safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 27 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 4 December  2003 at 17:00

Sport


Boland sonder Ontong

[ Top ]


DIE Boland krieketspan se vooruitsigte op verdere suksesse in die Standard Bank Eendagreeks is vandeesweek vertroebel deur die nuus dat hul sterkolwer, Justin Ontong, vir die volgende vier weke buite aksie kan wees.

Dit volg op 'n nederlaag van 84 lopies teen die Hoëveld Strikers en 'n naelskraapse verloor teen Oostelikes in hul eerste wedstryde dié naweek.

Ontong het die voorste lit van sy linkerhandse middelvinger gekraak terwyl hy teen Oostelikes veldwerk gedoen het.

Volgens die span se afrigter, Deon Muller, is daar deur die dokter aanbeveel dat Ontong vir vier weke rus.
"Niks kan gedoen word voor die swelsel

wspinFC

BESEER. Ondanks 'n vinger- besering aan sy linkerhand het Justin Ontong Dinsdag tydens die netoefening 'n paar balle geboul.

nie gesak het nie. Om dié rede is hy nie gekies vir die span wat Vrydag (môre) teen KwaZulu-Natal in Durban speel nie. Ons sal die situasie volgende week weer in heroënskou neem," het Muller gesê.

"Teen daardie tyd behoort hy 'n beskermende handskoen te kan aantrek om teen die Titans en WP te speel."

Die besering is 'n groot slag vir Ontong aangesien dit dalk sy kanse om vir die SA span gekies te word vir volgende maand se toets teen die Wes-Indiese Eilande, in die wiele kan ry.

Die nasionale keurders sal tydens die Boland se wedstryd teen die Titans in die Paarl vergader om die groep vir die eerste toets te kies.

Benewens die linkerhandse kolwer, Wesley Euley, wat vir Ontong vervang, is Neil Carter in die plek van Brado Fransman gekies.

Carter, 'n voormalige Boland-speler en linkerhandse snelbouler, het vir die afgelope twee seisoene graafskapkrieket vir Warwickshire gespeel.

Volgens Muller sal Carter saam met Henry Williams met die nuwe bal die Bolanders se boulaanval lei teen Natal.

Boland mis net uit

Boland was Vrydagaand aan die ontvangkant toe die Strikers se Stephen Cook (102) en kaptein, HD Ackerman (84) slae met die kolf begin uitdeel het.

Hoewel die res van die tuisspan se kolforde op die Wanderers-blad gedisintegreer het onder die Bolandse boulaanval, was dié twee groot totale genoeg om 'n verdedigbare 241/6 na 45 beurte op die bord te sit.

Ryan Groeneveld was Boland se groot kanon met 3/42 in sewe boulbeurte, met kaptein, Con de Lange, Wallace Albertyn en Justin Ontong wat die orige drie paaltjies onder hulle gedeel het.

Die Bolanders het positief begin, maar toe Gerhard Strydom (25) been voor paaltjie betrap is deur Adam Bacher op 103/3, kon selfs 'n vinnige 45 van 36 balle deur Ontong nie die besoekers red nie.

Die laaste ses kolwers kon slegs 16 lopies tot die totaal voeg en Boland word in die 41ste beurt vir 157 uitgehaal.

Sondag se stryd teen Oostelikes op Benoni het egter 'n baie aanskouliker stryd opgelewer.

Hier was dit die beurt van Albertyn (3/24 in 9bb) om met die bal te skitter, terwyl Groeneveld met twee puik aflewerings van die gevaarmanne, Andrew Hall (35) en Darryl Cullinan (6), ontslae geraak het. Die aflewering na Hall is direk teruggespeel en met vinnige reaksies deur Groeneveld uit die lug gepluk, terwyl 'n riller van 'n bal teruggeswaai en Cullinan se paaltjie ontwortel het.

'n Vinnige 40 lopies deur Geoffrey Toyana het die tuisspan na 197/8 gehelp na hul 45 beurte.

Die Bolanders was goed op dreef om die teiken te haal, met Chad Baxter (51 7x4) aan die spits. Nadat Strydom (10), Ontong (4) en Magiet (3) die trekpas gegee is en Baxter ook sy paaltjies kwyt is, het die tempo ietwat vertraag. De Lange het egter weer die hoop laat opvlam met sy vyftigtal, maar die keerpunt het gekom toe hy op 57 'n vol aflewering van Hall in die hande van Albie Morkel speel.

Ses lopies was nodig van die laaste bal, maar Groeneveld kon nie die bal wegkry vir meer as 'n enkele lopie nie en Boland eindig op 193/7.

Die Boland-span vir môre se kragmeting is Chad Baxter, Wesley Euley, Neil Carter, Mark Sanders, Gerhard Strydom, Rashaad Magiet, Henry Davids, Con de Lange (k), Graeme Marais, Wallace Albertyn, Ryan Groeneveld en Henry Williams.


Bergh (158*) staan rotsvas
vir Wellington

[ Top ]


'n OORTUIGENDE oorwinning oor Maties en 'n skitterende 150-tal was die naweek die hoogtepunte vir die Three Ships Wellington Krieketklub.

In die eerste span het David Stevens (59 nun, 2x6, 5x4), Timmy Cornelissen (40, 4x4) en Jaco Carstens (27, 5x4) grootliks bygedra tot Wellington se 208/8.

Maties word almal uitgeboender vir slegs 130 lopies, danksy uitstekende boulwerk deur Greg Jardine (5/17) en Godfrey Stevens (2/16).

Wellington II speel al beter soos die seisoen vorder en Saterdag was dit Brackenfell II wat voor hulle geswig het.

Brackenfell behaal 'n kompeterende 256 in hul toegelate 60 beurte.

Wellington se Cedric Williams neem 3/51 asook drie uitstekende vangskote in die veld, terwyl Lappies Labuschagne sy terugkeer vier met 4/50.

Wellington jaag die totaal met gemak en behaal 257/1, vir 'n oorwinning van nege paaltjies.

Richard Stroebel herwin sy vorm en teken 54 (10x4) aan.

Die ster van die Wellington kolfbeurt is egter weer die jong Pieter Bergh wat heel dag op die veld deurgebring het, eers in die veld, en toe as openingskolwer.

Hy teken 'n onoorwonne 158 (26x4, 2x6) lopies aan en slaan gepas die wenlopies in die 51ste beurt.


Paarl-Oos vat vas

[ Top ]


DIE manne van Paarl-Oos Krieketklub het die naweek breed geglimlag nadat hul eerste span vir Worcester United met meer as 100 lopies geklop het.

Die Paarliete het op hul tuisveld 219/5 in hul toegelate 60 beurte aangeteken, met Craig Abrahams en Jackie Daniels wat die grootste kanonne was.

Abrahams se 62 het agt grenshoue en 'n ses ingesluit terwyl Daniels op pad na sy onoorwonne 55 die bal drie keer grens toe gestuur het en een ses gemoker het.

Waylin September (30) en Randall Goetham (27nun) het ook goeie beurte gespeel.

Die oud-Paarliet Garfield Goetham was die besoekers se beste bouler met 4/58 in 20 beurte.

Zynodien Fredericks het die Worcesteriete op hul knieë gedwing. Sy spogsyfers van 5/42 in 12 beurte, drie daarvan leeg, het hom die man van die wedstryd-toekenning gegee.

Die ander boulers wat goed gevaar het, was Abrahams (2/14 in 6bb) en September (2/6 in 12bb) wat dan ook die besoekers se kolfbeurt op 101 beëindig toe die kolwer een van sy draaiballe mis, en paaltjiewagter Dirkie Pietersen die balkies afklits. Paarl-Oos wen met 118 lopies.

Aldrie spanne van Paarl-Oos speel die naweek weg: Paarl-Oos I teen Victoriane, Paarl-Oos II teen Atlantis en Paarl-Oos III teen Brackenfell.


Paarl Rugbyklub ken
geen keer

[ Top ]


DIE Paarl Rugby- en Sportklub het vanjaar, hul 120ste bestaansjaar, op 'n absolute hoogtepunt afgesluit.

Die eerste rugbyspan wat verlede jaar die Premierliga B gewen het, het vanjaar die prestasie herhaal en die Premierliga A ook gewen.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die WP Rugby Unie dat 'n span sy liga wen, bevorder word na die volgende liga en dan ook dié liga wen.

Die span se sukses het dan ook, soos in 2002, aan agt lede - John Claasen (k), Hentie Maas, Marco Martin, Terence Valentyn, Johannes Vorster, Werner Visagie, Morné Kershoff en Martin Olsen - die kans gegee om vir die WP Disaspan te speel.

Die afrigterspan bestaande uit Rudolph Paulse (hoofafrigter), Godfrey Clayton en Heinie Foster en by die o.21's Paul Heugh en Martin Kriel, met die oud-Springboksenter Thinus Linee as tegniese adviseur, is vir die 2004 seisoen behou.

Daar is reeds begin met die werwing van nuwe spelers en sluiting van kontrakte, met oefeninge wat op 20 Januarie begin en daarna elke Dinsdag en Donderdag sal plaasvind.

Die proewe word op 19 Februarie gespeel waartydens die aand met 'n verwelkomingsfunksie in die klubhuis afgesluit word. 'n Ontspanningsdag vind op 21 Februarie by die klubhuis plaas.


Peoples voel Brakke se byt

[ Top ]


DIE eerste span van Young Peoples Krieketklub het Saterdag op Daljosafat lelik onder druk gevou en met 30 lopies teen Brackenfell verloor.

Die Brakke het 160 aangeteken met A Prinsloo (64) en A de Beer (30) wat goed gekolf het.

Deon Smith was die tuisspan se uitblink-bouler met 'n goeie 5/34, met Riaan Jephtha (2/13), Roswen Jephtha (2/35) en Mark Boucher (1/21) wat ook paaltjies ingeoes het.

Volgehoue druk deur die Brackenfell boulers Willem du Toit (3/31), Francois Immelman (3/24), en Wimpie Frylink (2/50), het verhoed dat Peoples enigsins aan die gang kom.

Die Tiere kon slegs 130 lopies bymekaarskraap met net Jacques Krynauw (37) en Roswen Jephtha wat verbete bly veg het.

Die tweede span het weer eens 'n goeie oorwinning behaal deur Hermanus op hul tuisveld met nege paaltjies te klop.

Die tuisspan behaal slegs 126 danksy verwoestende boulwerk deur Faghrie Jacobs (4/6) en Jarier Alexander (2/15).

Peoples se Bronwill Williams (67nun) en Grant Kuiler (33nun) kolf sonder moeite en eindig op 129/1.

Saterdag sal Peoples hul spelpeil moet lig wanneer hulle op Stellenbosch teen Maties kragte meet. Die tweede span speel tuis teen Vredenburg/Saldanha en die derde span ook tuis teen Bergrivier II.  


Paarl cricketers move
further ahead

[ Top ]


THE Super League team of Paarl Cricket Club stretched their lead on the log with a narrow one wicket victory over Stellenbosch/Districts at the Parys Grounds in Paarl on Saturday.

The home team was set a target of 196 in 60 overs.

Tail-enders Rohan Goetham (14 not out) and Henley Julies (22 not out) emerged as the home team's heroes, as they staved off a determined bowling onslaught to hit the required runs after getting together at 166/9.

The visitors scored slowly, due to an accurate line and length bowled by Goetham, Julies and Utallyn Ernstzen.

Alfredo Adams with six wickets was the chief destroyer, however, showing that the previous week's performance in Worcester was no fluke.

Paarl's Erasmus Hendrickse (54) laid the foundation, but his departure caused a mini-collapse which put the home team under tremendous pressure.

Bobby Nicholson (43) and Anwell Newman (35) steadied the ship, however, for Goetham and Julies to clinch the match.

Paarl II also retained their top position with a two wicket victory over Easterns. The visitors scored 222, but the experience of Rudy Andrews (50), Marco Walters (32) and Carlo Crotz (60) soon killed any chance Easterns had of salvaging a draw.

Paarl III also retained their position at the top of the log by beating Atlantis by nine wickets.

Bowlers Hamilton Pharaoh (4/47) and Helmuth Hendricks (2/14) did the damage, while Bradley Isaacs (89 not out) and Elrico Matthee (43) hit out merrily to ensure an early finish in the afternoon heat.

On Saturday Paarl will be without four key players (on provincial duty) for their top of the table clash with Easterns at the Parys Grounds, and will probably make some adjustments to their game plan.

Paarl II host Hermanus, Paarl IV host Goudini, while Paarl III depart for Worcester.


Ernst sukkel sonder ondersteuning

[ Top ]


DIE rolstoel-jaer Ernst van Dyk het 'n tweede plek gekry by die Oita Marathon in Japan, maar was teleurgesteld met sy vertoning.

"Ek het nie 'n goeie wedloop gelewer nie. Hoewel ek tweede klaargemaak het, het ek te veel foute gemaak vir 'n jaer met my ondervinding.

"Daar was te veel kere waar ek op die verkeerde tyd in die verkeerde plek was," vertel Ernst.

Toestande was winderig en daar was baie deelnemers wat sake bemoeilik het.

"Daar is 'n paar Japanese wat baie vinnig kan versnel. Dit het dit moeilik gemaak om te konsentreer omdat hulle versnel en dan weer terugsak.

"By die 5km-merk was ek in die voorste bondel agter Jun Huromichi. Saul Mendoza en Joel Jeannot het egter al 'n voorsprong van 60m opgebou en ek het begin om hulle te jaag," beskryf Van Dyk die eerste deel van die wedloop.

"Uiteindelik het ek hulle ingehaal, maar was doodmoeg. Geeneen van die ander drie het lus gelyk om te werk nie, en ek kon sien dat die bondel ons weer begin inhaal.

"Ek het voorgestel dat ons beurte neem om vir twee minute voor te jaag om so voor die res van die jaers te bly, en sommer die eerste skof geneem.

"Toe dit tyd was vir iemand anders om oor te neem, was daar egter geen reaksie nie. Ons het teruggesak waarna ek in die derde plek gelê het, net voor Joel," sê Van Dyk.

"Skielik het Joel 'n groot aanval van agter geloods. Saul het probeer om agter hom in te val, en ek het gevolg. Ek was agter Saul ingeperk, wat Joel toe 'n gaping gee om ons af te skud.

"Ek het hard gejaag om hom in te haal, maar weens die wind en 'n gebrek aan samewerking het Joel weggekom.

"Ek dink Joel se taak is verder vergemaklik deur die drie bussies en mediavoertuig wat voor hom gery en die wind in 'n mate afgekeer het," sê Van Dyk.

"Teen die einde was dit 'n naelrit tussen myself, Saul en 'n Thailander, vir die wenstreep om die tweede plek wat ek met twee stoellengtes gewen het.

"Joel het die wedloop in 'n goeie tyd van 1:25:49 gewen, met my tyd op 1:29:58."

Van Dyk het in die afgelope maand aan drie marathonne deelgeneem wat 'n eerste plek, 'n roeterekordtyd en twee tweedeplekke ingesluit het.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za