safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 28 February 2002

uitlefstreep
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


Storm in 'n glas 'troebel' water

[ Top ]


wpaulse22DIE waterkwessie in die Paarl - die vloei en die kwaliteit - het verbruikers van tyd tot tyd warm onder die krae en naar op die maag.

Maar is dié klagtes 'n storm in 'n glas water?

Die Paarl Post het ondersoek gedoen en bevind dat drinkwater, soos gemeet aan vereistes neergelê deur die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde,

heeltemal aanvaarbaar is.

"Die kwaliteit en verskaffing van die

WAAKSAAM. Cecil Paulse in sy laboratorium waar die Paarlse watergehalte getoets word.

Paarl se huishoudelike water is nie altyd ideaal nie, maar beslis beter as net aanvaarbaar," is die interpretasie van  'n analise.

Die Munisipaliteit erken dat daar so spoedig moontlik 'n suiweringsaanleg op Paarlberg aangebring moet word sodat die water uit die damme op die berg dwarsdeur die jaar bo verdenking bly.

Verlede jaar is daar bevind dat die water wat uit die Bergrivier na die bergdamme gepomp is, nie altyd voldoen aan die standaarde vir drinkwater nie.

Die aanbeveling deur die uitvoerende komitee van die Drakenstein Stadsraad, dat 'n suiweringsaanleg opgerig word, is geneem ná 'n verslag deur Ninham Shand konsulterende ingenieurs.

Dit berus nou by die Raad om die oprigting "met hoë prioriteit" in die Julie-begroting goed te keur.

Dit sal twee jaar duur om te bou en sal sowat R8 miljoen kos. Daarna is die jaarlikse bedryfskoste sowat R1,2 miljoen - heelwat minder as die alternatief om meer water uit die Wemmershoekdam aan te koop.

Die Paarl gebruik jaarliks sowat 13 600 megaliter water, waarvan sowat 1 000 megaliter uit die Bethel- en Nantesdamme op die berg kom. Die res is uit die Wemmershoekdam.

Nantesdam word in droër tye aangevul deur water wat uit die Bergrivier gepomp word.

Volgens die verslag word "pype, loodgietery en opgaardamme beskadig deur korrosie en die water se aggressiwiteit.

"Yster en mangaan in die pype vlek wasgoed en mure."

Troebelheid weens fyn kleipartikels behoort met die beoogde suiweringsaanleg iets van die verlede te wees, aangesien organiese materiaal deur sandfilters verwyder sal word.

Volgens 'n munisipale woordvoerder sal 'n kalkstabiliseringsproses gevolg kan word wat die pH balans sal verbeter.

Ontsmetting (chlorisering) sal meer effektief toegepas kan word en fluoridisering kan ook met die nuwe aanleg ingestel word.

Een van die klagtes uit Sentraal-Paarl waaroor munisipale amptenare kopkrap, is dié van Stephanie Siegruhn in Du Toitstraat.

Volgens haar brand gesinslede se kele wanneer hulle water uit die huis se krane drink.

Siegruhn het opgemerk dat iets met die water skeel toe dit spierwit bly.

"Dis niks om oor bekommerd te wees nie, dis net lugborrels," het 'n amptenaar oor die telefoon gesê.

"Maar lugborrels maak tog seker nie 'n poeierige afskeiding bo-op die water, of 'n rand om die glas nadat dit verslaan het nie," meen Siegruhn.

"Die water het 'n chemiese reuk en ons word naar daarvan."

Volgens Hanré Blignaut, aan hoof van waterverskaffing van die Munisipaliteit, kry 90 persent van die Paarl, asook die hele Wellington, water uit die Wemmershoekdam.

Vir die Paarl is daar sowat 17 000 waterverskaffingspunte met 100 000 verbruikers uit Wemmershoekdam. 'n Verdere 3 000 punte (13 000 mense) kry water van die Paarlberg.

"Dat die probleem net by die enkele woning in Du Toitstraat lê, is onbegryplik.

"Pypwerk in private stelsels kan ook kwaliteit op 'n perseel beinvloed."

Sedert die einde van verlede jaar word drukbestuur toegepas om wisselende en te hoë druk wat pype laat bars, te beheer.

Daar was sedertdien 'n afname in waterdruk in laagliggende dele van die Paarl.

"Dit daal egter nooit onder die minimumvereiste van 2,4 bar nie," sê Blignaut.

"Met die waterbeperkings van 2001, was die Paarl se waterverbruik 23 persent laer as dié van 2000. Die drukbestuur het teweeggebring dat die verbruik hierdie somer 'n verdere 10 persent gedaal het.

"Ons bespaar nou vier miljoen kiloliter per jaar. Al is beperkings nou minder drasties, werk verbruikers wonderlik saam."

* Die Stellenbosse Munisipaliteit het verlede jaar bevind dat die bergwater na Franschhoek bykomende chloorbehandeling benodig, nadat kwaliteitstoete deur die WNNR getoon het dat waterkontaminasie dikwels SABS standaarde oorskry het.

* The drinking water piped to Paarl residents on the slope of Paarl Mountain has been described as "acceptable but not ideal" by the SABS.


Spring in vir Waterweek

[ Top ]


VIR Waterweek, 18 tot 24 Maart, het die Drakenstein Munisipaliteit emmersvol aktiwiteite gereël om inwoners bewus te maak van dié lewensnoodsaaklike kommoditeit.

Daar is die hele week uitstallings by Pick 'n Pay in die Paarl en Wellington, by biblioteke en by die munisipale kantore.

Skole is reeds genader om mee te doen aan kompetisies om die beste plakkate of storieboeke met 'n watertema te ontwerp. Heerlike pryse kan gewen word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is op 8 Maart. Die organiseerder is Harold Hendricks by die Paarl munisipale gebou, tel 807-4771.

Belangstellendes word genooi om op 19 Maart hand by te sit wanneer 'n rivier op Wellington skoongemaak word.

Op 20 Maart word die Palmietrivier in die Paarl skoongemaak en op 22 Maart word besoek gebring aan die Swartland suiweringswerke by Gouda.


Moral summit workshop planned

[ Top ]


THE Drakenstein municipal council has approved in principle a motion by Councillor Harlan Cloete for a Moral Summit Workshop to be held in the near future.

It was decided to unify all fragmented efforts of similar initiatives currently trying to address moral decay and social upheaval in the Drakenstein, with the Town Council as major initiator.

To this end all welfare organisations, sports clubs, church organisations and other stakeholders like the RDP are invited to a meeting to be held on Monday 11 March at 19:00 in the Huguenot community hall.

Meetings will also be held on Tuesday 12 March in Gouda and on Wednesday 13 March in Saron.

It is envisaged that the summit will take place in September, during the week of Heritage Day, and that it will include the signing of a Community Declaration by the different roleplayers.

Cloete said in his proposal that the levels of violence against women and children are on the increase in the Paarl Valley.

"The workshop can contri-bute towards community building in the Drakenstein Municipality and the pro-active approach will contribute towards the building of a trusting and caring community," said Cloete.


Verwerk lewe se terugslae

[ Top ]


DIE Sonskynklas by die Laerskool Swartland, 'n klas vir multi-gestremde kinders, hou 'n fondsinsamelingsfunksie op Dinsdag 26 Maart by die Laerskool Swartland.

Irene Joubert, 'n kwadrupleeg ná 'n motorongeluk waarin haar driejarige seuntjie dood is, sal praat oor 'Hoe verwerk en aanvaar ek teenslae van die lewe'.

Die aand begin om 19:00 vir 19:30 en kaartjies is R40 by Laerskool Swartland (022 482-2251) of Heidi Myburgh van die Paarl by 863-3777 (h) of 082-898-8154.

Die Malmesbury Mannekoor tree ook by die geleentheid op.

Die Sonskynklas se hoofdoel is om aan kinders met spesiale onderwysbehoeftes ook die geleentheid te gee om onderrig te ontvang by 'n skool in hul omgewing.

Kinders van die Paarl is ook leerders van die Sonskynklas en ry elke dag saam met een van die onderwysers in en uit.


Paarlberg hou groot kermis

[ Top ]


'n GELEENTHEID wat beslis nie misgeloop kan word nie, is die jaarlikse kermis van die NG gemeente Paarlberg Saterdag om 09:00 op die kerkterrein langs Laerskool Noord-Eind.

Die plesierigheid begin al môreaand met 'n gratis opelugkonsert en 'n bring-en-braai - die kole sal om 19:00 gereed wees.

Die vure sal heelnag brand sodat die potbrood warm en vars op die kermistafel kan wees.

Die kermis is bekend vir sy tuisgemaakte wors en vanjaar is daar, spesiaal vir verslankers, wildswors.

Moet ook nie vergeet van die plaasmark, gebak en ander eet- en drinkgoed nie.

Vir die jongspan is daar onder meer batterymotortjies, superslide en 'n waterwurm.

Van 09:00 word ontbyt bedien. Kaartjies teen R25 is beskikbaar by die kerkkantoor, 872-8072.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]