safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Wednesday 27 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 4 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Burgemeester aangekeer

Malané Bosman

[ Top ]


wleander20DIE burgemeester van Drakenstein, Paarliet Chris Leander, is Saterdagaand in sy eie dorp vir vermeende dronkbestuur aangekeer.

Die verkeersbeampte was na bewering onbewus van die status van die motoris wat hy vir 'n verkeersoortreding gestop het.

Leander was om 21:00 saam met sy vrou, Ivy, met sy private motor in die Bergrivier Boulevard onderweg toe hy voorgekeer is.

Die burgemeester het na bewering oor 'n rooi verkeerslig by die Hospitaalstraat-kruising gery voordat die beampte sy blou lig en sirene gebruik het om die Toyota Conquest oorkant Paarl Medi-Clinic tot stilstand te bring.

Omdat daar vermoed is dat die motorbestuurder na drank geruik het, is hy na die Paarl polisiestasie gebring waar die voorval in die register aangeteken is.

Hy is daarna na die hospitaal geneem waar daar in die teenwoordigheid van 'n dokter bloed getrek is. Leander is dieselfde aand toegelaat om huis toe te gaan.

Die burgemeester is nie formeel aangekla dat hy onder die invloed van drank sy motor bestuur het nie. Dit kan tot tien weke duur vir die ontleding van die bloed by die staatslaboratorium in Kaapstad.

Wanneer die uitslag bekend is sal die dossier vir 'n beslissing oor moontlike optrede aan die senior staatsaanklaer van die Paarlse landdroshof voorgelê word.

Sou die toetse positief wees, met die bloed/alkohol konsentrasie hoër as 0,05, sal die vermeende dronkbestuurder gedagvaar word om in die hof te verskyn.

Die Demokratiese Alliansie het hom tot 'n volledige ondersoek en verslag verbind. Die burgemeester sal met amptelike verlof wees tot verdere kennis.

* The mayor of Drakenstein has been arrested for suspected drunken driving.


Bloedbad verhoed

[ Top ]


'n MOONTLIKE bloedbad is verlede week afgeweer toe twee vermeende rowers, tot die tande toe bewapen, op uitbetalingsdag tussen pensioentrekkers op Klapmuts in hegtenis geneem is.

"Ons gee alle eer aan die plaasbestuurder wat onraad vermoed en reageer het," het dankbare polisiebeamptes gesê.

Die wakker man was Dinsdag om 07:30 naby Klapmuts Sentra toe 'n witkleurige Mazda-bakkie langs hom gestop het.

"Ek het gesien dis 'n verkoelingsfirma se voertuig, maar sonder gereedskap.

"Dit het baie verdag voorgekom, veral die twee mans wat uitgeklim het. Hulle het nie werksklere aangehad nie en het weggestap sonder om die bakkie te sluit.

"Ek bel toe die 24-uur diensnommer op die bakkie om te hoor of hulle werksmense gestuur het na Klapmuts. En daar sê die vrou nee, een van hul bakkies is die vorige aand gesteel."

Ná sy oproep was die Klapmuts polisie binne minute op die toneel.

Die verdagtes het intussen naby die uitbetalingspunt agter 'n grondwal gaan skuil. Teen daardie tyd was daar al meer as 100 bejaardes in die ry om hul pensioengeld te ontvang.

Polisiemanne het die verdagtes deursoek en 'n 9mm Tokaref pistool ontdek. In die bakkie was 'n Uzi handmasjiengeweer in 'n streepsak voor die passasiersitplek versteek.

Mzoxolo Mantashe (24) van Delft en Bonginkosi Mapukata (29) van Nyanga is in hegtenis geneem.

"Deur sy oplettendheid het die lid van die publiek nie net die gemeenskap beskerm teen gewapende verdagtes nie, maar het hy ook 'n gesteelde voertuig teruggekry," het 'n polisiewoordvoerder geprys.

Volgens ooggetuies kon 'n rooikleurige Mazda en 'n grys Toyota Cressida dalk ook deel van 'n beplande roof gewees het.

Inligting kan aan insp Clifford Coetzee (875-5555) gegee word.

* A possible bloodbath was averted with the arrest of two armed men at the pay-out point for pensioners in Klapmuts last week.


Eie huis na eeu se wag

Susan Botha

[ Top ]


wgee20DIE vaalgrys huisie is een van 'n ry splinternuwe HOP-huisies in die grondstraatjie op Klapmuts. Bousand, gruis en sementblokke staan nog oral voor halfgeboude strukture rond.

Op die deur van die nederige eenvertrekhuisie is 'n nommer geplak - '891' - maar nêrens is daar 'n aanduiding dat hierdie gebou vir Wilhelmina van Staden die

NUWE EIENAAR. Antie Miena van Staden (regs) ontvang haar huissleutel van Stellenbosse burgemeester Willie Ortell (naaslinks). By hulle is (van links) raadslid John Anthony, Nomatyala Hangana (Wes-Kaapse Minister van Behuising) en Antie Miena se dogter, Lorraine.

verwesenliking is van meer as 'n eeu se drome nie.

Antie Miena, soos almal haar ken, is op 5 Desember 1891 gebore en nou, op 110-jarige leeftyd, kon sy die eerste keer haar voet oor haar eie drumpel sit.

Sy het Woensdag een van 750 nuwe

laekostehuise op Klapmuts ontvang.

"Antie Miena het swaar gekry op die plaas waar sy gebly het. Sy is vandag 'n heldin dat sy dit oorleef het," het Willie Ortell, onderburgemeester van Stellenbosch, by die oorhandiging gesê.

Bruce Kannemeyer, ANC LP, het ook die klein, krom vroutjie se moed bewonder: "Antie Miena, vandag is u dag. Baie van ons het al moed opgegee dat die son oor ons sal skyn, maar vandag gee jy ons weer almal hoop."

Antie Miena, soos die mense van Klapmuts haar ken, het jare lank in 'n perdestal op 'n plaas gewoon.

Twee jaar gelede was daar berigte in die media oor die toestand van haar blyplek en is sy na 'n effe beter plek verskuif.

"Hoeveel regerings het nie gekom en gegaan nie voordat ons besef het Antie Miena is 'n mens met behoeftes, 'n mens wat behuising nodig het?" was Nomatyala Hangana, Wes-Kaapse Minister van Behuising, se vraag.

"Vandag wil ons u trots en waardigheid wat van u weggeneem is toe u gedwing was om van 'n perdestal 'n huis te maak, aan u teruggee."

Minister Hangana het die projek beskryf as 'n uitstekende voorbeeld van samewerking tussen 'n stadsraad, distriksraad, gemeenskap en komitee.

Sy het haar tot die ontwikkelaars gewend en gesê daar moet ook na omgewingsbewaring gekyk word wanneer 'n gebied ontwikkel word.

"Ons mense wil in 'n gemeenskap bly wat ordentlik lyk, wat groen is met bome."

Die Minister het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te praat oor die mishandeling van bejaardes en kinders.

"Ons weet van gevalle waar oumense verkrag en mishandel word deur hul eie kinders. Dieselfde geld vir ons kinders.

"Jou kind is my kind. Enige bejaarde persoon is ook my ma, my pa. Ons het 'n verantwoordelikheid om ons bejaardes en ons kinders te beskerm"

Terselfdertyd het sy die gemeenskap gemaan dat ouers nie kinders moet beskerm wat die wet oortree nie.

"As my kind stout is, moet ek hom vang en self Polisie toe neem. Maar wat doen ons nou? Ons beskerm die oortreders.

"Ons moet dit stop - misdaad sal nie afneem as ons nie iets daaraan doen nie."

John Anthony, stadsraadslid vir Klapmuts, het sy stem by die Minister gevoeg met dié woorde: "Die gemeenskap is so bekommerd oor waarheen gaan ons môre, dat ons nie weet waar ons vandag is nie."

Antie Miena het stil langs die Minister gesit en na al dié wyse woorde geluister.

Sy het darem self ook iets te sê gehad vir vandag se jeug: "Jong meisies moet aktief wees, jong mans moet hul plek ken, mense moet respek hê vir mekaar en oppas vir drankmisbruik."

'n Dogter, Lorraine, asook 'n kleinkind sal saam met haar in haar nuwe huis woon.


Motordiewe se moses

Malané Bosman

[ Top ]


WANNEER die lede van die misdaadvoorkomingspan van die polisie in Mbekweni slaap, weet nugter.

Vanjaar het hulle al 185 arrestasies uitgevoer, waaronder moordenaars, rowers en verkragters.

Beslag is gelê op groot hoeveelhede dagga en drank. Onder die gesteelde eiendom wat teruggevind is, is vuurwapens en ammunisie.

Voorverlede week het hulle in vyf dae vyf gesteelde voertuie in Mbekweni opgespoor.

"'n Mens kry net die gevoel," sê hul bevelvoerder, insp Patti Francise.

"Ons patrolleer en wanneer ons 'n verdagte motor sien, laat ons die registrasienommer toets."

En siedaar.

'n Silwerkleurige Golf met 'n CL nommerplaat by 'n opslaanhuis in die Chris Hani woongebied het as gesteel op die polisie se rekenaar gelees.

Die manne van die misdaadvoorkomings-eenheid het toegeslaan en verskeie ander nommerplate en motoronderdele op die toneel gevind.

So is daar nog 'n Golf, 'n Bantam bakkie, Ford Laser en Opel Monza opgespoor.

Elf arrestasies is gemaak.

Toe inspekteurs Francise en George Cornelissen, die Mbekweni polisie se logistieke beampte, voorverlede Sondag saam met West Force Security eienaar, Rudolph Moses, na die Paarl onderweg was in Moses se motor, het hulle nog 'n slag geslaan.

'n Rooikleurige Mazda Midge met die registrasienommer CN 6998 het in Daljosafat in die rigting van Mbekweni oor 'n verkeerslig gejaag.

Die polisie het gesien die insittendes is jeugdiges.

Die kinders het roekeloos aanhou jaag en verskeie botsings naelskraap gemis.

Die voertuig is in Drommedarisstraat tot stilstand gedwing en die ses insittendes aangehou.

Daar is vasgestel dat die motor kort tevore in Weltevredeweg, Wellington, gesteel is.

 Die arrestasies is gemaak nog voordat die regmatige eienaar van die diefstal bewus was.

* Mbekweni policemen are giving car thieves a hard time.


Plaaswerkers kry eie huise

Susan Botha

[ Top ]


wtommyDIE Fair Valley Gemeenskap Eiendomsvereniging het Saterdag die eerste agt huise op die grond wat hulle in 1998 van Fairview gekoop het, ingewy.

Die terrein van 17,4 hektaar lê tussen die N1 en die Ou Paarlpad, aangrensend aan die suidwestelike punt van Fairview-plaas, waar die lede van die vereniging in diens is.

"Fair Valley is deel van die nuwe Suid-Afrika. Alle Wes-Kaaplanders behoort trots te wees op wat hier gebeur," het die Wes-Kaapse Minister

Tommy Fortuin, voorsitter van die Fair Valley projek, ontvang sy huissleutel van minister Johan Gelderblom.

van Landbou, Johan Gelderblom, by die geleentheid gesê.

"Ons besef terdeë dat armoede in die landelike gebiede 'n groot probleem is en dat ons 'n verantwoordelikheid het om dit aan te spreek.

"Ons moet ook almal deel word van die herverdelingsprogram," het hy gesê en bygevoeg dat die Wes-Kaap nasionale inisiatiewe tot grondhervorming ondersteun.

Gelderblom het ook 'n beroep op die plaasgemeenskap gedoen om 'n gesonde lewenstyl te volg.

"Ons verwag dat Vigs in die toekoms 'n ernstige invloed op veral die landbou- en mynbousektore gaan hê."

Hy het gewaarsku dat die epidemie 'n laer groei in die arbeidsmark, laer produksie, meer afwesigheid, duurder opleiding, meer intensiewe produksiemetodes en 'n afname in beleggersvertroue tot gevolg kan hê.

"Ek streef daarna dat ons landbouers gemoedsrus moet hê. Ek wil hê u moet in mooi huise bly, waarop u trots is, en dat u 'n passie sal hê vir die landbou en dat u en die werkgewer dieselfde drome sal deel vir die plaas."

Tommy Fortuin, voorsitter van die Fair Valley projek, vertel dat arbeiderswonings op Fairview sal, sodra al die huisgesinne in hul nuwe huise ingetrek het, as gastekamers ingerig word.

 "Wanneer al die huise voltooi is, beplan ons ook om 'n wynkelder op te rig. Dan gaan die kinders op die plaas opgelei word as wynmakers en om administratiewe werk te verrig.

 "Verder gaan ons ook in hul ontspanningsbehoeftes voorsien. Ons beplan om 'n sportveld hier aan te lê."

* Farm workers involved in the Fair Valley project now own their own homes.


Geweld eis lewens

[ Top ]


BENDEGEWELD het die naweek in Paarl-Oos uitgebreek en die twee lewens van twee jong mans geëis.

Mario Pietersen (25) is Saterdagaand in Hibiscusstraat doodgeskiet. Twee omstanders is in die been gewond.

Dieselfde aand is 'n onbekende jong man in Poinsettiastraat met 'n mes doodgesteek, ook in 'n bakleiery tussen bendelede.

Die polisie het verskeie arrestasies gemaak.

* Op Wellington is Hanno Farao Vrydagnag met 'n mes doodgesteek in 'n arbeidershuis op die plaas Welvanpas aan die Perdeskoen.

Haar houman, Alex Thomas (30), is in hegtenis geneem. Die paar se driejarige dogtertjie word nou deur familie versorg.

* In Groot Drakenstein is Johannes Luskamp (32) by die plaas Bergrivier met 'n mes in die hart doodgesteek. Johannes Rowes is aangehou.

* Die liggaam van 'n onbekende man is op die parkeergebied van die Huguenot spoorwegstasie ontdek.

* In nog 'n gewelddadige sterfte het Jan Strauss (26) van Leeugamka voor 'n trein beland in Suider-Paarl.

* Six people have died in incidents of violence.


Wiele kry voete

[ Top ]


DIE skok wanneer jy jou motor in die oprit vind met al vier wiele afgesteel, kan 'n mens skaars beskryf.

So het Harold Martin van Vrykyk verlede week gevoel toe hy sy VW Golf op bakstene gekry het.

"Harold het net na middernag opgestaan en oral rondgekyk toe die honde geblaf het," het sy vrou, Colette, gesê.

"Alles het in orde gelyk, ook by die motors. Die alarm het nie afgegaan nie en die Golf was so half versteek agter 'n tweede motor.

"Maar toe Harold die oggend in die oprit kom, kon hy sy oë nie glo nie."

Die Golf het netjies op bakstene gerus en van die duur wiele was daar geen spoor nie.

Verlede jaar is daar by 'n familielid se motor in die Martins se oprit naby Bergrivier Boulevard ingebreek en kort daarna is 'n buurman se motor 'n ent met die Boulevard af, gesteel.

Wielstelery is deesdae aan die orde van die dag in die Paarl, het die polisie gemaan. Daar is wel al arrestasies gemaak, maar die stelery gaan voort.

* All the wheels were stolen off a Paarlite's car last week.


Pad van die dood

[ Top ]


DIE Hermonpad noord van Wellington is vinnig besig om in 'n pad van die dood te verbrokkel.

Die laaste slagoffer is 'n jong motorfietsryer wat verlede Saterdag om 19:00 ernstig beseer is in 'n motorbotsing.

Juan van Wyk (20) van Tarrynkeerweg 1, Paarl, is met 'n gebreekte regterarm en drie frakture in sy regterbeen in die Paarl Medi-Clinic opgeneem.

Boere sug elke jaar van verligting wanneer druiwetyd verby is sonder dat hul vragmotors met vol parsbakke in die moeilikheid beland het.

"Die padoppervlak is treurig en die bane so nou dat dit byna onmoontlik is om veilig te ry," het 'n boer gesê.

Volgens gebruikers dra die pad benewens swaar verkeer ook motoriste wat te vinnig ry, asook voetgangers, fietsryers en loslopende diere.

Vroeër hierdie maand het die 62-jarige Johannes Smith van Riebeek Kasteel gesterf in 'n motorbotsing op die Hermonpad waarin sy vrou, skoondogter en kleindogters beseer is.

Volgens statistieke van die polisie en ambulanspersoneel gaan daar nie 'n enkele week verby dat daar nie 'n ongeluk op die pad is nie. Danie Buckle (21) van Wellington het verlede jaar breinskade opgedoen en is steeds in 'n koma nadat hy in Mei verlede jaar in 'n tromp-op botsing voor die inrit na sy ouers se plaas, Ruigtevlei, betrokke was.

In dieselfde ongeluk het Careen Nel (44) van die Sonskynkafee, Hermon, in 'n aankomende motor gesterf terwyl haar man en seun ernstig beseer is.

Pierre-Jeanne Gerber (LP) van Malanstasie, het reeds in 2000 'n skrywe rakende die Hermonpad gerig aan die destydse Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Piet Meyer.

Oor die vraag oor die veiligheidsaspek en die moontlike herontwerp van die pad het Meyer geantwoord: "Die raadgewende ingenieursfirma Ninham Shand is reeds aangestel om verslag te doen oor die rehabilitasie van die oppervlak en die veiligheid van die roete.

"Wanneer hul aanbevelings ter hande is, sal die prioritisering van die projekte wat daaruit mag voortspruit, aandag geniet."

Gerber meen: "Die pad sal dringend opgegradeer moet word, veral nou as alternatiewe roete vir verkeer na die noorde met die absurde tolpad-plan."

Volgens Gerber is die herbou van die pad geskeduleer vir 2004/2005. 'n Bedrag van R36 miljoen is glo begroot vir die projek.

"Ek is ingelig dat dit hoë prioriteit geniet," het Gerber gesê.

* The road between Wellington and Hermon has been dubbed the "road of death".


Union objects to municipal police

[ Top ]


THE long-awaited Municipal Police Service for Drakenstein may hang in the balance, after the SA Municipal Workers' Union (Samwu) in Drakenstein sent a letter of objection to the Western Cape Minister of Community Safety, Leonard Ramatlakane.

Samwu requested that the Minister reject the proposed business plan of the Drakenstein Municipality for the establishment of the service, until all the consultative processes are followed and all roleplayers sign an agreement to a new business plan.

In the letter, Samwu says it supports the concept of municipal policing, "especially in the light of the current demands being placed on local government to provide safety and security within the broader context of service delivery, providing that the design meets the requirements of the IDP".

However, according to the union, discrepancies are also evident, one being that the issue was not consulted with the union, although a labour forum exists.

Samwu says the business plan was also drawn up "without community involvement".

The objection from Samwu follows a decision by the Drakenstein Town Council on 28 February to establish the municipal policing service.

The business plan was referred to a joint committee for finalisation, in order to ensure that Council meets the Minister's deadline.

The ANC pointed out at the meeting that the initial decision was taken by the executive committee on 28 June last year and not the full Council as prescribed by law.

Furthermore, several officers were sent on training in January in absence of Council approval.

During a break in the meeting, the Speaker, Jean Smit, held a long discussion with the leaders of the different parties, trying to get them to accept a Municipal Police Service in principle.

This proved impossible and in the end the DA controlled Council accepted the establishment of the service and the business plan in principle with the ANC voting against the proposal.

Smit described the incident as "incredibly frustrating" for the DA and the voters.

"We may have pre-empted some decisions, but it was to the advantage of the community.

"We cannot afford to delay instituting the service. Thus we sent officers on training when we had the chance, but now have to wait for the Minister to accept the business plan before we can proceed."

Mayor Chris Leander said the situation was an insult to voters in a community where people were shot, raped and robbed on a daily basis.

"The safety of our people should be priority number one for everyone considered."

Said Anthea Sheldon, ANC leader in the Council, "In principle the ANC supports the establishment of a Municipal Police service. There are however, statutory processes required to both establish and develop the business plan and these in our opinion were not followed.

"The ANC moved that it be referred back in order to address these irregularities and other concerns regarding implementation."


R1 million for project on Franschhoek common

[ Top ]


THE DBSA Development Fund has made available a grant of R1 million as contribution to meeting the costs of planning the agriculture and tourism components of the proposed empowerment ventures to be developed on the 102 hectare Franschhoek municipal commonage.

At a ceremony in Bellville on 20 March, Luther Mashaba (head of the DBSA Development Fund) and John Samuel, chairperson of the Franschhoek Empowerment and Conservation Trust (Fremco) signed letters relative to the disbursement of these funds, which will cover about 40% of the fees and costs of the professional team engaged in the planning. 

The event was witnessed by Dr Franklin Sonn (chairperson of Frandevco, the private sector development partner paying the other 60%) and Willie Meyer, the Mayor of Stellenbosch, representing the municipality as public sector partner in the venture.

The Franschhoek Empowerment and Development Initiative stems from a ground-breaking Social Accord signed on 16 February 1998 by all stakeholder organisations in the village. 

In terms of the Accord, it was envisaged to build one thousand low cost homes, subsidise 100 medium cost homes, provide a local solution to the Group Areas land claims of the village, and afford the previously disadvantaged direct access to the mainstream of the local economy, being agriculture and tourism. 

The Accord is now being implemented, with the first phase of 771 houses presently being constructed, and the land claimants having received two hectares of prime development land plus a donation of R1,2 million on 21 December, the date on which the commonage land was transferred from the Municipality to Frandevco. 

It is largely thanks to this land deal that the capital could be raised to fund the housing project and resolve the land claims.

The planning grant from the DBSA Development Fund relates to the economic empowerment leg of the Social Accord. It is envisaged that a farm of some 60 hectares, as well as a tourism incubator node will be established on the commonage land at the foot of the Franschhoek Pass, to be co-owned by the disadvantaged through the Fremco Trust. 

This will provide more than 500 new employment opportunities, as well as training and entrepreneurial opportunities to the disadvantaged of Franschhoek, whilst enhancing the tourism appeal of the valley - already one of the top five destinations in South Africa for foreign visitors. 

These facilities, which will be geared towards training and skills transfer, will be co-owned by the disadvantaged as equity partners, and it is these goals that the DBSA wish to support by means of the grant. 


Joy after years of tears

Susan Botha

[ Top ]


wthelma20TEARS, happiness and even disbelief - that was the main reaction when 165 claimants and their families from Mbekweni received compensation of R3 712 500 from the Regional Land Claims Commission.

Claimants received an average of R17 500 which is based on the cost of a serviced site in Paarl, for their individual tenancy claims.

PROUD. Thelma Molozi, member of the Mbekweni land claims committee, in the room that she is adding to her house.

Most of the claimants have since used the money to repair or revamp their homes, while several have built on rooms.

Clarence Johnson, Boland district mayor, described it as a joyous day, attempting to redress the evil things that happened during the Apartheid years.

"I want to appeal to beneficiaries to spend the money to strengthen property rights, particularly in the Western Cape."

Bruce Kannemeyer, ANC MP and former town councillor for Paarl, said, "Your wisdom and patience inspired us. This cheque can never make up for your pain and suffering."

In the 1950's Paarl was demarcated into five areas by the local authorities: Paarl North, South, West, East and Central Paarl.

The North, South and Western parts were proclaimed as white group areas.

The Berg River was used as a natural boundary between the race groups and the area east of the river was proclaimed a "Coloured" Group area.

The African inhabitants of Paarl were forcibly removed to an emergency transit camp called Langabuya.

Later, some African people were deported to the now defunct "homelands" (Ciskei and Transkei), some went to live on farms in the vicinity and others had to move to the council homes in Mbekweni, the formal township created in 1949/50 to accommodate the African population.

No compensation was received at the time of dispossession and most of the claimants are currently living in semi-detached state-built homes in Mbekweni while some live in informal dwellings adjacent to Mbekweni.

Those land claimants opting for the developmental approach to building houses or to improve their current living conditions with the compensation they receive will also have access to the State's Restitution Planning Grant and the Restitution Discretionary Grant.


Jong verdagtes weer vry

[ Top ]


POLISIEBEAMPTES het in Klapmuts drie uur lank op die spoor van inbrekers geloop voordat drie seuns aangekeer is met R50 000 se gesteelde goedere.

Die arrestasie volg op 'n inbraak by die Mont Destin restaurant op die Klapmuts-Stellenbosch pad op 12 Maart.

'n Geaktiveerde alarm het die plaasbestuurder laat ondersoek instel. Daar is bevind dat 'n ruit gebreek is en die huis van elektroniese en kombuisgereedskap gestroop is.

Met duidelike spore op die toneel is die polisie se spoorsnyers uit Kaapstad ontbied en het die lang stap deur landerye begin.

Die drie jeugdiges - 14, 15 en 16 - is by arbeidershuise op 'n aangrensende plaas aangekeer.

Al die gesteelde goedere is teruggekry behalwe 'n skyfieprojektor wat deur polisieduikers uit 'n plaasdam 20m van die restaurant gehaal is.

Daar is later vasgestel dat die seuns betrokke kon wees by 'n inbraak twee dae tevore by Wiesenhof.

Van dié gesteelde goedere is ook teruggekry.

Die verdagtes het in die Paarl landdroshof verskyn waar hulle in die sorg van hul ouers geplaas is.

"Ons weet van vorige veroordelings wat dié mannetjies het," het 'n lid van die Klapmuts gemeenskap na die vrylating gefrustreerd gesê.

"Hulle was ook in die sorg van hul ouers - arbeiders op Mount Vernon plaas - terwyl daar by die skool, by die drankwinkel en by wonings ingebreek is."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za