safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 27 March 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 3 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Skaatsplankryers moet vasgevat word

[ Top ]


EK is 'n 21-jarige man, baie aktief en altyd 'n bok vir sports. Ek reageer op die brief oor die skaatsplankryers op Wellington van 19 Maart.

Ek het 'n probleem met van dié mannetjies en steun die owerhede en ontevrede burgers wat oor hulle optrede kla.

Dit wil vir my voorkom asof alles en almal verkeerd is, behalwe die kinders, volgens dié ma.

Hierdie is 'n teken van hoe ons samelewing verval: kinders praat en hanteer volwassenes sonder respek.

Ek het 'n voorstel: Begin deur kinders by die huis op te voed.  Dissiplineer en tug hulle.

My ouers het my goed en gereeld gestreep as ek kwaad gedoen het en dit het van my 'n beter mens gemaak.

Julle sal sommer vir ons skole ook 'n guns bewys, want dit is nie die skool se plig om julle kinders maniere te leer nie.

Die skaatsplankryers is nie so onskuldig nie. Die "trucks" maak merke en breek gedeeltes van trappe en randstene weg. 

Hulle stop nie by stopstrate nie (ek weet waarvan ek praat) - een van my kollegas is Maandag raak gery. 

Hulle raas definitief. As u nie weet hoe skaatsplankwiele op teer klink nie, kan u gerus gaan luister.

Verder ry hulle 90% van die tyd op openbare instellings en besighede se stoepe rond.

Ek moet nou om verskoning vra vir onskuldige plankgebruikers, maar hulle is 'n minderheid - hierdie kinders moet vasgevat word, want blykbaar kan hulle ouers dit nie doen nie. 

Jong, bekommerde burger


Vreedsame skaaters word wel geintimideer

[ Top ]


GRAAG reageer ek op die brief van 19 Maart (Vreedsame skaatsers word hier geïntimideer). Dit is vir my duidelik dat ons plaaslike wetstoepassers nie die reël van eerlikheid self toepas nie.

Ek was geensins betrokke by hierdie aangeleentheid nie, maar het by 'n huis naby waar die onderonsie plaasgevind het, 'n vriendin van my dogter opgelaai en met my eie oë gesien hoe die twee betrokke verkeersbeamptes hul motor se kattebak oopmaak sodat die seuns hul skaatsplanke daaruit kan verwyder.

Wanneer is dit gekonfiskeer, wanneer jy dit permanent afneem? Ek maak self van Hofmeyrstraat gebruik en het die seuns nog altyd beleef en bedagsaam ten opsigte van motoriste gevind.

Wat my wel dwars in die krop steek, is dat mens oral lees van optrede ten opsigte van skaatsers, maar intussen sukkel ek om dieselfde Verkeersdepartement sover te kry om teen my bure op te tree wat sewe honde aanhou op 'n hoekerf wat net met draad omhein is. Sonder sukses is my eerste klagte reeds in Oktober 2002 geplaas.

Ook maar net nog 'n Belastingbetaler


Rotten apples contaminate whole barrel

[ Top ]


HOW sad it always is when one or two rotten apples contaminate the whole barrel.

With reference to the forensic audit now having to be carried out into irregularities within the municipal Electricity Department, we can only say that in over ten years on a farm in Klein Drakenstein, we can only compliment this department on the quality of service we have received.

Whether its a fuse thats "blown", a cable breakage or as in recent times when we've been bedevilled by cable theft, the response has been quick and efficient.

The attitude of the electricians has always been pleasant and friendly and normal service has been restored in, we believe, the shortest possible time.

One only hopes that in the event of corruption being proven, the culprits be identified and dismissed immediately and that the rest of the department can get back to delivering the first class service as they have done in the past.

 M Duckitt


Los ons bome uit

[ Top ]


WAAROM kan sommige inwoners van Wellington nie bome wat op sypaadjies staan en niemand of niks bedreig, met rus laat nie?

Onlanapgelig het en omdat dit 'n Bauhinia is wat nie meer aangeplant kan word nie.

Om in Kerkstraat 'n boom te verwyder is nie net 'n belediging teenoor diegene wat in die verlede probeer het om iets moois na te laat nie, dit openbaar ook iets wat in Wellington los is, waarsonder hierdie dorp 'n beter plek sal wees.

DJ Malan


Verkeersbeamptes is soms wel verkeerd

[ Top ]


OP Saterdag 15 Februarie ongeveer tienuur was ons besig om vriende af te sien, toe daar skielik 'n motor in die verkeerde rigting in Templierstraat, 'n eenrigtingstraat, afry.

Op die motor se hakke volg 'n verkeersvoertuig met sy sirene aan. Hulle stop en die persoon kry 'n boete (sy oortreding is glo gevaarlik).

Ek loop nader en sê aan een van die verkeersbeamptes dat, aangesien hulle nou hier is, kan hulle sommer die motors wat in Zionstraat (oorkant 'n restaurant) op die sypaadjie staan, beboet.

Sy antwoord aan my was dat hulle (die motors) nie 'n gevaar vir die verkeer is nie. Waarop ek vir hom vra of dit 'n oortreding is of nie. Hy antwoord ja, dit is, maar vir wie pla dit? Dit het amper gelyk asof hulle nie lus is nie.

Soos hulle toe later opry in Templierstraat, staan daar soos gewoonlik 'n motor bo by Hoofstraat op 'n rooi lyn, maar dit word ook nie eens gesien nie. Wonder of hulle weet dat vyf meter van 'n hoek daar geen voertuig mag staan nie?

Die ses voertuie in Zionstraat en die een in Hoofstraat is nie beboet nie!

Nou vra ek die vraag: Wanneer is dit dan 'n oortreding om op die sypaadjie of rooistreep te parkeer, of geld sekere reëls net wanneer dit verkeersmense pas?

A Aylward


Editorial:


Morals or politics?

[ Top ]

TO be a councillor is to care for your community.

Or that was the idea, in the good old days. Then party politics entered the scene, and everything changed.

Nowadays, councillors are constantly confronted by a conflict of interests between their civic duties and their political affiliations.

Presumably this was the dilemma that faced councillor Bernardo Maralack (NNP) last week. He had to chair a public meeting on the development of Die Kraal, the historic former sportsgrounds in Huguenot.

At the meeting it was announced that he was in Swellendam for a meeting and would only later join the meeting in Paarl.

He never turned up and on the next day, newspapers reported on the failure of the NNP to win the by-election in Swellendam, despite a concerted effort by members from all over.

It must be hard to decide between the people who voted you into office and the people who keep you there - especially if you have crossed the floor to another party (possibly against the wishes of the electorate).

It was thus refreshing to see the deputy mayor, Anthea Sheldon, rise at the Council meeting on Tuesday and ask for a secret ballot concerning Councillor Titus Williams, so that members could take a decision in line with their moral values, not their politics.

This proposal was accepted and in the secret ballot it was decided to request that the Minister discharge Williams from his position.

If this means a swing away from pure political decision-making to an acknowledgement of councillors' moral responsibility to voters, this move is to be applauded.

[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za