safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 27 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 4 December  2003 at 17:00

Nuus - News


Kinders uit vlamme gered

Malané Bosman

[ Top ]


'n PAARLSE busbestuurder het verlede week skoolkinders veilig uit sy bus gehelp en toe hulpeloos moes toekyk hoe die voertuig op die Ou Paarlpad deur vlamme verswelg word.

Paul Alexander het ná skool die kinders by Bergendal Primêr aan die Suid Agter-Paarlpad opgetel. Die bus kan 70 kinders vervoer en laai die plaaskinders .

wbusnewFC

VLAMME. Busbestuurder Paul Alexander kyk verdwaasd na die vlamme wat sy bus teen die Ou Paarlpad verswelg.  

so stuk-stuk af.

Alexander het tot by die Drakenstein Leeupark gery, waar hy kinders afgelaai en omgedraai het om die laaste sowat 30 kleuters by Simonsvlei Wynkelder af te laai.

"Die kinders het skielik begin gil dat daar rook in die bus was," het Alexander gesê.

Hy het dadelik van die pad afgetrek en die brandblusser gegryp, maar gou besef dat hy eerder die kinders na veiligheid moes bring.

"Rook en vlamme het uit die bus se enjin begin borrel. Ek het die kinders uitgehelp en ver onder 'n boom in veiligheid laat staan."

Toe hy weer by die bus kom, was die hele voertuig in rooiwarm vlamme gehul.

Die oorsaak kon nie vasgestel word nie, het vervoerkontrakteur Minnie Beukes van Newtown gesê.

"Die skade is groot, want dit was 'n netjiese bus, maar al het ek 'n groot verlies gely, is ek net dankbaar dat daar geen lewensverlies was nie."

* Dit was die tweede bus wat verlede week by die Paarl uitgebrand het.

Dinsdagoggend om 08:00 het 'n langafstand bus uit Queenstown op die N1 uitgebrand, regoor die plek waar die skoolbus op die Ou Paarlpad aan die brand geraak het.

Een van die passasiers het geringe brandwonde opgedoen toe sy nie vinnig genoeg uit die bus kon kom nie


Boere kry afslag

[ Top ]


LANDBOUERS in die Drakenstein munisipale gebied het rede om te glimlag, nadat hul eiendomsbelastingtariewe Dinsdag aansienlik verminder is.

Dit volg nadat boere sterk beswaar gemaak het teen die vlak waarop munisipale belasting op hul eiendomme ingestel is. Dit was die hoogste in die Wes-Kaap.

Vroeg Dinsdagoggend het die boere en die raadslede tot 'n vergelyk gekom: die tarief vir alle bona fide plase in buite-stedelike gebiede is verminder van ,0035 sent in die rand op die waardasie, na ,0024.

Daar is ook besluit dat geen rente op landboubelastings gehef sal word tot 31 Desember nie. Van 3 Januarie sal rente betaalbaar wees op enige agterstallige geld.

Almal wat teen die hoër koers betaal het, se rekenings sal gekrediteer word.

Dinsdagmiddag tydens die stadsraadsvergadering is daar besluit dat die gevolglike tekort van R2,2 miljoen finansier sal word uit surplusfondse.

* The Drakenstein municipal council has lowered the property rate for farmers in rural areas.


Sonde met die bure

Anne Kruger

[ Top ]


DIE Paarl polisie ondersoek klagtes van aanranding en crimen injuria teen 'n Drakenstein NNP-stadsraadslid, Solomon Ross, sowel as sy dogter Tania (19).

'n Besoeker van Ross moet op 19 Desember in die hof verskyn, nadat hy saam met Ross en sy dogter in 'n onderonsie met hul bure betrokke was.

Die klagtes is aanhangig gemaak nadat verhoudinge tussen Ross en sommige inwoners van die munisipale woonstelblok in Noorder-Paarl waar hy woon, so agteruitgegaan het, dat hulle handgemeen geraak het.

Die klaers is lede van die Van Zyl-gesin wat op dieselfde verdieping van die La Uva B-woonstelblok woon as Ross.

Hulle het ook al oor Ross se "aggressiewe" gedrag en beweerde viktimisasie gekla by die burgemeester, Herman Bailey.

Sake het Vrydagaand 14 November hand-uit geruk, toe 'n stryery onstaan het tussen Nico van Zyl en 'n besoeker van Ross se dogter wat glo voorheen na die Van Zyls se hond geskop het.

Die besoeker, Hyron Roberts (18), het gevlug toe Van Zyl hom konfronteer, maar daarna is vanuit die tuin klippe na Van Zyl se woonstel gegooi en is hy vir 'n "rassis" uitgekryt.

Ross en sy dogter het hulle by die onderonsie aangesluit.

In die stryery wat gevolg het, het Ross en Hyron Roberts glo probeer om vir Van Zyl oor die reling van die derde verdieping te gooi.

Van Zyl se dogter, Wilhelmina Havenga, en haar broer (gewapen met 'n kierie), het hul pa te hulp gesnel. Daar is glo oor en weer gevloek, geskop en geslaan na mekaar.

In die relletjie is Havenga glo deur Ross aan die bo-arm gegryp en met die vuis teen die nek geslaan. Merke was 'n week later steeds sigbaar op haar arm en nek.

Die polisie, wat deur Havenga se ma ontbied is, het opgedaag. Volgens hulle het Ross steeds dreigend opgetree en glo voor die geregsdienaars gesê dat hy die gesin vyf dae gee om te trek.

Die Van Zyls en Havengas is glo ook gedreig dat petrolbomme in hul woonstelle gegooi sou word en dat hulle sou "sien wat seksuele teistering is."

Ons doen 'n beroep op die stadsraad om mnr Ross te verwyder voordat hier 'n tragedie plaasvind", het Maria Van Zyl vandeesweek gepleit.

"Ons vrees vir ons lewens, maar omdat hy 'n raadslid is, is almal te bang om teen hom op te tree."

Volgens Ross is al die bewerings wat teen hom gemaak is, onwaar en berus dit op rassisme.

"Die meeste mense in die gebou is vriendelik, maar sommige inwoners is rassisties en kan nie vrede maak daarmee dat ek daar woon nie," sê Ross.

"Ek het nooit my hand teenoor enigiemand gelig nie. Ek het ook niemand gedreig met verkragting of die dood nie. Ek wou net die bakleiery probeer stop."

* Werknemers van die munisipaliteit in die behuisingsafdeling het 'n paar jaar gelede gekla oor Ross se gedrag terwyl hy op die behuisingskomitee was.

Hy het glo op amptenare geskree, deure oopgestamp en ingemeng by vergaderings en behuisingsake.

Verder het een van die vroulike werknemers 'n klag van seksuele teistering teen Ross gelê by die Munisipaliteit nadat hy glo suggestiewe opmerkings teenoor haar gemaak het wat haar gekrenk het.

Daar word verder beweer dat Ross ingemeng het in geregtelike stappe wat die Munisipaliteit gedoen het teen 'n man (glo 'n vriend van hom) wat onwettig paneelklopwerk tuis gedoen het in Paarl-Oos.

Niks het tot dusver van hierdie klagtes gekom nie, wat glo eers deur die vorige Speaker Jean Smit (NNP) en nou deur die huidige Speaker Killion Cekiso (ANC) en Samwu (namens die vroulike amptenaar) ondersoek word.

* A Drakenstein municipal councillor might be prosecuted for assault and crimen injuria.


Offisier voor op moordklag

[ Top ]


POLISIE-INSPEKTEUR Johan Lawrence van Wellington, in hegtenis op aanklag van moord, sal vandag hoor of borgtog aan hom toegestaan sal word.

 Lawrence (37) was gisteraand steeds in aanhouding nadat hy gister vyf uur lank in die beskuldigdebank was.

Hy is 8 November in hegtenis geneem nadat 'n vriend van sy voormalige vrou in Paarl-Oos doodgeskiet  is.

Henry Andrews (40), bewaarder van Wellington, het buite Debbie Lawrence se woning in Meakerstraat gesterf.

Met elke hofverskyning van die skofbevelvoerder van die Area Misdaadbekampingseenheid in die Paarl, was die hofsaal stampvol kollegas, familielede van hom asook dié van Andrews.

Lawrence is verlede week  met 'n bloeiende maagseer na die Paarl Medi-Clinic gehaas. Hy is later teruggeplaas in die Franschhoek polisieselle, waar hy sedert sy inhegtenisname aangehou word.

Sy regsverteenwoordiger het aangevoer dat Lawrence nie in 'n tronk veilig is nie, aangesien bewaarders bewus is van dreigemente teen sy lewe.

* A Paarl policeman on a charge of murder will hear  about bail today .


Manne (en honde) van staal

Malané Bosman

[ Top ]


PAARLSE hondegeleiers is manne van staal, en kon verlede week ná 'n hele nag van spoorsny oor drade en deur riviere, nege ontsnaptes aankeer.

Sers Godfrey Jacquire en kollega konst Pietie Booysen se eie 'Operasie Staaldraad' het Woensdag verlede week begin nadat die Klapmuts Plaaswag berig het dat 14 jeugdiges uit 'n jeugsentrum in Koelenhof ontsnap het.

Die seuns was in spesiale aanhouding op aanklagte van moord en gewapende roof en het slotte gebreek voordat hulle deur kantore en oor die dak ontsnap.

Jacquire en Booysen is om 02:30 die plek buite die sentrum uitgewys waar die vlugtendes twee paar skoene gelaat en in die bosse verdwyn het.

Pawl, Jacquire se springstofhond, het dadelik die reuk gevat en die polisiemanne op 'n drafstap oor een na die ander plaas gelei.

"Dit was later donker om ons, en alles onbekend, maar steeds het Pawl neus op die grond vorentoe gebeur - deur moerasse, riviertjies, bosse en plase," he Jacquire gesê.

Die was duidelik dat hulle in die rigting van Stellenbosch beweeg het. Langs die pad het Pawl skoene en hemde wat agtergelaat is, uitgewys.

"Ons moes die hele tyd versigtig wees, want ons het nie geweet of hulle bewapen was of nie," het Jacquire gesê.

Agttien km verder, by die eerste huise van Cloetesville, het die polisiemanne vermeen dat die groep in die rigting van Dutoitstasie gehardloop het.

"Die dag het begin breek, en toe kon ons die verdagtes so 500m voor ons sien."

Met die hulp van Stellenbosch polisie is nege van die 14 toe in die omgewing van Khayamandi in hegtenis geneem.

"Ons was omtrent uitgeput," het die polisiemanne gesê. "Die adrenalien het daardie nag gepomp."

* Paarl police officers and their sniffer dog tracked escapees for 20km before arrest.


Robbers arrested in shebeen

[ Top ]


FRANSCHHOEK police arrested three alleged robbers on Friday, shortly after employees and clients of a hardware store were held up at gunpoint.

Six armed men entered Franschhoek Hardware in La Rochelle Street shortly before closing time at 16:40 and threatened the employees and clients.

They made off with R5000 from the safe and a till, as well as three cellphones and jewellery from the clients and staff.

Police combed the area and followed leads supplied by members of the public.

Later that evening Insp Lood Muller and reservist Sgts Hendrik Daniels and Manfred Paulse recognised three men fitting the description in a shebeen in the Langrug informal settlement.

Sola Ngume (28), Milton Nconconga (60) and Anda Malaba (20) from Langa were arrested.

Cellphones, identity books, bank cards and a watch robbed from a client at the store were found in their possession, as well as R1 100 cash.

It was established that the getaway car, a white Mazda Midge which was parked outside the tavern, had earlier been stolen in Bothasig.

Three accomplices, believed to be from Cape Town, are still at large.

Friday's robbery was the second such incident at the hardware firm in a year.

Store owner Jonathan Peach praised his staff and the clients who remained calm during the robbery:"They were brilliant in the face of the threat," he said.


Liggame in berge ontdek

[ Top ]


DIE ontbinde lyk van 'n man met twee koeëlwonde in die kop is Donderdag verlede week langs die Franschhoekpas ontdek.

Die man kon dalk langer as twee weke gelede gesterf het.

Polisiebeamptes vermoed die man was dalk êrens anders vermoor voordat sy liggaam teen die afgrond afgegooi is. Hy het teen 'n bos gerol en daar bly lê.

Die slagoffer is 'n swart man, sowat 30 jaar oud, en hy was geklee in 'n swart broek, swart en wit hemp en sandale.

* Sondagmiddag is die liggaam ontdek van 'n tiener wat vir kulturele ontgroening in die Franschhoekberge bokant die Langrug-plakkerskamp moes oorleef.

Daar is eers vermoed dat Ubunye Moletsane (19) van Guguletu van hitte-uitputting gesterf het. Hy is kort voor sy dood besny en was saam met 'n groep jong mans in die veld.

Sy liggaam was vol kneusings, moontlik slaanmerke. 'n Polisie-ondersoek is geloods na die oorsaak van dood.

Speur-insp Jaco van der Bank sal graag inligting oor die sterftes ontvang by 876-8061.

* Saterdagmiddag is die liggaam van Anna Witbooi (44) van Kylemore in die bosse agter die hoërskool ontdek.

Die vrou is die oggend laas om 09:00 gesien, en die vermoede bestaan dat sy in 'n bospaadjie gaan lê en weens die versengende hitte gesterf het.

* Three bodies have been discovered in the mountains surrounding Drakenstein.


Now it's beans in
Bain's Kloof

[ Top ]


EARLIER this year it was onions from Ceres. Then it was beer, cans and bottles from Windhoek scattered down the slopes.

Now soya beans from Mpumalanga got stuck in Bain's Kloof.

Signs at both ends of Bain's Kloof Pass, restricting the height, weight and length of heavy vehicles, still do not deter all the trucks who find themselves on the winding mountain road.

At 23:00 on Saturday, an articulated truck with two trailers entered the Pass from the Breede River end, ignored the signage and crossed the very narrow Darling Bridge.

It continued until it reached Borcherd's Bridge at Tweede Tol, where posts were flattened, cement crushed and the truck came to a forced stop.

Traffic police had to close the pass for more than seventeen hours while tow-away vehicles struggled to clear the road.

"The Crown Trans T3 rig has a legal capacity of 56ton payload. Adding the weight of the trailers, the load on the road is 88ton.

"This while the pass is limited to vehicles of a 5 ton capacity," an irate Sandra Steytler of the Friends of Bain's Kloof said.

"Why don't transport companies give their drivers clear directions? They should be prosecuted and they should pay for the damage.

"Bain's Kloof, which was built 150 years ago to carry oxwagons and horse drawn carriages, cannot take this treatment much longer."


Clinic swamped by patient

Susan Botha

[ Top ]


PEOPLE, people everywhere - old people, young people, babies, open sores, coughing, labouring breath, faces full of pain.

These are but some of the images accosting one on entering the Mbekweni clinic at opening time.

"The clinic is running well over its capacity," says ANC LP Lizzy Phike, maintaining that more than 5500 patients had visited the clinic since August.

"This is the only clinic in Mbekweni where patients can receive chronic treatment.

"What you see here are people with high blood pressure, Aids, asthma and TB, all together in this one room."

The room and entrance are crowded, with more people pushing to come inside. Only the oldest and most infirm are given a seat.

Nursing staff are constantly trying to create order in the chaos.

Finally silence descends on the sick when one of the sisters starts the day with a prayer.

Then, with great serenity and piety, they sing 'Nkosi Sikilel' iAfrica' - the way this great song was meant to be sung.

Not all patients are patient and satisfied with conditions at the clinic.

One mother complains about the circumstances under which her baby was treated there.

Complaints

"I am a mom with a broken heart because of the nurses at the Mbekweni clinic. The doctors and sisters are in a rush. They don't examine the babies properly.

"There are beds to put the babies in, but they tell us to keep them on our laps and they shout when the babies are crying.

"What the name 'baby' means to them, I don't know.

"But there are some, like Sister Melthafa, who care about patients.

"The toilets are dirty.

"I can't understand how people can call themselves healthcare, but all the people are squashed together, also people with TB, in that filthy place.

"Please take note of our complaints - they must change their attitude as soon as possible."

Extensions

Phike says there is a dire need not only to expand the clinic, but also to extend the hours to include weekends.

"We've got a big problem over weekends and people don't always have transport to Paarl Hospital."

According to Phike there are only four sisters at the clinic with only one doctor attending for four hours per day.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za