safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 27 March 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 3 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


wduik

BEUR VOORT. Eben Heunis van Boishaai probeer 'n aanvaller afskud in hul wedstryd teen Hottentots-Holland. HJS het die wedstryd 45-0 gewen.


HJS speel aanskoulike rugby

[ Top ]


DIE vier plaaslike skole wat verlede week aan Hoër Landbouskool Boland se o.19 SentraSure Rugbydag deelgeneem het, het van die top prestasies gelewer tydens dié toernooi wat oudergewoonte mooi hardlooprugby opgelewer het.

Dit was egter die kookwater-spel van Hoër Jongenskool Paarl wat die toeskouers die grootste genot gegee het, en dié span die trofee laat wen het vir die aanskoulikste en ondernemendste rugby.

Boishaai het met twee groot seges oor Brackenfell (35-0) en Hottentots Holland (45-0) gespog en só ook die meeste punte van die dag opgestapel. Hul oorwinning oor HHH was ook die grootste van die 27 wedstryde wat gespeel is.

In hul derde wedstryd teen die gasheerskool het hulle egter meer teenstand gekry en die wedstryd eindig onbeslis op 0-0.

Die span van Paarl Gimnasium het in sy drie wedstryde met Charlie Hofmeyer (20-5), Augsburg (5-0) en Paul Roos Gimnasium (5-0) afgereken.

Boland Landbou het benewens sy gelykopstryd met HJS, vir HTS Bellville (5-0) en Bergrivier Sekondêr (10-5) geklop.

Laasgenoemde het hul ander wedstryde teen Hottentots Holland (5-0) en Brackenfell (10-5) gewen.

* Tydens Hoërskool Brackenfell se rugbydag, het Paarl Gim se o.19A en B spanne teen onderskeidelik DF Malan en Paulus Joubert gespeel.

Gim se tweedespan Paulus Joubert 38-0 geklop wat ses drieë en vier doelskoppe deur kaptein, JF Botha, ingesluit het.

Teen DF Malan het die Paarliete se eerstespan vyf drieë gedruk en met vier doelskoppe geslaag om 33-0 te wen.

* HJS het aan Laerskool Rietbron se rugbydag deelgeneem, waar die o.19A span Landbouskool Marlow 15-3 geklop het. Die tweedespan het Hoërskool Sentraal 41-0 geklop.


Bulle vertrap Kavaliers

[ Top ]


DIE Boland Kavaliers het die 2003 rugbyseisoen op 'n teleurstellende noot begin deur hul eerste Vodacombeker-wedstryd 36-16 teen die Blou Bulle in Pretoria te verloor.

Ondanks die nederlaag, sou die aggressiewe inklim-rugby wat sy pak voorspelers in die vaste fasette opgelewer het, 'n regmerkie gekry op die vertoningslys van Boland se afrigter, Hawies Fourie.

Die Bulle het eerste hul rekening geopen met 'n drie deur vleuel, Gavin September, in die vierde minuut.

Kort daarna het die Kapenaars teruggeslaan toe Henley du Plessis (flank) vir die Kavaliers druk.

'n Verdere drie deur Jacques Badenhorst (losskakel) en 'n strafskop deur Antonius Verhoeven (heelagter) het die Bolanders bly hoop gee.

Verhoeven wat klaarblyklik sy skopskoene in Wellington gelos het, het twee doelskoppe gemis. As hy geslaag het, sou die Kavaliers teen rustyd net 'n doel gekort het om in die Blou Bulle se nekke te blaas. Maar teen halftyd moes die Wynboere 'n agterstand van 25-13 in die gesig staar.

In die tweede helfte het die punte nog moeiliker gekom met die Kavaliers wat net 'n strafskop op die bord kon sit in antwoord op nog twee drieë en 'n doelskop deur die tuisspan.

Saterdag speel die Kavaliers 'n tuiswedstryd op Ceres teen die Leeus.

Fourie het slegs twee noodgedwonge veranderinge aangebring ná beserings aan Jongikhaya Nokwe (vleuel) en Michael Noemdoe (slot). Noemdoe word deur Preston Swarts vervang, terwyl Daniël Philander na Nokwe se posisie op linkervleuel verskuif en Dewald Femboes speelkans kry op regtervleuel.

Die Boland-span is Antonius Verhoeven, Dewald Femboes, Piet van Zyl, WP Strauss, Daniël Philander, Jacques Badenhorst, Dru Nass, Chris Potgieter (k), Henley du Plessis, David Hendricks, Nicky Smit, Preston Swarts, Andries Human, Gustav Rademeyer, Pieter Terblanche.


Klubs veg vir liga-posisies

[ Top ]


'n BESLUIT deur die Westelike Provinsie Rugby Unie (WPRU) om ook die krag-teen-krag-beginsel op klubvlak toe te pas, beteken dat klubs dié seisoen moet harder werk om hul plek in die onderskeie ligas te behou.

Volgens die besluit sal daar in 2004 slegs tien klubs in die boonste vier afdelings speel teenoor die huidige twaalf.

Volgens Herman Abrahams, adjunkbestuurder van Klubrugby by WPRU, sal die spanne ná die 2003 seisoen op 'n puntelys geplaas word, met spanne 1 tot 10 wat in Superliga A speel, 11 tot 20 in Super B, 21 tot 30 in Premier A, en 31 tot 40 in Premier B. Geen spanne sal bevorder word nie.

Dit beteken dat die Superliga A twee spanne relegeer, die Superliga B vier, Premierliga A ses en Premierliga B agt. Premierliga A sal voortaan ook as Divisie 1 bekend staan, Premierliga B as Divisie 2, Premierliga C as Divisie 3, ensovoorts tot by Divisie 6.

Klubs wat dus reeds veg vir oorlewing aan die onderpunt van die punteleer en net-net daarin slaag om hul status in hul liga te behou, sal volgende jaar beslis hul plek verloor.

As daar gekyk word na hoe die Paarlse klubs die 2002 seisoen afgesluit het en 'n mens pas die nuwe beleid toe, kan klubs rofweg voorspel wat daar in dié seisoen van hulle verwag word.

Pniel Villagers neem vanjaar vir die eerste keer in sy geskiedenis in die Superliga A deel. Met heelwat Paarliete wat ook vir die klub speel, sal dit interessant wees om te sien hoe hulle vanjaar vaar teen gerekende klubs soos Tygerberg, Maties en Ikeys.

Geskiedenis het geleer dat 'n bevorderde span gewoonlik in sy eerste jaar eers sy voete moet vind en gevolglik laer af op die punteleer eindig.

In die Premierliga A sal Young Peoples (vyfde) en Albions (vierde) veilig wees. Paarl neem vanjaar ook in dié liga deel nadat hulle verlede jaar eerste in Premierliga B geëindig het.

Paarl sal hoop om sy standvastige vertoning van 2002 te herhaal om ook hier sy plek te behou.

Young Gardens neem vanjaar in die Premierliga B deel, ná relegasie verlede jaar.

Gardens tesame met Paarl Rangers, Paarl Violets en Mountain Rocks (wat nou met Franschhoek United saamgesmelt het en Franschhoek Rugby-klub heet) sal moet uithaal en wys. Slegs die boonste vier spanne sal hier gespaar word.

Die Premierliga C sal steeds 12 spanne huisves maar net die boonste vier spanne sal nietemin hul plek behou.

Windmeul United (vyfde) en Young Standards (sewende) asook Riverstones en Laer Paarl wat vanjaar ook in dié liga speel, sal 'n inspirerende vertoning moet gee om in die Premierliga C te bly.

Die spanne wat afskuif sal in die drie streeksafdelings meeding en teen mekaar uitspeel vir bevordering na Divisie 4 en 5.

Volgens Abrahams sal dit teweegbring dat spanne in die Super A en B ligas nie op Woensdae hoef te speel nie.

"Ons gaan ook kyk om tydens die rusperiode in Junie, 'n gekombineerde span van byvoorbeeld, Paarl teen Tygerberg of 'n soortgelyke span te speel.

"Die rede is om eerstens die Super A spanne se rusperiode nie so lank te maak nie en tweedens om spelers wat in laer ligas speel, geleentheid te gee om teen sterker klubs te speel," sê Abrahams.

Ná die 2004 seisoen sal die bevordering van die boonste twee ligaspanne en die relegasie van die onderste twee weer van toepassing wees.

* Volgens Piet Bergh van Boland Rugby sal dié Unie ook in 2004 slegs 10 spanne in elk van hul ligas hê, maar behels dit minder verskuiwings.

"In die Super A1 en Super A2 ligas speel daar 11 en nege spanne onderskeidelik terwyl daar onder die Super B drie reekse van 10 spanne elk speel.

"Ná dié seisoen sal die twee boonste spanne van die Super A2 opskuif en die onderste span van die Super A1 afskuif," sê Bergh.

Die top drie spanne in die Super B liga speel teen mekaar uit om te bepaal wie na A2 opskuif.


Take the scenic route in Cellar to Cellar Marathon

[ Top ]


IF wine is your tipple and running is your passion, then gear up for the Cellar to Cellar marathon taking place this Saturday between Malmesbury and Wellington.

The race consists of three sections, the marathon starting at 06:30 from Swartland Winery to Wellington, the half-marathon at 08:00 from Wellington winery and the 10km run at 08:15 from Wellington winery.

This scenic run takes in the beauty of the Swartland region past the vineyards - an incentive to finish the race.

A qualifier for the Comrades Marathon and the Boland Marathon Championship for men and women in the categories of senior, veterans and masters, the race is sponsored by Swartland Wine Cellars and Wellington winery.

The race is organised by Swartland Athletic Club under the auspices of the Western Province Road Running Association.

Entry fees are R15 for the 10km, R30 for the half marathon and the marathon is R40. Temporary licences may be obtained for R10.

Entries are still open and entrants can register on the day. Swartland will be open from 05:00 for the marathon and Wellington from 04:30 for the half-marathon and the 10km race.

With the early start at Swartland the day will kick off with fun and plenty of spirit from the supporters. The winery will be open until 12:00 on Saturday.

The finishes at Wellington winery will be enhanced by entertainment and plenty of wine flowing.

Transport will take entrants' tog bags from Swartland to Wellington and those parking at Swartland will be transported back to the winery after the races.

For more information contact Swartland Tourism (022) 487-1133 or Swartland Winery (022) 482-1134.


Graafskap-krieket in Paarl te sien

[ Top ]


TOESKOUERS kan hul regmaak vir krieket uit die boonste rakke wanneer die Graafskapspan van Lancashire Sondag op BoE Park kragte meet teen die Boland Akademiespan. Die wedstryd begin om 10:00 en toegang is gratis.

Die Boland Akademiespan is Pierre Nel, Warren Haywood, Schalk van der Merwe, Jonathan Clark, Sakkie Faure, Brendon Adams, Gavin van Rooy, Johan Mans, Ryan Groeneveldt, Wardo Fransman en Pepler Sandri. 


Rugbytoernooi vir o.16's begin

[ Top ]


PAARL GIMNASIUM hou vanjaar vir die 11de keer sy landwyd-bekende o.16 rugbytoernooi in die skoolvakansie.

Benewens die gasheerskool sal spanne van 15 skole van regoor die land van 28 Maart tot 2 April teen mekaar kragte meet.

Spanne van Boland Landbouskool, Hoërskool Brackenfell, Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Strand, Oakdale Landbouskool, Hoërskool Stellenberg, Hoërskool Framesbry, Hoërskool Florida, Hoërskool Overkruin, Hoërskool Monument, Hoërskool Centurion, Hoërskool EG Jansen, HTS Springs, HTS Middelburg en Michaelhouse sal elk drie wedstryde speel.

Die doel van die toernooi is span- en spelontwikkeling met die oog op die komende seisoen, met gesonde kompetisie tussen gelyke spanne.

Hoewel vroeg in die seisoen, lewer dié toernooi tradisioneel rugby van hoë gehalte op. Die toernooi word Saterdag 10:00 amptelik geopen.


Langeveldt trek Peoples deur vir sege teen Wellington

[ Top ]


DIE Young Peoples Krieketklub het Vrydag op Daljosafat 'n verrassende sege behaal toe hulle vir Wellington met vier paaltjies geklop het.

Wellington het 186/9 aangeteken, met Charl Langeveldt (2/19) en Mark Borchards (2/32) wat die kolwers kasty.

Die tuisspan struikel op 80/6, maar Langeveldt (86nun) en Edwin Jacobs (46nun) kolf deur om 'n oorwinning te verseker.

Die tweede span het Saterdag in 'n wegwedstryd vir Brackenfell II met 119 lopies geklop.

Peoples moker 253/5 na 'n uitstekende beurt van 119 deur Wade Anderson. Grant Kuiler (70) en Eltin Buziek (32) het ook bygedra.

Die tuisspan word uitgeboul vir 134 met Fortuin (4/38) en Tom-Ross Fortuin (3/37) wat uitblink.

Peoples I speel Saterdag tuis in hul laaste wedstryd teen Oostelikes. 'n Bring-en-braai sal ná afloop van die wedstryd gehou word. Alle spelers word gevra om die geleentheid by te woon en 'n bydrae te lewer.

Dit was 'n ewe geslaagde naweek vir Paarl-Oos Krieketklub. Vrydag het die eerstespan weg teen Van der Stel te staan gekom.

Die tuisspan teken 208/10 aan met Dennis November (4/46) en Elroy Abrahams (3/34) wat die penne laat waai.

'n Op-vorm Bruce Muller wat 117 geslaan het, asook Edgar Watts (33) en Garth Lewis (20) het Paarl-Oos van 'n vyf paaltjie oorwinning verseker.

Paarl-Oos I het die volgende dag op Daljosafat weer met Brackenfell afgereken.

Paarl-Oos slaan 220/8, danksy veral die kolfwerk van Elroy Abrahams (44) en Dominic Daniels (31). 'n Vennootskap tussen Jackie Daniels (41nun) en Zynodien Fredericks (31nun) wat 73 in 10 beurte gemoker het, het die tuisspan se beurt heelwat lyf gegee.

Brackenfell kon slegs 152 aanteken, met Justin Watts (3/45), Dennis November (2/31) en Zynodien Fredericks (2/26) wat met die bal uitblink.

Paarl-Oos III het Hopefield Wanderers I met ses paaltjies geklop.

Hopefield kry 200/7, met Wayne Minnies (3/27) wat die beste boul.

Paarl-Oos slaan die wenlopies met Werner Erasmus (60), Phillip Olivier (43) en Ferdie Jonathan (40) wat met breë kolwe gespeel het.

Paarl-Oos I speel Saterdag sy laaste wedstryd teen Hermanus.


Vodacom rugby-aksie in Paarl

[ Top ]


PLAASLIKE rugbyliefhebbers kan môre gehalte provinsiale rugby in die Faurestraat Stadion aanskou wanneer die Investec WP en die Griffons mekaar in 'n Vodacomskild-wedstryd pak.

'n Voorwedstryd om 17:00 tussen 'n o.16 Paarl Streekspan en 'n streekspan van Stellenbosch sal die dag se verrigtinge afskop.

Die hoofwedstryd begin om 18:30. Toegang is R10 en gratis vir kinders jonger as 12. 

Paarl se o.16 span is: C Solomons (Peo), C Kainda (Vio), D Hoffman (Riv), W Dimingo (Alb), W van Rooyen (Alb), S Skippers (Peo), M Snyders (Alb), R Fredericks (Peo), J Samuels (Peo), M Sias (Peo), R Adams (Rang), S Adonis (Vio), D Adonis (Stan), B Buys (Alb), W Vos (Rang).


Baas op die baan

[ Top ]


DIE Boishaaier Louis Bartlett speel omtrent 'n tennisbaan aan die brand.

Bartlett, wat sedert o.10 elke jaar die nommer een speler in die Boland was, het vanjaar dié goeie vorm voortgesit en is tans die eerstegekeurde o.18 speler in die Boland.

Daarby is hy ook net die tweede Boishaaier wat die gesogte Zondagh Ribbons-beker kon wen.

Dié toernooi vind sedert 1953 plaas en spelers verteenwoordigend van alle ouderdomsgroepe in die Boland ding jaarliks mee om dié skoolkampioenskapsbeker.

HJS se Ettienne van Wyk het  in 1995 dié trofee gewen.

In 2002 was Louis die vyfde gekeurde o.16 speler in die land. Hy het die enkelspeltitel op die Gauteng-Noord Super Sewe juniortoernooi gewen en dié prestasie herhaal tydens die Vrystaatse Junior Grand Prix-toernooi en ook die dubbelspeltitel ingepalm op die Noordwes Super Sewe juniortoernooi.

Louis is ook vroeër vanjaar tydens die Sportbanket van Ussasa Boland-Sentraal vereer as die beste o.16 speler van die jaar.

Hy is tans die Paarl Tennisklub se eerste gekeurde manspeler. Hy sal van 26 April tot 1 Mei Boland in die Interprovinsiale skoletoernooi in Bloemfontein verteenwoordig.


Klub vir swerwende gholfspelers gestig

[ Top ]


'n NUWE gholfklub, Travellers, wat daarop gemik is om elke tweede week op 'n ander baan te speel, is pas gestig.

Lede van dié klub sal gereeld die geleentheid kry om hul talente te toets op 'n verskeidenheid van baanontwerpe en in verskillende weersomstandighede, asook om nuwe vriende te maak in 'n sosiale atmosfeer.

Die klub sal beperk word tot 60 lede om elke lid die geleentheid te gun om gereeld te kan speel.

Travellers baan ook die weg vir gholfspelers wat nie lid van 'n amptelike klub is nie, om in kompetisies te speel en jaarliks aan die klubkampioenskappe deel te neem.

Die klub sal ook jaarliks 'n gholftoer reël na interessante plekke soos die Karoo, Suid-Kaap en Weskus.

Die lidmaatskapsfooi van R300 sluit 'n gholfhemp en alle reëlings vir die jaar in.

Lede van amptelike klubs sal aanvanklik toegelaat word om van klubvoorgee af te speel, met nie-lede van sulke klubs wat ná twee rondes by Travellers van 'n "nie-amptelike" voorgee voorsien sal word.

Kostes vir elke individu se spel sal bereken word volgens die tariewe wat deur die onderskeie bane gehef word.

Elke lid sal vroegtydig in kennis gestel word van opkomende reëlings deur middel van e-pos of faks om sodoende persoonlike skedules te beplan.

Björn van Oort, stigter van die klub, skryf al geruime tyd gholf-artikels, was al betrokke by gholfbaanbestuur en doen gereeld toere vir besoekers uit die buiteland.

Belangstellendes kan hom skakel by 981-0216 of 084-511-1806.


Zola takes back seat

[ Top ]


AN in form Thembelani Zola could not hold off the onslaught of teammate Neo Molema during the 10km Evening Race of the Drakenstein Correctional Services last Wednesday.

Zola, a resident of Mbekweni running for Mr Price Western Province, looked set to secure his umpteenth victory of the season in this race that is held in the Paarl annually.

At the start of the race the cream of the local crop long distance athletes immediately took the lead.

At the 4km mark Zola was leading the pack with Molema following five seconds later.

Molema waited for his chance, however, and caught up to Zola crossing the finishing line in 29:14, six seconds in front of Zola.

In the third place was Aaron Tlhobo (MPM) in 29:44.

Isaac Opperman (31:20) in seventh place was the first athlete of Correctional Services to finish.

Farwa Mentoor (36:20) of Harmony, who came fourth in the 2002 Comrades Marathon, was the first woman to cross the finish line.

Steyntjie Prins of Paarl Athletics Club finished third and was the first local woman to finish in a time of 41:52. She was also the first women's veteran to finish. See results in Sport Scoreboard.    


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za