safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 27 June 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 4 July 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Business - Sakenuus


Sakeman van die Jaar lei hegte span

[ Top ]


wsake27DIS lekker om in 'n familie-opset saam te werk, want almal is deel van die span.

So sê William Clift, besturende direkteur van die firma JA Clift in die Paarl. Hy is onlangs deur die Paarlse Sakekamer as Sakeman van die Jaar aangewys.

JA Clift is landwyd bekend vir die grys Paarl- graniet waarmee grafstene, geboue en monumente vervaardig word.

TOEKENNING. William Clift van die granietwerke JA Clift is onlangs deur die Paarl Sakekamer aangewys as Sakeman van die Jaar. Hier ontvang hy die toekenning van die voorsitter, Maretha Dreijer.

Die firma het  naam gemaak met die oprig-ting van die Rhodes Gedenkteken in Kaap-stad in 1906, asook werk aan die hoofposkantoorgebou en die Hugenote Monument in Franschhoek.

William (42) is die agterkleinseun van James Andrew Clift, 'n Britse immigrant wat in Kaapstad as klipkapper gewerk het, en in 1908 per fiets Paarl toe is op soek na nuwe bronne van graniet.

Hy het dit gevind teen Paarlberg, op die plaas De Hoop waar hy sy eie steengroef gevestig het. Granietblokke is per ossewa van die groef na die steenwerke naby Paarlstasie gebring vir verdere afwerking.

Die besigheid het van krag tot krag gegaan en in 1959 het die familie die plaas De Hoop aangekoop waar nou ook met tafeldruiwe en olywe geboer word.

As 'n mens vandag by die steenwerke inloer, is die wêreld wit van die fyn stof soos  die graniet gesny word - vandag eerder vir kombuiskasblaaie as vir grafstene.

"Slegs sowat 40% van ons werk vandag is grafstene - daar was 'n effense krimping in die mark, soveel so dat JA Clift vandag die grootste produsent van grafstene in die Wes-Kaap is en die enigste met sy eie groef.

"Maar ons het suksesvol gediversifiseer in die groeiende mark vir ander produkte soos kombuis- en kroegoppervlaktes, tafelblaaie en selfs kaggels, pilare en swembadrandstene  - en nie net in die grys Paarl-graniet nie.

"Ons voer graniet en marmer in van Italië, Indië en die Skandinawiese lande, sowel as ander kleure graniet uit die binneland van Suid-Afrika, om 'n wyer verskeidenheid van aardse skakerings te bied.

"Grafstene het 'n luukse geword - baie mense word  eerder ver-as. Diegene wat wel nog begrawe word, verkies  eenvoudige ontwerpe."

Die werkers by die onderneming is spesialiste en bly gewoonlik hul hele lewe daar, en word ook dikwels opgevolg deur hul seuns.

"Ons het tans 'n totaal van 1025 diensjare onder ons personeel - van hulle het al so lank as 54 jaar hier gewerk. Ons kyk na ons mense.

"Dis 'n familiebesigheid en ons doen alles saam as 'n hegte span. Bestuursbesluite word gesamentlik geneem.

"Daar word soms koppe gestamp, maar ons vertrou mekaar want ons weet elke 'Cliffie' ken sy werk en weet wat hy doen. Ek hoef niemand se hand vas te hou nie," sê William van die span wat benewens hom bestaan uit sy neefs Trevor (administrasie), Jimmy (produksie) en David (groefbestuurder).

William se neef, Derek, is in beheer van die boerdery op De Hoop, waar 'n eie wyn eersdaags geloods word en ook op olyfolieproduksie gefokus word.

Die steengroef op die bopunt van die plaas is  90 jaar oud, maar huis-ves nog genoeg graniet vir nog vier generasies van Clifts.

By die steenwerke word van die nuutste gerekenariseerde tegnologie benut en word hoë standaarde vir die afwerking van elke produk gestel.

Daar is ook 'n bemarkingskantoor in Plumstead waar hul produkte uitgestal word.

William, wat as bourekenaar opgelei is, is ook nie iemand wat lyf wegsteek as dit by bedryf- en gemeenskapsake kom nie. Hy is  voorsitter van die Mees-terbouersvereniging van die Boland en Raadslid by die Bounywerheid Bedingingsraad.

Hy is ook 'n aktiewe Rotariër en bestuurslid van die oudstudente-unie van Hoër Jongenskool Paarl. Hy en sy vrou Sandra het drie kinders.

Hy is bowenal trots op die firma se leuse: "Working together is success".

Kwaliteit en goeie diens is 'n nie-onderhandelbare aspek van die besigheid, en dit wat hul voorouers opgebou het, beskerm hy jaloers.

Daarom het hy die Sakekamer se toekenning met trots ontvang - namens die hele Clift-familie, nie net namens homself nie.

* William Clift is  Paarl's businessman of the year.


Verbind to veiligheid

[ Top ]


DIE Meesterbouersassosiasie (MBA) Boland, 'n werkgewerorganisasie in die bou- en konstruksiebedryf, het dit hulle erns gemaak om ongelukke in die werkplek te verminder.

In 2000 is begin met 'n veiligheidsdiens aan werkgewers in die bedryf en die hoofdoel is om werkgewers te help met die instel van veiligheidsprogramme en die nakoming van die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid.

Gevaarareas op konstruksieterreine word geïdentifiseer en stappe word ingestel om die gevare óf te verwyder óf te verminder.

Sedert die instelling van die diens het werksongelukke afgeneem met bykans 14% (2694 ongelukke gedurende 2000 teenoor 2316 gedurende 2001).

Volgens William Clift, president van die MBA, is die werkersmag in die bedryf vir werkgewers van groot erns aangesien elke ongeluk verlore produksie en verlore kundigheid tot gevolg het.  

Mediese koste gedurende 2001 het ongeveer R1400 per ongeluk beloop. 

"Die Departement van Arbeid en selfs die vakunies het die instelling van die diens verwelkom en daar word met hulle saamgewerk om terreine veiliger te maak vir werkers", aldus Clift.

MBA Boland het 'n kundige persoon aangestel wat daagliks bouterreine besoek en werkgewers bystaan. Kwalifiserende terreine kom ook in aanmerking vir 'n stergradering waarop die werkgewer en die werkers met reg trots is.

Afgesien van terreinbesoeke en advies verskaf MBA Boland ook opleiding aan veiligheidsverteenwoordigers en bestuur.  Geakkrediteerde eerstehulpopleiding word ook aangebied.

Werkgewers in die boubedryf in die Boland en Overberg gebiede wat van hierdie gratis diens wil gebruik maak, moet die MBA Boland kantoor by 863-3330 of Pierre le Roux op 082-900-6151 kontak.


Nuwe struktuur vir KWV voorgelê

[ Top ]


DIE moontlike herstrukturering van die KWV is onlangs op 'n reeks produsentevergaderings bespreek, met die oog op vryer verhandeling van die aandele in die toekoms.

Daar word beoog om KWV Groep Bpk (wat hoofsaaklik deur produsente besit word) se kommersiële fokus te verskerp. Die maatskappy se naam sal na KWV Beperk verander word.

Dit sal beheer word deur aandeelhouers wat 'n finansiële belang het en sal sy eie direksie hê. Die maatskappy sal 'n suiwer winsoogmerk hê deur verhandeling van drankprodukte en plantmateriaal.

KWV Beperk sal besit word deur die huidige A-aandeelhouers van KWV Groep Bpk maar die beperking op verhandeling van hul A-aandele aan nie-produsente sal opgehef word.

'n Afsonderlike koöperatiewe organisasie wat bekend sal staan as Wijngaard Koöperatief sal steeds produsentedienste soos surplusverwydering, inligtingsdienste en wingerdboukonsultasie lewer.

KWV Beperk sal vir die volgende vyf jaar R8 miljoen per jaar tot die begroting van Koöperatief bydra as 'n bruidskat.

Die B-aandele wat tans deur die koöperatiewe beheerliggaam gehou word, sal verval, in ruil vir die uitreiking van verdere A-aandele, sodat die koöperatiewe liggaam 15% van die totale A-aandele in KWV Beperk sal besit. Dit behoort in die toekoms 'n aansienlike bydrae tot die delging van Wijngaard Koöperatief se koste te lewer.

Daar is nog onsekerheid hoeveel direkteure van produsentekant op die direksie sal dien, hoewel voorgestel is dat ongeveer 50% van die direkteure afkomstig moet wees uit die huidige direksie van die koöperatiewe beheerliggaam. A-aandeelhouers moet hieroor besluit.

Daar is verder voorgestel dat A-aandeelhouers (waarvan sowat 75% steeds wynboere is) 'n vrywillige stempoel moet vorm om op korttermyn 'n vyandige oorname te verhoed, weens die huidige lae verhandelingswaarde van die KWV Groep se aandele, totdat die gaping tussen die aandeelprys en die netto batewaarde per aandeel vernou het.

Op langtermyn sal die herstrukturering lei tot ontsluiting van welvaart vir die aandeelhouers deur vryer verhandeling van die aandele, is gesê.

Die herstrukturering moet by die jaarvergadering in Oktober bekragtig word en sal dan na verwagting vroeg volgende jaar van krag word.

* Restructuring has been proposed by the KWV board of directors.


Groen lig vir BoE

[ Top ]


DIE pad is oop vir die oorname van BoE deur Nedcor, nadat BoE se aandeelhouers met 'n oorweldigende meerderheid (98,4%) die oorname-aanbod Maandag gesteun het.

Die besluit moet volgende week op 2 Julie in die Hooggeregshof bekragtig word.

BoE was vroeër in die knyp weens wantroue in die banksektor, veral nadat Saambou gesluit het, en die Regering moes ingryp om BoE Bank se deposito's te waarborg.

Na die samesmelting het die nuwe bankgroep nou 26 000 personeellede.

Volgens Richard Laubscher, uitvoerende hoof van Nedcor, word geen diensbeëindigings van BoE se personeel beoog nie.

Nedcor se aanbod behels R290 kontant en 0,4854369 Nedcor-aandele vir elke 100 BoE-aandele.

  Op grond van BoE se uitgereikte aandelekapitaal van 2,13 miljard aandele is die aanbod R7,5 miljard werd.

BoE se aandele het vandeesweek op die aandelebeurs gestyg.

* BoE has received the green light from shareholders to approve the Nedcor takeover bid.


Report on Paarl farms out

[ Top ]


THE first stage of a consultant's study on Paarl farms has been completed.

The Paarl Farms Land Use Policy Study Status Quo Report is now avail-able for comment at the Drakenstein Municipality (Room 301 third floor).

The report is also available on the website www.mcaplan.co.za (follow the link on the homepage to Paarl Farms Land Use Policy Study).

The study is funded by the Western Cape provincial administration due to increasing pressure for urban development on the slope of Paarl Mountain.

The consultants must formulate an equitable policy with townplanning guidelines which could conserve Paarl's green belt, but also allow farmers, subject to rising costs and decreasing profitability, to farm viably.

The consultants will make their re-commendations to a steering committee.

For enquiries, phone Bisschof Bosman on 807-4834 or Lize Malanon 685-1150 (lize@mcaplan.co.za).


Record sales at Boschenmeer

[ Top ]


MAY was a record-breaking month at Boschenmeer Golf and Country Estate in which more properties were sold in a single month, than ever before.

A total of 41 plots were sold over a period of three and a half weeks, and with more than 200 residential erven and homes sold, the Estate is now almost completely sold out.

 Within three weeks of release, more than half of the 51 erven of the last residential phase was sold. Approximately 70% of these properties were sold to new buyers, and the balance to investors who are already landowners and residents at Boschenmeer.

The remaining plots measure between 400m² and 1200m², and are in the market ranging from R350 000 to R700 000.

During the same period, Boschenmeer's most expensive plot was sold - a 1000m² plot adjacent to the Berg River which sold at R1 million to an investor from the UK who owns another property on the Estate.

The plot forms part of an exclusive pocket of the top 30 plots of the Estate, which are almost completely sold out. Twenty-two of these plots were sold prior to release, resulting in sales in excess of R16 million for this particular phase, during the month of May only.

Eight river frontage plots of approximately 600m² in size are still available between R750 000 and R850 000.

Demand for re-sales has increased dramatically and another record was set recently when Boschenmeer's most expensive house (to date), was sold for R2,7 million to another Estate resident, who is also from the UK.

Although only 10% of Boschenmeer's buyers are international buyers, they are interested in top of the range products and some of Boschenmeer's top properties have therefore been sold to foreigners, mostly from the UK.

Re-sales of smaller properties have also been buoyant in May, and buyers of Country Homes, the Boschenmeer plot-and-plan turnkey product, have realised phenomenal returns of as much as 100%, by selling homes they bought for R950 000, three years later at R1,8 million and R1,85 million.

The first lake frontage Estate Lodges have also been sold, and sales of this unique product is expected to increase dramatically once the residential product is completely sold out, and the upgrading of the club facilities have been completed.

'These will include a five star restaurant, members' bar and ladies' bar, a hotel facility and a wellness centre.

Johan Pauw, the developer of Boschenmeer has paid tribute to the sales team and their success particularly during the month of May.

"Now that we are concluding the last residential sales, there seems to be an urgency amongst buyers to stake their claim at Boschenmeer before the Estate is sold out.

"Residents enjoy the success of the development and have seen proof of the appreciation that can be realised at this development.

"We therefore find that more and more of our buyers are now investing in second and even third properties, and with endorsements such as this, our residents are our best ambassadors.


Questionnaire a hit

[ Top ]


A TOTAL of 63 organisations in Paarl and Wellington (1878 respondents) responded to a recent questionnaire on transportation in the area.

The questionnaire is part of the information needed to develop a Transportation Master Plan for Drakenstein being developed with the aid of consultant Africon.

A key component of the Master Plan is a transportation demand model, which will be used to identify and quantify road network upgrading that is required in the short-term to relieve current congestion problems and future long-term road network requirements.

The Municipality will also use the model as a tool to test the impact that any proposed development would have on traffic flows on the road network, for example the proposed Lady Grey Mall and proposed regional shopping centre off Cecilia Street.

The model has to be calibrated to represent actual traffic flow patterns on the network. Calibration is reliant on accurate trip origin and destination information, as reflected in the questionnaire.

The 1878 questionnaires returned translate to a 14% sample size, which is substantially higher than the norm of between 7% and 9% for similar surveys.

The respondents were evenly distributed over the entire study area, indicating that a truly representative sample was obtained, said Africon.

As promised, the three organisations giving the best response to the questionnaire each received a box of wine (see pic at right).

It is expected that a calibrated model will be available shortly, to test various proposed road network upgrades.

Results of the analysis will be presented at the second round of public participation meetings to be held on Wednesday 31 July in Paarl and on Thursday 1 August in Wellington. The venues and times will be advertised nearer to the time.


Business Index


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za