safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 27 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 4 December  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


ANC/NNP koalisie begaan
baie foute

[ Top ]


UIT die brief van Spero Meliora op 6 November in die Paarl Post is dit duidelik dat die skrywer die politieke situasie in Drakenstein goed begryp. 

Die verwysing na die politici van die ANC/NNP-koalisie wat aan 'n swetterjoel slange herinner wat onder mekaar veg, het seker menige lesers, veral DA ondersteuners, lekker laat glimlag.

Ek wil net daarop wys dat die DA se bewind na 18 maande deur die oorlopery kortgeknip is voordat alle geërfde probleme reggestel kon word.

Twee bankrot-munisipaliteite (te wete Saron en Paarl - beide toe onder ANC bewind) moes in die nuwe Drakenstein munisipaliteit opgeneem word. 

Die oorgangsproses wat vanuit die Provinsiale Parlement bestuur is, het die top-bestuur van Drakenstein munisipaliteit gekortwiek en die instel van die nodige maatreëls vertraag.

Nogtans het die DA daarin geslaag om die geldsake van die Raad reg te ruk en gesonde bestuursbeginsels te vestig. 

In hierdie proses het die amptenary hulself baie goed van hul taak gekwyt, het die moraal van die amptenare begin styg en was 'n groot mate van trots in hul werk te bespeur. 

Met die oorlopery, waar die NNP vir alle praktiese doeleindes die ANC aan bewind geplaas het, is gesonde bestuursbeginsels by die agterdeur uitgegooi. 

Die moraal en algemene produktiwiteit van amptenare het begin daal. Nou, ná 'n jaar met die ANC/NNP-regime in die saal, en die instelling van die outokratiese Uitvoerende Burgemeesterstelsel wat sedert 11 Junie sake aansienlik versleg het, is die moraal van amptenare op 'n algehele laagtepunt.

Voltydse raadslede wat om en by R300 000 per jaar betaal word, is nie voltyds op kantoor nie. 

Verder word daar beweer dat bykomende personeel deur voltydse politici vir hul eie gerief "aangestel" word sonder dat die regte prosedure gevolg word.

Die DA het hulle al by die Minister van Plaaslike Bestuur en die Ouditeur-Generaal verkla.

Spero Meliora en enige lid van die publiek is welkom om die DA te nader ter insae in die dokumentasie waarmee die DA die stryd voer, noudat ons demokratiese reg tot vrye spraak op openbare raads- en komiteevergaderings om sinvol aan verrigtinge deel te neem, vir alle praktiese doeleindes, ons ontneem is. 

Anders as slange wat onder mekaar veg, is die DA besig om soos 'n paar leeus onder 'n trop hiënas in te vaar.

Deetlefs du Toit

(DA-raadslid)


A small victory, but a victory indeed

[ Top ]


A CERTAIN upmarket supermarket on Main Street in Paarl has for years been a source of foul and disgusting kitchen wastewater.

Recently it became a greater health hazard with fatty waste also being washed into the storm water system and eventually polluting the Berg River.

It has been the bane of residents' lives for years and they eventually decided enough was enough after approaching management several times about it.

But it was a case of "Bo blink en onder stink" they did not live next to it, so "what the hell".

They had also just sold the supermarket and were obviously hoping that they could sneak out before the new owner got wind of the problem.

Our hearts go out to him having to deal with this hassle so early in his tenure.

The Municipality also proved totally ineffective in enforcing bylaws and regulations governing pollution and ensuring wastewater goes into the sewage system.

In desperation the National Department of Water Affairs and Forestry was called in.

Enter "Super Girl" Marlé Kunneke - a young dynamic civil servant who understood her law and was willing to step up to the plate and bat for the environment.

It is her job and she is fulfilling her mandate as a servant to civil society.

After a flying inspection and assessing the situation, she rolled into action firing off a warning fax, followed by a second within 24 hours.

By Friday morning there were stirrings as the full implications of not complying started dawning on the relevant parties.

On Saturday morning there was the sweet, sweet sound of jackhammers at work and by afternoon a dry stormwater drain, with the foul, smelly effluent redirected to the proper drainage system - the sewage system.

The dried out remnants still have to be removed, but what are good neighbours there for - we'll probably end up cleaning it for them.

Arnold Kirkby


Betaalparkering nodig by Huguenot stasie

[ Top ]


SOOS baie ander pendelaars, woon ek in Wellington en moet ek elke dag per trein by my werkplek in Kaapstad kom.

Uit vrees vir die baie aanrandings en treinroof naby Mbekweni-stasie, ry ek liewer met my motor tot by Huguenot-stasie en klim daar op die trein.

Nou is dit vir my motor egter nie meer veilig buite die stasie nie. Daar is al by hom ingebreek, en oral om hom is ander voertuie al helder oordag gesteel.

Nou vra ek: Kan die Munisipaliteit nie maar 'n stukkie van hulle grond buite Spoornet se jurisdiksie omhein (daar is al tralies om 'n groot deel), met 'n ingang en 'n waghokkie nie?

Ek is seker almal wat hul motors daar moet los, sal bereid wees om sê maar R5 per dag te betaal sodat hulle voertuie veilig is.

Betaalparkering word baie suksesvol gedoen op parkeerareas in Kaapstad.

Spoornet sal nie uit hul pad gaan om vir die Drakensteiners veilige parkering te voorsien nie, maar moontlik kan ons op ons Munisipaliteit reken om na sy eie mense om te sien?

Sit-sit so

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Dit is 'n verdienstelike geval.

Ons ondersoek die voorstel om 'n gedeelte grond beskikbaar te stel vir dié doel en sal dit voorlê aan die burgemeesterskomitee vir oorweging op 3 Desember.


Baie dankie aan polisie en buurmense

[ Top ]


BAIE dankie aan my buurmense se oplettendheid en die polisie se vinnige reaksie.

Ons was 20 minute weg van die huis toe twee van ons bure oorkant die pad vir ons bel om te sê my motorhuis se deur staan oop en 'n man het met my fiets daar weggery.

Binne 15 minute het die polisie die man gevang en my fiets terugbesorg wat uit my motorhuis gesteel is.

Mense kla altyd oor die dienste wat die polisie lewer. Ek het regtig nou 'n groot respek vir die polisie gekry.

Baie dankie, julle is op en wakker.

Ons moet dankbaar wees en ons bure waardeer. Maak kennis met jou bure, leer mekaar ken en ruil telefoonnommers uit. Jy weet nooit wanneer dit met jou kan gebeur nie.

Hou altyd 'n waaksame oog.

Dankbaar


Versorg verswaktes met liefde

[ Top ]


NET soos ons kinders het vir wie ons moet versorg met liefde, so word ons ouers ook op een of ander stadium van hulle bejaarde lewe afhanklik van sorg.

Soms is dit onmoontlik om self daardie liefdevolle sorg te gee omdat ons nie die mediese fasiliteite en kennis het nie en dan moet ons die oues aan mense toevertrou wat opgelei is vir hierdie taak.

Dit is dan jammer dat daar personeel is wat die taak kan verrig, maar geen liefde vir die saak het nie. Gelukkig is hulle darem in absolute minderheid.

Vir die personeellede wat hulle daaraan skuldig maak, net die volgende: Daardie baie ou tannie vir wie jy gevra het hoekom sy elke dag 'n ander pyn en skeet het, die een wat jy sonder enige klere aan haar onderlyf op 'n stoel laat sit het met net 'n lappie oor haar skoot terwyl haar seun haar besoek, dieselfde een wie se blaas so swak was en wat vier keer iemand moes laat roep om die toilet te gebruik (amper 30 minute later), die een wat skaars kon eet vir wie jy vier panado's gelyk in haar mond gesit het om te sluk - sy was my skoonma.

Maar bowenal was sy die moeder van nege kinders - tot gister toe.

Die deur wat jy gisteraand kort na haar dood toegeslaan het agter haar kinders terwyl hulle buite moes wag vir die begrafnisondernemer (daar is mos nie 'n sitkamer nie), sal ons altyd bybly. Dit kon jou moeder gewees het.

Ek hoop julle lees hierdie brief sodat die ander oues wat nou oorbly miskien met meer liefde, respek en waardigheid behandel kan word.

Nie een van ons wil so verswak dat ons van ander afhanklik moet wees nie, maar dit kan vir my en vir jou voorlê.

Hartseer skoondogter


Hoekom net Engels by kantore?

[ Top ]


DIE verhuising na 'n meer sentrale ligging van die Departement van Binnelandse Sake aan die Bergrivier Boulevard, moet as 'n wyse besluit beskou word nadat die Departement aanvanklik in 'n semi-industriële gebied geleë was. 

Maar dit is ook waar die grootmoedige gebaar eindig, want tot my skok moes ek opmerk, dat in banierskrif bokant die hoofingang, die Departement homself in Engels aan die publiek bekend stel. 

Hierdie teken wat volgens my mening deur die Departement Publieke Werke geskep is, is weereens 'n bewys van die Staat se totale miskenning aan die streek se taalvoorkeur, naamlik Afrikaans.

Die kersie op die koek was toe by nadere ondersoek sewe verskillende kennisgewings aan die ingang van die gebou opgemerk is en natuurlik almal in Engels!! 

Die enigste ander taal is die Khoi leuse op die landswapen wat ook by die hoofingang aangebring is, wat ek tot my innige spyt ook nie verstaan nie.

Volgens die 2001 sensussyfers het gemiddeld 78,7% van die 29 wyke van Drakenstein se inwoners Afrikaans as hul huistaal aangedui, waarvan 16 wyke 90% van die inwoners Afrikaans as hul eerste huistaal aandui en in 6 wyke meer as 80%.

Ons is bewus dat die kantoor as 'n Streekskantoor dien, maar bogemelde syfers sal nie ver verskil van die omliggende gebiede in die Boland en noordelike voorstede van die Metropool waarvan die gebiede se inwoners ook van die Paarl-kantoor gebruik maak nie.

As lid van die Vriende van Afrikaans maak ek hiermee amptelik en ernstig beswaar dat Afrikaans, in die Paarl van alle plekke, deur 'n Staatsdepartement misken word. Dit is onverskoonbaar dat 'n openbare gebou se inligtingstekens slegs aan een van die drie amptelike tale in die Wes-Kaap voorkeur gee. 

Die Kantoorhoof van die "Department of Home Affairs" word hiermee uitgedaag om te sorg dat Afrikaans sy regmatige plek by sy Departement kry, en te reël dat Afrikaans deel vorm van sy Departement Taalbeleid. Sou dit nie gebeur sal PANSAT hiervan in kennis gestel word.

AJ Fourie

Die hoof van die Binnelandse Sake kantoor, Dries van Niekerk, reageer: Die Kantoor is die streekkantoor vir die Paarl-substreek en is verantwoordelik vir Overberg, Helderberg, Breedevallei, Witzenberg, Drakenstein en Stellenbosch) asook die Weskus tot by Vredendal/Vanrhynsdorp - 'n gebied van 25,000 vierkante kilometer.

Gedurende 2001 het die Departement van Binnelandse Sake 'n gestandardiseerde en eenvormige identiteitsisteem geïmplimenteer. Dit sluit in al daardie visuele elemente wat deur sy kliënte en algemene publiek gesien word, en die Departement daarmee identifiseer.

Hierdie elemente sluit in eenvormige naam- en kennisgewingborde en die departementele kleure wat landwyd gebruik word.

Afrikaans het wel sy regmatige plek by die Departement en so ook by die kantoor.

Afrikaans, soos enige van die ander amptelike landstale, word nie deur die Departement misken nie.


Thank you for remembering

[ Top ]


WE lost our brother Roydon Gird in November 2000 in a car accident.

May I convey, through the medium of your paper, the gratitude we have as his family towards Charles and Louis of Fairview Cheese.

They have honoured Roydon's name by manufacturing an outstanding cheese in his name.

Thank you all at Fairview for remembering Roydon in this way.

Congratulations on the award.

Lorraine (Pietermaritzburg) and Sean (Ireland)


The penny has dropped

Editorial

[ Top ]


THE decision of the Drakenstein Municipal Council to lower the property tax on rural farms, is a significant step.

Earlier this year, farmers were up in arms when municipal property tax was instituted on agricultural properties for the first time, at the highest rate in the Western Cape.

They alleged that the Council had acted rashly by instituting the new tax before the final national legislation had been passed, and without allowing sufficient time for objections to the valuations on the farms.

Other criticism levelled at the Council, was that they were balancing their books by  raising the burden of a sector which is hard hit by  globalisation, instead of acting against those who do not pay.

Somewhere the penny seems to have dropped, because after five months the Council has decided to rescind the decision and lower the property tax on rural farms by 30%.

Perhaps this sensible step should be followed by concerted action to improve the attitude towards payment of municipal accounts among the residents in general, to make up for the shortfall now expected.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za