|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
I SEE the hardware store of Mr Goolam Mohammed Doola, DFT Hardware in Klein Drakenstein Road in Paarl, has a notice in the window that the Paarl Post was not prepared to publish his comments on the article denouncing his business practices. I would like to point out that the Paarl Post could have said a lot more about this unscrupulous businessman, for he is deep in debt to our business also. He bought roof sheets to the value of R37 000 from us last year, but is yet to repay R16 000 of this amount, while he has already sold the stock - at R6 less per metre than he paid us. This clearly indicates that he cannot possibly run his business at a profit without defrauding his suppliers. Paarl businessman |
|
|
|
|
ONS is keelvol vir skamel geklede meisies, sommige met 'n groot gebrek aan onderklere, wat Langenhovenlaan van Maandag tot Maandag versier. Asook vir die arrogante ridders met hul blink voertuie wat hulle op- en aflaai. Meneer vir jou wil ek vra of jy nie skaamte het nie, want my oprit word gebruik vir jou oplaai- en aflaai-werkie. Hierdie kinders en julle manne het geen idee hoeveel siektes julle kan opdoen nie. In hierdie buurt is daar geen ablusiegeriewe nie, so die dametjies kan hulle nie eers ordentlik skoonmaak nie! Sies! Gebruik dan liewers ordentlike huise in ons dorp. Neem kennis: ons verklaar oorlog teen die prostituut en haar kliënte in ons straat! Julle is vir ons, ons mans, ons kinders en kuiergaste 'n groot verleentheid. Ek bly anoniem, want weerwraak kom maklik en gou! Denneburger |
|
|
|
|
I WAS driving down Optenhorst Street on Thursday 28 February when a traffic officer in an official car turned left into Optenhorst Street without stopping at the stop street just below the Berlyn Centre (where the Seven 11 is). I had to brake not to hit him. He then straddled both lanes so that no-one could get past him and drove at less than 30 km an hour, only moving into his lane to go straight over the Berg River Bridge at the robot. He never used his rearview mirror and never seemed aware of holding up anyone behind him. His registration number is CJ 18053. Does he have a different set of rules to the rest of us road users? Motorist |
|
|
|
|
GRAAG wil ek weet waarom die munisipale swembaddens saans om 18:00 sluit en dit nadat toegangsgeld verdubbel het. Hoekom moet die publiek se plesier altyd weggevat word? Almal het nie die gerief van 'n swembad tuis of vervoer see toe nie. Teen sesuur is dit nog gietend warm en werkers by veral Paarl-Oos se swembad het moeite om die mense uit die water te kry. Ek sal graag wil hê dat die owerhede 'n slag moet kom sien hoe die mense hul geniet en as die klok sesuur slaan, hoe teleurgesteld hulle is. Vroeër jare het Paarl swembad blykbaar tot tienuur saans oopgebly. G Fortuin Die Munisipale Bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Die Munisipaliteit ondersoek die moontlikheid om die swembad-ure tydens die warmste somermaande te wysig. |
|
|
|
|
EK studeer vanaf die tweede week in Januarie 2002 aan die Hogeschool van Utrecht se Seminarium voor Orthopedagogiek in Nederland. Wat 'n wonderlike belewenis is dit nie om elke Donderdag die Paarl Post te lees nie. Die nuus uit die Paarl is 'n welkome gerusstelling te midde van bibberende temperature en verlange wat knaag. Hou vol met die goeie werk. Leon de Jager |
|
|
|||||||||||||
|
DIT lyk behoorlik asof die Paashaas vanjaar huise in sy sak gebring het vir die Paarlvallei, in plaas van Paaseiers. Die afgelope week was 'n behoorlike behuisingsfees - van die ouma op Klapmuts wat ná 'n eeu 'n huis gekry het, tot by die fondse wat vir 'n projek op Franschhoek goedgekeur is, en die oorhandiging van huise aan plaaswerkers betrokke by die Fair Valley-plaasprojek. Soveel vreugde en blydskap van die ontvangers behoort die politici vuur en vlam te hê om elke dag met nuwe behuisingsplanne vorendag te kom. Elkeen van dié stories is baie spesiaal. Ouma Wilhelmina van Staden het op 110 in haar eerste huis ingetrek, nadat sy jare lank in 'n perdestal op 'n plaas gebly het. Terselfdertyd het die plaaswerkers wat deel is van die Fair Valley-bemagtigingsprojek die eerste van hul pragtige nuwe huise betrek - 'n uitstekende voorbeeld van die hervorming wat in die landbou plaasvind. En in Mbekweni is verskeie huiseienaars besig met opknappings en aanbouings met die geld wat hulle vir grondeise ontvang het. Nogtans is daar 'n lang waglys van mense wat hierdie Pase maar tevrede sal moet wees met 'n sjokolade-eier in plaas van 'n huis. As 'n mens darem op die waglys is, is dit hopelik 'n geval van liewer 'n halwe eier as 'n leë dop. |
||||||
|
||||||