|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE oorloopklousule se lot is nog in die hande van die howe, maar intussen is daar heelparty raadslede in Drakenstein wat al in die wegspringblokke is vir die oorstapslag. President Thabo Mbeki het verlede week die wetgewing onderteken wat openbare verteenwoordigers toelaat om van party te verander sonder om hul setels prys te gee. Donderdagnag het die UDM egter 'n dringende hofbevel daarteen verkry en daar word nou gewag op die uitspraak daaroor deur die Grondwetlike Hof. Die aanvanklike vensterperiode van 15 dae waarin verkose politici van party kan verwissel, is nou uitgestel tot ná die hofsaak, maar intussen word daar behoorlik geskarrel agter die skerms. Volgens die wet sal gekose verteenwoordigers in die toekoms twee keer binne 'n vyfjaartermyn tussen verkiesings kan oorstap in September in die tweede en vierde jaar ná 'n verkiesing. Indien die wet bly staan, sal die volgende geleentheid vir LP's en LPW's om oor te stap is, September 2003 en vir plaaslike raadslede September 2004 wees. Dan sal vereis word dat 10% van 'n party (LP's, lede van provinsiale wetgewers en raadslede op plaaslike vlak) moet saamstem om van partye verander. Dit geld nie vir die eerste vensterperiode nie, maar wel vir alle toekomstiges. In die toekoms sal die 10%-drempel nie net vir proporsioneel verkose verteenwoordigers geld nie, maar ook vir wykskandidate. Oorlopery sluit om middernag op die 15de dag van 'n vensterperiode. LP's en LPP's sal aan die speaker van hul wetgewer moet kennis gee. Die voornemende oorlopers moet ook 'n brief verkry van die nuwe party waarby hulle wil aansluit, om van dié party se aanname kennis te gee. Hulle hoef nie "toestemming" van hul oorspronklike party te kry nie. Hul ou politieke party kan ook nie in die vensterperiode dissiplinêr optree teen lede wat die party verlaat nie. Raadslede wat wil oorloop, moet die Hoofverkiesingsbeampte in kennis stel van hul voorneme te Posbus 7943, Pretoria 0001, faksnommers (012) 428-5279/17. Die inligting moet die Hoofverkiesingsbeampte binne die vyftien dae vensterperiode bereik. Vorms wat gestuur is terwyl die hofsaak hangend is, is nie aanvaarbaar nie. Vorms om in te vul, is beskikbaar by die munisipale verkiesingsbeampte. Dit kan ook verkry word van die kommissie se webtuiste www.elections.org.za. Oorlopers moet seker maak dat hulle 'n "sertifiseringsvorm" van die Hoofverkiesingsbeampte het wat aandui dat hulle wel dié liggaam oor hul voorneme ingelig het. Die voorgestelde wetgewing maak voorsiening vir openbare verteenwoordigers om nuwe partye te vorm. Om 'n nuwe party te vorm, moet die verteenwoordiger egter binne die vensterperiode 'n aansoek indien om dié party te registreer en 'n bedrag van R70 000 betaal. * A number of town councillors plan to defect from the DA if the anti-defection clause is scrapped. |
|
|
|
|
DIE klag van dronkbestuur teen die burgemeester van Drakenstein, Paarliet Chris Leander, is teruggetrek. Die burgemeester het Maandag in die landdroshof verneem dat met 'n alkohol-inhoud van 0,05 persent, die maksimum toelaatbare perk, die staat die klag terugtrek. Leander is wel 'n skulderkenningsboete van R300 opgelê op die klag dat hy om 19:15 Saterdagaand 23 Maart vanjaar met sy private motor 'n rooi verkeerslig op die hoek van Hospitaalstraat en Bergrivier Boulevard verontagsaam het. Die oortreding is deur verkeersman Willem Marais opgemerk, waarna hy sy blou lig aangeskakel het en by Optenhortsstraat die burgemeester se motor tot stilstand kon bring. 'n Bloedalkoholmonster is by die Paarl Medi-Clinic geneem. Leander is verteenwoordig deur prokureur Sakkie Krouwkam van Worcerster. Krouwkam het verlede maand, nadat die uitslae van die bloed-alkoholtoets bekend was, skriftelik vertoë tot die direkteur van openbare vervolging gerig dat die klag van dronkbestuur teruggetrek word. Leander sou egter verantwoording moes doen vir die verkeersoortreding. Die aanklaer was Jacomina Swart en die landdros Jeannie Jacobs. * The charge of drunken driving against Drakenstein mayor Chris Leander has been withdrawn. He was found guilty and fined R300 for disregarding a red robot. |
|
|
|
|
THE special police branch, the Scorpions, are investigating alleged corruption and maladministration at five former municipal councils in the Western Cape, including Saron. This investigation must be seen as a further step to conclude investigations which have come over a long period of time, according to the provincial minister of Local Government, Willem Doman. The other councils being investigated are Weskus District Council, Calitzdorp, Worcester and Robertson. The amalgamation of municipalities such as Saron with Drakenstein, was partly responsible for the exposure of corrupt practises, said Doman. These allegations, some of which are of a criminal nature, have been investigated by other agencies, such as the Public Protector, but the Scorpions is the best agency to conclude this serious matter, he said. "Any individual, irrespective of his or her position at such a council and implicated in corruption or maladministration, must be prosecuted and justice must be allowed to take its course. "Corruption and maladministration are unacceptable in any sphere of government and the investigation by the Scorpions into the former councils is in line with the commitment by the provincial government of the Western Cape to root out corruption. * Former Saron mayor Dan Kotze's allegations that corruption during the electoral process had cost him a seat in the Drakenstein municipal council, were rejected by the IEC last year. Kotze, formerly ANC, stood as an independent. |
|
|
|||||||||||||
|
DIE oorloopklousule is 'n verkragting van die demokrasie. Dit is die meeste mense se opinie oor die veelbesproke wetgewing wat politieke verteenwoordigers op al drie vlakke van regering wil toelaat om van party te verander. Hoewel die UDM se interdik verlede week die inwerkingstelling tydelik gekeer het, het dit nie die vlaag van kiesersprotes laat opdroog nie. Met veral DA-raadslede wat in die spervuur is, het kiesers hul mening onomwonde gestel: "Dit is malligheid. Waarvoor stem ek nog as my verkose lid kan maak nes hy of sy wil." "Dit is 'n sirkus. Ons kan mos nie sulke mense ernstig opneem nie," het 'n kieser gesê. "Dit gaan nou alles oor geld: die party met die meeste geld en die minste gewete koop bloot genoeg verteenwoordigers om die mag te bekom. My stem word dus verkoop aan die hoogste bieër." "Hoekom moet 'n mens nog enigsins gaan stem as jou keuse nie eers die papier waarop jy die kruisie getrek het, werd is nie? Judasse "Ons moet kastig ons demokratiese reg uitoefen, net om twee jaar later te sien hoe ons keuse oorgekoop word vir dertig silwerstukke - ons politiek lê gesaai met Judasse." "Ek hoop nie die politieke klipspringers dink om weer te staan in die volgende verkiesing nie," het nog 'n verontwaardige persoon te sê gehad. Die ontsteltenis oor die situasie word ook deur heelparty DA-raadslede gedeel. "Die enigste eerbare ding om te doen as iemand nie meer tevrede is met die party en partybeleid waarbinne hul hulself bevind nie, is om te bedank en 'n tussenverkiesing te veg. Laat die mense praat met hul kruisies," het Deetlefs du Toit, proporsioneelverkose DA-lid gesê. Hy sê die oorloopklousule maak 'n klug van die vorige en ook enige toekomstige verkiesing. "Wat is die doel van stemreg as iemand vir vyf jaar verkies word, maar na slegs 'n jaar het die verkose verteenwoordigers die reg om lynreg teen die wense/mandaat van die kiesers te gaan? Dit is wat die wet nou toelaat. Dit is nie ware stemreg nie en maak 'n bespotting van die begrip demokrasie." Intussen het Wyk 12, waar James Solomon van die DA raadslid is, gesê dit is die eerbare plig van die DA-raadslede om die meerderheidstem van hul kiesers te gehoorsaam en te respekteer. "Die kiesers van Wyk 12 en al die ander wyke wat deur die DA in Drakenstein gewen is, het hul vertroue in die betrokke kandidaat gestel. "As een van hulle nou 'weg'-loop en hul rug op hul kiesers draai, sal dit beslis nie vertroue in openbare verteenwoordigers herstel nie." Solomon het aan die Paarl Post gesê hy stem volmondig met dié mening saam. Jean Smit (DA), Speaker in die huidige stadsraad, sê demokrasie kan net funksioneer as daar 'n regerende én 'n opposisieparty is. "Hoe kan die NNP tegelykertyd vennoot en opponent word? Waarvoor gaan jy dan stem? Stem jy NNP, dan stem jy vir 'n party wat heel moontlik ingesluk gaan word." Smit sê politiek werk dikwels met die slegte kenmerke van mense, maar "daar moet darem grense wees". "Tot waar het ons politiek gedaal as mense oorloop bloot vir korttermyn finansiële voordeel? "Daar moet minimum vereistes wees, basiese ordentlikheidsreëls. Iewers moet daar 'n strepie getrek word, ook op plattelandse vlak," het hy gesê. * Voters feel the anti-defection clause should not have been scrapped. |
|
|
|||||||||||||
|
Karel Coetzee (62) van Klipbokstraat, Paarl, 'n fyngeboude man met 'n kaalgeskeerde kop, het sonder 'n enkele |
|
|
|
Hy is sedert die botsing op 8 Desember verlede jaar op vryborg, al het hy versoek om uit vrees vir sy lewe liewer in aanhouding te wees. Die ontslape moeders, Mary van Schoor (45) en Katriena Hendricks (37) van Paarl-Oos, se nagedagtenis is deur 'n hofsaal vol familielede en vriende geëer. Die vroue is op 'n sypaadjie in Klein Drakenstein doodgery terwyl hulle te voet op pad huis toe was ná 'n familie-uitstappie ná die Kersliggiefees in die Paarlse middedorp. Die hof het Maandagmiddag 'n ter plaatse inspeksie gehou op die hoek van Klein Drakensteinweg en Barbarossastraat, om die landdros te vergewis van die ongelukstoneel. Die ondersoekbeampte is speur-insp Graham Adams. Coetzee word deur prokureur Keith Sheldon verteenwoordig. Die staatsaanklaer is Thembi Mamani, bygestaan deur Chris Abrahams, met landdros Bertus van der Spuy op die bank. Die saak word op 22 Julie voortgesit. * A man charged with killing two women when his car crashed into them on the sidewalk, has pleaded not guilty to all charges, including drunken driving. |
|
|
|
|
GROOT sukses is die naweek in 'n reuse-operasie deur die polisie, reserviste, weermag en verkeersbeamptes behaal. Byna 100 geregsdienaars het van middernag Vrydag tot 23:00 Sondag aan die gesamentlike operasie in die Paarl, Paarl-Oos en Wellington deelgeneem. Meer as 160 voertuie, ses wonings, 'n smokkelhuis en 44 verdagtes is deursoek. Onder die suksesse tel die terugvind van 'n gesteelde voertuig, die beslaglegging op groot hoeveelhede drank en dagga asook afneem van wapens. Onder die verdagtes wat in hegtenis geneem is, tel drie vir gewapende roof, twee vir roof, twee vir verkragting, drie vir ernstige aanranding, drie vir poging tot huisbraak, sewe vir inbraak, een vir gesinsgeweld en twee vir openbare geweld. Drie mense is vir dronkbestuur aangekeer, tien vir drink in die publiek, 34 wat dronk was op straat, vier vir urineer in die publiek, twee vir die besit van dagga, vyf vir die besit van moontlik gesteelde eiendom, sewe vir winkeldiefstal, een vir diefstal, twee vir betreding en vier vir handel in drank sonder 'n lisensie. In 'n opslaanhuis agter die Bosbokwoonstelle in Paarl-Oos is twee duur verkykers, 'n splinternuwe skootrekenaar en kraggereedskap opgespoor. Skakel die ondersoekbeampte, insp Elton Abrahams, by 807-4000 om die goedere uit te ken. Terwyl die operasie aan die gang was, het polisievoertuie die Paarlse middedorp gepatrolleer terwyl polisielede ook op voetpatrollie gestap het. Volgens 'n woordvoerder van die polisie was die misdaad ooglopend laer tydens die operasie die naweek. Verkeersbeamptes het terselfdertyd by drie beheerpunte 272 boetes uitgeskryf, met 'n totale waarde van R19 790. Die oortredings was vir voertuigdefekte en bestuurders wat nie in besit van die regte dokumente was nie. By spoedlokvalle is die hoogste spoed, 119km/u, in die Paarlse Hoofstraat gemeet. Die hoogste spoed in Klein Drakensteinweg was 109km/u. In 'n optrede teen taxi's verlede week is 18 taxi-bestuurders aangeskryf. Die padgebruik van een van die voertuie is opgeskort. * Police and traffic officials have hit transgressors hard in a weekend campaign. |
|
|
|
|
Lilian Jones is op slag dood. Haar 21-jarige dogter, Chantelle, het permanente breinskade opgedoen en haar suster se dogter, Chanelle (16), wat ook in die motor was, het gesig en 'n beenbesering opgedoen. |
|
|
|
Sy vier oud-skoolmaats wat die aand saam met hom in die motor was, Hugo Louw, Mauritius du Toit, Armand Goosen en Altus Oberholzer, sal in die hof getuig. Die botsing het Wellington geruk en verwyte en aantygings word steeds geslinger. Eers het die betrokkenes tevergeefs gewag op uitslae van bloed-alkoholtoetse. Toe is die geregtelike na-doodse ondersoek onderbreek deur 'n be-vel van die direkteur van openbare vervolging dat die saak eers verder ondersoek moes word. Dié beslissing het gevolg nadat die oorledene se suster, Gwen van Tonder, haar tot die direkteur en die anti-korrupsie-eenheid van die polisie gewend het. Vrydag verlede week het Gwen en Chanelle, bygestaan deur 'n vriendin en Jana, een van Lilian se vyf kinders wat ook die aand in die botsing was, koud teen mekaar in die hofbanke gebibber. Chantelle kon as gevolg van haar breinbesering nie die verrigtinge bywoon nie. Willem se ouers en vriende het die hofsaal volgesit. Die beskuldigde kon nie in kontak wees met die getuies nie. Hy het tydens reses eenkant gestaan, weg van sy vriende wat saam met hom in die motor was. Chanelle het onder kruisverhoor in trane uitgebars toe sy herhaaldelik moes verduidelik presies hoe haar tannie die aand voor die laerskool 'n u-draai gemaak het. Altus Oberholzer, wat agter in sy vriend se motor gesit het, het getuig dat indien hy bestuur het, ook hy nie die botsing sou kon vermy het nie. Hy is uitgevra oor drankbottels wat na bewering tydens die botsing in die motor was, en skynbaar verwyder is. Altus het niks van drankbottels geweet nie. 'n Belangrike kwessie in die hofsaak is juis die toelaatbaarheid al dan nie van die bloed-alkoholtoetse. Cockerel word verteenwoordig deur kandidaatprokureur Elizabeth Pekeur uit die kantoor van André du Plessis. Omdat Pekeur se seun Maandag, die tweede dag wat vir die verhoor uitgesit was, 'n doktersafspraak gehad het, is die saak uitgestel tot 31 Julie. Vir die gespanne getuies was die verdere verlenging net te veel. Soos Lilian se familie, het ook van die jong mans trane in hul oë gehad. Denise Presence stel die staat se saak aan landdros Robert Lewis. "Dit gaan nie oor wraak nie, dit gaan hier oor geregtigheid," het 'n aangedane Van Tonder buite die hof gesê. "Ons moes stry en baklei om die saak voor die hof te kry. Ons is deur twee jaar van hel." * A young man has appeared in court after a car crash which caused the death of a Wellington mother of five two years ago. |
|
|
|
|
'n JONG vrou is Saterdagmiddag in Kylemore van haar vriendinne weggelok en 'n nag lank deur 'n verkragter gevange gehou. Die 19-jarige het om 17:00 'n man vergesel wat glo 'n kasset by sy woning wou gaan haal. By sy huis is die meisie in 'n kamer gedruk. Die deur is gesluit en sy is herhaaldelik verkrag voordat sy om 06:00 die volgende oggend vrygelaat is. Die ondersoekbeampte, insp Charlie Pietersen, wil in verbinding tree met ene Frank (Valie) Taylor. In 'n tweede verkragting die naweek wat deur die Groot Drakenstein polisie ondersoek word, is 'n 37-jarige vrou van Simondium deur twee kennisse vasgegryp en in 'n kamer verkrag nadat hulle saamgekuier het. Twee mans het reeds in verband met die voorval in die hof verskyn. Skakel insp Pietersen, by 874-1016 met inligting. |
|
|
||||||||||||||||
|
VERDWAASDE inwoners van Bainstraat en omgewing het verlede week gewonder of die oorlog in die Midde Ooste 'n onverwagse draai op Wellington gemaak het. Knap na middernag Maandagaand het 'n geweldige ontploffing alle slapendes en nie-slapendes kiertsregop laat spring. Die knal is gevolg deur 'n kragonderbreking wat tot verdere chaos gelei het. In menige huishouding is 'n vinnige koppetelling gemaak om te verseker dat almal wel is. Na 'n spanningsvolle 30 minute is die kragonderbreking herstel en kon verskrikte inwoners vasstel dat die oorsprong van die geraas van buite gekom het. Volgens 'n munisipale elektrisiën het daar vermoedelik vog in die hoofspanningskakelaar in Bainstraat opgebou weens die baie reën wat dit voorafgegaan het. Dit het 'n kortsluiting in die aansluitingstasie tot gevolg gehad. Die volgende oggend kon die skade na behore ondersoek word. 'n Maand gelede is 'n soortgelyke voorval in Dorisrylaan aangemeld. * Wellington residents were woken by the sound of a loud explosion when an electricity box exploded last week. |
|
|
|
|
A YOUNG man hanged himself at the weekend after his mother accused him of stealing two packets of cigarettes and laid a charge with the police. Mfuleni Nthiziywana (27) of Mfuleni Street, New Rest, was umemployed and lived in a shack behind his mother's house. She filed the theft complaint on Friday, only hours before a cousin found Nthiziywana dead in his shack. More deaths occurred in Wellington at the weekend when two residents were killed by gang members. According to investigating officer Theunis Steyn three men were attacked with pangas and knives at a shebeen in Hillcrest on Friday night. They tried to escape, but Edward Cameron (26) only made it into the street, where he collapsed and died. Christopher Boer (22) managed to flee to the safety of a house in Claasen Street, where ambulance personnel came to his rescue. A third man ran as far as the Wellington cemetery from where he was brought to safety. * Daluzuko Qobiso (17) died in the vicinity of a shebeen in the OR informal settlement on Friday night. According to Insp Niel de Lange, Qobiso had been attacked at the shebeen and was being chased along Freedom Street when he was fatally stabbed. Wellington detectives can be contacted at 873-1141. |
|
|
|
|
DIE moordenaar van John Harris (82), wat in Augustus verlede jaar met 'n byl in sy woning in Dirkie Uysstraat op Franschhoek vermoor is, is verlede Saterdag in die Paarlse Streekhof swaar gevonnis. Harris se liggaam is in 'n plas bloed in die slaapkamer deur Franschhoek polisiebeamptes gevind, nadat sy huishulp, Lenie Serynders, alarm gemaak het toe sy nie sy kamerdeur kon oopkry nie. 'n Draagbare radio, 'n kombers, twee pare skoene en eiers uit die yskas is gesteel. Riffel het Thulani Bujela (33) van die Viëtnam plakkerskamp 'n paar minute voor die grusame vonds in Hoofstraat in hegtenis geneem, terwyl hy besig was om sakke vol goedere te dra. Riffel het onraad vermoed toe hy bloedvlekke op Bujela se hemp gesien het. Kort daarna is die vermoorde man se lyk ontdek. Bujela is 17 jaar tronkstraf vir die moord en drie jaar vir huisbraak opgelê. Insp Salie Jonkers van die Franschhoek Polisie was die ondersoekbeampte. Landdros Dudley Nel het aangevoer dat die staatsgetuies 'n goeie indruk gemaak het in die hof. Desmond Francke was die aanklaer. * A Franschhoek man was sentenced to 17 years in jail after killing an elderly man with an axe during a burglary. |
|
|
|
|
CONSTRUCTION of the R1,3 billion golf estate Pearl Valley along the Wemmershoek Road near Paarl is on schedule and half of the 18 fairways will be ready for play in August. Construction workers and earthmovers are as busy as bees on the site, while landscaping of the course is also forging ahead at high speed to ensure completion by the end of the year. The first round of golf should be played on the back nine by August. Construction of the infrastructure for the first phase of 194 erven will be completed by September, when the first showhouse should also open for viewing. The golf estate, with a course designed by American golfing legend Jack Nicklaus, is being constructed next to the Berg River on the site of the former Safariland game park. It will be only the second Jack Nicklaus signature golf course in Africa, situated 8 km from Paarl, with direct access to the R303 via a new entrance road. The initial one-off tag for a Nicklaus signature course is $2,5 million, ensuring Nicklaus's personal design of the course and his intimate involvement in the layout and finish of the course. The developer is Novelway, backed by Malaysian Resources Corporation (RCB), one of the biggest conglomerates in Malaysia. The development over 170 hectares will comprise a residential estate of 500 units including 320 homes and 180 executive "lock-up and go" lodges, as well as an upmarket hotel and spa. The first phase of low density residential units includes 67 homes and 127 lodges. All units face either fairways, greens or water features and 34 have already been sold. Prices for the lodge erven (500 to 1000 m²) range from R600 000 to R1,2 million per erf while larger residential erven (1000 to 1900 m²) sell for between R650 000 and R1,7 million. All property prices include membership. Membership is limited to residents, their guests and paying guests of the hotel. The estate will also boast a driving range, clubhouse, business centre, restaurant, health and beauty spa, swimming pool, gymnasium and sauna, floodlit tennis courts, a lake for water sports and sports trails. The sandy soil is being landscaped into fast, soft-moving greens of cool season grasses like Kentucky Blue. Stands of pine trees line the fairways, but indigenous vegetation has been added to integrate with the residential complexes. During one of his visits Nicklaus explained that he wanted "a golf course that looks as if it should be there." "It will be hard from the back, user-friendly but challenging, with distance. "The average golfer is not getting better, so I give them what I like, fairways with bunkers cut into them, not shaggy rough." With 17 hectares of lakes, the 170 hectare estate will offer more water coverage than any other golf residential estate in the country. These lakes will contain permanent running water and will be stocked with indigenous fish species. "With over R50 million being spent on landscaping and the average plot size larger than the norm associated with other golf estates, Pearl Valley is expected to be a South African benchmark for golf estates," says Tahir Salie, executive director of the development. The estate is surrounded by an electrified fence with sensors, monitored by 24-hour security in a security centre at the gate. The project has also triggered the construction of a new water reservoir and sewage plant by the District Council, which will be partially funded by the developer. The civil contractor installing the internal services is Power Construction, with Rea as subcontractor. The greens are being developed by Golf Data. Purchasers are required to complete construction of a dwelling within two years after transfer and it must comply with the architectural and landscape design guidelines. Only preselected and accredited building contractors may be used to build homes on the estate. For more information, phone 867-0442 or visit www.pearlvalley.co.za. |
|||||
|
|||||