ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 27 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 3 June  2004 at 17:30

Sport

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

wspoegFC

AFKOEL. Wellington se Glen Mpayipheli koel af tydens die 6km landloopwedloop vir seuns 17 jaar. Die Boland se tweede landloopliga- byeenkoms is Saterdag by Bolandpark stadion in die Paarl gehou.


Van der Walt in Eisenhower-span

[ Top ]


DIE kroon is gespan op die Paarlse gholfspeler Dawie van der Walt se versameling titels en toekennings toe hy Vrydag hoor dat hy in die Suid-Afrikaanse Eisenhower-span opgeneem is.

Dit beteken dat Van der Walt, wat reeds sy o.18 en o.23 Protea-kleure verwerf het, nou ook met sy senior nasionale kleure spog.

"Dit is die span wat elke gholfspeler wil maak. Op pad om 'n professionele gholfspeler te raak, moet jy deur die regte kanale gaan soos om provinsiaal te speel en dan vir jou land te speel," sê Van der Walt wat mik om oor twee jaar professioneel te begin gholf speel.

"Vanjaar sou my laaste kans gewees het om my senior Springbok-kleure te kry. As ek dit nie gedoen het nie, voel dit vir my, sou daar 'n gaping in my aanloop tot beroepsgholf gewees het.

"Al die groot Suid-Afrikaanse spelers soos Ernie Els en Trevor Immelman het hul land in die Eisenhower-span verteenwoordig," sê die 21-jarige blondekop.

Die Eisenhower Trophy-toernooi word elke tweede jaar gespeel, met die top drie gekeurde amateurs van sowat 70 lande wat teen mekaar te staan kom.

Van der Walt is sowat 'n maand gelede as reserwe gekies vir die Suid-Afrikaanse agtman-span wat jaarliks in Zimbabwe teen ander Afrika-lande meeding, en so net-net op sy senior nasionale kleure uitgemis.

Nog 'n Paarliet, Mark Mahoney, is wel in die span opgeneem wat dan ook die toernooi gewen het.

Van der Walt se spanmaats in die Eisenhower-span is Matthew Kent en Norman Beggs, albei van Sentraal-Gauteng.

Van der Walt het sedert einde 2003 toe hy die Sentraal-Gauteng Ope gewen het, 'n uitsonderlike goeie jaar beleef.

Na 'n tweede plek in die Noord-Gauteng Ope is hy in Februarie vanjaar as die houespel-kampioen van die Sanlam SA Amateur Ope gekroon, 'n titel wat die deur vir sy insluiting in die Eisenhower-span oopgemaak het.

"Ek het voor dit geweet ek staan nie eintlik 'n kans om in die span opgeneem te word nie. Maar nadat ek by die SA Ope gewen het, het ek geweet dat as ek die WP of Boland Ope kan wen, sal ek 'n goeie kans staan."

Sy vyfde plek in die houespel en uitval in die semifinaal van die putjiespel tydens die WP Ope was nie wat hy beplan het nie.

Sake het egter baie beter verloop tydens die Boland Ope waar hy met 10 onder baansyfer en vyf houe gewen het.

"Ek voel goed omdat ek weet dat ek my plek in die span oopgespeel het," sê Dawie wat in sy laaste toernooi, die Kaap Provinsie Ope tweede geëindig het.

Hy is deur nog 'n Paarliet, Jacques Blaauw van Paarl Gimnasium, met twee houe geklop.

Van der Walt, slegs die tweede Springbok-gholfspeler wat Paarl Gholfklub al opgelewer het, vlieg vandag na Puerto Rico waar vanjaar se toernooi gespeel word.

Na afloop van die Eisenhower-toernooi pak hy sy tasse vir Engeland waar hy aan die Britse Amateur Ope en die St Andrews Trophy Links toernooie gaan deelneem.

Dawie, 'n oud-Gimmie en derdejaarstudent, het onlangs sy kursus in Finansiële Bestuur aan die Boland Kollege opgegee omdat hy nie aan die einde van die jaar kan eksamen skryf nie.

Sy gholftalent het egter ook vir hom verder deure oopgemaak. Hy begin in Augustus aan die Lamar Universiteit in Beaumont, Texas, studeer danksy 'n beurs.

Amerika sal voorlopig vir twee jaar sy tuiste wees, maar voeg Dawie by, hy sal in September reeds terug wees in Suid-Afrika vir die Boland interprovinsiale toernooi en ook vroeg in 2005 terugkeer vir die SA Amateur Ope.


Atlete moet strek vir landloopproewe

[ Top ]


DIE tweede gesamentlike landloopproewe van Boland Landloop en Boland Ussasa sal Saterdag op Nuweberg in die Hottentots-Holland Natuurreservaat op die R43 tussen Grabouw en Villiersdorp gehou word.

Die program sal soortgelyk wees as dié wat tydens die eerste landloopproewe op Worcester in plek was en sal om 10:30 met die o.9 wedlope begin.

Nadat meer as 1400 atlete deelgeneem het tydens die eerste landloopproewe op Boland Park in Worcester, kan stywe kompetisie verwag word in verskeie van die ouderdomsgroepe.

In baie van die wedlope sal dit bepalend wees watter atlete opgeneem gaan word in die Boland landloopspan wat op 26 Junie aan die Wes-Kaapse Interprovinsiale byeenkoms in die Paarl gaan deelneem.

Die Boland-span sal teen die Westelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte te staan kom en verteenwoordigend wees van al die ouderdomsgroepe vanaf o.9 tot veterane.

Die interprovinsiale byeenkoms sal ook as proewe dien vir die Boland-span wat vir die SA kampioenskappe gekies sal word.

Atlete wat tydens die interprovinsiale byeenkoms goed doen, sal feitlik verseker wees van hul plek in die Boland-span.

Die span vir die Wes-Kaapse interprovinsiale byeenkoms sal op 7 Junie aangekondig word.


Enjoy nature with Dewdale MTB Classic

[ Top ]


MOUNTAINBIKERS can enjoy a beautiful slice of nature when the annual Dewdale Mountainbike Classic takes place at the Dewdale Fly Fishery in Franschhoek on 11 July.

Cyclists can choose from three routes, a 50km, 25km and 12km which consists of a 25km loop in and around the fishery and the Safcol forest.

Prize money is up for grabs for the first three men and women finishers in the long route. Spot prizes can also be won and include a weekend at the Vineyard Hotel, restaurant vouchers, cycling accessories, wine and much more.

Entry fees are R35 (Pedal Power Association Members and Easy entries), R75 (PPA families - three or more), R40 (non-members) and R50 for all late entries.

Registration on the day can be done before 09:30, with the 50km race starting at 10:00, the 25km at 10:15 and the 12km at 10:30.

Enquiries at Geddan Ruddock on 082-578-3017 or g_mandla@hotmail.co.za.


New field archery range opened

[ Top ]


THE first introductory archery event was held at the Stellenbosch Field Archery Club recently.

The weather blown away by the wind which gave a beautiful, but slightly chilly morning for the archers who had gathered early on for the event.

In Field Archery, the shooting range is a trail that archers follow through the forest, shooting four arrows at each of the 28 targets to complete a full round.

The forest provided protection from the wind resulting in a perfect day for archery.

The targets for the event consisted of a mixture of field, hunter and animal targets to introduce new archers to the various target faces and distances that had to be shot.

The bowhunter style (five fixed pins for sights) was the most common bow used on the day and it was clear that the freestyle unlimited archers would have tough competition.

First round scores were not as good as the archers had hoped, but familiarity with the range saw the second round scores increase.

Strangely enough, many archers had difficulty with the closer distances and the "bugs-eyes", which are eight small targets clustered together, cost many archers valuable points.

Good scores were obtained on the animal targets and overall scores were of a high standard. The winner for the day was Jared Nichols.

Archers interested in joining or beginners who would like to learn more can contact JP de Villiers who is the South African Field Archery President at nifaasa@iafrica.com or by fax 914-5376.

He presents Archery Courses ranging from introductions for beginners to advanced archery principles.

JP, a Protea archer who has represented South Africa in various events, is also the manager of the Protea team which he is taking to the World Field Championships in New York in July.


Hungry Sundowns kill off Bubs

[ Top ]


THE soccer team of Sundowns continue their march to the National Championships after they beat Bubs 4-2 in Beaufort West on Sunday.

The atmosphere at the stadium was tremendous, with both teams showing great intensity and commitment.

Bubs opened the score with a well taken shot on the stroke of halftime, but in the 81st minute Sundowns' new striker, Treswill Arendse, thundered in a stunning equaliser.

The tension increased as the game ended 1-1 and the winner had to be decided by penalty shootouts. Midfielders Siphelo Skafu, Vuyo Jalamba and newcomer, Befu, secured the win for Sundowns.

The Mbekweni team now prepare to take on the provincial winners of the Limpopo province in July.


Atleet blink uit

[ Top ]


DIE Paarl-atleet, Ronel Beukes, spog met drie goue medaljes na afloop van die SA Meesters Baan- en Veld-Kampioenskappe wat onlangs in Durban gehou is.

Beukes, die enigste atleet van Paarl Atletiekklub, het die WP verteenwoordig. Sy het nie alleen die 100m, 200m en 400m gewen nie, maar het ook haar persoonlike beste tye in die 200m en 400m opgestel.

Beukes was in die 100m baas met 13,44s, gevolg deur Madelene van Rooyen (13,68; Sentral Gauteng), en Joanne Jacovides (13,76s; Kwazulu-Natal).

Sy het die 200m in 26,6s gewen, weer gevolg deur Van Rooyen (26,80s; Sentraal-Gauteng) en Elaine Pretorius (27,00; Gauteng-Noord).

In die 400m was sy ook te goed vir die res van die veld met 60,40s. Elein Pretorius (61,07s; Gauteng-Noord) en Julita Puren (62,04; Oostelike Provinsie) was tweede en derde.

Beukes en haar afrigter, Hennie Volschenk, begin eersdaags met voorbereiding vir die Wêreld Spele wat volgende jaar in Spanje gehou word.


Bergrivier verras New Orleans

[ Top ]


DIE eerste rugbyspan van Bergrivier Sekondêr het vir 'n groot verrassing gesorg toe hulle Saterdag op Wellington vir New Orleans Sekondêr 19-14 geklop het.

Die Paarliete was die gunstelinge om te wen maar het hulle vasgeloop teen 'n goed gemotiveerde span.

Die skopvoet van Bergrivier se losskakel, Conroy Gertse, was ook suiwer in die kol en hy teken 14 van sy span se punte aan.

Bergrivier se uitblinkers was Randal April (vleuel) en Cornel Sheldon (slot), terwyl kaptein Oswill Thomas (flank) 'n barshou vir die Paarliete gespeel het.

* Gim het in 'n taai wedstryd in die Paarl vir Paul Roos Gimnasium 15-10 geklop.

Hegte verdediging deur albei spanne het die wedstryd gekenmerk. Cobus Visagie het Gim se twee drieë gedruk met losskakel, Ricardo Croy, wat 'n doel- en strafskop behaal het.

* HJS was teen rustyd 12-5 agter in hul wedstryd teen Wynberg, maar vier drieë in die tweede helfte het vir hulle 'n gemaklike sege van 31-12 verseker.

Bright Ndlovu, Dries Pienaar, Andreas Slabber, Ludwig Ras, Dirkie Joubert het drieë gedruk, en Lorenzo Powell het drie doelskoppe oorgesit.

* Die Swarttruie van Hoër Landbouskool Boland het soos 'n trop wildebeeste vir Saks vertrap in hul vernietigende 44-6 sege.

  Landbou se drieë is deur Stephanus Potgieter, Louis Kotzé, Jan-Gys van Niekerk, Daniël Theron (2) en Arthur Simon gedruk. Otto Lück was suksesvol met vier doelskoppe en twee strafskoppe.

* Hugenote het met 10-3 teen Strand vasgeval, met Strand wat twee drieë in die wedstryd druk. Thys Faure het Hugenote se drie punte met 'n strafskop verseker.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]