|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n Die besluit volg ná 'n spesiale ondersoek na 'n beweerde verbreking van die gedragskode. Rdl Williams het verlede jaar in die warmwater beland oor bewerings dat daar met die koopkragmeter in sy huis gepeuter is. Die meter het 'n negatiewe lesing van 51297 eenhede gegee, met 'n waarde van R21 652. Rdl Williams het uiteindelik 'n bedrag van meer as R25 800 inbetaal, waarna 'n nuwe meter geïnstalleer en die krag weer aangeskakel is. 'n Spesiale ondersoekkomitee het bevind dat daar met die meter gepeuter is en dat rdl Williams, minstens daarvan bewus moes gewees het en dus ook van die "gratis" krag. Daar is ook bevind dat hy skuld aanvaar het vir die kragrekening en gebaat het by die krag waarvoor daar nie betaal is nie. Volgens die komitee was rdl Williams se gedrag skadelik en nie tot Drakenstein Munisipaliteit se beste voordeel nie. "Die gedrag moedig wanadministrasie in die Munisipaliteit aan, maar nie noodwendig in die Raad nie." Rdl Williams is dus nie skuldig bevind aan die klag rakende seksie11 (d) van Skedule 1 van Wet 32 van 200 nie. Hy is wel skuldig bevind aan 'n oortreding van seksie 12 van dieselfde wetgewing, in soverre hy gebaat het by eiendom wat aan Drakenstein Munisipaliteit behoort en waartoe hy nie reg gehad het nie. Verder het hy "nie in die beste belang van die Drakenstein Munisipaliteit opgetree nie en sodoende die geloofwaardigheid en integriteit van die Munisipaliteit aangetas". Die komitee het aanbeveel dat rdl Williams vir drie maande geskors word as raadslid. Net voor die bespreking van dié agendapunt Dinsdag, het die Speaker, Killion Cekiso, vir Williams versoek om die saal te verlaat. Williams het aanvanklik geweier, op grond daarvan dat die vergadering oop is vir almal. Nadat die Speaker op sy punt gestaan het, het Williams die saal verlaat, net om op die galery te gaan sit. Die Speaker het 'n amptenaar gevra om seker te maak hy verlaat die saal, waarop hy vrywillig uit is. Hierna het onderburgemeester Anthea Sheldon (ANC) 'n voorstel ingedien ingevolge punt 14 (2) (e) van die gedragskode, waarvolgens 'n stadsraad die Minister kan versoek om 'n raadslid van sy pos te onthef. "Ek wil nie hê die Raad moet my voorstel sien as partypolities nie. Dit gaan oor die integriteit van die Raad en daarom vra ek vir 'n geheime stemming, sodat raadslede kan stem volgens hul morele beginsels." Rdl Bernardo Maralack (NNP) het in 'n amendement voorgestel dat die komitee se aanvanklike aanbeveling aanvaar word. Die DA het op hierdie stadium vir 'n reses van tien minute gevra om die saak te bespreek voordat daar gestem word. Hierna is daar gestem. Die uitslag was 28 ten gunste van Sheldon se voorstel en 22 daarteen. Die Speaker het hierna die uitslag aan Williams oorgedra en beklemtoon dat die finale besluit nou by die Minister lê. Enige appèl van Williams teen die besluit, sal die raadsbesluit vergesel. Intussen sal hy sy pos soos gewoonlik beklee. Indien die Minister die raadsbesluit aanvaar, sal 'n tussenverkiesing in Wyk 17 in Paarl-Oos volg wat deur Williams onder die DA-vaandel verower is. * The Drakenstein Municipal Council has voted that town councillor Titus Williams (NNP) be removed from Council by the Minister, following tampering with his prepaid electricity meter. |
|
|
|
|
TWEE tieners, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is gearresteer nadat jeugdiges amok gemaak het by die Meulstraat biblioteek in die Paarl. Die tieners, uit gegoede huise, het glo Saterdagnag ongeveer middernag jolyt gehou op die stoep toe sake hand- uitgeruk het. "'n Mens moet darem ander mense se eiendom respekteer," sê die bibliotekaresse van Meulstraat Biblioteek, Amarie le Roux, oor dié gebeure. "Gelukkig het 'n inwoner van die woonstelblok regoor die biblioteek alles op band vasgelê en kon die skuldiges vasgetrek word. "Dit is ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Inwoners van 'n naburige woonstelblok het vertel dat tieners gereeld oor naweke op die stoep vergader. "Die geraas wat hulle naweke maak, was een keer so erg dat die Polisie ont-bied is om die rusverstoring te beëindig. Dit is nou egter die eerste keer dat iemand in hegtenis geneem word," het sy vertel. Daar word nou oorweeg om ystertralies en 'n veiligheidshek voor die stoep aan te bring. "Dit sal natuurlik baie afbreuk doen aan die Victoriaanse voorkoms van die gebou, maar 'n mens moet dink aan die veiligheid van die biblioteek," sê Le Roux. Volgens die ondersoekbeampte, insp Jacques Mouton, het die twee Maandag in die Paarlse Landdroshof verskyn en is hulle met 'n waarskuwing van die hof in hul ouers se sorg vrygelaat. * Two teenagers were arrested last weekend after vandalism at the library. |
|
|
|
|
DIE berugte Wemmershoekpad het onlangs die derde keer in vier jaar die lewe van 'n korrektiewe beampte van Drakenstein-gevangenis geëis. Bongani Siyo (31) van Nyanga het op slag gesterf toe sy Fiat Uno motor Donderdagaand op die Wemmershoekpad teen 'n aankomende Opel Ascona gebots het. Dié ongeluk het skaars 200m vanaf die plek plaasgevind waar bewaarder Braam Ellis, sy vrou Juanita, hul twee kinders en Ellis se tante twee jaar gelede in 'n grusame botsing gesterf het. Twee vroue van Mbekweni, insittendes van die ander motor, het ook in dié ongeluk omgekom. Op 26 November 1999 het 'n bewaarder se seun, Grenville Lloyd, naby E de Waalsaal teen 'n boom vasgejaag en gesterf het. Siyo was saam met twee kollegas, Khayolethu Nahlati en Theron Suba, op pad na die tronk, toe die ander motor vermoedelik voor hulle beland het. Nahlati en Suba is met onderskeidelik hoof- en rugbeserings deur Netcare 911 na Paarl Medi-Clinic vervoer. Agt insittendes van die ander motor, lede van die Williams-gesin van Hawston, is ook na Paarl Hospitaal geneem en vir beserings behandel. Siyo is 'n jaar gelede getroud en laat sy vrou Malate en seuntjie Khunyana agter. Ondersoekbeampte Jacques Mouton versoek enige persone wat die ongeluk gesien het, om hom by 807-4000 te bel. * A third warder from Drakenstein Correctional Services has died on the Wemmershoek Road. |
|
|
|
|
The R520 000 mare Indiscreet Fantasy was in a paddock on the farm Clewthorne on Tuesday night when her left front leg was viciously slashed. The mare was rushed to the veterinary clinic in Wellington, but she could not be saved. "I will never forget the way Indi looked at me that morning - her eyes so sad, her muzzle bloodsmeared," Jack Clews said. "She had been lying in a pool of her own blood after the attack and had just managed to struggle to her feet." Her weanling, Indiscreet Heart, was milling around at a safe distance when a stud employee, Jeroy Stocks discovered the distraught mare. Stocks investigated when the famous mare did not trot up for her normal morning feed. The Clews, their employees and the police searched the paddock for clues. Signs were found where the enclosure could have been scaled. "We found absolutely no sharp object on which Indi could have hurt herself," Elize Clews said. "The knife had to have been used by a professional, a butcher or a hunter used to skinning. The muscle of the front upper leg had been expertly sliced and was hanging from her leg. "But she must have been drugged. No horse would stand still for such an attack. She was also extremely passive when we found her. "We managed to get her into the horse box by walking her backwards, as her front leg dangled uselessly. The surgeons did all they could." Indiscreet Fantasy won the Cape Grade 1 Fillies Guineas at Kenilworth in 1998, ran the 1999 J&B Metropolitan Stakes and went on to win a total of eight races and achieving places in six Black Point races. The famous mare would have been eight years old in August. She was put to pasture in 2000 and has had two foals. The first, a yearling named Indiscreet Lad, was in an adjoining paddock at the time of the attack. She was again in foal, this time by Martinelli, half-brother to the international champion Fortwood. "It is not only the terrible loss of the mare, but also the loss of her future offspring which is a blow to us," Elize said. The mutilation occurred on the same day that an application was heard in the Cape Town Supreme Court for an interdict to prevent Elize Clews from using Western Province Racing Club's facilities. The termination of her membership came after a long-standing fued with the Western Province Owners' and Trainees' Association. Paarl police inspector Danie Viljoen (807-4047) is investigating the matter. |
|
|
|
|
WAAR is die raadslede? Dit is wat lede van die publiek wou weet by 'n vergadering oor die toekoms van die Kraal, die ou sportterrein in Huguenot, Paarl. Die vergadering verlede Woensdagaand het sowat dertig minute laat begin, terwyl daar gewag is op die voorsitter van die beplanningskomitee en ook van die vergadering, raadslid Bernardo Maralack (NNP). David Delaney, waarnemende munisipale hoof van beplanning, het verskoning gemaak vir die raadslid en verduidelik dat Maralack op pad terug was van 'n vergadering. Hy het nooit opgedaag nie en was vermoedelik by die munisipale tussenverkiesing op Swellendam. Geeneen van die ander sewe raadslede in die komitee, óf die drie gekoöpteerde lede, was by die vergadering nie. Die enigste raadslid teenwoordig, was pastoor John Maralack (ANC), wat dit uit belangstelling bygewoon het. Die vergadering was die tweede een wat oor die moontlike ontwikkeling van die Kraal gehou word. Die saak het weer op die beplanningskomitee se tafel beland nadat ontwikkelaars aansoek gedoen het om 'n winkelsentrum daar op te rig. Die grond was oorspronklik vir sport en ontspanning gesoneer, maar dit is tans geoormerk vir industriële ontwikkeling. Net 25 mense het die eerste vergadering bygewoon en die komitee het gevoel dat hulle groter gemeenskapsbetrokkenheid wil hê. Verlede week se vergadering is deur dertig mense bygewoon. Gevoelens het gewissel van sentiment oor die verlede tot realisme en behoeftes van die hede. Dr George Fredericks het die Kraal beskryf as "die enigste monument vir ons mense behalwe Noorder-Paarl en Athlone." "Toe Tipperary (die huidige La Rochelle-hokkievelde) van ons weggeneem is, het ons Kraal toe geskuif. Dit moet behoue bly, dit het 'n historiese betekenis vir ons." Alan Carolissen het 'n teer puntjie aangeraak: "Ek wil weet wat het van die kaart en transport geword. Sover ek weet, is die grond nog destyds deur 'n blanke persoon geskenk vir Kleurling-sport." Delaney het in antwoord gesê dat dit nie die eerste keer is wat dié bewering gemaak word nie. Dit is egter nie op die transportakte so aangedui nie. 'n Voorstel van Carolissen dat die grond vir sport behou moet word, is aanvaar. Verskeie onderwysers het hulle ten gunste hiervan uitgespreek. Hulle het die hele tameletjie van skole sonder sportvelde en spanne wat nie wedstryde kan speel nie, uitgelig. Sammy Andrews, sekretaris van die Drakenstein Sportforum, het gesê as die Kraal behoue bly vir sport, sal dit nie noodwendig vir rugby of krieket benut word nie. "Ander sportsoorte mag beter gebruik kan maak van die terrein. Binnenshuise sport is 'n groot probleem." Yusuf Patel, wat namens die HOP Forum daar was, het gesê die sensitiwiteit van die grond moet beslis in ag geneem word, maar het realisme bepleit. "Baie mense se bloed en sweet is daarin, maar ons moet ook na ontwikkeling kyk. "Ons kan nie probeer om soos Distrik 6 die verlede reg te stel nie. 'n Mens moet realisties wees: kan ons dít wat ons gehad het, weer vasvang?" Patel sê Paarl sit met 'n dilemma. Op die oomblik is al die ekonomiese ontwikkeling gesentreer in Lady Greystraat. "Hoe gaan ons 'n nuwe gemeenskap skep - dit is die uitdaging. Ons moet na die geheel kyk." Delaney het daarop gewys dat daar konsultante aangestel gaan word om 'n ekonomiese profiel van die Paarl te doen, wat dié probleem sal aanspreek. Patel was egter van mening dat die saak so sensitief is dat 'n taakspan van raadslede, amptenare en die gemeenskap saamgestel moet word om die Kraal-kwessie behoorlik te ondersoek. Die vergadering het gevoel dat só 'n taakspan nie daar saamgestel kon word nie, aangesien alle rolspelers nie verteenwoordig was nie. Dr Fredericks het ook daarop gewys dat die Kraal nie in isolasie gesien kan word nie: "Ons moet ook kyk na die informele behuising en die impak wat dit op die hele gebied het. 'n Taakspan sal hierna ook moet kyk." Nog 'n lid van die publiek, Henry Bailey, wou weet: "Hoeveel mag het ons vanaand hier?" Sy mening is deur heelwat ander mense beaam. Delaney het hulle verseker dat die saak baie belangrik is vir die Raad en dat hulle nie die gemeenskap se gevoelens ligtelik opneem nie. Hierop was Bailey se kommentaar dat die Haven Nagskuiling reeds op die grond opgerig is, sonder insette van die gemeenskap. "Hoekom is hulle dan nou skielik bekommerd oor wat ons dink?" Daar is besluit om weer oor 'n maand vergadering te hou. Die datum sal later bekend gemaak word. "Ons verwag die raadslede daar," was die versoek uit die gehoor. "Die burgemeester moet ook hier wees, hy kry geld daarvoor en hy moet hoor wat die mense dink." * Die ander komiteelede wat nie opgedaag het nie, is Miriam Adriaanse (NNP), Carel Heyns (NNP), Anna Langeveld (ANC), Charmaine Manuel (ANC), Victor Mbubu (ANC), Solomon Ross (NNP) en David Xhaso (ANC). Die gekoöpteerde lede is Clara Meyer (DA), Patrick Smidt (DA) en Mercia van der Vent (UDM). |
|
|
|
|
TWEE Paarlse polisiemanne is skuldig bevind en in die streekhof gevonnis nadat drie seuns ernstig aangerand is. Inspekteurs Arthur Scott (29) en André Nothnagel (34) het in Augustus 2001 die kinders - Justin Mentoor, Virgil Daniels (altwee 16) en Dorian May (14) - aangerand. Paarl polisie-sersant Ian Myburgh (43), die derde aangeklaagde, is vroeër vanjaar aan 'n hartaanval oorlede. Die drie seuns, bekendes in die strate van die Paarl, is die betrokke aand in Swartvleistraat deur die polisiemanne aangekeer. Hulle is geslaan en geskop en in 'n patrollievoertuig geboender. Die deur is gesluit en die materiaalblindings toegetrek voordat die seuns met traangas tot bedaring gebring is. Die kinders is later uitgehaal, weer aangerand en in 'n polisiesel opgesluit, het die hof gehoor. Die inspekteurs het 'n saakdossier van verset teen arrestasie en die verhindering in die uitvoer van hul pligte, teen die kinders geopen. Nadat die seuns drie dae later vrygelaat is sonder dat hulle aangekla is, het hulle mediese behandeling gekry en is die voorval by die polisie aangemeld. Assistent-direkteur Kenneth Patrick van die Onafhanklike Klagtedirektoraat is aangestel om die saak te ondersoek. Paarl landdros Sammy Maku het Scott op drie aanklagte skuldig bevind en gevonnis tot R6000 of 12 maande gevangenisstraf. 'n Verdere 18 maande tronkstraf is vir vyf jaar opgeskort. Nothnagel is aan een klag van ernstige aanranding skuldig bevind. Hy is tot R4000 boete of agt maande gevangenisstraf gevonnis, met 'n verdere 18 maande gevangenisstraf vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word tydens dié periode nie. Staatsaanklaer Chris Daniels het Patrick geloof vir "uitstekende ondersoekwerk". Direktoraat-direkteur Riaz Salojee het by navraag gesê: "Die skuldigbevinding en vonnis moet as afskrikmiddel dien sodat ander polisiebeamptes nie die grense oorskrei tydens arrestasie nie." Myburgh is verlede jaar vrygespreek op 'n aanklag van poging tot moord ná 'n voorval waarin 'n hawelose man, André Pietersen, ernstige wonde opgedoen het toe hy in die Paarl polisiestasie aan die brand gesteek is. Klagtes teen Scott en Nothnagel is verlede week tydens 'n departementele verhoor tydelik teruggetrek. Hulle bly aan diens by die Paarl polisiestasie. * Two Paarl policemen have been found guilty and sentenced for assaulting three teenage boys who allegedly resisted arrest. |
|
|
|
|
A PAARLITE, Freddie Victor (60), made his appearance in the Paarl magistrate's court last week in connection with the outstanding school fees of his son. The case was postponed after Victor, a security official, testified that he was unable to pay the money. He earns R8,44 per hour. Victor has made three appearances in the civil court case since 20 November without legal representation, but the case has now been postponed indefinitely. In 1999 Victor could not pay the school fees of his son who was in matric at Robertson High School. The fees totalled R1659 which now amount to R3247 after legal costs. His son was forced to leave school and still blames his father for it, Victor said. The younger son (16) passed grade seven last year and couldn't go back to school, also due to lack of funds. The legal firm Jan S de Villiers, representing the firms Muller Baard Du Toit from Robertson, acted on behalf of the school. According to the Minister of Education, André Gaum, parents can apply for exemption of school fees if their income is less than ten times the school fee, but the schoolboard has the right to prosecute the parents when there is no agreement on exemption. |
|
|
|
|
ONS het bewys dat ons verby verskille kan kyk, kan hande vat en fokus op 'n gesamentlike doel. Só sê Peter Ingwersen, Wêreldbeker koördineerder vir Boland. "Ons het almal net een doel voor oë gehad: om die Wêreldbeker suksesvol aan te bied. "Bolandse gasvryheid was op sy beste. Die personeel het 'n etos geskep van 'Ons wil help, dit is waarvoor ons hier is'. Dit was ongelooflik." Dr Ali Bacher, uitvoerende direkteur van die WB-toernooi, het gesê daar is 'n blywende nalatenskap: velde is opgegradeer en daar is 50 velde in agtergeblewe gebiede ontwikkel. Hy het aan Paarl Post gesê dit was 'n fenomenale suksesstorie vir toerisme, en een wat ver in die toekoms vrugte sal dra. "Ons het gedemonstreer dat dit so veilig as moontlik is om Suid-Afrika toe te kom. Daar was nie een voorval by 'n wedstryd waar iemand aangeval of beroof is nie." Vir die Paarl se reëlings en asemrowende natuurskoon, het hy ook net die hoogste waardering gehad. Melinda van der Merwe van Toerisme sê hulle het baie geleer. Sy is opgewonde oor die nuwe kaartbrosjure wat hulle ontwikkel het vir die toernooi. Behalwe 'n padkaart, dui dit ook gastehuise en ander akkommodasie, besienswaardighede, eetroete en die wynroete aan. Die brosjure is by wedstryde uitgedeel, op die lughawe en ook by die hotelle in Kaapstad waar spelers tuis was. Die hoof uitvoerende bestuurder van Boland Krieket, Pietie Williams, meen een van die groot pluspunte was die bemagtiging van almal wat betrokke was. "Vat maar die kosstalletjies - dit was meestal die kleinsakelui aan wie ons 'n geleentheid gegee het. En hulle het baie geleer, soos om met plastiekhandskoene te werk as hulle kos hanteer." Ingwersen het sy woorde beaam: "Dit is 'n nalatenskap wat gekom het om te bly. Ons het nou 'n meestersplan vir enige toekomstige aanbieding." 'n Vrywilligerkorps van 120 mense het diens gedoen in die Paarl en almal is dit eens dat dit een van die groot suksesstories was. "Hulle het alles gedoen: van parkering tot sitplek-aanwysing en navrae," sê Cassie Viljoen, finansiële en administratiewe beampte. Boland se betrokkenheid by die Wêreldbeker het ook werksgeleenthede vir subkontrakteurs gebied. Sowat R4 miljoen is bestee op verfraaiing, opgradering van geboue en skadunette. Meer as 6000 skoolkinders van regoor die Boland het kans gekry om die drie wedstryde in die Paarl gratis by te woon. Ingwersen het sy dank uitgespreek teenoor die skoolhoofde en afrigters van die skole in die omgewing wat leerders die geleentheid gebied het om deel te wees van die oefenprogram van die internasionale spanne. Paarl Krieketklub en Hugenote Hoër het hul geriewe beskikbaar gestel vir die ontwikkelingsklinieke. Ingwersen en Williams het ook burgemeester Herman Bailey, die stadsraad, Jacques Carstens, Hertius Carstens en die verkeer, brandweer, ingenieursafdeling, parke, toerisme en gesondheid bedank vir die reëlings en gesê hulle kan net met lof praat van hul onbaatsugtige insette. "Ons dank ook aan die Polisie onder leiding van direkteur Vincent Beaton, supt Maggie Govender, supt Danie Uys en almal van die SAPD - min mense besef watter enorme insette agter die skerms verrig was." Boland Krieket het ook lof toegeswaai aan Klein Nederburg Sekondêr en Ligstraal Skool vir die moeite wat hulle gedoen het met die verskaffing van parkering. "Dan is daar natuurlik ook die mediese span, hospitale, landdros en aanklaers wat almal op bystand was." Alles was natuurlik nie heeltyd maanskyn en rose nie. Lojale toeskouers het 'n hele paar dorings ervaar met die tweede opwarmingsoefening van die Proteas teen 'n Boland Uitnodigings XI, soos Derick Williams kan getuig. Een van die grootste probleme was die kaartjies. Volgens radioberigte sou verkope om 10:00 begin, maar moenie glo nie. Die gewone kaartjieskantoor by die stadion was glad nie in gebruik nie en van 'n tydelike punt was daar geen teken nie. Die tweede aankondiging was vir 12:00. 'n Sekuriteitsbeampte het om 12:15 gevra dat mense geduldig moet wees. Hierna het 'n bisarre episode gevolg, wat deur mense as 'n "fiasko" beskryf is en deur ander as 'n "comedy of errors". In plaas van om die kaartjieskantoor by die hoofhek te gebruik, is 'n karavaan ingespan. 'n Bakkie het dit letterlik die terrein vol gesleep, die mense agterna. Die eerste verkoopspunt was veronderstel om by die ou renbaan te wees. Daar aangekom, het sekuriteitspersoneel gesê mense moet terug hoofhek toe. Daar aangekom, moes mense hoor die kaartjieskantoor is weer geskuif, die keer na die padblokkade in Langenhovenweg. Om 'n lang storie kort te maak, mense moes vier-vyf keer op en af stap in Langenhovenweg - en dit in die bloedige hitte. Uiteindelik het die karavaan sy staan gekry onder 'n boom langs die pad. Paarliet John Goliath se kommentaar hierop was: "Hoe kan 'n mens nou 'n kaartjie koop uit 'n skoenboks onder 'n boom sonder enige beskerming hoegenaamd? En dit nogal nadat jy vir 45 minute op en af gestap het saam met toeriste van Australië, Namibië en Holland." Nog 'n wanklankie was die president van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, adv Percy Sonn, wat die voorblaaie van die dagpers gehaal het met bewerings van dronkenskap en kru taalgebruik gedurende die wedstryd tussen Indië en Nederland. Ingwersen en Williams wou nie kommentaar lewer op die Sonn-episode nie. Daar was ook kritiek van die publiek omdat die krieketspanne nie in die Paarl gehuisves is nie. Ingwersen se verweer is dat Spier, waar die spanne gehuisves is, ook in Boland val. "Ons grootste probleem in die Paarl was dat daar nie 'n plek was waar ons al die spelers onder een dak kon huisves nie. Dit is belangrik, want hulle moes gelyke behandeling ontvang." Hy sê dit onderstreep die behoefte aan sodanige akkommodasie plaaslik. Nogtans het heelwat Paarliete die geleentheid gehad om skouers te skuur met die buitelandse besoekers. Só het Pradeep Vijayakar, assistent redakteur van The Times of India, besoek aan die Paarl Post gebring en sommer 'n paar gemeenskapsprojekte ook. Wat soos 'n paal bo water staan, is dat Paarl sy naam verewig het in die geskiedenis van Wêreldbekerkrieket: Op 19 Februarie is die laagste telling aangeteken in 'n eendag-wedstryd tussen Sri Lanka en Kanada, toe Kanada almal uit is vir 36 lopies. Wasim Akram se 500ste eendag paaltjie wat hy ingeoes het, in die wedstryd op 25 Februarie tussen Pakistan en Holland, was ook in die Paarl. |
|
|
|
|
AN abandoned car found in Mbekweni on Tuesday morning by a detective must have knocked down a pedestrian. Of that Insp Simpi Mpoli was certain. But he had no clue as to the whereabouts of the victim or the driver of the silver Volkswagen Jetta. Earlier that day Insp Mpoli had overheard Mbekweni resident Noyabaqhini Spendy make a report at the police station that her Jetta with the CBY registration number had been stolen from her home in 28 Lusaka Street, New Rest, the night before. Mpoli was keeping an eye out as he went about his business in the township, when he noticed the vehicle. It had been abandoned on an open field next to Drommedaris Street. "I saw brain tissue on the bumper and blood stains behind the front seat. The rear seat had been ripped out," Mpoli said. He opened the boot and found more blood stains. "The carpet was missing from the boot and I can only suspect that a pedestrian had been hit, put on the rear seat after the collision, and then moved to the boot after he had died. "We must now find the driver and the place where the body and the rear seat have been dumped." * A relative of the car owner is being sought for questioning by the police. |
|
|||||