safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Wednesday 27 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 4 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


wwater1SKOONMAAK. Raadslid Titus Williams (middel) assisteer Sonop Primêr leerlinge Leigh Boois (links) en Juliana Botha (regs) met die skoonmaak van die Palmietrivier in Paarl-Oos gedurende Waterweek. Ongeveer 150 laerskoolleerlinge het aan die operasie deelgeneem.


Veldtog teen kindermisbruik

[ Top ]


'n MENSEKETTING van kinders wat betoog teen kindermisbruik word môre om 10:00 dwarsdeur die Wes-Kaap gehou. Plaaslike skoolkinders sal aan die veldtog deelneem.

Dit is deel van 'n veldtog genaamd "Hands off our children" (HOOC) wat onlangs geloods is deur die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid in 'n poging om kindermishandeling uit te wis. 

Vandag word daar geskiedenis gemaak as 3000 skoolhoofde en leerders onder een dak in Goodwood saamtrek om hulle voor te lig oor die veldtog, en hulle opnuut te sensiteer oor die Stop Misbruik Protokol wat onlangs binne Onderwys bekend gestel is. 'n Soortgelyke byeenkoms vir die Boland sal in Mei in die Paarl gehou word.

Vandag sal sowat 1,1 miljoen kinders 'n standpunt teen kindermisbruik inneem, sal daar gebid word teen hierdie misdaad en sal gedink word aan kinders wie se lewens deur kindermisbruik verwoes is.

Slegs 15 uit elke 100 kindermisbruikgevalle word tans by die Polisie aangemeld. Dit beteken dat 85 uit elke 100 kinders nooit eers 'n regverdige kans kry om die misdaad wat teen hulle gepleeg word, geregistreer te kry nie.

Wat egter nog erger is, is dat statistiek toon dat in 83% van die gevalle is die misdadiger bekend aan die kind. En wat meer is, die gemeenskap staan apaties teenoor die misdaad wat soms voor hulle oë afspeel.

Aangesien dit so 'n moeilik polisieerbare misdaad is, is elke inwoner van hierdie provinsie se samewerking nodig om die misdaad werklik stop te sit.

Vir die doel is daar 'n intersektorale en multi-dissiplinêre taakspan saamgestel waarop die onderskeie departemente van Gemeenskapsveiligheid, Onderwys, Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Korrektiewe Dienste, Justisie, die SAPD, die Instituut vir Kinder- en Gesinsontwikkeling, die Voorsitter van die Provinsiale Gemeenskapspolisieraad, en nie-regeringsorganisasies en kerkgroepe dien.

Daar sal eersdaags met 'n wye inligtingsveldtog begin word om alle gemeenskapstrukture voor te lig oor hoe hulle betrokke kan raak en waar moontlike fondse beskikbaar is vir gemeenskapsgeïnisieerde projekte.

Kinders moet ingelig en aangemoedig word om dit aan te meld en opgevoed word oor hulle regte en die publiek moet misdaad aanmeld.

'n Selfverdedigingsprogram vir sekere teikengroepe sal geborg word as deel van die sosiale verantwoordelikheid.

Ondersteuningsmateriaal sal ook vervaardig word wat geteiken is op spesifieke groepe. Elke kind binne die provinsie (1,1 miljoen) sal met 'n armband toegerus word waarop die noodnommer van ChildLine gedruk sal word in 'n poging om kinders in staat te stel om te skakel indien in nood.

Vingerafdruksertifikate sal deur SAPD lede gebruik word wanneer skolebesoeke gedoen word ten einde kinders se vingerafdrukke te neem indien dit ooit nodig sou word.

Altesame 96 polisiestasies regdeur die provinsie is tans toegerus met traumakamers waar getraumatiseerde lede van die publiek berading kan ontvang na 'n misdaad teen hulle gepleeg is. 

Vrywilligers by elk van hierdie stasies sal opleiding ontvang om kinders en hulle gesinne met berading by te staan in geval van kindermisbruikgevalle.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za