|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'N KLEIN groepie toeskouers was al teleurstelling tydens die Boland fietsrykampioenskappe wat Saterdag op Daljosafat gehou is. Dit is die eerste Boland kampioenskappe wat deur die nuwe Boland Fietsry Unie aangebied is. Die vorige Unie het sowat 25 jaar gelede ontbind ná die samesmelting van die Suid-Afrikaanse Fietsry Federasie en die Suid-Afrikaanse Fietsry Vereniging. Die dag het heelwat verrassings opgelewer met buiteperde wat gesoute ryers laat les opsê het. Een so 'n geval was in die o.12 groep waar Shakoer Francke (Yorkshire) verras het deur tweede te kom in die 500m tydtoets. In dié ouderdomsgroep waar Avery Arendse en Robin November (beide van Yorkshire) gewoonlik die botoon voer, het Francke gewys wat in hom steek en moes November met 'n derde plek tevrede wees, terwyl Arendse eerste was. In die o.14 groep het Ashley Daniels wat nou maar slegs drie maande baanfietsry, verras met sy derde plek in die 500m tydtoets. Ricardo Heneke, verlede jaar se junior WP naelrykampioen is vanjaar die Boland senior naelrykampioen. Die 30-jarige Ian Goetham het toeskouers laat regop sit met sy oorwinning oor die veel jonger Garth Thomas in die gekombineerde seniors en veterane 1000m tydtoets. Onder die veterane het Greg Botha die wenkbroue laat lig. Botha wat gewoonlik net padwedrenne ry, het tweede geëindig in die 3000m agter Kevin Green. Botha was ook derde in die 1500m en eerste in die 5km wedren waar sy stamina van padwedrenne ry duidelik bygedra het tot sy sukses. In die juniors het Warren Andrew gewys dat hy 'n jaer is wat met meer oefening nog baie ver kan kom. Hy het tweede geëindig in die 1000m naelry agter Nolan Hoffman. SA Fietsrykampioenskappe Die SA Kampioenskappe word van 4 tot 6 April in die Bellville Velodrome gehou. Boland staan 'n goeie kans om 'n medalje in die o.12 ouderdomsgroep in te palm. Daar word ook groot dinge verwag van Magdelene Nicholson wat Saterdag 'n sekonde en 'n half buite die SA-rekord gery het in die 500m tydtoets. Sy neem in die junior vroue afdeling deel. Daarby sal die groot kanonne soos Garth Thomas en Heneke ook die baan aan die brand ry. Die Boland span is: o.12 Avery Arendse, Robin November, Jardino Jacobs, Cortney Martin, Shakoer Francke; o.14 Webster Jacobs, Ashley Daniels, Reginald Benjamin, Leslie Snyders, Authur Benjamin, Magdalene Nicholson; o.16 Ivano Siebritz, Bertram Siebritz, Durwin Benjamin, Enrico Heneke, Daniel Coetzee; Junior Warren Andrews, Nolan Hoffman, Lucian Adonis, Christopher Andrews, Regard Swart; Seniors Garth Thomas, Ricardo Heneke, Rayno Martin, Dan Cravin, Heiko Diehl; Vets Kevin Green, Ian Goetham, Orpheus Opperman, Greg Botha, Willem Davids, Colin Andrews. |
|
|
|
|
DIE Boland o.19 rugbyseisoen het Donderdag op 'n hoë noot afgeskop tydens die SentraSure rugbydag wat deur Hoër Landbouskool Boland aangebied is. Sterk rugbyskole van die Boland asook die Kaap, soos Boland Landbou, Paul Roos, Paarl Gim, Boishaai, SACS, Wynberg, HTS Bellville en Worcester Gim was van die spanne wat te sien was. Elke wedstryd het 20 minute geduur en met geen doel-, straf- en skepskoppe wat toegelaat is nie, is verseker dat die toeskouers met top hardlooprugby getrakteer is. In die finale wedstryde van die dag het Boishaai gespook om Paul Roos uit hul doelgebied te hou. PRG het egter in die laaste minuut oorgebars vir 'n drie om die wedstryd 5-0 te wen. Dit was egter in die hoofwedstryd waar die hare gewaai het. Die gasheerskool het teen Paarl Gim te staan gekom in 'n wedstryd wat die Swarttruie bitter graag wou wen. Gim het was in baie goeie vorm en het verwoed aangeval en nog meer doeltreffend verdedig. Gim wen 5-0. |
|
|
|
|
TYDENS die enkelhouespele Stableford kompetisie wat Saterdag by Wellington Gholfklub gehou is, het Kiffie Henderson met die beste spel van die dag gespog. Henderson se 69, was een minder as die telling van Frankie Wiggins. In die derde en vierde plek was Jeffrey Fisher en Theo Williams onderskeidelik elkeen met 72. In die vyfde plek was André Gilliland (74) gevolg deur Timmie Bailey met 75. In 'n 4BBB kompetisie by Bergrivier Gholfklub was George Williams en Davey Davids die gedugte paar wat die voortou geneem het, met 44. Hulle is gevolg deur Brian Bailey en Tony de Vries, Ralph Johson en Mike van Wyk en Johan Fortuin en Christian Philander almal met 42. Christian Philander en Mike Klaaste was vyfde en sesde albei met 38. |
|
|
|
|
DIT was beslis 'n kwessie van deja vú toe HJS Saterdag teen Paarl Gim in die eindstryd van die All Gold uitklopkriekettoernooi te staan gekom het. Vir Gim was dit 'n herhaling van die interskole-kragmeting vroeër vanjaar waar hulle die knie moes buig voor HJS. Vir die Boishaaiers was dit absolute vreugde. Hul oorwinning Saterdag merk die derde agtereenvolgende jaar wat hul met die All Gold trofee wegstap. Na sy oorwinning van drie paaltjies oor Vredenburg in die halfeindstryd was HJS vol vertroue. Goeie boulwerk deur Tertius Joubert (3/15 in 6b), Christian Loubser (3/18 in 6b) en Jan Rabie (3/40 in 9b) het die Gimmies tot 147 beperk. HJS se paaltjies kantel met reëlmaat maar hulle slaan nietemin die wenlopies vir 'n twee-paaltjie oorwinning. Joubert se 44 verseker dat hy as man van die wedstryd aangewys word. Charl de Villiers (22) het ook goed gevaar met die bal. Dit is die sewende agtereenvolgende keer dat Boishaai in die eindstryd van die All Gold Uitklopkompetisie speel, en die vyfde keer dat hulle wen. Dit was ook die laaste jaar dat All Gold die kampioenskappe borg, met die gevolg dat die All Gold trofee nou permanent in Boishaai se besit is. |
|
|||||