safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 27 June 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 4 July 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Verkiesing is deesdae net 'n politieke klug

[ Top ]


DIE sogenaamde "oorloopklousule"-wetgewing wat nou van krag geword het, het die effek dat die vorige verkiesing 'n klug geword het. In die toekoms sal alle verkiesings ook 'n klug wees.

Die kiesers het verniet die moeite gedoen om te gaan stem. Die kiesers sal dit ook nie in die toekoms kan verhoed nie.

Die verteenwoordigers van die party waarvoor u gestem het, kan nou letterlik oorloop na die party waarteen u gestem het, sonder om hul posisies of setels (en dus salarisse) prys te gee.

Die kandidate wat demokraties verkies word, het nou die reg verkry om die kiesers se mandaat te ignoreer of te verraai, terwyl die belastingbetalers moet voortgaan om hul salarisse te betaal.

Die regte van die verkose verteenwoordigers word dus uitgebrei ten koste van die regte van die kiesers.

Hierdie toedrag van sake plaas die kiesers in 'n onhoudbare situasie, want dit kan vergelyk word met kontrakbreuk (in hierdie geval gewettig), aangesien die rug gekeer word op die verkiesingsmanifes.

Die kiesers behoort die reg te hê om die "sosiale kontrak" nietig te verklaar, en dus die verkose verteenwoordigers uit hul setels/wyke te onthef, maar helaas (en ongelukkig), is dit nie die geval nie.

Wat is die doel van stemreg as iemand vir vyf jaar verkies word, maar na slegs 'n jaar het die verkose verteenwoordigers die reg om lynreg teen die wense/mandaat van die kiesers te gaan? Dit is wat die wet nou toelaat.

Dit is nie ware stemreg nie en maak 'n bespotting van die begrip demokrasie.

Individue wat na beter posisies en vergoeding smag, kan nou met lede van ander partye saamsweer om in 'n nuwe rangskikking van getalle vir hulself posisies (soos uitvoerende en voltydse poste) en beter salarisse ten koste van die kiesers se regte (en sakke) op te eien.

Dit alles gaan die belastingbetalers miljoene meer kos, om politici te bevoordeel wat die mag en reg vir hulself opeis sonder om verantwoording te doen teenoor die kiesers.

Die politiek het nou ook op plaaslike vlak "big business" geword.

Om oor te loop na 'n ander party (en dus 'n nuwe beleid aan te hang of te ondersteun) sonder om jou posisie te bedank mag deur heelparty kiesers as oneties, oneerlik, arrogant en minagtend teenoor die regte van die kiesers beskou word.

Die enigste eerbare ding om te doen as iemand nie meer tevrede is met die party en partybeleid waarbinne hul hulself bevind nie, is om te bedank en 'n tussenverkiesing te veg. Laat die mense praat met hul kruisies.

As u as kiesers ooit gewonder het hoe beginselvas die persone is wat u verteenwoordig in die Raad, en of dit gaan oor eie belang of die kiesers se belang, hoef u nie lank te wag nie.

U sal weldra sien van watter stoffasie politici in Suid-Afrika en spesifiek Drakenstein gemaak is.

As u gedink het die Raadsvergaderings was by tye 'n sirkus, binnekort mag dit dalk 'n klug wees.

Die enigste hoop nou, is dat die klousule ongrondwetlik verklaar word.

Deetlefs du Toit (DA), Raadslid Drakenstein


DA-raadslede mag nie rug op kiesers draai nie

[ Top ]


IN 'n omsendbrief van 11 Junie van Marthinus van Schalkwyk aan DA-raadslede landwyd, sê hy dat sy party, die NNP, se grootste uitdaging wat nou met die oorloop-wetgewing aangespreek sal word, "die herstel van openbare vertroue in openbare verteenwoordigers is".

Die kiesers van Wyk 12 en al die ander wyke wat deur die DA in Drakenstein gewen is, het hul vertroue op die betrokke kandidaat gestel.

As een van hulle nou "wegloop" en hul rug op hul kiesers draai, sal dit beslis nie vertroue in openbare verteenwoordigers herstel nie.

Dit is die eerbare plig van die DA-raadslede om die meerderheidstem van hul kiesers te gehoorsaam en te respekteer.

D September, SL Andrews, Bestuurslede Wyk 12


Moenie enigiets vir soetkoek opeet nie

[ Top ]


VERLEDE week se berig aangaande Shaun Channing se inhegtenisname in Namibië het ou herinneringe by my opgeroep.

In 1991 was hy hoofseun van Laerskool Noord-Eind, waar ek       ook op daardie stadium op skool was.

'n Paar jaar daarna is ek Hoërskool Gimnasium toe, en het ek Shaun se naam weer by 'n paar vriende, wat 'n jaar ouer as ek was, gehoor.

Hy was in matriek toe hulle in graad 8 was, en volgens sommige van sy klasmaats het hy nie vriende gehad van sy eie ouderdom nie, maar het hom geskaar by die jonger klomp.

Dié jonger vriende het gereeld by die skool gespog oor hul 'avonture' saam met Shaun. Hy het hulle oral rondgeneem in sy motor, wat gereeld nuut was.

Almal het altyd gewonder waar hy die geld gekry het om die BMW's, 4X4's en ander luukse voertuie te bekostig.

Ek het Shaun self net 'n paar keer ontmoet, en sy gladde mond en selfversekerdheid het my telkens opgeval.

Sy vriende was te verblind deur sy 'sukses' en het nooit sy vooruitstrewendheid bevraagteken nie.

Hoe sê hulle nou weer?  "In die land van die blindes kraai Eenoog koning."

Dalk móét ons mense maar op hul baadjies takseer.

Paarliet


Mark trek wel toeriste

[ Top ]


EK verwys na die brief van Donderdag 15 Junie oor die vlooimark wat 'n verleentheid is vir die Paarl, kwansuis met swak produkte op gratis staanplek.

Die staanplekke op Jan Phillipsplein is nie gratis nie. Die sogenaamde vlooimark is eintlik 'n entrepreneursmark vir opkomende vervaardigers.

Wanneer die nuwe Paarl Mall open, sal parkeerterreine in die middedorp leeg loop en dié mark sal die enigste attraksie vir toeriste wees.

Dis ondenkbaar om te vereis dat vervaardigers saam met straatsmouse moet staan.

Los die vervaardiger uit. Hy gee brood, ook aan ander.

Nico Smit


Moenie eekhorings uitroei

[ Top ]


ALMAL kla en kla oor die eekhorings, maar niemand het 'n menslike oplossing nie.

Ek weet vir 'n feit dat rotte en selfs muise se urine teen mure kan afloop, maar eekhorings?

Dis belaglik - onthou net, knaagdiere of nie, hulle soog ook hul kleintjies.

Hulle doen ook hul bes om hul kleintjies te beskerm en groot te maak.

Ons wil tog nie vir ons kinders 'n voorbeeld van dieremishandeling stel nie.

Diereliefhebber, Wellington


Paarl Post bo met nuusverskaffing aan publiek

[ Top ]


WAT is die lewe sonder Paarl Post? Baie dankie aan die Paarl Post wat ons Paarliete gereeld van nuus en inligting verskaf, selfs van buite ons landsgrense!

Ons groot streekkoerant stel blykbaar nie belang in Jan Alleman nie, maar Paarl Post wel.

Ek verwys na die Channing-sage wat al byna twee jaar voortduur. Welgedaan, Paarl Post - wie weet, miskien verras julle ons nog met ander antwoorde wat ons soek, wat die SAPD na amper twee jaar nog nie kon verskaf nie. Die Namibiese Polisie het dit wel reggekry.

Volgens die Namibiese koerant is die gewese gesondheidsinpekteur tans woonagtig in die polisieselle.

Hy hoef net skuldig bevind en gevonnis te word, dan kan ons maar die sage afsluit en die lêer toemaak.

Pieter Burger


Polisiereaksie bevredigend na klagtes oor beeste

[ Top ]


DIE Wellington Polisie se reaksie op my brief van 6 Junie waarin ek hulle gekritiseer het oor hulle reaksie op my telefoniese aanmelding van beeste op die Paarl/Wellingtonpad is bemoedigend.

Ek is verskeie kere telefonies geraadpleeg oor die feite en uiteindelik deur kapt Morrison persoonlik besoek om my op hoogte te bring van watter aksie geneem is om 'n herhaling van die insident te voorkom.

Aan stasie-bevelvoerder supt Nelson Govender en sy span kan ek net sê: Sterkte met julle poging om diensverskaffing te verbeter. Ons staan by julle!

Sieg Kröger, Wellington


Amazed by the Youth Orchestra's concert

[ Top ]


I ATTENDED the Youth Day Concert by the Frank Pietersen Music Centre on 8 June - the first time I have seen the young musicians in action.

I was amazed, touched and then thoroughly embarrassed by my own ignorance and loss in not attending a concert before.

It was quite an experience to watch an orchestra of approximately 80 children and youths making music together.

To orchestrate and co-ordinate the First Movement of Schubert's Unfinished Symphony was no mean feat and the African Marimba Band got a well deserved standing ovation.

The choirs, windband and string ensembles did justice to all the items on the programme and the stage managers deserve accolades for seeing that the concert went off smoothly. I was very impressed.

Dawn Macgregor


Haweloses in Kasteelstraat pla omtrent

[ Top ]


MET groot skok lees ek in die Paarl Post van 20 Junie dat 'n meisie van 12 jaar verkrag is in Kasteelstraat.

Ek as inwoner van Kasteelstraat met ook 'n dogter van 12 is hoogs ontsteld.

Vir 'n geruime tyd al het ons die probleem van hawelose mense met kinders wat saans op die stoep van 'n welbekende prokureur se kantoor slaap.

Bykans elke nag word jy gesteur deur mense wat vloek en skel tot drie-uur in die nag.

Na talle oproepe na die polisie word hulle verwyder maar net 'n uur daarna is hulle weer terug. Daar word selfs geürineer op die sypaadjies.

Die probleem is reeds bespreek met die eienaar van die kantore om miskien traliewerk op die stoep aan te bring, maar tot vandag is daar nog geen oplossing nie.

Moet ek nou wag tot so iets met my dogter gebeur en dan maar geweld in my eie hande neem?

Bekommerde ouer


Bewaarders is nie almal korrup nie

[ Top ]


EK is 'n bewaarder met 17 jaar diens en werksaam by 'n gevangenis in die Paarl.

Ek het ook Special Assignment gekyk op SABC 3 en was tot in my diepste geskok om te sien hoe korrup van ons lede is.

Ons is almal bewus van die smokkelary en korrupsie, maar om dit so te sien laat 'n mens wonder of baie van ons nie eerder die groen uniform moet uittrek nie. Ek wil hê dat die publiek moet weet dat nie alle bewaarders hulle skuldig maak aan sulke gedrag en optredes nie. Daar is baie van ons wat trots is op ons werk en ons probeer om ons departement se naam hoog te hou.

Ek wil in die dorp loop en trots wees om ons uniform te dra, maar ek weet nie meer of dit moontlik gaan wees nie.

Aan die publiek: moet ons asseblief nie oordeel nie, ons is nie almal korrup nie en ons by die gevangenisse in die Paarl gaan u en die gevangenes steeds met die nodige respek behandel.

Bewaarder wat nie korrup is nie


Munisipaliteit in moeilikheid oor vermorsing

[ Top ]


Ek sien nou waarom Drakenstein Munisipaliteit so kniediep in die moeilikheid is en sy belastings so styg - elke werknemer doen nes hy wil!

Maandagoggend kom ek afgestap in Thomstraat, toe 'n groot vullisvragmotor op die hoek van Maleistraat stilhou.

Die ander motors moes amper tot in die middel van die pad ry om die aankomende verkeer te kon sien.

Die drywer het uitgeklim en sake gaan doen by 'n prokureursfirma, terwyl die vragmotor vir omtrent 'n kwartier staan en luier het met ongeveer vier insittende werksmense.

Die belastingbetaler moet dus betaal vir mense wat nie werk nie, en ek praat nie eens van die petrol of diesel wat die vragmotor gebruik nie!

'n Bietjie hoër in die straat op was die sypaadjie se randstene ongeveer drie weke gelede opgeknap.

Dit moes toe al 'n klomp geld gekos het, en die beste van alles is dat hulle vandag weer alles opgekap het, met ongeveer 10 werkers op die terrein.

Ons arme belastingbetalers byt die spit af.

 Dis dié dat die Munisipaliteit in die knyp is!

Belastingbetaler


Enslin Street is quite a mess - when will it end?

[ Top ]


ENSLIN STREET in Suider Paarl is a mess - my garden is a mountain of soil, enough to fill a number of swimming pools, due to work on the water main.

The work was supposed to be completed within three weeks. It is now five weeks, with no end in sight, while workers sit idly in the street.

Unhappy

The municipal manager, Jacques Carstens, replies: The water pipe in Enslin Street, Paarl, is being replaced through the process of "sliplining". The contractor is Tuboseal

The sliplining has been completed, but there has been a delay with the delivery of bolts used in the house connections. The contract must be finished by the end of June 2002.-


Talk about Aids - or it will kill us

[ Top ]


A CERTAIN doctor says there is a high incidence of Aids in Mbekweni. I was one of those who thought that he was a racist doctor, but it was the 1990's at that time. Now I can see what he said was true, but people don't want to listen.

How many people younger than 40 years have died in Mbekweni in the past ten years and how many more are going to die in the next ten years?

People of Mbekweni, it is time to listen. People don't want to talk about Aids, because it is something which is there and it kills.

Let us talk about Aids and safe behaviour. Let us talk in churches, shebeens, schools, at meetings and on the sports fields.

If we don't act, Aids is going to kill us.

Jack Siyazi


The waste in our streets a hazard

[ Top ]


AFTER a Saturday morning shopping in Paarl, the streets are covered with packets, cooldrink bottles and rotting food.

Maybe there are not enough rubbish bins down Lady Grey Street and at the parking lots, but our people are the real problem.

The most important thing is that schools and parents should be teaching children not to litter. They must be taught how their littering is destroying our town's natural beauty and making our streets a health hazard.

Tourists who come from countries where littering is forbidden, must think that this is one of the dirtiest places in the world.

Tamaryn Charles


Ek het nou ook 'n misdaad-statistiek geword

[ Top ]


OP 19 Junie het ek ook deel geword van die selfoon-diefstalstatistiek.

Ek het omstreeks elfuur by Hugenote poskantoor 'n posstuk weggestuur. 

'n Man met die naam Willem het agter my kom staan. Hy het 'n geregistreerde brief kom afhaal en my foon uit my handsak gesteel.

Ek het later die nommer geskakel en gehoor hoe hy vir 'n persoon wat saam met hom stap vertel dat hy die foon by 'n vrou by die poskantoor gekoop het vir R100. 

Hy weet en ek weet hy lieg.

Meneer, ek wens jou niks slegs toe nie, maar as die ongeluk jou en jou gesin nou begin ry, moet nie vra hoekom en waarom nie.

Ek het jou naam, adres en ID nommer aan die polisie gegee.

As daar nog iets goeds in jou is, sal jy my selfoon by die Hugenote poskantoor waar jy hom uit my handsak gesteel het, gaan ingee.

Nou vra julle hoekom mense so onbeskof is met die mense wat bedel en werk vra. Misdaad is nou al so erg, dis soos 'n siekte.

Gatvol


Rommel by skoolterrein pla vreeslik in buurt

[ Top ]


VANDAT ek afgetree het so drie jaar gelede, het ek nou baie tyd om Paarl gebied te besigtig.

In Berlynstraat, Noorder-Paarl, nie baie ver van my woning af nie, is 'n pragtige hoërskool. Baie van die leerlinge stap bedags by my huis verby - netjies geklee, vriendelik en baie bedagsaam.

Ek is egter baie teleurgesteld met die vuil skoolterrein wat besaai lê met rommel.

Oral langs die grensdrade of heinings lê lekkergoedpapiere, toebroodjiepapiere en leë koshouers.

Skoliere, hou julle mooi skool skoon, dit is regtig nie 'n mooi gesig om te aanskou nie. As julle trots is op julle skool, maak die skoolterrein self skoon, en hou dit skoon.

Dis immers tog nie so baie moeite nie, dis nie nodig dat onderwysers of die skoolhoof julle nog moet opvoeding ook leer nie.

Op die huidige oomblik is julle skoolterrein die onnetste in die hele Boland.

Ons Paarliete sien uit om oor 'n week die netjiesste skoolterrein in ons hele mooi land te sien.

Charlie

Die waarnemende prinsipaal reageer: Dit is vir ons 'n riem onder die hart dat so baie lede van die publiek ons skool op die hart dra. Ons neem egter eksepsie oor die stelling dat ons skoolterrein die onnetste in die Boland is. Definitiewe pogings word aangewend om die skool te verfraai. Ons nooi Charlie vriendelik uit om die skool te besoek en die saak te bespreek.


Redaksioneel:

Op reis na politieke niemandsland

[ Top ]


DIE lewe is 'n reis, sê die filosowe, en dit beteken dat daar 'n vertrekpunt en ook 'n bestemming moet wees.

As ons kyk na die politieke reisigers om ons, dan wonder 'n mens onwillekeurig oor hul reisbeplanning.

Ons weet waar die meeste van ons plaaslike leiers kwansuis vandaan kom: dink maar net aan al die verkiesingsbeloftes.

Hiervolgens is hulle vertrekpunt beslis die kieser en al sy behoeftes en ideale. Natuurlik is daar ook politieke beginsels en partypolitieke belange wat in aanmerking geneem word.

En die bestemming? Volgens die meeste politici is hul einddoel 'n plek waar kiesers se wildste drome bewaarheid word binne 'n partypolitieke paradys.

Maar krap die vernis van die politieke retoriek af en kyk wat gaan onder die dekmantel van vrome naasteliefde aan.

Oor die vertrekpunt, of dan politieke adres, van onse leiers kan daar baie gesê word. Sommiges s'n is duidelik en sonder enige draaitjies, maar ander s'n is so troebel soos 'n waterpoel nadat 'n krokodil 'n paar keer stert geklap het daarin.

En 'n paar van ons plaaslike politici het natuurlik al so dikwels van adres verander dat hulle soos klipspringers moet voel.

Praat 'n mens van die eindbestemming van dié reis, het min kiesers seker nog enige illusies oor ná die afgelope week se debakel oor die oorloopklousule.

Die meeste van dié oorlopers is op reis na 'n persoonlike paradys wat hulle gebou het op verloënde stemme en uitgevoer het met finansiële beloftes van opposisiepartye.

Die waarheid is dat die meeste van hierdie verloopte politici hulle binnekort in 'n politieke niemandsland gaan bevind, waar geen kieser of party hul gewaande vrede weer sal versteur nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za