|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||
|
Sy kantoor in die historiese ou hoofgebou van die Kollege verklap nie veel oor dié man nie. Trouens, die man self gee nie veel weg oor die mens agter die rektor nie. Lees 'n mens egter tussen die reëls, sien jy 'n moderne mens met progressiewe idees - sekerlik iemand wat deur die studente as 'cool' beskryf sal word. Prof Van Wijk is 'n bietjie meer as twee jaar in die rektorspos en hy is vol entoesiasme vir die toekoms en die rol wat die Kollege daarin kan speel. Hy voel die Kollege moet sorg dra om altyd gemeenskapsgerig te wees, veral weens die aard van die programme wat hulle aanbied. Die Kollege het 467 studente wat studeer in ses rigtings: maatskaplike werk, jeugwerk, gemeenskapsontwikkeling, maatskaplike ontwikkeling, spelterapie en inligtingstegnologie. "Ons studente het die afgelope jaar sowat tienduisend mense bereik met hul programme. "Dit is wat die verandering van tersiêre opleiding so ongelooflik opwindend maak. Die dae wat akademiese inrigtings geskei was van die gemeenskap is vir altyd verby. Ons is betrokke in die samelewing." Prof Van Wijk het by Paul Roos op Stellenbosch gematrikuleer, waar sy pa predikant was. Hierna behaal hy 'n MA-graad in kliniese sielkunde aan Maties, waar hy ook 'n ruk klas gee in dié rigting. Toe slaan hy oor na teologie en sit sy studies in Amerika voort, waar hy 'n MA-graad in pastorale teologie aan die Princeton Universiteit behaal. Terug in Suid-Afrika is hy twee jaar lank predikant op Grahamstad voordat hy hom in 1982 as dosent in sielkunde by Hugenote Kollege aansluit. In die vroeë negentigerjare word hy vise-rektor en sedert 2000 rektor. Intussen voltooi hy ook sy doktorsgraad in sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Prof Van Wijk is getroud met Corneel, 'n prokureur wat op Stellenbosch werk. Hulle het drie kinders: Adriaan is 'n tweedejaarstudent in B.Rek LL.B. aan Maties, Andrew is in matriek en Susan in graad 9, albei by Hugenote Hoër. Moontlik is dit sy kinders wat maak dat hy jongmense verstaan. "Studente het verander, maar nie noodwendig ten kwade nie. Hulle dink wel anders en het 'n ander spiritualiteit." Die samestelling van die studente het in die tagtigerjare verander met die sluiting van die destydse Minnie Hofmeyr Kollege vir anderskleurige studente op Worcester. Hugenote Kollege het toe die alternatief geword vir baie van dié studente. "Ons was eintlik die kerk 'n bietjie voor hiermee, maar dit was 'n goeie besluit wat die Raad geneem het om die Kollege oop te stel vir alle denominasies." Prof Van Wijk sê hulle gaan binne twee jaar gekonfronteer word met 'n ander soort matrikulant. "Die profiel van studente gaan verander met die nuwe uitkomsgebaseerde onderwysstelsel. "Ons is nog nie presies seker van die produk nie, maar ons sal ons moet rat vir verandering. Ek glo die akademie gaan baie meer neig na self- en groepstudie." Die opleiding van nagraadse studente word al belangriker. Só is daar pas begin met spelterapie vir kinders met gedragsprobleme, en is Hugenote Kollege die enigste akademiese instelling in die land waar dié veld interdissiplinêr oopgemaak is. Die Kollege gee reeds baie aandag aan lewenslange studies, waar mense in die veld gedurig op hoogte gehou word van veranderde wette en nuwe tegnieke. Daar het ook 'n groot transformasie by die personeel plaasgevind: "Hulle moes aanpas by 'n nuwe bestuurstyl." Dit is ook 'n uitdaging om gedurig nuwe programme te skryf wat studente paraat kan maak vir 'n veranderende wêreld. 'n Voorbeeld hiervan is die projek op Gansbaai waar gemeenskapsontwikkelingstudente 'n profiel van die gemeenskap doen vir vakansiepraktika, wat opgevolg word met programme wat deur dosente geskryf en Desember deur die studente toegepas gaan word. Prof Van Wijk sê sy personeel se lojaliteit is vir hom 'n permanente hoogtepunt. "Ek is trots op die manier waarop hulle aanpas by 'n vinnig-veranderende wêreld en daarin slaag om Hugenote Kollege relevant te maak tot nuwe eise." Met staatsubsidies wat al minder word, glo hy die antwoord is om programme te skryf en te verkoop wat geld kan genereer. "Dit vereis spesiale vaardighede van personeel, wat nou ook moet dink aan finansiële bestuur." Prof Van Wijk meen egter dit sal 'n kwade dag wees as programme ontwikkel word net omdat dit ekonomies verkoopbaar is. "As ons metafisiese denke gaan uitskakel, kan die akademie vervlak. Dit is nodig om ook filosowe te hê," het hy gepleit. "Ons moet altyd sorg vir 'n sterk teoretiese onderbou. Ons het mense nodig wat kan dink." Relevante navorsing bly altyd 'n uitdaging. Jeug "Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor die NGK en die VGK om as navorsingsbron te dien, veral met betrekking tot die gemeenskap en die jeug. "Die kerke kom met die problematiek en ons doen die evaluerende navorsing." Globalisering gee die Kollege ook toegang tot kundigheid oor 'n groter area. Prof Van Wijk sê hulle het toenemend kontak met ander universiteite, veral oorsee, met wie hulle inligting en navorsing uitruil. Die feit dat die Kollege se kursusse deur Unisa onderskryf word, beteken dat die standaard baie hoog is. "Dit maak ons ook deel van Unisa se visie om 'n universiteit vir Afrika te wees." Dit is baie duidelik dat prof Van Wijk hierdie visie onderskryf. "Dit gaan goed in Suid-Afrika, met fantastiese ontwikkelingsgeleenthede soos Afrika vir ons oopgaan. "Ons het 'n verantwoordelikheid in Afrika, ons moet gaan met ons programme en kyk waar ons 'n diens kan lewer." 'n Mens stap by die kantoor uit met hoop vir die toekoms: hier is 'n man met sy vinger op die pols van Afrika, 'n man wat deel is van die nuwe renaissance. * The head of the Huguenot College in Wellington supports local development projects. |
|
|
|
|
AN EX-PAARLITE, Neil Dubovsky, graduated last month from the University of Baltimore Law School magna cum laude and was also given the prestigious Faculty Student award. The Award is based not on scholastic achievement alone, but also on service and leadership as voted on by faculty members. This resulted in him giving the valedictorian speech to a crowd of approximately 1 500 people, including 280 graduating Law students. His parents, Benjy and Marilyn Dubovsky of Atlanta, were very proud witnesses to this fine achievement by a Paarl Boys' Primary alumnus, making their son the third generation Dubovsky lawyer. Neil will be sitting for his Maryland Bar exam at the end of July and will then be clerking for a Court of Special Appeals Judge, in turn a very prestigious position. |
|
|
|
|
DIE Wes-Kaap Voedselprojek, waarvolgens 2660 gesinseenhede in die Vallei drie keer per week 'n kospakkie gaan ont-vang, tree op Maandag 22 Julie in werking. Die armoedeverligtingsprogram, wat deur Dux Financial Solutions van die Paarl ontwikkel is, is daarop gemik om honger mense te voed en werk te skep vir werkloses in die landelike gebiede van die provinsie. Die hoofdoelstelling van die projek is om die 10% armstes van die armes in die Wes-Kaap van 'n gebalanseerde voedselpakkie te voorsien op 'n gereelde basis. Die mense sal ook bemagtig word om vorentoe hul eie voedsel te produseer. Die maatskappy het die sakeplan aan die Wes-Kaapse regering voorgelê wat dit as 'n proefprojek vir voedselsekuriteit goedgekeur het. 'n Bedrag van R1 miljoen is uit die begroting van die Provinsiale Departement van Maatskaplike Dienste en Ar-moedeverligting be-skikbaar gestel vir die projek wat oor 'n maand in werking gestel word en ses maande lank sal duur. Die projek behels die verspreiding van landbouprodukte - wat dikwels vir menslike verbruik verlore gaan weens markkragte en gehaltebeheer - aan 2660 honger gesinne in Paarl, Wellington, Hermon, Gouda en Saron. Hierdie gesinne sal tot drie keer per week kospakkies ontvang wat bestaan uit aartappels, vars vrugte en groente. Soos wat die projek begin loop, sal die inhoud van die kospakkies hopelik uitgebrei word om melk, brood en proteïen in te sluit. Deelnemers sal 'n teenprestasie moet lewer vir elke kospakkie en sal dit nie gratis ontvang nie. Die ontvangers van die kospakkies is mense wat werk soek of wat besig is om vaardighede aan te leer. Die projek gaan gepaard met voorligting en die ontwikkeling van mense se vermoëns in so 'n mate dat hulle in staat sal wees om vir hulself en hul gesinne kos te voorsien. Hugenote Kollege op Wellington was betrokke by die identifisering van die 2660 verspreidingspunte en maatskaplikewerk-studente sal betrokke wees by die monitering van die projek. Alle begunstigdes word ook by een van die kollege se gemeenskapsprojekte ingeskakel. Die eenkilogram-pakkies sal drie keer per week deur lede van die Umkhonto we Sizwe Veterans Association (MKMVA) vervoer na depots in Paarl, Wellington, Hermon, Gouda en Saron. Van hier sal die pakkies versprei word deur Hugenote Kollege, die Mbekweni Area Development Programme (bygestaan deur World Vision) en Miqlat, 'n Artikel 21 maatskappy wat hoofsaaklik in plakkerskampe werk en betrokke is met sopkombuise, bende-rehabilitasie, Vigs- en TB-lyers, asook crèches. Indien u meer inligting wil bekom, kontak Franci Crause by 873-1181 of Danie Hauptfleisch by 872-9168. * A food project for jobless families is to be launched in July. |
|
|
|
|
THE aroma of freshly cut vegetables and smoke is suspended in the air, with chickens scratching in the dirt for something to eat and dogs barking their sorrows loudly to the rest of the world. Little children from all corners of the neighbourhood are running towards F77 in Mbekweni where Violet Kota, community worker who conducts the Help and Health feeding scheme, is cooking a pot of soup to fill the tummies of the hungry youngsters. There is a bustle of activity in the kitchen, where Violet is preparing to dish up a meal for children in the neighbourhood whose parents are unemployed and cannot provide in the daily nutritional needs of their off-spring. "I feed two groups of children daily. The one group comes at about 11:30 and the next at 12:30 and each group consists of about one hundred children," says Violet. "I started as a community worker in 1980, looking after senior citizens in their homes. I also used to run a crèche, but it closed down some time ago, because the parents just could not afford to send their children there anymore. "Then, in 1995, I started the soup kitchen. In the past I used to receive vegetables once every week from a local supermarket, but they stopped their supplies. "Now I have to ask people to sponsor us with vegetables or money, so that I can buy the food myself. I feed children up to sixteen years of age," she said. Then little faces with runny noses light up and spoons are quickly submerged in the welcome soup. And Violet Kota smiles: there is no feeling better than seeing to the needs of needy children. |
|
|
|
|
A MBEKWENI teenager, Vuyokazi Ntluka, may not be seeing the world through rose-coloured lenses, but she can certainly see much better nowadays. After struggling with a serious eye problem for the last year or so which started to affect her studies, the grade 12 pupil at Desmond Tutu Secondary can now fully concentrate on her schoolwork, and see the blackboard clearly. Russel van Sitters, teacher at the school, realised Vuyokazi had visual problems and took the initiative to approach the Paarl Lions Club for help. The Lions, who make helping people with sight problems one of their main priorities, responded and recently Vuyokazi received a brand new pair of spectacles. "I realized that I had a problem last year, when I started getting headaches when concentrating too hard on the blackboard. I didn't know what caused the headaches, but tests showed that my sight had deteriorated. "I was worried that it would affect my studies, but I could not afford to buy glasses. But now the Lions have sponsored these glasses and I cannot thank them enough," said the overjoyed pupil. Rob Thompson said that Lions International have an ongoing project to assist pupils in need. "This was an excellent opportunity for us to assist a person in need and one of our priorities is to see to people that are experiencing problems with their sight," he added. |
|||||
|
|||||