safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 27 March 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 3 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


wneder

AMPTELIKE BESOEK. Burgemeester Herman Bailey (middel) het onlangs 'n besoek aan Nederburg Primêr in die Paarl gebring op uitnodiging van stadsraadslid Solomon Ross (links). Hier is hulle saam met skoolhoof Eddie Daniels. Bailey sê hy beplan gereelde besoeke aan verskillende gemeen-skappe in Drakenstein om hom te vergewis van mense se probleme en behoeftes. Hy het met die leerders

gesels oor die belangrikheid om drome en ideale te hê en veral om hard te werk om dit te verwesenlik. Ross en Daniels het ook inligting aan die burgemeester verskaf oor planne om die skool se sportgeriewe te ontwikkel vir die hele gemeenskap. Foto: Susan Botha


Jong dame van Paarl vat voor

[ Top ]


ONS termyntema vir 2003 tot 2005 is "Geanker in Afrika - Vernuwe, Verbeter" en dit laat ons baie ruimte vir verbeteringe in ons gemeenskappe. Só sê Lita Roux van die Paarl, wat pas aangewys is as nasionale president van Jong Dames Dinamiek tot 2005.

"Hierdie nuwe tema van standvastigheid op eie bodem, van wortels hê op 'n kontinent van uiterstes, van leer uit die trane van moeders en kinders, van weet waar ons vandaan kom, is die wegspringblok vanwaar verandering, wedergeboorte en ontwaking kan plaasvind sodat ons kan groei. 

"Enersyds is dit 'n reis na binne om ons eie horisonne te verruim; om 'n beter dogter, vriendin of ma te wees, gedagtig aan kennis bymekaargemaak op die pad tot hier. 

"Andersyds 'n reis saam met die ander vroue van Afrika! Vroue regoor hierdie kontinent ervaar dieselfde vrese en vreugdes as hulle kinders swaarkry, as hulle familie verneder word, as babas gebore word, as hulle kinders presteer."

Lita sê wat haar oorspronklik van JDD aangetrek het, was die feit dat dit 'n platform bied waar die jong vrou haarself kan uitleef en groeige-leentheid gegun word, sonder om mededinging te ervaar van vroue wat op grond van ondervinding en ouderdom meer bekwaam is."

JDD is al sowat vier jaar besig met 'n slagofferbystandsprojek. Die projek het in verskillende gemeenskappe verskillende vorms aangeneem.

"JDD gaan nou betrokke raak by drie projekte in die samelewing in samewerking met ander instansies.

"Eerstens die WASH-projek waar bewustheid gekweek word vir die vermindering van siektes as jy gereeld jou hande was. Ons teiken sal onder meer die vrugte- en mynbedryf wees.

"Tweedens 'n borduurprojek wat deur Associated Country Women of the World begin is en befonds word onder andere deur Amerikaanse donateurs. Dit spreek werkloosheid en entrepreneurskap aan.

"'n Derde projek is 'n huiswerkersprojek. JDD gaan probeer om by die Services SETA te affilieer sodat ons dit in oorleg met die Skills Development Act kan bestuur."

Lita is 'n gebore Paarliet wat later saam met haar ouers ook in Umtata, Kempton Park en Bellville gewoon het waar sy matrikuleer.

Sy studeer aan die Onderwyserskollege Paarl en Universiteit van Stellenbosch, voordat sy met Robert Roux trou en na Ceres verhuis.

"Hier het ek my eerste Jong Dames Dinamiek vergadering bygewoon. Ek was ongeveer tien dae lid toe ek op die bus klim om die JDD nasionale vergadering by te woon op Christiana."

In 1998 verhuis hulle na Paarl en hul eerste seuntjie word gebore. Verlede jaar het hulle nog 'n seuntjie ryker geword.

Intussen het sy op JDD takbesture in Ceres en die Paarl gedien en is in 2000 vir twee jaar op die JDD hoofbestuur verkies.

Lita sê sy voorsien dat JDD 'n merkbare rol sal speel in die gemeenskappe waar sy betrokke is. 

"Ek glo ook dat die rigting wat die projekte inslaan, toon dat JDD in pas is met veranderinge en behoeftes in die breë Afrikaanse gemeenskap."


Helping hand needs help

[ Top ]


PROBLEMS with the uncontrolled increase in the number of dogs and cats, and sick and neglected animals in the poorer communities in Franschhoek, have been eradicated to a great extent since the Franschhoek SPCA was started in 1995.

They need about R300 000 a year to run the service, but currently only raise about R70 000.

Last year they almost ran out of funds, but thanks to the outstanding help from the community, they were able to ward off the danger.

The branch has an animal welfare assistant in the person of Lily Coetzee. The Junior SPCA, with Polly Meyer at the head, gives attention to education.

They provide an educational service to five of the local schools. The Junior SPCA has sent out their Teaching Manual to six other SPCAs, to assist them in setting up educational programmes.

The little clinic in Groendal has no kennels or great facilities, and so must work very closely with the Paarl SPCA, Stellenbosch Animal Welfare and Nature Conservation - sending animals to these openhanded organisations in the network.

Franschhoek SPCA mainly works with domestic animals, so whenever other extremely injured animals are found, they go to one of the other parties.

"We try to re-home wounded and homeless dogs or cats - they are usually re-homed within a week to ten days," says Lily.

They are all checked before being released and sterilisation of the released animal is compulsory.

"We welcome and treasure any donation, big or small. We also receive a subsidy from the Stellenbosch Municipality, but we still struggle to make ends meet."

They therefore also have, as fundraising events, a dinner in October, festivals like Bastille Day, the Harvest Festival, a Collection Day, Dog Training and a Photographical Evening.  The Franschhoek SPCA has a shop and office in the village centre, tel 876-4808.


Paarliet eersdaags aanbieder op Pasella

[ Top ]


PAARLIETE sal van 6 April moet regskuif voor die TV om die joernaalprogram Pasella in 'n nuwe tydgleuf op Sondae te sien - met 'n oud-Paarliet as aanbieder.

Charlene Truter (26) sal van volgende week gereeld op die kassie verskyn tesame met mede-aanbieders Jo-Ann Strauss en Paul Rothman. 

Sy is egter nie 'n totale groentjie nie - sy het reeds optredes as veldaanbieder op die kykNet-program Kringloop op KunsKafee agter die blad.

Charlene, 'n uitblinker-matrikulant van Klein Nederburg Sekondêr in die Paarl, het in 1999 'n B.A.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, en daarna 'n honneursgraad in joernalistiek.

Sedertdien was sy joernalis by Sarie en Die Burger in Kaapstad.

Die veelsydige Charlene is nie net 'n talentvolle skrywer nie, maar het ook 'n passie vir sang.

Sy het in graad elf die Paarl Talentkompetisie gewen en verlede jaar het sy opgetree by die Suid-Afrikaanse fees in Vlaandere. Sy neem steeds sanglesse by Magriet Deyssel in Kaapstad.

Gevra hoe sy daaroor voel om die joernalistiek vaarwel te roep, sê Charlene dat sy in werklikheid voortgaan met hierdie beroep, maar dié keer net in 'n ander medium.

"Die nuwe werk sal ander eise aan my stel, maar is steeds 'n uitdaging. Ek sal ook meer tyd hê om vryskutwerk te doen en meer sanggeleenthede te benut."

En dan is sy opgewonde oor die geleenthede wat die TV-werk haar sal bied om te reis en meer van die binneland te sien.

Die Pasella-span, Charlene ingesluit, het onlangs op Genadendal begin met opnames vir die program wat Sondag 6 April uitgesaai sal word.


Bennie Wiggins glo in dienslewering

[ Top ]


VANJAAR presies dertig jaar gelede het twee energieke en ambisieuse broers, Bennie en James Wiggins, die stof van hulle motorhawe in Bellville van hulle voete afgeskud en Wellington hulle tuiste kom maak. 

Hulle doel was om die klein sakeonderneming wat as Citrona Motors geadverteer is, tot 'n vooruitstrewende motorhandelsaak uit te bou. 

Bennie het drie jaar gelede sy broer James uitgekoop en bestuur nou die vulstasie sowel as die werkswinkel en verkoopsafdeling self. Citrona Motors is 'n amptelike agentskap vir Ford en Mazda voertuie. 

Die 59-jarige Bennie skryf die sukses van sy onderneming toe aan sy fokus op dienslewering. Volgens hom kan 'n mens "nooit genoeg diens lewer nie, daar is altyd ruimte vir verbetering".

Ford het 'n landswye indeks waarvolgens sy agentskappe se dienslewering gemeet word. Hiervolgens behaal Citrona altyd minstens 87% in vergelyking met 'n nasionale gemiddelde van 80%.

Dit beteken dat Bennie se onderneming altyd onder die tien suksesvolste Ford-agentskappe resorteer. 

In 1973 was daar vyf handelaarskappe van verskillende motorfabrikate op die dorp, waarvan net Bennie s'n nou oorgebly het. Dit spreek boekdele vir sy sakevernuf en deursettingsvermoë. 

Die gebou waarin Citrona Motors tans gevestig is, is in 1879 aan die onderpunt van Kerkstraat opgerig deur AJ Malan, wat 'n wamakery daar bedryf het.

Hierdie gebou sou in die veertigerjare betrek word deur ene Mannie Hamman wat 'n motorhersteldiens en ingenieurswerke op sy plaas Citrona bedryf het. Citrona was waar die huidige Patataskloof vandag is, vandaar die naam Citrona Motors.

Volgens Wiggins se personeel is sy mensliewendheid, geduld en deelnemende bestuurstyl sy beste eienskappe. Sy leierspan werk nou al vir dekades saam: Piet Jacobs (werkwinkelbestuurder) vir 31 jaar en André Marais (hoofwerktuigkundige) vir 28 jaar.

Volgens Bennie is sy eie swakste eienskap sy sagte hart en goedgelowigheid. So vertel hy die staaltjie van 'n vorige werknemer se vrou, wat kom geld leen het. Haar man Piet is glo 'n paar dae tevore oorlede en moes dringend begrawe word omdat hy al "begin ruik". Daarvoor kort sy egter R300. 

Uiteindelik is sy met Bennie se R300 vort vergesel van Bennie se drywer. By haar huis aangekom sit Piet doodluiters in die skadu van die huis en dut - springlewendig.

Bennie het die R300 maar afgeskryf en Piet lewe vandag nog. 

Behalwe sy verbintenis met die motorhawe het hy 'n lewendige belangstelling in die bewaring van ou Wellington, die gemeenskap en ondersteuningsdienste. 

Sy sagte innerlike kom egter die duidelikste na vore wanneer hy na n lang dag by die werk eers sy wedvlugduiwe gaan groet en versorg. Dan moet sake en kliënte vir eers tweede viool speel. 

Volgens Bennie sou hy nog lang jare in die motorbedryf wou staan om goeie diens te verseker.

* The owner of Citrona Motors in Wellington, Bennie Wiggins, believes in service delivery.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za