|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n VIA DOLOROSA kruisoptog word op Goeie Vrydag in die Paarl om 07:45 aangepak. 'n Kruis sal van die Toringkerk tot by Paarlvallei NG Kerk gedra word, gevolg deur nagmaal om 09:00. By elke punt, sal daar Skriflesing en gebed wees. Die punte is die Katolieke Kerk in Van der Lingenstraat, Patriotplein (voor PaarlMed 24), die steeg by Lewis Stores/Wagon Wheels, Nedbank op Jan Phillips Plein, MV Motors in Hoofstraat en die parkeergebied van Paarlvallei Kerk. Mense wat nie die hele ent kan saamstap nie, is welkom om langs die pad aan te sluit of by die Paarlvallei Kerk se voordeur te wag. Mense kan informeel en gemaklik aantrek. Die nagmaaldiens word om 09:00 deur ds Hans Steyn gelei in die Paarlvallei Kerk. Vir navrae, skakel ds Gawie van Broekhuizen by 872-2637. |
|
|
|
|
DIE Lighuis Familie Kerk te Plumbagostraat 19 in Klein Nederburg nooi die publiek hartlik uit na 'n reeks spesiale dienste hierdie Paasnaweek. Die genooide spreker is die baie bekende pastoor Floris Kotze van die Lighuis Rhema Bediening te Parow. Die dienstye is Goeie Vrydag om 10:00 en 19:00, Saterdag om 19:00 en Sondag om 10:00 en 18:00. Die program sluit ook in samesang, optredes deur gospelsanger Alban Pietersen, Christelike kreatiewe danse en getuienisse. Alle dienste is gratis. Vir verdere navrae bel Manda by 862-7774 of pastoor Vernon Jacobs by 083-764-6688. |
|
|
|
|
DIE Wellington-tak van die Vriende van Afrikaans reël 'n winkelvenster-slagspreukkompetisie vir leerders in twee kategorieë: een vir hoërskoolleerders en een vir laerskoolleerders van Wellington en distrik. Pryse van R100, R75 en R50 sal in elke kategorie toegeken word vir die slagspreuk oor 'n plaaslike onderneming. Inskrywingsvorms is by die skole beskikbaar en inskrywings sluit op 28 Maart. Die wenners sal op Dinsdag 23 April om 19:00 by die Bergrivier Hoërskool aangekondig word, maar die wenners sal voor die tyd in kennis gestel word om hulle pryse te kom ontvang. Benewens die weninskrywings sal ook van die beste ander trefferslagspreuke onder die naam van die betrokke leerder en skool vir 'n bepaalde week en met die goedkeuring van die eienaars/bestuurders in die winkelvensters vertoon word. Navrae by die voorsitter, Etienne Smit, 873-3050. |
|||||
|
|||||