|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Dit is 'n mediese feit dat mense langer leef, maar ongelukkig hou hul sig nie altyd tred daarmee nie en dis tragies dat saam met die verlies van die vermoë om gholf of tennis te speel, veels te veel mense as gevolg van swak sig ook die verlies van die leesgewoonte moet verduur. Dit behoort nie nodig te wees nie, want die pratende boeke voorsien die wysheid van die Bybel, die inspirasie van die groot skrywers deur die eeue, die pret en plesier wat 'n glimlag bring en die kennis en informasie wat ouer-wordendes steeds sal stimuleer en hulle sal help om ingeligte lede van die samelewing te bly. Reeds vir meer as 44 jaar help Bande vir Blindes om deur die isolasie wat die Suid-Afrikaanse blinde gemeenskap omring, te dring. In 27 ateljees oral in die land span vrywilligers hulle talente in om in al elf tale 'n verskeidenheid literatuur vas te lê. Die diens is gratis beskikbaar vir almal wat registreer as lede van die Bande vir Blindes biblioteek. Die uitgebreide biblioteek van meer as 27 000 titels strek van romans, rillers, gesinsverhale, Wilde Weste en wetenskapfiksie tot tegniese en wetenskaplike handleidings, tuingidse en die immergewilde biografieë en outobiografieë. Daarmee saam is daar ook 'n reeks opnames van tydskrifte en koerante. Tans het Bande vir Blindes meer as 10 000 biblioteeklede wat verlede jaar 9,9 miljoen gratis leesure kon geniet. Volgens 'n ooreenkoms van die Internasionale Posunie word alle literatuur vir blindes posvry vervoer en sowat 2000 boeke word daagliks vanaf die hoofbiblioteek in Durban versend. Enigeen wat wil aansluit, kan deur Rusoord aansoek doen (tel 872-1982). Die nasionale direkteur, Pauline Hoffman, kan gekontak word by Posbus 47016, Greyville 4023, tel (031) 309-4800, faks (031) 309-1105 of epos director@tapeaids.org.za. Besoek ook die webwerf wwww.tapeaids.co.za. |
|
|
|
|
FRANSCHHOEK will be painted red, white and blue in the heart of winter with their annual Bastille festival starting Wednesday. Since its inception in 1995 the Bastille Festival has grown significantly in popularity and scope of activities. Today this ten day celebration forms part of the official Western Cape Tourism Events Calendar. From 5 to 14 July villagers will once again festoon the town for the 8th Bastille Festival, to honour their historic Huguenot roots and celebrate freedom from persecution. "We look forward to a bigger and better event in 2002, taking pride in the quality, diversity and creativity of Franschhoek and its people," says festival director Richard von Hoesslin of Franschhoek Vallée Tourisme. "The 25 000 visitors expected can look forward to meander through the town; partake in food and wine tastings; visit art exhibitions; enjoy restaurant dinners; food demonstrations and take part in fly fishing competitions and sporting events. "Spearheaded by the Franschhoek Vallée Tourisme, the Bastille Festival encompasses the wine, food and cultural aspects of the Drakenstein Valley, with one of the most enjoyable culinary and cultural celebrations in the Cape." The main objectives of the Bastille Festival are to promote Franschhoek as a food, wine and tourist destination, increase visitor numbers and use of accommodation facilities during winter. "Franschhoek, one of the five most popular towns to visit, is in itself a very strong brand. This offers powerful marketing and brand-building opportunities for companies supporting the event," says von Hoesslin. |
|
|
|
|
A NATIONWIDE Youth Fund, Umsobomvu ("Rising Dawn"), was launched recently and Koinonia Community Centre was appointed as the local partner in the Western Cape. As part of this project, a paint project in which volunteers will paint the building recently damaged by fire, will be held at Daljosafat Primary School on Saturday 6 July. The vision of this government initiative is to create a platform for job creation, skills development and transfer for young people. Volunteers can contact Eddie Williams at 083-340-7786. |
|
|
|
|
TOT einde Mei is 331 pasiënte vanjaar in die Paarlvallei al positief geïdentifiseer vir MIV/Vigs. Dié pasiënte is deel van 1286 wat die Agapé-sentrum in Paarl-Oos besoek het en sluit nie die statistiek vir munisipale klinieke in Paarl en die mobiele klinieke van Boland Distriksmunisipaliteit in nie. Tot op datum het 24 van dié pasiënte aan die gevreesde siekte gesterf. Gister was die International Day Against Drug Abuse and Illicit Trafficking en Sanra (SA Raad insake Alkoholisme en Afhanklikheid van Dwelmmiddels) het die hele week aan die saak gewy. Vanjaar is die tema die verband tussen middelmisbruik en MIV/Vigs. Sanra het verskeie programme vir kinders aangebied. Môre is daar 'n konsert vir plase in die Klein Drakenstein area (skakel Francine by 872-5050) en Saterdag word daar spookasem verkoop op Jan Phillipsplein ten bate van Sanra. Daar is ook 'n uitstalling in die Meulstraat biblioteek met inligting oor die onderwerp. Volgens Sanra lê die skakel tussen middelmisbruik en MIV/Vigs opgesluit in die effek wat middelmisbruik het op die immuunstelsels en die persoon se oordeelsvermoë. Veral alkohol, dagga, amphetamine (speed) en inhaleermiddels veroorsaak 'n verlaging in die teenwoordigheid van witbloedselle in persone wat dit misbruik. Dit laat hulle meer vatbaar vir enige infeksies, wat ook HIV insluit. Hoërisiko-groepe is binne-aarse dwelmmisbruikers, sekswerkers en straatkinders (wat geneig is om dwelms te misbruik), mans wat met mans seks het en gevangenes, volgens 'n internasionale verslag. Gesien dat ons met 'n bevolking sit wat nie daarvoor bekend is dat hul lief is om kondome te gebruik nie, kan die risikogroep dien as 'n oorbruggingsgroep na die res van die gemeenskap, soos gevangenes wat vrygelaat word, sekswerkers wat kliënte het en die straatkinders wat misbruik word deur pedofiele of vrywillig hul liggame aanbied in ruil vir geld of selfs verkrag word. Sanra lewer voorkomingsdienste, verskaf inligting en lewer beradingsdienste aan persone wat sukkel met middelafhanklikheid. Skakel hulle by 872-5050. * Drug abuse lowers your resistance to HIV/Aids. |
|
|
|
|
SUID-AFRIKANERS se houding teenoor snelheid, snelheidsbeperkings en veral teenoor die wetstoepassing van hierdie beperkings laat veel te wense oor, sê die Ry Veilig Projek met die aanbreek van die skoolvakansie. Die negatiewe beeld van 'n verkeersbeampte as 'n "spietkop" is direk aan hierdie totaal verdraaide en onvanpaste houding toe te skryf. Wat baie mense nalaat om te besef, is dat snelheidbeperkings daargestel word met 'n spesifieke pad in gedagte - nie met die doel dat dit die spoed is waarop die pad met veiligheid te alle tye gery kan word nie. Snelheidsgrense dui die maksimum snelheid aan wat 'n bestuurder wettiglik, onder gunstige verkeers- en omgewingstoestande, op die pad kan bestuur. Ongunstige toestande soos reën, rook, mistigheid, skemer of swaar verkeer sal vereis dat die motoris sy snelheid merkbaar moet verminder - tot so 'n mate dat dit aanpas by die verkeersomstandighede. Dit kan so laag wees as tien tot twintig kilometer per uur, byvoorbeeld, in 'n nou straat waar kinders speel. Die dolle gejaag wat deel van die hedendaagse lewe uitmaak, die noodsaaklikheid om betyds vir belangrike afsprake te wees, die onvergenoegdheid van meeste mense as iemand laat kom - hierdie faktore dra daartoe by om 'n mens vinniger te laat wil ry. Maar dis hier waar diskresie aan die dag gelê behoort te word. Die risiko om effens laat te kom, moet opgeweeg word teen ernstige probleme soos om in die hof te moet verskyn, die moontlikheid van 'n boete en selfs tronkstraf vir roekelose bestuur. Onthou net dat hoe vinniger jy ry, hoe minder beheer het jy oor jou voertuig. En die belangrikste van alles - SPOED KAN DODELIK WEES! * Speed kills, the Drive Alive campaign warns with the onset of the school holiday. |
|||
|
|||