ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 27 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 3 June  2004 at 17:30

Youth - Jeug


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Greg mik na kollig

[ Top ]

Malané Bosman


ANTHONY HOPKINS kan nou maar aftree. Hier kom vir hom sterk kompetisie uit die skoene van die jonge Greg Kriek van die Paarl.

Greg (16) het die naweek met die eerste prys weggestap by Bellville Hoërskool se toneel-kompetisie vir hoërskoolleerlinge.

Hy het in vier finale rondes, elke keer voor 'n ander paneel beoordelaars, 199

wgreg02

DAWID EN GREG. Greg Kriek sal 'n filmrol met altwee hande aangryp.

ander toneelspelers van oor die hele Wes-Kaap uitgestof.

By die kompetisie moes Greg sy staal wys in prosa, poësie, dialoog en improvisasie, soms ook met musiek. Dis veral die op-die-voete-dink onvoorbereide rol waarvan Greg hou.

"Greg het nie net talent nie, maar ook die intelligensie en dissipline om die tegnieke reg te kan kombineer," spog sy instrukteur, Wiwe Ras-Pretorius.

Greg, 'n Graad 11 leerling aan die Hoër Jongenskool, neem drama as vak by Wiwe.

Greg is nie net 'n toneelspeler nie. Hy glo in balans in sy lewe. Hy presteer akademies goed met punte wat hom altyd onder die eerstes in sy graad laat staan.

Hy is 'n ywerige hokkiespeler, speel dromme in sy eie orkes "If it is" en skryf liedjies.

Dan is hy nog koshuisprefek en lid van die junior stadsraad, en hy vertrek eersdaags as uitruilstudent vir die Junievakansie na Duitsland.

Tussen al hierdie aktiwiteite is daar maar min tyd vir sy meisie op Stellenbosch, veral omdat hy in die koshuis is by Boishaai terwyl sy ouers op Gordonsbaai woon.

"Ek het glad nie verwag om te wen nie," sê Greg.

"Daar is wonderlike kreatiwiteit in die Wes-Kaap."

Maar Greg is 'n akteur van formaat. Hy het al rolle vertolk in Anderkant die Yard by die KKNK en Aardklop asook in La Rochelle se opvoerings van Grease en die Sound of Music.

Miskien kry hy sy talent van sy ma se kant af, meen Greg.

"Sy het beslis 'n aktrise in haar."

Greg se kop staan filmwêreld toe.

"Dalk as regisseur, of as ek die kans kry, 'n akteur in 'n televisie of filmrol - dié sal ek met altwee hande aangryp."


Local choirs in national finals

[ Top ]


THE girls' choirs of Ihlumelo Junior High in Paarl and the choir of Huguenot High will travel to Johannesburg for the national championships of the 2004 Tirisano Schools Choral Eisteddfod in July.

They will be eager to make their mark and have their voices heard amongst  the best in the land.

The Tirisano Schools Choral Eisteddfod is a joint venture between the Department of Education and First National Bank.

Since its inception, the competition has evolved to unify the previously fragmented school music competitions and has become the largest choral musical event in the country.

Talents

Ihlumelo girls' choir, conducted by Liziwe Mbekwa, won first place in the category for girls' choirs at the competition, held at the Cape Teachers' Institute in Kuils River last weekend.

The school also won second place in the category HIV/Aids song (Umashayabhube), and were third in the categories Mixed Double Quartet (Cantate Domino), Mixed Choirs Afrikaans (Jy's Man Alleen) and Mixed Choirs African (Masimvalelise).

Huguenot High's girls' choir won the Own Choice section of the senior secondary competition under the baton of Eunice Gildenhuys, repeating their success of last year.

They made the Tirisano finals last year as well, and this year have come out tops at the Stellenbosch Eisteddfod and the provincial round of  "Applous".

Desmond Tutu High's boys' choir reached third place under the direction of L Bokwe.

The finals of the Tirisano Schools Choral Eisteddfod will be held from 1 to 4 July at The Dome in Randburg. For many learners it will be their first trip to Johannesburg.

"Choral music is about striving to achieve harmony through togetherness and FNB and the DoE have joined hands to bring melody to the South African audience," says Peet van der Walt, CEO Service Network of First National Bank.


Aden mik hoog

John Goliath

[ Top ]


'n JONG tennisspeler van New Orleans Sekondêr se drome om eendag in die ATP toer te speel, het 'n hupstoot gekry nadat hy in die Suid-Afrikaanse Junior Statebondspan opgeneem is wat aan die einde van die jaar in Australië gaan deelneem.

Aden Demas (18) speel al van negejarige ouderdom tennis toe hy by David Samaai begin tennislesse neem het.

Aden en Samaai het hard gewerk om hom op die regte vlak van spel te bring. Maar harde werk en goeie dissipline is min werd sonder die regte finansiële geleenthede.

Aden word tans deur geborg deur Dennis Minitzer, 'n prokureur in die Paarl, wat reeds meeste van Aden se tennistoere geborg het. Minitzer is ook die werkgewer van Aden se skrynwerkerpa, Abie.

Dié volgende Pete Sampras speel al vanaf sy primêre skooldae by Magnolia Primêr vir die Boland. Hy is as 11-jarige in die o.12 Boland span opgeneem en word as een van die mees belowenste tennisspelers in die land beskou.

Aden se harde werk en dissipline het onlangs vrugte afgewerp toe hy in die Wes-Kaapspan opgeneem is wat in Oos-Londen aan die interprovinsiale toernooi deelgeneem het.

By dié toernooi het Aden nie 'n wedstryd verloor nie. Hy is hierna na Bloemfontein.... waar hy ook al sy opponente laat les opsê het.

Om hierdie toere te onderneem kos sowat R2000 en elke speler moet self sy kostes dra.

Volgens die skaam ster is hy baie dankbaar vir die hulp wat hy kry.

"Ek is baie verskuldig aan Dennis Minitzer wat my help om 'n stappie nader aan my droom te kom om saam met manne soos Andy Roddick en Carlos Moya te speel."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]