word genooi om teen 5 April benoemings vir die Paarlse Sakekamer se gesogte jaarlikse toekennings, Sakepersoon van die Jaar en Entrepreneur van die Jaar, in te dien. Die benoemdes word beoordeel volgens hul suksesrekord, bydrae tot die plaaslike sakegemeenskap, gemeenskapsdiens en bydrae tot sake-organisasies op nasionale vlak. Die benoemde persoon se persoonlike suksesse en bydraes word in ag geneem, pleks van die sukses van die organisasie of besigheid waarby hy/sy betrokke is. Vir die sakepersoon word sukses oor etlike jare in ag geneem terwyl die Entrepreneur van die Jaar beoordeel word slegs op die afgelope jaar. Die Entrepreneur van die Jaar se onderneming moet 'n toonbeeld van vindingrykheid en werkskepping wees. Vindingrykheid moet die hoeksteen van die besigheid se sukses en groei wees. Die benoemdes in albei kategorieë hoef nie lid van die Paarlse Sakekamer te wees nie. Stuur nominasies aan Riaan Stander by e-pos riaans@absa.co.za of faks 872-6080. * Die Sakekamer wil 'n sakeregister van plaaslike ondernemings saamstel, om die stadsraad te steun in sy pogings om nuwe besigheid na die Paarl te lok. Alle besighede word versoek om die Sakekamer te kontak by Posbus 484, Paarl 7620 of faks 872-9314 en die onderneming se naam, adres en kontakbesonderhede te verstrek. |
|
|||||||