|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
GROOT geld is weer vanjaar op die spel vir instrumentale ensemblespelers met die Stellenbosch Ensemble Kompetisie wat van 20 tot 22 September deur die Hoër Meisieskool Bloemhof aangebied word. Die kompetisie gee leerders kans om deel te neem aan 'n kompetisie waarvan die standaard vergelykbaar is met dié van bestaande solokompetisies. In die vier kategorieë, duet, trio/kwartet, groter ensembles (5-10 spelers) en jazz ensembles (3-10 spelers) kan elke kategoriewenner R2500 losslaan. Die algehele wenners sal 'n volle R5000 in die sak huis toe neem. 'n Individuele speler mag in meer as een ensemble inskryf. Die duetkategorie is vanjaar 'n nuutjie. Dit dui op twee orkesinstrumente waarvan die standaard op dieselfde vlak is. Klavierduo's sal ook in aanmerking geneem word. Alle strykers wat deelneem, kan ook 'n werkswinkel van die Lucerne Festival Strings op Maandag 23 September bywoon. Dit word moontlik gemaak deur die Switserse regering in samewerking met die feeskomitee, organiseerders van die jaarlikse Stellenboschfees waarvan die Ensemblekompetisie 'n deel vorm. Inligting en inskrywingsvorms beskikbaar by HMS Bloemhof, tel 887-3041 of faks 887-3067. Die sluitingsdatum is einde Junie. |
|
|
|
|
THREE members of the Franschhoek community have seen the need to assist in the social upliftment through their proposed projects of drama and music and they are looking for local "Idols" to participate. Their main projected aim is to stage a play during Franschhoek's Bastille Festival, depicting the life of King Louis XIV of France. Berline Philander, Mirna David and Brandon Brooks started Community Junction earlier this year. They realised there was a need for social upliftment and they intend promoting drama and music to ensure family ties and local skills are strengthened. For the necessary costumes, finance and dècor, assistance from Winelands Tourism of R4000 has been promised to the project. Their first performance will be staged during the Bastille Festival (4-14 July). Local inhabitants who are interested in becoming Franschhoek 'Idols', are invited to phone Mirna Davids on 876-2915. |
|
|
|
|
DIE Pixie Playhouse bied die vakansie twee gratis optredes in die promosiehof van die Tygervalleisentrum aan. Die eerste vertoning 'Nursery Rhyme Land' is om 11:00 op 9 Julie en om 16:00 op 16 Julie is dit 'Eendag as ek groot is'. In 'Eendag as ek groot is' raak Sparky, die ruimtewese, se ruimteskip sonder brandstof. Hy land op aarde en het nie geld nie. Hy moet begin werk, maar watter werk moet hy kies? Hy ontmoet Ben die Boer wat hom dorp toe neem om ander mense met beroepe te leer ken, sodat hy makliker kan kies. |
|||
|
|||