|
|
 |
Award for Hanneli Rupert |
|
|
 |
AT a glittering event held at Gold Reef City in Johannesburg, Hanneli Rupert won the GMT (Geraas Musiek Toekenning) in the category 'Best Classical Recording' for her magnificent recording of Mahler and Wagner Orchestral Songs (RCA Red Seal CDCLA004).
The GMT's has as its main aim the recognition of Afrikaans music, but also honours exceptional performances in other musical genres by South African musicians. Also nominated in this category were South African opera legend Mimi . |
|
|
 |
Coertse, the Black Tie Ensemble and acclaimed pianist Wessel van Wyk.
The Cape Philharmonic Orchestra under the guidance of internationally renowned conductor Bernhard Gueller accompanied her in magnificent fashion.
Hanneli Rupert has established herself as one of South Africa's most sought-after mezzo-sopranos.
A Lieder and oratorio performer of note she has performed in Denmark, Austria, Germany, Switzerland, South Africa.
During 1992 she made her American debut with performances of Mahler's 'Das Lied von der Erde' with the National Symphony Orchestra under the baton of Mstislav Rostropovich at Washington's Kennedy Centre.
Rupert has appeared in broadcasts on Austrian, Turkish as well as South African radio and television.
Two previous CD releases received critical and public acclaim - Brahms lieder (with accompanist Graham Johnson) and an enchanting CD of Christmas music.
Especially noted as an interpreter of the music of Gustav Mahler, Rupert's latest CD gives the listener a glimpse into her unique interpretive ability.
Her voice has been described as containing a 'sense of mystery' and in these performances of the Mahler 'Kindertotenlieder' and 'Rückert-Lieder' coupled with the Wagner 'Wesendonck-Lieder' Rupert's amazing interpretive powers and the special reflective colour of her voice certainly comes to the fore.
It is rare that a recording of international quality by local artists is released in South Africa.
It is even more rare that an internationally acclaimed label like RCA Red Seal approves such a recording by allowing the use of its seal for a recording not initiated by them |
 |
|
 |
Trio op La Motte |
|
|
 |
|
 |
DIE pasgestigte Lyric Trio tree Saterdag 29 November by La Motte wynlandgoed op.
Hulle verower gehore oral waar hulle optree met hul interessante programsamestellings. Suzanne Swanepoel, viooldosent aan die Universiteit van Stellenbosch, en Peter Martens, leiertjellis in die Kaapse Filharmoniese Orkes, word deur Elna van der Merwe begelei.
Daar is slegs twee liriese werke op hulle program, naamlik Schubert se melodieuse Klaviertrio in B-mol Majeur, opus 99, en Ravel se Klaviertrio, wat uit 1894 dateer.
Soos gebruiklik is die laaste uitvoering van die jaar op La Motte in die gees van die Feesgety.
Die mezzosopraan Hanneli Rupert en haar musiekvriende gedenk die Kersgety op Saterdag 6 Desember met sang en voorlesings.
Die konserte word in La Motte se historiese kelder met sy rustige atmosfeer en uitmuntende akoestiek aangebied.
By hulle aankoms word gaste met 'n drankie verwelkom en na afloop van elke konsert kan hulle die kunstenaars ontmoet te same met heerlike La Motte-wyne en ligte versnaperings.
Die konsert begin om 19:00 en toegang is R85 per persoon. Besprekings kan by die proelokaal op La Motte gedoen word, of telefonies by 876-3114/9 (Comari). |
 |
|
 |
Talent vertoon |
|
|
 |
AL ooit 'n kombuisorkes in aksie gesien? Maak seker jy woon die opwindende Nokia Roadshow op Wellington Saterdag tussen 10:00 en 16:00.
Op dié dag sal Wellington geleentheid kry vir 'n luisterryke vertoon van unieke mense en produkte wanneer die Nokia Roadshow se groot vragmotor met ingeboude verhoog en al 'n draai kom maak as deel van hul tog deur Suid-Afrika met 260 dorpe as besoekpunte.
Vir die geleentheid sal Voorstraat tussen Hoof- en Markstraat afgesper word en voorsiening vir stalletjies op die grond agter die Wellington Toerismeburo gemaak word.
Die opwindende program sluit danspassies van oud en jonk, musiek en vertellings van 'n Tolla van der Merwe nabootser, volkspele en nog vele meer, almal van eg Wellingtonse afkoms. |
 |
Kuns en kuier saam met Cato |
|
|
 |
|
 |
'n UNIEKE kuier-aand van kuns, letterkunde en 'n interessante ete word Vrydagaand 28 November by Simonsvlei wynkelder in die Paarl gehou.
Cato Jamneck, talentvolle skilderes van De Rust in die Klein-Karoo, het vroeër in haar lewe 'n draai by Vader Claerhout gemaak.
Die afgelope agt jaar is skilder haar voltydse loopbaan. Sy het veral naam gemaak met haar skilderye oor die Griekwa-psalms van Hans du Plessis.
Hy het aan haar goedkeuring gegee om uittreksels uit "innie skylte vannie Jirre" saam met haar skilderye te gebruik. Daar sal ook ander werke van haar te sien wees.
Voordrag
Johann Nel sal enkele verse uit die digbundels van Hans du Plessis, onder meer die Griekwa-psalms, voordra.
'n Egte, driegang Kalahari-ete word bedien met roosterkoekies, Kalahari-oesters en slaaigoed as voorgereg, lamspastei, volstruissosaties en om die aand se lekker eet mee af te sluit, karringmelkpoeding. Simonsvlei wyne sal bedien word.
Dit vind plaas in die ontvangslokaal van Simonsvlei.
Slegs voorafbesprekings word aanvaar en kaartjies teen R100 elk is beskikbaar by Simonsvlei-kelder (863-3040), of skakel Kobus Victor (082-782-1946).
Die uitstalling val saam met Simonsvlei se maandelikse proe-mark en sal vir die publiek oop wees tot Sondagmiddag. |
 |
|
 |
Baie talent by Oukraal Kunstefees |
|
|
 |
|
 |
DIE naweek gaan die Paarl behoorlik bedrywig wees met die eerste Oukraal Kunstefees wat van môre tot Sondag plaasvind.
Produksies word aangebied in die Redelinghuyssaal en die ouditorium van Hoërskool Gimnasium, Ou Meulteater en die Polisie Ouditorium.
Toegang tot die perseel by Gim is gratis. Daar sal 'n kos- en wyntent wees met drie orkeste en deurlopende vermaak.
Gratis programme
Nog 'n interessantheid op die fees is die graits programme wat môre en Saterdag in die Redelinghuys-saal aangebied word.
Môremiddag om 16:00 is daar 'n program spesiaal op die jongspan onder 13 jaar gemik.
Eerste aan die beurt is Katrools & Katryn, 'n toneelstuk oor katte, gevolg deur die dansgroep die Little Flames.
Die gehoor kry ook kans om hul talente te vertoon.
Saterdagoggend om 10:00 begin die ander gratis program, met 'n optrede van Le Lue Rhoode. Hierdie program is op ouer jeug gemik.
Daar sal ook weer 'n geleentheid wees om talente te vertoon en na 13:00 word stoepstories vertel.
Die fees het 'n hele rits bekende kunstenaars soos Valiant Swart, Laurinda Hofmeyr en haar band, Johann Nel, Tobi Jooste, DNA Strings en 'n "live band", Fly..
Plaaslike kunstenaars soos Belia Louwrens, Suzanne Rentzke, Liamé Deminey en die Little Babes tree ook op.
Moet ook nie Ivan Vorster en Leah Gunter se program môre om 18:15 in die Gim Ouditorium misloop nie.
Nog 'n hoogtepunt is Boishaai se toneelstuk, 'The Play', wat môre om 20:30 in die Ou Meulteater te sien is.
Dan is daar ook die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) met 'n program van voorlesings en musiek, "Ons harte in huggies", Saterdag om 18:00 in die Ou Meulteater.
Onder die voorlesers is die bekende Marzanne le Roux, wat uit haar nuwe roman, "Granate bloei in Jerusalem", gaan lees.
Kaartjies
Kaartjies is bekikbaar by 863-0746.
Sondag word afgesluit met Randall Wicom se "Oos, Wes, Tuisbes" om 16:00 in die Redelinghuys-saal.
Dieselfde dag om 16:15 tree La Musique Kunsteskool in die Gim Ouditorium op.
Die program en kaartjies is beskikbaar by Musiklood, tel 872-3863. |
 |
|
 |
Paarl se jong talent uitgestal |
|
|
 |
|
 |
DIE Paarl se jong talent gaan Donderdag 4 Desember van 10:00 tot 16:00 uitgestal word by die Ou Kraal sportterrein tydens die besoek va die Nokia Roadshow.
Die Nokia vermaaklikheidspan toer landwyd op soek na onontdekte talent en die uitblinkers sal op TV verskyn.
Die dag skop 10:00 af met die Frank Pietersen marimba-okres en Imboniselo Primêr se puik skoolkoor.
Om 11:00 tree Z-A Arts gemeenskapsteater op, om 11:30 dans 'n groep van Joy Cargill balletskool en om 11:45 is die Frank Pietersen strykers aan die beurt.
Om 12:15 dans Bianca's balletskool gevolg deur ritmiese gimnas Amelia Lombaard.
Om 12:30 sal Imboniselo laerskool tradiaionele danse doen en om 12:45 sing Vicky Brink.
Paulus Joubert en New Orleans Laerskool bied danse aan van 13:15, gevolg deur Influence, 'n R&B seuns-sanggroep, gevolg deur items van leerlinge van Daljosafat.
Om 13:45 is Noorder Paarl Sekondêr aan die beurt met sang en dans en om 14:15 tree Boland gimnaste op, gevolg deur Intrigue seuns-sanggroep.
Die Essential Gents dansgroep tree om 14:30 op, gevolg deur sangeres Liamey Demi-ney.
Om 14:45 tree Ebenezer se trompoppies op, waarna Marie Joubert 'n monoloog aanbied.
Om 15:15 dans Divan Siebritz, en Angelique De Waal en Sidwell Beziek sal sing.
Die middag word afgesluit deur dans en sang deur leerlinge van Charleston Hill, gevolg deur Unique Dance Squad.
Stalletjies vir leerders en kerk- of liefdadigheidsorganisasies is nog beskikbaar teen R15 (Cecil Cupido by die HOP-kantoor, tel 862-2889, faks 862-2888 of e-pos drakensteinrdp@lando. co.za).
Vir algemene inligting, kontak Paarl Toerisme tel 872-4842 faks 872-9376 of paarl@cis.co.za. |
 |
|
 |
Die Persheks |
|
|
 |
DIE bekende Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan is Woensdag in die Ou Meulteater in die Paarl met 'n komiese revue, 'Dowwe Dolla en die Persheks', te sien.
Die samewerking tussen die twee kom nadat Dolla 'n gas was op Alexa se Persheks-program in Centurion.
En die tema van die produksie: sowel Margit as Alexa voel dat daar 'n vreemde tendens in ons samelewing is dat mans oor die algemeen kan sê wat hulle wil en kan optree soos hulle wil, terwyl vroue dit oor die algemeen heelwat moeiliker het.
Nie een van die twee kunstenaars is egter op die een of ander feministiese kruistog nie, allermins - Dolla hou te veel van haar mooi onderklere om dit te verbrand en is immers een van ons bekendste gemaskerdes.
Kaartjies by Print Right, tel 872-7209. |
 |
The Fab Four Extravaganza |
|
|
 |
|
 |
DUCK CHOWLES and his ultra professional group of musicians present a powerful tribute which covers the entire musical career of The Beatles at the Barnyard Theatre, Groot Drakenstein, on Friday 5 and Saturday 6 December. The doors open at 18:30 and the show begins at 20:00.
The band evolves from its "clean-cut grey suit image" to the more flamboyant and psychedelic style of the late 60's leaving the audience twisting and shouting for all they are worth!
Whether you sing along to Let it Be, rock 'n roll to She loves you, get caught up with Lucy in the sky with diamonds, or just join the Sergeant Peppers Lonely Hearts Club Band, The Fab Four are going to be a show you will always remember.
The Fab Four Extravaganza features a 12 member cast which features the four 'Beatles' on lead guitar, bass guitar, rhythm guitar, drums and vocals, Amanda Tiffin on female vocals, Celeste Williams on keyboards, a two piece brass section and a string trio.
Book with Robyn, 874-1505 or theatre@bridgehouse.org.za. |
 |
|
 |
Couple nominated for top award |
|
|
 |
ACCLAIMED ballerina and former Paarlite, Desiré Samaai, and her husband, Jonathan Olivier, were recently nominated for two of the most prestigious dance awards in England.
Desiré is a finalist for an award in the Outstanding Femalie Artist (classical) category for the Critic's Circle National Dance Awards 2003.
Jonathan was nominated in the category Best Male Dancer.
The award ceremony will take place on 13 January 2004.
The couple is currently dancing in Midsummer Night's Dream.C |
 |
|
|
|
|
|
|