safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 27 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 4 December  2003 at 17:00

People - Mense


Rubin het `n hart vir jongmense

Susan Botha

[ Top ]


AS ek net een jong mens kan uitlig uit sy of haar omstandighede, vir hulle hoop en 'n droom kan gee, is ek gelukkig.

Aan die woord is Rubin Julius van Koinonia se Jeug-adviessentrum en 'n man met baie planne en drome.

Rubin is 'n senior fasiliteerder by die sentrum, projekbestuurder vir die rekenaaropleiding en ook 'n opleier vir fasiliteerders.

Rubin is self nog jonk, 23 jaar, maar dit is duidelik dat hy baie diep oor die lewe dink en besin.

wrubinFC

Rubin Julius

"Dit gaan nie net oor opleiding nie. Dit gaan oor motivering, oor lewenslange opleiding en dan kyk ons ook na die sosiale ontwikkeling van die mens."

"Ons kinders en jongmense sit so gou maskers op en dan kan 'n mens nie altyd hul pyn sien nie.

"As 'n mens die masker kan aftrek, die trane en ook die lag sien, kan 'n mens hulle regtig begin help."

Rubin sê hulle vind dat studente inskryf vir 'n kursus en dan vinnig 'n spesifieke fasiliteerder identifiseer as 'n vertroueling.

"Dan begin ons challenge. Ons studente het gewoonlik persoonlike en huislike probleme wat hulle moet oorkom.

"Sodra hulle begin praat, kan ons dan jeugberaders gebruik om hulle te help.

"Ander het net 'n bietjie liefde en aandag nodig."

Rubin vertel dat die personeel by Koinonia 'n baie informele aanslag het.

"Die studente is dikwels verbaas oor ons informele kleredrag, maar dit beteken nie daar is nie 'n ernstige sy ook nie. Ons boet geensins ons professionalisme in nie."

En hulle strategie werk, want Rubin vertel trots dat hulle ten minste 40% van hul studente suksesvol plaas.

Hy het ook baie idees om hierdie syfer te verhoog: "Ons wil onder meer 'n databasis opstel waar werkgewers kan kom aanklop as hulle mense soek."

Hulle beplan ook om binnekort 'n kursus vir tydelike personeel aan te bied, wat hulle kan toerus om permanente werk te vind.

Ruben verstaan die agtergrond waarteen baie van die jongmense sukkel om hul plek in die lewe te vind.

"Ek het in Koedoewoonstelle in Chicago grootgeword. Dit is die buffer tussen die Junky Funky's en die Americans en ons was gereeld in die spervuur as die twee bendes mekaar takel."

Tyd om self by die bendes aan te sluit, het hy nooit gehad nie.

"Ek het my pa verloor toe ek in standerd ses by New Orleans was," onthou hy van die hartseer van 'n alleen-ma wat skielik vir vyf kinders moes sorg.

"Die jongste was 'n pap tweeling," vertel hy.

Hulle het by sy grootouers gaan woon, maar kort daarna is sy oupa ook oorlede en skielik was Rubin die hoof van die huis.

"Ek het goeie rolmodelle gehad. My pa het in Hillbrow gewerk en ons het hom net Paasnaweke gesien."

Rubin sê hy was baie streng en die grootmense in die buurt het namens hom 'n oog oor die Julius-kroos gehou.

"Baie van hulle noem my nog steeds Boeta George, my pa se naam."

En dan was daar sy oupa: "My oupa was my held," sê hy met 'n weemoedige kyk in die oë.

Nadat Rubin matriek geskryf het by New Orleans, het hy bemarking studeer aan die Skiereilandse Technikon.

"Ek kon nie werk kry nie en het maar 'n bietjie rondgeval."

Uiteindelik het Rubin se paaie in 1998 met dié van Koinonia gekruis en hier het sy lewe verander.

Hy was deel van die heel eerste Khanyisa-groep wat 'n kursus in lewensvaardighede voltooi het.

"Ek het toe besluit om 'n jaar as vrywilliger by Koinonia te werk, wat my ma glad nie verstaan het nie.

"Die gesin moet leef en elke sent tel. Ek het wel vir 'n tyd tydelik by 'n supermark gewerk en los werkies saam met my ooms gedoen."

Rubin het betrokke geraak by uitreikaksies en dit was vir hom 'n onuitputlike bron van inspirasie: "Ek het by die Here se voete gesit."

Maar hy moes altyd sy vrywillige werk balanseer met sy verantwoordelikheid teenoor sy ma-hulle: "Daar was maar altyd een van ons wat skoene makeer..."

Dit het begin beter gaan toe hy aan die einde van 1999 aangestel is as projekbestuurder van rekenaaropleiding by Koinonia.

Rubin is vroeër vanjaar met 'n kollega, Claudelle, getroud en sy oë skitter van geluk as hy van haar praat.

"Dit is wonderlik saam met haar."

Hoewel hy nog sy ma-hulle help, sien Rubin ook daarna uit om met 'n eie gesin te begin.

Beslis 'n jong man met 'n hart vir jongmense, 'n dinamiese rolmodel vir ons jeug


Dominee maak opslae

Malané Bosman

[ Top ]


HY is nuut op die dorp, dinamies en hy doen dinge op sy eie manier.

Maar nie 'n enkele gemeentelid sou kon dink dat ds Francois Human sy Wellington-Noord kerkdeure sou sluit nie.

Dis presies wat gebeur het twee Sondae gelede, en die dorp gons steeds oor dié onortodokse manier om kerkgangers tot orde te roep.
Wellington-Noord is 'n klein gemeente, wat 27 jaar lank aan een predikant gewoond was. Verlede jaar Meimaand het ds Human sy staan op die preekstoel gekry.

wdomFC

OPSLAE. Ds Francois Human en die NG Kerk Wellington-Noord wat met toe deure  opslae gemaak het.

Nie die kerkraad, die koster of die skriba het vooraf van die besluit, waarmee die dominee lank geworstel het, geweet nie.

Toe hulle die Sondag bedeesd by die erediens aankom, is hulle begroet deur toe deure en plakkate op d ie trap wat hulle huis toe stuur met afgerolde nadenke.

Van die gereelde kerkgangers was ontsteld, maar het ná 'n koppie tee begin dink: "Dalk wil die dominee die mense tot in die kerk skok? Hy sal wel verduidelik."

'n Ander het geprewel dat die stap darem "ingrypend" was, terwyl nog 'n broeder gevoel het "die kat is nou in die duiwehok".

"Dominee het beslis 'n baie sterk boodskap uitgestuur."

Een man wat die moed gehad het om aan die pastorie se voordeur te klop, het verbaas gestaan toe die dominee in sporthemp en kortbroek die deur oopmaak.

Nee, daar is vandag geen kerkdiens nie. Volgende Sondag is Nagmaal. Kom na die liefdesmaal en bring ander saam, het die dominee gesê.

En verlede Sondag was die kerk stampvol. Ds Human het sy ongewone stap in wat as 'n "wonderlike preek van liefde" beskryf is, verduidelik.

"Ek wou nie sensasie soek nie of veroordeel nie," het hy gesê.

"Die toe kerkdeure het ek in ooreenkoms met die kruisiging verduidelik. Daar mag geen voorbehoude vir die liefde wees nie.

"Wat in die proses vermag is, was om die gemeente tot stilstand te dwing en opnuut op God te fokus.

"Die groei van die afgelope tyd het dit genoodsaak dat lidmate nie uit die oog verloor dat alles in liefde en tot eer van God gedoen word nie."


Paarl's passionate fire fighter

Malané Bosman

[ Top ]


BEING a fireman is not merely a job for Paarl's new fire chief, it is a calling for which he has as much passion as for a first love.

Derick Damons (38) must be a role model for any aspiring fireman who sees himself standing proud on a red fire engine. Strong, silent, ready to serve.

Damons was born and schooled in Cape Town. He has always had a passion for teaching, but there was no funds for further learning, so after school he found himself a job.

The teenager had to choose between administrative employment and a fireman's job he saw advertised.

"I still don't know why I chose fireman, and for the first years I kept on asking myself - do you really want to be a fireman?"

Then one day, after three years at the fire department, he made his choice. He was going to give back to the fire department what they had given him.

"From that day I became passionate, almost like someone who falls in love. I was proud to be a fireman."

Damons started taking examinations. He trained. And soon he was an officer.

He was still in his teens when he joined the Cape Town fire brigade 19 years ago. Which means that next year he will have had 20 years service in the fire brigade' and he is not even 40 years old.

He moved to Paarl six years ago with his wife Charleen and daughter Darrian (now 9), and became assistant fire chief on 1 May 1997. Their son, Carlyle,  made his appearance three years ago.

"It was surely a sign, being appointed on Workers' Day," Damons smiles.

The soft-spoken man not only slotted into the Paarl Fire Brigade smoothly, but also learnt to speak true Afrikaans.

The years in active service had taught him to develop himself.

He has all the necessary qualifications from the fire services institute - the national diploma in fire technology and the national diploma in public management.

He is currently studying for a B Tech in public management and aims to do his honours in public management at the University of Stellenbosch next year.

Damons is a "people-person" and is continuously striving to find ways in which he can be of service to the community.

"Years ago the objective of a fire brigade changed from only fighting fires to include emergency medical care. We became more a service agent to the community."

Right up his sleeve.

"For me it is not merely a job, it is a calling, a beautiful career."

To be appointed fire chief in Paarl was reaching a personal milestone, but, he admits, "it came sooner than I envisaged".

Modestly he attributes his success to men who played a major role in his life - his former chief  Donald Sparks, and senior officers at the Cape Town Fire and Rescue Service.

They shaped his career in Cape Town, while in Paarl he had the privilege of working with former fire chief Hennie Fouché.

"I salute him, honour and thank him. I learnt from an experienced and knowledgeable person."

But he would not have reached his goal without the continuous support and assistance of his wife Charleen, relatives and friends, Damons stressed.

What you see is what you get with fire chief Damons. He is down to earth, a realist who sets achievable goals.

Damons has a passion for teaching and training and has vowed to continue to sustain a fire service that is equipped with the necessary resources and skilled personnel so that a professional service can be delivered to the community.

Service

"We need to always be a service the community can be proud of."

But even the fire chief cannot be on duty 24 hours of the day, seven days a week.

As district evangelist Damons is very involved, in a leadership position, in the New Apostolic Church where he is responsible for over 2000 members.

He loves mountain hiking, reading novels (Wilbur Smith is an all-time favourite) and listening to jazz and classical music.

He is also an avid swimmer. But no, he has not ventured into the Berg River - he is not yet that much Paarlite!


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za