ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 27 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 3 June  2004 at 17:30

Arts - Kunste

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

wvaliant

BEWONDERAARS. Hugenote Hoërskool het twee oudleerlinge, die sanger Valiant Swart en die ekonoom Jac Laubscher, vereer tydens hul Stigtingsdagviering. Hier deel Valiant sy handtekening uit aan bewonderaar Nicola Richardson na sy konsert.  


Leipoldt kom Paarl toe

[ Top ]


LEIPOLDT kom Paarl toe! Die produksie "Leipoldt soos nog nooit vantevore", geskryf deur  Willem Fransman Jr, word op Donderdag 3 Junie om 19:00 by die Afrikaanse Taalmuseum opgevoer.

Die drie-dimensionele woordkunsaanbieding was 'n opdragwerk vir die onlangse  Cederbergfees in Clanwilliam. Dit skets Leipoldt se lewe deur middel van skyfies, voorlesings, sang en gedigte.

Willem Fransman tree op as woordkunstenaar. Die ander lede van die Kreakon-toneelgeselskap, Albertus Davids en Victor C Fredericks, het van Leipoldt se gedigte self getoonset. 

Fredericks het 'n rock-aanslag terwyl Davids 'n tradisionele "snaarvat-styl" het.

Kaartjies kos R25 (ligte verversings ingesluit). Bespreek by Malikha (872-3441) of by admin@taalmuseum.co.za


Frank Pietersen vier 10 jaar

[ Top ]


DIE Frank Pietersen Musieksentrum in die Paarl vier op Saterdag 29 Mei om 19:00 sy tiende bestaansjaar as 'n staatsinrigting. 

Die sentrum gaan dit vier met 'n feeskonsert in die Paarlse stadsaal. Terselfdertyd sal die sentrum ook Suid-Afrika se tien jaar van demokrasie vier.

Die sentrum is in 1970 deur wyle Frank Pietersen gestig en was destyds bekend as die Paarl Skolemusieksentrum.

In 1994 het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement die sentrum onder sy vleuels geneem en dit oorgeneem as 'n staatskool.

Met die hulp van die Onderwysdepartement kon die sentrum soveel meer leerders bereik en dus die breë gemeenskap tot sover soos Robertson, Ashton en Malmesbury bedien.

Die junior orkeste sal kombineer om saam 'n junior simfonie-orkes te vorm. 

Die simfonie-orkes sal weer verskeie werke uitvoer onder andere uittreksels uit Dvorak se "New World" Symphony, en Johann Strauss se Radetzky Mars.

Die Marimba Band, steel band en die senior strykensemble sal ook optree en die junior en volwasse kore sal saam Oscar Petersen se "Hymn to Freedom" opvoer.

Kaartjies is R20 (kinders R10)  by die musieksentrum of by die deur. Navrae by mev Jordaan 872-2123/4.


Libertaskoor sing in die Paarl

[ Top ]


DIE bekende Stellenbosch-Libertas-koor (foto regs) tree volgende week die eerste keer by 'n publieke konsert in die Paarl.

Dié uitvoering in die Toringkerk op Saterdagaand 5 Junie om 20:00 beloof om iets besonders te wees, weens die kerk se uitstekende akoestiek.

Die veelrassige koor vir volwassenes is in 1989 deur Johan de Villiers (koorleier) gestig.

Die konsert word deur die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) aangebied as fondsinsamelingsprojek en ter viering van hul 100ste verjaarsdag. Dié organisasie en sy maatskaplikewerkers staan in beheer van verskeie plaaslike welsynsprojekte, waaronder die ouetehuise Rusoord en Vergenoeg, die Oase-dienssentrum en Sonskyn-deurgangshuis vir bejaardes, bewaarskole en nasorgklasse.

Kaartjies kos R50 by mev Herrmann (872-2738).


Gospelsanger

[ Top ]


'n OPKOMENDE nuwe ster op die gospelmusiektoneel, Anne-Marie van Eeden, is op Woensdag 23 Junie om 18:30 in die Strooidakkerk, Paarl.

Anne-Marie sing en speel self klavier, en word bygestaan deur Schalk Joubert op baskitaar en kontrabas, Tim Rankin op tromme en Anjulie de Vos op tjello en harmonieë.

Toegang is R30 (kinders R20).

 Kaartjies is te koop by die kerkkantoor, Louw-Deysel Prokureurs (Eerste Vloer, JC Cuff-gebou, Hoofstraat, Paarl), Die Gieter (Hoofstraat) en Lux Verbi (Pick 'n Pay sentrum), of kontak Fanie Botha by 072-386-8849.


Duisend rand vir poësie

[ Top ]


DIE Afrikaanse Taalmuseum nooi graad 11- en 12-leerders in die Boland uit om deel te neem aan hul poësie-kompetisie wat môre sluit.

Jy kan R1000 wen - en ook R250 vir jou Afrikaans-onderwyser losslaan!

Die gedig moet in Afrikaans wees, dit moet jou eie werk wees en jy mag nie meer as twee gedigte instuur nie. Geen handgeskrewe tekste sal aanvaar word nie.

Lewer dit in by die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl of epos dit nahgm@taalmuseum.co.za.

Vir 'n inskrywingsvorm en verdere navrae, kontak Catherine Snel by 872-3441.


Tribute to the Eagles

[ Top ]


THE Barnyard Theatre at Bridge House will present 'Life in the Fast Lane - A Tribute to the Eagles' on Saturday.

'Life in the Fast Lane' presents a cross section of The Eagles' music with songs like Hotel California, Tequila Sunrise, Get Over It and many of their hits, incorporating all the moods and musical styles that made them famous.

In taking on this task, the band 'Bitter Creek' has accepted the awesome responsibility of creating a show whose authenticity will satisfy the most discerning Eagles fan and provide an eminently enjoyable experience for all newcomers to their music. 

Tickets are R90 and bookings can be made on 874-1505 or by email on theatre@bridgehouse.org.za.


Dans om die lewe

[ Top ]


DIE Nederlandse dramaturg Hugo Claus se werk, Pas de Deux, kan van 2 tot 5 Junie om 20:15 in die Klein Libertas teater op Stellenbosch gesien word.

In JC Kannemeyer se essays oor die Nederlandse Letterkunde "Die Bevestigende Vlam" skryf hy oor Hugo Claus se drama: "Die titel van Claus se drama is ontleen aan die wêreld van die ballet en be-teken 'n dans vir twee.

"Dat dit hier nie net om 'n uitvoering gaan nie, maar ook 'n dans om die lewe is, blyk uit die feit dat die twee hoofspelers nie net as akteurs in 'n besondere verhouding teen-oor mekaar staan nie, maar ook as mense in die werklike lewe.

"Die gebeure speel af tydens 'n repetisie in 'n klein skouburg.

"Die gehoor sien dus nie net 'n verhoogproduksie nie, maar word ook ingelei in die werkswinkel van die teater en die wêreld van die akteur."

Die stuk woord net vir volwassenes aanbeveel.l.

Besprekings en navare kan gedoen word by telefoon  883-8164, 083-742-6547 of e-pos klt@adept.co.za.


Plans for Youth Day

[ Top ]


NATIONAL YOUTH DAY is celebrated on 16 June and this year great festivities are planned for Paarl. 

Koinonia will host a fun day of athletics, discussions and a disco as part of the Born to Win project.

The day will start with a fun run and entry forms are available at Koinonia Community Centre in Lady Grey Street in Paarl. 

After the fun run, Radio KC's Get a Life team will be broadcasting discussions and talks on Youth Day since 1976 and the way forward for the youth in Paarl and South Africa. 

The day will be rounded off with a Live Broadcast of DJ's, local artists SoulFreeD, 'N-Trigue, Theolynne Isaacs as well as a brand new female group in the Valley. 

Also watch out for Afro Z Coca-Cola Popstars runners up of 2003 at this huge Youth Day Event. 

The organisers GoodStuff Promotions are also planning to visit as many schools as possible during the week.

The tour is aimed at teaching the youth about their responsibilities in society and to become outstanding citizens in our country.

Local artists 'N-Trigue, Theolynne Isaacs and Soulfreed will join newcomer Ferdi B on this tour with the Born to Win team to motivate everybody to become winners. 

Schools can phone the info line on 073-337-1406 to book and sponsors are welcome.


Fees van skoolkore

[ Top ]


SKOOLKORE van Drakenstein tree Saterdag 12 Junie om 19:00 saam met die Tygerbergse Kinderkoor op in die Paarl stadsaal.

Die koorfees word deur die Paarlse Tak van die Vriende van Afrikaans gereël en word moontlik gemaak deur die Wes-Kaapse regering se Kultuurkommissie.

Kore van die hoërskole Desmond Tutu, La Rochelle, Groendal en Kylemore tree op, asook die laerskole WA Joubert en Noord-Eind.

"Ongelukkig kan etlike skole nie deelneem nie, as gevolg van eksamendruktge en ander verpligtinge," het Gerhard Roux van die Vriende van Afrikaans gesê.

Hy het beklemtoon dat dit nie 'n koorkompetisie is nie en gesê hulle beplan om die fees voortaan jaarliks aan te bied.

Kaartjies is R15 by die deur, asook by deelnemende skole.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]