|
verdeel volgens verskillende taalgroepe.
"Toe ek die eerste keer aangeland het, was die inwoners baie afsydig. Later het hulle egter begin ontdooi en het ek deel geword van hulle," het Liezel vertel.
Volgens haar verskil België in baie opsigte van Suid-Afrika.
"Die jongmense daar het meer respek vir die ouer geslag. Hulle is ook baie hardwerkend. Om op die skoolbanke te wees bedags is reeds harde werk en die Belgiese leerlinge doen hul uiterste bes in hul skooljare."
Carlynn het onmiddellik aangepas in haar nuwe omgewing in Fredericia en is vol lof vir die inwoners van Denemarke.
"Ek het ook ervaar dat die mense geweldig hardwerkend is," het sy gesê.
"Die Deense skoolstelsel verskil heelwat van Suid-Afrika s'n. Hulle periodes is gewoonlik twee ure lank, wat beteken dat meer tyd afgestaan kan word aan elke vak. Boonop werk die meeste skoliere na ure.
"So 'n ondervinding vergeet jy nooit - met so 'n uitruilondervinding maak jy nuwe vriende en leer jy jouself beter ken.
Belangstellendes wat ook uitruilstudente wil word of studente as gaste wil ontvang, kan Youth for Understanding SA kontak by 946-3773 of e-pos yfursa@mweb.co.za.
* Two local learners spent a year in Europe as exchange students. |