|
|
 |
Nuus - News |
 |
 |
|
Hittegolf slaan Vallei plat |
|
|
 |
 |
|
BOLANDERS het die afgelope week sakke sout saam opgeëet terwyl van die hoogste temperature in jare vir tien dae aaneen oor die Vallei gegolf het.
Die warmste dag hierdie maand was Dinsdag, met 'n allemintige 42 grade C. Verlede Donderdag en Sondag het die kwik ook oor die 40 grade gestyg, met Vrydag, Saterdag en Maandag elk met 39 grade net 'n kortkop agter. |
|
 |
 |
|
Paarliete, Wellingtonners en besoekers met motorregistrasies van so ver as Kaapstad en Worcester, het lafenis in die Bergrivier gesoek terwyl die son gesteek en die hoë lugvogtigheid almal laat sweet het.
"Die Munisipaliteit sou geld soos bossies kon maak as hulle ons laat betaal het," was die kommentaar van 'n man met 'n kaal bolyf en 'n koue bier in die hand.
"Maar voor hulle kan geld vra, sal hulle eers van die duwweltjies op die walle ontslae moet raak."
Skoliere het bly hoop die nie-amptelike reëling dat die skooldag kortgeknip word wanneer die syfers oor die 40 stoot, word ingestel.
Die weerkantoor het tydens die hittegolf honderde oproepe uit die Vallei gehad van mense wat "nou net nie meer kan nie".
By die Paarl-Oos swembad het daar Sondag 1 500 warm lywe gaan afkoel. "Al kon ons net soos regop-gepakte sardiens in die swembad staan," het 'n baaier gesê.
By kafees en winkels bly koeldrankrakke leeg en is daar nie meer waaiers te koop nie. Verskaffers van lugreëlaars kan nie voorbly met installasie en herstel nie.
Verlede Woensdagmiddag het 'n transformator by Windmeul die gees gegee en was die Paarl en Wellington 'n tyd lank sonder krag.
"Die transformator het te warm geword," was die amptelike verduideliking.
Die naweek en Dinsdagnag het die nagtemperature nooit onder 25 grade gedaal nie.
Sondagaand om halftien was dit steeds 30 grade waar die lafenissoekers onder straatlampe langs die Bergrivier gekuier het.
Van die beloofde 20 persent reën Sondag het daar net humiditeit, tien druppels en een donderslag gekom.
So ook het die wolke, wind, donder en blits hulself Dinsdagnag sonder verligting uitgewoed.
Daar is hierdie maand 'n skamele 31mm reën gemeet en die plaaslike drinkwaterbronne het vinnig gedaal. Wemmershoekdam het al gesak tot 68 persent.
"Moenie kla nie," meen 'n veteraan van die Vallei. "Dit is mos soos 'n Februarie moet voel. 'n Mens moet die hitte kan ruik en dit in jou klerekas kan voel."
Druiwetrosse is gesond en stroopsoet, maar het plek-plek tot rosyne gebrand. Die oormatige suiker veroorsaak nou probleme vir die wynmakers.
Boere met tafeldruiwe het vanjaar gemiddeld 30 persent minder gepak en die opbrengs van wyndruiwe is 40 persent laer.
Waar parstyd normaalweg teen middel Maart klaar is, word die laaste druiwe volgende week by kelders verwag.
"Boere moet nou haastig pluk, want sodra die oes af is mag die stokke 'n goeie bui reën kry, so om dankie te sê," skerts 'n boer.
En as die weerkantoor se voorspellings bewaarheid word, is daar vandag 'n 20 persent kans op reën.
Moet net nie die waaiers wegpak nie, want al val die druppels, bly die lugvogtigheid ongemaklik hoog en vat-vat die temperatuur die naweek nog aan die 30 grade. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Vasbeslote om beursie terug te gee |
|
|
 |
|
 |
DIE sestienjarige Willie Kotzé van Wellington het rede om te glimlag. Danksy die vasbeslotenheid van 'n eerlike weldoener is sy verlore beursie met sowat R400 daarin weer in sy besit.
Willie het sy beursie op Stellenbosch verloor toe 'n sakkeroller dit op 7 Februarie uit sy broeksak gegryp en die hasepad gekies het. Hoewel die jongman die dief agterna gesit het, kon hy hom nie inhaal nie.
Later die aand het Wihan Viviers van die Paarl die beursie op die grond sien lê tussen die sitbankies by die Vensters konsert.
"Ek het daar rondgevra of dit iemand se beursie is, maar niemand het gereageer nie," vertel Viviers.
'n Aansoekvorm vir 'n identiteitsdokument wat binne die beursie was, het Viviers van 'n naam voorsien.
"Ek het navraag gedoen by die Universiteit, maar hulle mag nie inligting uitgee nie, sê Viviers.
"Ek het toe weer na die ID-nommer gekyk en besef dat die seun in standerd 7 of 8 moet wees en het toe by al die skole op Stellenbosch navraag gedoen. Maar daar was nêrens iemand met daardie naam nie."
Tog het Viviers nie moed opgegee nie.
"Ek het die polisiestasie op Stellenbosch geskakel. Hulle het gesê ek moet die beursie inbring, maar ek het maar daarteen besluit. Ek het toe Binnelandse Sake geskakel, maar ook hulle mag nie die inligting uitgegee het nie.
"Ek het toe 'n verkoopsbewys van 'n winkel in Oudtshoorn wat in die beursie was, opgevolg deur die Kotzés van dié dorp in die telefoonboek op te soek. Maar daar is geen Kotzés op Oudtshoorn nie," vertel Wihan.
'n Deurbraak het gekom toe hy 'n vriend, 'n oud-polisieman, vir hulp nader. Die vriend kon die nodige inligting uitvind en verlede Donderdag het polisiebeamptes Willie besoek om 'n beskrywing van die beursie te kry.
Sy beskrywing het ooreengestem met dié van die beursie wat Viviers gevind het.
'n Baie verligte Willie het Vrydag sy grys beursie, met 'n rooi sleutelhouer, by Viviers se kantoor in die Paarl afgehaal.
"Ek is baie bly," het Willie, in graad tien aan Hugenote Hoërskool Vrydag met 'n groot glimlag gesê.
Die bykans R400 wat in die beursie was, was Willie se vakansiegeld wat hy verdien het deur bure se tuine nat te maak en hul honde kos te gee.
* A Paarlite moved heaven and earth to return a lost wallet with R400 in cash to its rightful owner. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Dogtertjie in tuin doodgery |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
DIE glimlaggie wat klein Shannon Adams van Wellington vir 'n ieder en 'n elk gehad het, is Saterdagaand doodgedruk deur 'n vermoedelik besope motorbestuurder in 'n wegholbakkie.
Die bakkie wat om 19:00 buite beheer uit Poolestraat, Vanwyksvlei, teen die muur gebots het waar sy gesit het, het halflyf in die tuin tot stilstand gekom.
Bandmerke langs Poolestraat vertel die storie hoe die bakkie van die teer, oor die gruis, en reguit op die tuinhekkie waaragter Shannon gestaan het, afgepeil het.
Sy het op slag aan ernstige hoofbeserings gesterf.
Mervin de Vries (21) van Baileystraat 1, die bestuurder van die geleende bakkie, word aangekla van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, bestuur sonder 'n lisensie, en sodra die uitslae van bloedtoetse bekend is, vermoedelik ook van dronkbestuur.
'n Insittende in die bakkie het glo na die botsing weggehardloop.
Shannon se oom, Randall, was om 19:00 op die stoep van die woning te Poolestraat 34 en het die tragedie sien afspeel.
"Shannon het aan die binnekant van die hekkie gestaan. Sy het na my gedraai en dans-dans gelag en gewaai," het Randall gesê.
"En toe is daar agter haar 'n wit blits soos 'n voertuig teen 'n verskriklike spoed aangejaag kom.
"Die volgende oomblik het die muur gebars. Pilare en bakstene het om haar en oor haar gevlieg. Toe stoot die bakkie se modderskerm deur die hekkie en tref haar koppie van agter.
"Shannon het deur die lug getrek en leweloos op die gras bly lê."
Gemoedere het so hoog geloop dat omstanders vir De Vries na die veiligheid van 'n buurhuis geneem het. Hy is daar deur die polisie in hegtenis geneem.
"Shannon het net vir 'n rukkie saam met haar pa uitgegaan," het 'n hartseer ouma, Carol Adams, gesê. "Ek sal nooit vergeet hoe sy eers met een handjie en toe met altwee hande gewaai en "bye-bye" geroep het toe hulle ry nie.
"So langs die pad het sy vir almal deur die motorvenster gewaai, so asof sy groet."
Oupa Roderick Lewis is ontsteld: "Ons het al meer as een petisie aan die Munisipaliteit oorhandig oor hierdie straat.
"Die straat is oop met seker 'n agt meter breë gruisstrook langsaan. Hier word 'gepop' en gejaag, op die teer en op die gruis. Ons het almal geweet hier gaan een of ander tyd iets aakligs gebeur, en nou het dit.
"Hoekom het die Munisipaliteit nie gehoor gegee aan ons pleidooie nie? Dan kon Shannon dalk nog geleef het."
Shannon word oorleef deur haar pa, Arthur Appollis, haar ma Charlene Adams, haar boetie Lance (10) en grootouers Vincent en Carol Adams en Roderick en Christene Lewis.
Die tuisdiens is Saterdag om 14:00 by die Adams woning te Baileystraat 15 en die roudiens is om 15:00 in die St Monica Kerk in Vanwyksvleiweg.
* A Wellington man without a driver's licence was detained after a 19-month-old baby girl had been run down inside a garden. |
 |
|
 |
 |
|
Gat 'n slag vir motoris |
|
|
 |
|
|
|
 |
DIE Paarlse paaie was een te veel vir 'n motorliefhebber, wat nou sy sportmotor met laeprofiel-bande verkoop om 'n viertrek-voertuig met hoë wiele aan te skaf.
Die laaste strooi was die R6280,85 wat hy uit sy eie sak moes betaal nadat hy in gietende reën deur 'n slaggat in die Hoofstraat voor Courtrai Auto in Suider-Paarl gery het.
"Ek het nie eens 60km/u gery nie en dit was onmoontlik om in die reën die slaggat te sien - dit was onder water," het Theo de Villiers gesê.
"Daar was ook geen waarskuwingstekens vir 'n beskadigde padoppervlak nie."
Die voorval het in Augustus verlede jaar plaasgevind en sedertdien sukkel De Villiers om skadevergoeding van die Munisipaliteit te eis.
"Die ergste was toe ek die gat van nader beskou en sien dit was al reggemaak en het weer ingeval.
"Die Munisipaliteit moes geweet het dit is gevaarlik."
Die regtervoorband en allooivelling van die BMW M3 was onherstelbaar beskadig.
De Villiers het foto's van die slaggat geneem, met mates van die diepte en omtrek, asook foto's van die skade aan sy motor. Dit het hy saam met 'n kwotasie aan die Munisipaliteit gestuur.
Die antwoord was kort en kragtig: "Daar was geen nalatigheid aan die kant van die Drakenstein Munisipaliteit nie. Enige regsaksie sal beveg word."
* A Paarlite had to pay for repairs of R6000 after his car hit a pothole in Main Street. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Up in arms over toll road |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
A FORUM to voice Paarl residents' concerns over the proposed erection of toll gates at Joostenburg on the N1 to Cape Town, was established last week.
The proposed N1 toll road will extend from De Doorns to Kraaifontein, with a similar project on the N2 between Bot River and Khayelitsha.
Concerns were raised over the impact the toll road will have on the Boland economy, especially on local residents who work in Cape Town.
Said one concerned resident, Lou Roberts, "This proposed tollroad was designed to kill the Boland".
"We will be forced to pay toll as there is no alternative route to get to Cape Town."
Said another speaker, ""Instead of trying to empty the motorists' pockets, the government should upgrade the public transport system, which is falling apart," he said.
Other fears expressed were that minor roads would be overutilised by motorists who were trying to avoid the toll gates.
Councillor Deetlefs du Toit expressed his concern that property prices in Paarl would be negatively affected if commuters were forced to move to Cape Town to cut down on travel expenses caused by the toll road.
"A toll road is being forced on us, without the public having any control over a private company which can increase the toll tarriff at will.
"How is it possible that a 30 year concession can be obtained on a national asset by a private company?," he asked.
"There is no doubt that local business and agriculture will be negatively affected by rising transport costs. Bankruptcies can be expected."
Councillors Dene Coetzee and Deetlefs du Toit were among those elected to a committee to address the matter.
They are to approach the Drakenstein Municipality for assistance in appointing consultants to assess the economic impact a toll road would have on the area.
The other members of the committee are Dagmar Hamp, Rainer Hamp, Peter van Niekerk, Clarence le Cordeur, Lou Roberts and Willem Naudé.
For enquiries, phone Dagmar or Rainer Hamp at 863-2466. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Eskom eis geld terug |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
ESKOM eis byna R1,3 miljoen terug in heffingsgelde wat hy tussen 1989 en 1998 aan die ou Breërivier en Wynland Distriksrade betaal het.
Die Boland Distriksmunisipaliteit, wat in Desember 2000 die afgeskafte Distriksrade vervang het, gaan die eis teenstaan.
Luidens 'n dagvaarding wat op die Distriksmunisipaliteit bestel is, is Eskom vrygestel van sulke heffings ingevolge die Inkomstebelastingwet en het hy nie magtiging gehad om R1 293 816 in heffingsgelde te betaal nie.
Die Distriksmunisipaliteit het op 'n spesiale raadsvergadering besluit om die eis teen te staan omdat streekdiensteheffings gehef is volgens die Wet op Streekdiensterade.
Eskom eis die bedrag sowel as rente teen 15,5% per jaar en die regskoste.
Hannes Coetzee, wat voorheen hoof uitvoerende beampte van die Breërivier Distriksmunisipaliteit was, het aanbeveel dat die Worcesterse prokureursfirma Maritz, Murray en Fourie aangestel moet word om die saak te hanteer.
Volgens hom is al die rekords daar op kantoor verkrygbaar.
Die ANC-komponent wou dit egter toeken aan die Paarlse firma Sheldon Bunguzana en Sheldon Prokureurs in die Paarl.
Raadslid Anthea Sheldon, eggenoot van een van die vennote, het die raadsaal verlaat terwyl raadslede gestem het. Die ANC se voorstel is met 12 stemme teen 11 aanvaar.
Aangesien al vyf distriksmunisipaliteite in die Wes-Kaap sowel as die Munisipaliteit Kaapstad deur Eskom gedagvaar is, word beoog om die aanstelling van een advokaat te koördineer deur die Wes-Kaapse Plaaslike Regeringsgorganisasie (Wekpro).
* Die Raad het altesame R730 000 aan gemeenskapspolisiëring toegeken. Rekenskap moet egter gegee word van hoe die fondse aangewend gaan word.
Gemeenskapspolisiëringsforums moet die fondse koördineer. Forums in elke munisipale gebied, insluitend Drakenstein, kry elk R100 000.
Die oorblywende R230 000 gaan vir 'n gemeenskapsveiligheidsprogram aangewend word.
* Die burgemeester, Clarence Johnson, het van 6 tot 9 Januarie die Utrecht toerismeskou in Utrecht, Holland bygewoon.
Johnson moes vasstel of sulke skoue vorentoe gebruik kan word om die streek as toeristebestemming te bemark en aan die Raad verslag doen.
* Eskom is claiming back R1,3 million in levy fees from the Boland District Municipality. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Kinders kom hier eerste |
|
|
 |
 |
|
"ONS kinders is ons belangrikste bate en dit behoort ons almal se prioriteit te wees om hulle te beskerm en hul lewenskwaliteit te verbeter," het burgemeester Chris Leander gesê oor 'n nuwe projek in Du Toitstraat, Paarl.
In dié loodsprojek van Drakenstein Munisipaliteit word daar spesifiek gekyk na straatveiligheid en is spoedwalle |
 |
 |
|
aangebring om motors se spoed te verminder.
Die bo-punt en nouer gedeelte van die |
|
 |
 |
|
STRAATVEILIG. 'n Groep inwoners van Du Toitstraat, Paarl, oorhandig 'n pamflet aan 'n motorryer. |
|
 |
 |
|
straat staan nou bekend as 'n "Woonerf-gebied" waar voetgangers en kinders te alle tye voorkeur het met die reg van weg.
Borde is aan die bo- en onderpunt van die straatgedeelte aangebring om mense bewus te maak dat hulle 'n Woonerf-gebied ingaan en dat die spoed beperk word tot 30 kpu.
Die gedagte is dat motorryers só 'n straat nie as 'n deurpad gebruik nie. Verder mag voertuie swaarder as 3500 kg of met meer as tien passasiers ook nie die straat gebruik nie.
"Ons is baie opgewonde oor die projek en indien dit werk, is die gedagte om dit na ander dele van Drakenstein uit te brei sodat kinders en voetgangers veilige areas binne hul woongebiede kan geniet," sê Leander.
Inwoners van Du Toitstraat het begin dink aan straatveiligheid na 'n reeks voorvalle twee jaar gelede waarin diere doodgery en 'n kind van haar fiets gestamp is.
Dié gedeelte van die straat is nouer as die onderste gedeelte en het baie nou sypaadjies.
Verskeie briewe aan die Munisipaliteit het geen vrugte afgewerp nie, behalwe 'n skrywe om te sê dat daar "nie behoefte aan optrede is nie".
Einde verlede jaar het Hoërskool La Rochelle ook tot die stryd toegetree, op grond daarvan dat hulle leerders van Du Toitstraat gebruik maak op pad na die hokkievelde en die middedorp. Die skoolterrein het 'n deurgang na dié straat.
La Rochelle het uiteindelik die Munisipaliteit se Ingenieursafdeling oortuig om 'n ter plaatse ondersoek te doen, maar toe was die verskoning dat daar nie geld is vir spoedwalle nie.
Die R4000 vir spoedwalle is toe deur die skool geskenk en onlangs het die inwoners se droom toe waar geword.
Die enigste probleem nou is om motorryers bewus te maak van die nuwe reëling.
"Ons het die eerste dag motors gestop en pamflette aan mense oorhandig om hulle in te lig," vertel een van die inwoners.
Hulle het tot 'n honderd motors per uur in die straat getel. Die reaksie van die insittendes het gewissel van begrip tot mense wat eenvoudig die pamflet opgefrommel en weggegooi het.
Verlede week is 'n kind weer amper raakgery. Die bestuurder se reaksie was: "Hierdie is 'n straat en ek sal dit gebruik soos ek lus het."
"Ons wil net hê ons kinders moet veilig wees en ek hoop regtig motorbestuurders sal ons help," het 'n bekommerde ma gesê.
* Du Toit Street in Paarl has been declared a restricted area by the Municipality, where pedestrians have right of way. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Inbrekers sê les op |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
'n FIKSE jong man het Saterdag 'n inbreker wat hy in Groot Drakenstein betrap het, agternagesit en ingehardloop.
Inbrekers was die naweek woelig in die gebied en het ses verskillende wonings geteiken.
Speur-insp Billy Petersen het hom Saterdagmiddag na die plaas Bergrivier gehaas toe hy 'n boodskap kry dat daar by bestuurder Quintus le Roux se woning ingebreek word.
Daar aangekom het Lourens le Roux (17) en 'n vriend, Jakobus Smit (17), reeds die booswig agternagesit.
Dolf Bermidi (52), 'n seisoenwerker van Grabouw, is aangehou.
Nog drie inbrekers het les opgesê toe insp Petersen ingelig is oor 'n huisbraak in aanvang in Pniel.
'n Bejaarde man en sy suster het tuis gekom toe hulle 'n gebreekte venster opmerk. Hulle het dadelik die polisie geskakel.
James May (31) van Kylemore is in die huis in hegtenis geneem voordat insp Petersen met behulp van 'n sekuriteitswag, Jakobus Muller, twee medepligtiges gaan soek het.
Rodney Schneider (26) en James Juma (24), altwee van Johannesdal, is aangehou. Gesteelde juweliersware is teruggekry.
* 'n Motoris wie se motor gebreek het naby Klapmuts, het met sy terugkeer ontdek dat diewe intussen toegelsaan het.
Die silwerkleurige Opel Rekord wat Dinsdagaand 28 Februarie op die R44 gaan staan het, het gestaan sonder sy wiele, ligte en verskeie onderdele.
'n Rooi Hillman Vogue is in die omgewing gesien. Skakel insp Clifford Coetzee by 875-5555. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Roads closed for cycle race |
|
|
 |
 |
|
A NUMBER of roads in the Paarl area will be closed for the Cape Argus Pick 'n Pay Giro Del Capo international cycling race from 6 to 9 March in which eight foreign cycling teams will be competing against the best of South Africa.
On Wednesday 6 the cyclists pass through Stellenbosch and delays can be expected on the Helshoogte Pass between 10:00 and 14:30.
On Thursday 7 March the race passes through Paarl. Traffic will be disrupted in Market Street and on the R303 towards Franschhoek for the start of the leg between 09:30 until 11:15. The same area will be affected at the time of the finish of the stage, which will take place between 15:15 and 15:45.
During the day delays should be expected on the Franschhoek Pass between 11:30 and 12:00 and on the Du Toit's Kloof Pass between 14:45 and 15:45.
Alternative routes should be used during these time periods. |
 |
 |
|
Jaers vasgevat |
|
|
 |
 |
|
'n MISDAADVOORKOMINGSAKSIE, gemik teen die resiesjaery in Klein Drakensteinweg, is verlede naweek deur die Paarl-Oos Polisie in samewerking met die Paarl Verkeersdepartement en buurtwaglede gehou.
'n Patrollie is gehou te Ivanhoe Park, nadat verskeie klagtes van die gemeenskap in die omliggende areas ontvang is.
Waarskuwings is gerig aan mense wat in die openbaar alkohol gebruik het of harde musiek gespeel het. Boetes vir verskeie verkeersoortredings is ook uitgeskryf.
Die waarnemende stasiekommissaris, kapt Gilbert Jones, het gesê hierdie tipe samewerking tussen die plaaslike polisie, verkeer en gemeenskap kan in die toekoms 'n groot rol speel om misdaad hok te slaan. |
 |
 |
|
Road survey launched |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
 |
 |
|
ONLY a handful of people attended two meetings last week to launch a study for an Integrated Transport Master Plan (TMP) in the Drakenstein municipal area. The plan is to be drawn up with a view to upgrading roads in Paarl and Wellington.
At the meetings members of the public were offered the opportunity to give their input on the shortcomings of the local road network.
At the Wellington meeting, attended by about 30 people, residents complained that too few people had known about the meeting.
A spokesman for the Municipality pointed out that a number of advertisements and articles had appeared in the press.
The first phase of the project in which traffic counts, parking surveys, origin-destination surveys and number plate surveys are undertaken by a consultant, has already started.
The plan is based on an economic and land use growth scenario to complement IDP planning and will be completed by October as a tool for planning of road network development.
"No development can take place in a town, unless you have roads that fit in with your plans," said assistant town planner, Deon du Plessis.
"We are in the process of identifying the problem areas such as through roads (Main Road and Berg River Boulevard in Paarl and Church Street in Wellington) and roads which are poorly linked (Lady Grey Street to Klein Drakenstein Road).
"There are also streets which are incomplete, such as Van der Stel Street and Berg River Boulevard northwards in Paarl, and Genl Hertzog Road in Wellington.
"So far we have already done traffic counts at sixty points. These counts will eventually be an indication as to which roads will need improvement. The completed study will then by referred to the Council," he said.
The first phase of surveys is to be completed by June, after which the concept plan will be drawn up for completion by October.
The third phase, a planning framework according to provincial guidelines, must be completed by December.
For more information, contact Deon du Plessis at Drakenstein Municipality (807-3703) or Paul Fourie at Africon (421-6527). |
|
|
|
|
|
|
|
|
|