ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 27 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 3 June  2004 at 17:30

 Letters - Briewe

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Optrede van Drakenstein raadslede skok

[ Top ]


DIT was met skok dat ek in die Paarl Post van 20 Mei moes lees dat van ons waardige stadsraadlede hulle die luukse veroorloof het om steeds welsynstoelaes te kry terwyl hulle reeds raadstoelae kry.

En dan is daar sowaar ook van hulle wat op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee dien!

Of hulle onderneem het dat hulle die geld gaan terugbetaal, is nie ter sake nie. Die skade is gedoen.

Hulle was oneerlik in hulle optrede. Die gewilligheid om terug te betaal, het gekom nadat hulle uitgevang is.

Wat gaan die politieke partye wat hierby betrokke is, aan die saak doen? Of gaan hierdie optrede van raadslede maar weer soos in die verlede onder die mat ingevee word?

Ek wil op die partyleiers 'n beroep te doen om dringend aan dissipline aandag te gee.

En op die betrokke raadslede (ongeag van watter party hulle ook mag wees) wil ek 'n beroep doen om onverwyld as raadslede te bedank. Dit is die eerbare weg om te volg.

Hulle het met hierdie optrede van hulle 'n vertrouensbreuk tussen die Raad en die inwoners bewerk wat nie maklik geheel kan word nie.

Hoe kan ons hulle vorentoe ooit weer vertrou?

Joggom van Drakenstein


Rede vir swak toestand van Paarlse paaie

[ Top ]


EK reageer op die brief van Kevin Cornelissen van Kimberley oor die toestand van Paarl se paaie (Paarl Post 20 Mei).

Slaggate in paaie word op 'n deurlopende basis met die beskikbare mannekrag en fondse reg deur die jaar uitgevoer.  

Weens die ouderdom van veral paaie in die ou dorpsgebiede (en daarom groter onderhoud wat benodig word) en die relatief krimpende fondse vir herseelwerk, ontstaan daar deesdae meer slaggate, veral na die eerste winterreens wat hierdie jaar ook omtrent saam met Paasnaweek geval het.  

Vanweë 'n tekort aan personeel en meer logistiek om teer te bekom (omdat die Paarl-teeraanleg tans gesluit is weens lugbesoedeling) neem dit langer om die gate te herstel. Die gevolg is die situasie soos beskryf in die besoeker se brief.

Verskillende stappe word geneem om die situasie aan te spreek:

1. Op die kort termyn word addisionele stratespanne eksklusief as teerspanne aangewend om die slaggate te probeer herstel voor die winter heeltemal kom.

2. Die Raad oorweeg voorleggings oor die noodsaaklikheid om meer fondse vir strate onderhoud beskikbaar te stel of te bekom.

3. Groot uitgawes word beoog om die teeraanleg weer in werking te stel.

Die situasie in die Paarl is nie uniek nie. Dieselfde probleem kom voor in al die Wes-Kaapse dorpe.  

Die publiek word egter verseker dat die toestand van ons dorp se paaie vir die Raad 'n ernstige aangeleentheid is en dat alle pogings aangewend word om die paaie in 'n rybare toestand te hou.

Jacques Carstens
Munisipale Bestuurder


Dit was nie my skuld

[ Top ]


EK wil graag my posisie verduidelik wat betref die welsynsgeld wat ek as betaalde raadslid onregmatig sou ontvang het (Paarl Post 20 Mei).

In 1997 het ek sonder pensioenvoordele as werknemer by die Munisipaliteit bedank. Hierna het ek by Departement Welsyn aansoek gedoen vir pensioen en dit is goedgekeur.

In 2000 het ek raadslid geword en toe met die jaarlikse herregistrasie nie weer aansoek gedoen vir die toelae nie.

Die geld is egter steeds in 'n spaarrekening betaal wat nie dikwels gebruik word nie. Ek was nie eens bewus dat dit nog steeds inbetaal word nie, totdat die Departement en die polisie my onlangs genader het.

My vrou het wel gegaan om te herregistreer. Sy het skaars by die saal ingestap, toe sê 'n amptenaar vir haar "alles is in orde, sy kan maar gaan" - sonder om enige inligting na te gaan en seker te maak dat sy steeds kwalifiseer.

Ons is nou in 'n verleentheid weens 'n rekenaar of nalatigheid.

James Solomon


Nêrens meer veilig

[ Top ]


OP Sondag 9 Mei omtrent 08:40 het ek in Bredastraat geloop op pad werk toe. 'n Blanke man in 'n grys/blou Mazda 323 met 'n CT registrasienommer (wat geblyk het vals te wees) het by my gestop en my 'n geleentheid aangebied wat ek van die hand gewys het.

Ek stap verder en hy stop weer langs my - hy begin walglike aanmerkings maak en homself onsedelik te ontbloot. Hy ry bietjie verder en ek sien hoe hy in sy motor vir my sit en inwag terwyl hy my dophou in sy spieël. Toe hy sien ek haal my selfoon uit en begin bel, ry hy vinnig Thomstraat op.

Meneer, vir jou wil ek net sê jou inligting was aan die polisie deurgegee en hulle sal definitief uitkyk vir jou. En net as 'n nagedagte: daar is 'n hele paar mense wat bewus is van jou onsedelikheid, so kort voor lank sal jy uitgevang word. Wees asseblief op die uitkyk vir hierdie man. Hy het blonde hare en is frisserig gebou. Hy was Sondag geklee in 'n donkerblou kortbroek en 'n donker T-hemp. 

Sou u hierdie man gewaar, kontak asseblief die polisie, want hy is die tipe wat jong meisies sal seermaak - ek was gelukkig om ongedeerd daarvan af te kom.

Geskok


Probeer die jeug verstaan asseblief

[ Top ]


Ek wil hê die jeug van gister moet ons jeug van vandag net probeer verstaan.

Hulle oordeel so vinnig ons jeug dat ons nie meer weet wat om te doen dat hulle ons moet raaksien nie.

Weet julle hoe belangrik dit vir ons is dat mense van ons hou? Wanneer volwassenes optree asof ons net 'n mislukking is, maak dit tog seer.

Wanneer julle ons ignoreer, verstaan julle nie ons gevoelens nie.

As ons in die middel van die nag wakker skrik en ons voel die stilte, besef ons hoe alleen ons is - stoksielalleen.

Ons voel dat niemand ons seer, teleurstelling, ons drome of ons frustrasies verstaan nie, want wat julle die hele tyd doen is om ons jeug te oordeel en dan doen julle dit nog so goed ook daarby.

Het julle nie al so gevoel nie? Jy kom hartseer of net af by die huis aan, dan vra iemand jou, "Hoekom sleep jou lip so op die grond?"

Jy vererg jouself so omdat die vraag nie simpatiek genoeg gestel is nie en sê: "Niemand verstaan my ook nie!"

Dit is hoekom dit vir ons so belangrik is dat julle ons moet probeer verstaan, want wat julle dink van ons, beteken regtig baie vir ons.

Ons weet daar is van julle wat wil en hard probeer verstaan en dankie dat julle probeer, dit beteken vir ons jeug  baie.

Tiener


Council inaction a shame to behold

[ Top ]


MY husband and I are now in our seventies and have elected to retire. We have sold our two businesses to new owners who will continue the successful trading relationship built up over the years.

We are proud to have been an integral part of the Wellington community and to have had the pleasure of bringing up our four children in this beautiful and picturesque town.

Whilst we shall always have fond and joyful recollections, it is with deep regret that there are still current and long resolved public issues which remain inspite our many attempts over the years to address these on the behalf of the public with various responsible(!) authorities.

We feel it pertinent to mention some of these so that those young entrepreneurs to follow can take these up and seek resolution.

Due to the large influx of customers on weekends, mainly farm workers, who had no public toilet facilities provided for them, we asked the municipality to develop their open plot on the corner of Main and Joubert Street. Instead the then muni-cipality simply erected a wall to keep everyone off their property.

After more vociferous nagging, they eventually agreed to build public toilets - directly facing the English church in Joubert Street - what a shame!

To compound the error, and against our strong advice, they then decided to build a night shelter on the same spot, within spitting distance of two bottle stores. They effectivly built a shelter for drunks, but even this has gone.

With the move to more demo-cratic dispensations in the past ten years, the Drakenstein Municipality immediately allowed (without sanction from the public) hawkers and street vendors to desecrate the pavements of our beautiful town.

Apparently the Municipality does not consider littering or the selling of open meat, fish and vegetables a health/hygiene issue.

Almost every corner has such unregulated vendors and on pension payout days we are invaded by even more vendors from the surrounding towns who set up their stalls and tables on the steps and surrounds of our Town Hall.

What a poor picture: surely a designated open area with demarcated zones for traders who pay for the right to use them, would be the right thing to do. This is what is being done in cities such as Cape Town.

This is an issue that publicly elected and committed councillors should be addressing.

We will not be surprised when the waves of younger shopkeepers start to toyi-toyi, demonstrate and show their feelings at the council buildings about their inaction on this matter.

Unfortunately our 70-year-old legs are not quite up to the physical demands thereof, but our spirit will fight on in support.

Ellie and Judy Gafen


Waar is die Paarl se eie fees?

[ Top ]


AS 'n trotse Paarlse tiener wil ek baie graag weet hoekom die Paarl nie 'n jaarlikse fees het soos ander dorpe in ons om-gewing nie?

Al ons omliggende buurdor-pe het groot feeste ten minste een keer per jaar, maar dit lyk vir my of die Paarl steeds op die agteros ry en kyk hoe mense ander dorpe se feeste jaar na jaar ondersteun.

Dink net hoe lekker moet dit wees as die Paarl ook een groot fees kan hê wat deur al die besighede ondersteun word en 'n slag mense van ander dorpe na ons pragtige dorp kan lok.

Stig 'n feeskomitee uit die skole of besighede van die Paarl en beplan vir die Paarl ook 'n fees wat 'n hele naweek kan duur en nie net vir 'n dag nie.

Die Paarl het altyd 'n wingerdfees gehad in vroeër jare wat tot niet gegaan het, maar hoekom vestig ons nie weer een nie?

Ons is dan die dorp met die mooiste wingerde en omgewing, waarom ook nie die dorp met die grootste fees in die Boland nie?

Doen tog iets aan die Paarl se vervelige kalenderjaar, dan kan daar ophou verwys word na interskole as die groot aantrekkingskrag.

Feesvierende tiener


Middernagtelike renjaers pla

[ Top ]


DIS regtig vir my 'n voorreg om in Noorder-Paarl te kan woon. Dis tog ook een van die lekkerste buurte in Paarl en ook seker een van die veiligste.

Daar is tog iets wat my pla van hierdie buurt en dit is dat die mense ons strate gebruik om te jaag.

Sommige nagte word ek twee-uur in die oggend wakker van voertuie wat op en af jaag in ons straat (Moll-straat). Ek kry nie meer genoeg slaap as gevolg van hierdie "kamstige" renjaers nie.

Dit is ook nie net die geraas van motors wat hard gery word nie, maar ook die geskreeu van buitebande.

Kan daar nie maar net vir dié maniake 'n pad gegee word waar hulle hulself kan bevredig deur te jaag sonder dat hulle ander mense benadeel nie?

Dit sal seker nie realiseer nie, aangesien daar soos gewoonlik nie geld beskikbaar sal wees vir ekstra paaie nie. Veral nie in die Paarl nie.

Ons kan tog seker niks aan hulle doen nie, want dis hulle motors en hul lewens wat hul mors!

Onrustige slaper


Leë beloftes oor tronkpaaie

[ Top ]


EK reageer op die brief "Slegte paaie by Drakenstein Korrektiewe Dienste". Ek is woonagtig op die terrein en bevestig die besoeker se klagtes.

Ek gebruik daagliks die pad om by my werksplek uit te kom en weet nie watter twee paaie om te gebruik nie. Altwee is in 'n slegte, onbruikbare toestand, maar ons het nie 'n keuse nie.

Dis goed om te sien die Areabestuurder van Drakenstein reageer positief, maar ai, dis maar een van die leë beloftes wat vir al die jare aankom. Die paaie word al vir die afgelope tien jaar herstel.

In die lig van Suid-Afrika wat die sokkerbod gekry het, kan dit nou 'n werklikheid word dat die paaie nou herstel word.

As ek dink aan die buitelandse besoekers wat na "Victor Verster" sal stroom om na die Mandela-huis te kom kyk, sal daar gou 'n plan moet gemaak word.

Elke dag word die paaie al slegter en my motor al stukkender, so voornemende besoeker: bly vir eers weg.

Moedelose bewaarder


Voetoorgange hier nodig

[ Top ]


HIERMEE rig ons 'n versoek dat daar dringend aandag geskenk word aan veilige voetoorgange of spoedwalle in Kerkstraat, Wellington.  Daar is geen manier waarop enige voetganger dié besige straat veilig kan kruis nie. 

Vir meer as een inwoner op Wellington is dit onverklaarbaar dat motoriste op geen manier ontmoedig word om nie soos jaagduiwels dié straat as haastige deurgang na die Paarl, Kaapstad, Malmesbury of Bainskloof te gebruik nie. 

Die hele saak het lewensgevaarlik geword, en ons glo dit moet spoedig aandag geniet voordat daar lewensverlies is.

In die Paarl Post van 22 April het  die munisipale bestuurder Jacques Carstens te kenne gegee dat die saak van spoedwalle en verkeerskalmeren-de maatreëls eers aandag sal geniet nadat 'n nuwe beleid goedgekeur is. 

Ons glo egter dat dié saak dringender is as wat 'n slepende proses dit toelaat.

Voetganger, Wellington.


Wat is in 'n naam?

Editorial

[ Top ]


'n HERRIE is besig om te ontstaan om die moontlike herdoop van die Hugenote-tonnel na die Dr Abdulah M Omar Tonnel.

Aan die een kant is daar die tradisionaliste wat voel die bestaande naam het reeds deel van die omgewing geword en herdenk 'n deel van die geskiedenis.

Aan die anderkant is daar die sentimentaliste wat graag die ontslape dr Omar se bydrae tot die meer onlangse ge- skiedenis wil vereer en meen die tonnel is net die regte plek daarvoor.

Wat ons nou nodig het is realiste om 'n goue middeweg uit te werk.

Niemand is daarteen gekant dat die gerespekteerde Omar vereer word nie - die regte wyse moet net gevind word.

Miskien moet daar baie breër gekyk word na die konsep en veral ook na die man en sy bydrae tot die samelewing.

Hoewel hy minister van vervoer was ten tye van sy af- sterwe, het sy invloed en bydrae veel dieper en verder gestrek.

As een van die ikone van die stryd teen Apartheid, was hy vir jare 'n bron van hoop vir oud en jonk.

Moontlik sal dit sinvol wees om te kyk na 'n lewende monument vir hom, soos die stigting van 'n beursfonds vir belowende studente of 'n regshulpkliniek vir slagoffers van geweld en seksuele mishandeling.

Dan is daar strukture nader aan sy tuisomgewing, soos die Athlone-stadion, wat met vrug oorweeg kan word.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]