|
|
 |
Sport |
 |
REKORDS. Llewellyn Adonis (o.15) van Boishaai het met sy tyd van 14,1s die rekord gebreek in die 100m hekkies tydens verlede week se Driehoekige Atletiekbyeenkoms teen HJS, Wynberg en Paul Roos. Paul Roos met 616 punte het die byeenkoms gewen gevolg deur HJS met 501 en Wynberg derde met 330 punte. Ander rekords wat deur Boishaaiers verbeter is, is Andrew Koch (verspring o.19 6,44m), Damion Fuller (spiesgooi o.14 43,18m), Quinus Kok (spiesgooi o.17 58,40m), Floris van Zyl (hamergooi o.17 50,97m) en Pieter Rossouw (skyfwerp o.19 38,30m). Foto: Leon Steenkamp
|
 |
 |
|
Boland reg vir Valke |
|
|
 |
|
|
|
 |
DIE Kavaliers sal beslis hul sokkies moet optrek as hul Saterdag met 'n oorwinning wil wegstap wanneer hulle op Wellington teen die Valke te staan kom.
"Ek dink die manne was miskien 'n bietjie houtgerus juis omdat die Leeus se span uit redelike jong ouens bestaan. Toe ons egter wakker skrik was dit te laat," het Jerome Paarwater vandeesweek oor sy span se 41-24 nederlaag teen die Goue Leeus te sê gehad.
Hy is egter vasbeslote dat dit nie weer sal gebeur nie.
"Ek verwag dat Saterdag se wedstryd teen die Valke selfs 'n harder wedstryd kan wees as teen die Leeus. Ek dink dit is goed dat ons die wedstryd tuis speel, dit sal die ouens dalk meer laat ontspan en hopelik van 'n wen besorg.
"Al die die spanne wil vroeg in die seisoen punte kry en die OP sal ook na 'n wen op soek wees ná hul gelykop uitslag," het hy gesê.
Boland het tans een ligapunt danksy 'n bonuspunt wat die vier drieë deur Piet van Zyl, Enrico January, Vion Wium en David Hendricks hulle besorg het.
Dat daar vandeesweek hard geskaaf is aan veral die skopwerk pale toe is seker.
"Ons het vier drieë gedruk teenoor hul vyf, maar die wedstryd met amper 20 punte verloor en dit is alles skoppe. Daar sal beslis gekonsentreer word op die skopwerk, asook ons verdediging. Ons het daardeur ook te veel punte afgestaan," het Paarwater gesê.
Pieter O'Neill sal die naweek die skopwerk na die pale behartig. Hy vervang Daniel Philander op losskakel.
Die linkervleuel Jan Ackerman en agsteman Henley du Plessis is albei op die krukkelys. Ackerman se kniebesering sal hom vir 'n week buite aksie laat, terwyl Du Plessis (liesbesering) eers weer oor twee weke vir die Kavaliers in aanmerking kan kom.
Lean van Dyk verskuif gevolglik van heelagter na linkervleuel, met Antonius Verhoeven wat van die reserwebank af gebring word om die nommer 15 trui te dra.
Onder die voorspelers sal Chris Potgieter die agstemanposisie volstaan, terwyl Eugene Maqwelana kans kry op loskopstut.
Die Boland het teen die Leeus deurgaans met harde veggees gespeel en as die foute uitgestryk word, kan hulle oormôre die Valke se vlerk knip.
Maar op 'n skinkbord gaan die manne van die Oos-Transvaal dit ook nie weggee nie. Die Valke se gelykoptelling teen die Olifante Saterdag nadat hulle vir die grootste deel van die wedstryd voorgeloop het, sou hulle beslis onvergenoeg gelaat het.
'n Oorwinning op Boland Park sal dus presies wees wat nodig is om die verbroude kanse van die vorige naweek te vergeet.
Albei spanne sal poog om hul eerste oorwinning van die 2002 Vodacombeker-reeks oormôre op hul kerfstok te kry. Toeskouers kan hul dus regmaak vir 'n groot stryd en 'n entoesiastiese tuisskare is net wat die Kavaliers nodig het om hul beste na vore te bring.
Die wedstryd begin om 15:00 op Boland Park. |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
SA-ryer Thomas verdedig titel |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
DIE Rhadsport fietsryer, Garth Thomas is verlede week in die nasionale span opgeneem wat op 8 Maart in die Drie Nasies byeenkoms in Bellville teen ryers van Duitsland en Italië sal jaag.
Vir Thomas was 2001 'n merkwaardige jaar. Ondanks die drie goue medaljes wat hy voorheen as onder sestien ryer ingepalm het, het sy welslae tydens verlede jaar se Tweede Kersdag byeenkoms tot dusver die kroon gespan op sy fietsry-loopbaan.
In fietsrykringe word daar meer waarde geheg aan 'n oorwinning in die Tweede Kersdag 25 Myl as 'n goue medalje by die nasionale kampioenskappe en Garth se oorwinning in dié nommer, is een van sy grootste hoogtepunte nog.
Deur sy insluiting in die nasionale span, volg hy in die voetspore van sy oom en afrigter, Elrick Kulsen, wat ook sy Springbokkleure ontvang het teen die Duitse nasionale span 'n paar jaar gelede.
Colin Parsons van Paarl Fietsryklub was een van die ongelukkige manne wat net-net nie die nasionale span gehaal het nie. Hy asook sy Paarl spanmaat Ahley Kulsen is in die Federasiespan opgeneem wat ook teen die Duitsers en Italianers gaan meeding.
Saterdag pak Thomas weer sy teenstanders in 'n 25 myl wedren wanneer sy klub se All Gold Trofee op die spel is in die hoofwedren by Rhadsport se jaarlikse Maart byeenkoms.
Thomas is die verdedigende kampioen in dié wedren en sou graag sy titel wil behou. Hy kan egter groot teenstand verwag van die CSC en CVT spanne asook ander plaaslike ryers soos Parsons.
Die Rhadsport byeenkoms maak voorsiening vir wedrenne vir alle ouderdomsgroepe en bied ook 'n 1500m uitnodigingswedren aan.
Laasgenoemde word jaarliks aangebied ter nagedagtenis aan die Bellville fietsryer Marlo Carstens, wat tragies gesterf het nadat 'n motoris hom van sy fiets gestamp het.
Die wedrenne begin om 14:00 by die Faurestraat Stadion, met die 25 myl wat omstreeks 16:30 sal begin. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Sweet victory for La Rochelle |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
IT was a sweet victory for the girls of La Rochelle High when they won the 4M interschools athletics meeting at Coetzenburg on Thursday by a mere two points.
It is the first time in the ten year existence of the event that La Rochelle took home the spoils. The meet is held every year with La Rochelle, Paarl Girls' High, Bloemhof and Rhenish competing against one another.
Bloemhof finished second with 427 points, followed by Paarl Girls' High with 396 and Rhenish with 72.
Leading up to the Larries' 429 point victory were outstanding performances by Stacey Gardner, Marné van der Burgh and Nicole Marais, three of the day's four top performing athletes.
Van der Burgh's record time of 13,90s in the 100m hurdles for girls u.17 was the best performance of the day, equalling 955 points on the Absa table.
Gardner broke the 100m u.14 record with her time of 12,70s (942 Absa points) while Marais did the same in the 800m (2:15; 829 Absa points) and 1500m (4:54,1) in the u.19 age group.
These three athletes also won the trophies for the best achievements in their age groups.
La Rochelle were responsible for 10 of the 17 records on the day which included the 4x100m relay by the u.17 girls (51.1s).
Other new records by La Rochelle were Tarryn McDonald (u.19 100mh in 15,7s); Lizellé Hill (u.19 hj 1,57m); Van der Burgh (u.17 100m in 12,0s; hj 1,65m); Annette de Villiers (u.15 sp 10,27m). |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Paarl Golf team still on track |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
THE Brodie league team of Paarl Golf Club is still on the right track after the second round of the Brodie League Match Play competition, played at Somerset West on Saturday.
Paarl managed to beat both Malmesbury B and De Hoek 5-3.
Leon Scheepers and Cassie Viljoen, playing at number 1 en 2 respectively, scored a win and a draw each over their rivals.
Jan Vorster and Herman Fredericks came away with the same result while Johan Neethling and Kallie Cupido outplayed their opponents by winning both matches.
Cupido made a good debut, coming in as a replacement for Le Roux Strydom after both reserves were unavailable.
Paarl has a bye in the third round at Devon Vale. They have now played and won all four matches.
This weekend's results are (Paarl vs Malmesbury B) Johan Neethling b J Theunissen 5-4, Kallie Cupido b J Basson 6-4, Clive Fredericks l J Bosman 4-5, Herman Fredericks b L Carstens 5-4, Jan Vorster d J de Beer 0-0, Chris Droomer l F de Beer 2-3, Cassie Viljoen b J Smit 3-2, Leon Scheepers d J Gouws 0-0. Paarl b Malmesbury B 5-3. (Paarl vs De Hoek) Johan Neethling b G Scholfield 3-2, Kallie Cupido b D Adams 3-1, Clive Fredericks l N Heunis 4-5, Herman Fredericks d M van Zyl 0-0, Jan Vorster b D Coetzee 1-0, Chris Droomer l D Sass 5-6, Cassie Viljoen d L Mostert 0-0, Leon Scheepers b T Turner 3-2. Paarl b De Hoek 5-3. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Paarliet is rolstoel-ster |
|
|
 |
|
|
|
 |
TWEE Bolanders het onlangs Suid-Afrika verteenwoordig in die nasionale rolstoel-rugbyspan.
Jacques Lloyd van Paarl en Wentzel Barnard van Stellenbosch is twee kwadrupleë wat rolstoel-rugby speel vir Westelike Provinsie.
Dié twee spelers is in die SA span opgeneem wat onlangs aan die Oceania Sonetoernooi in Christchurch, Nieu-Seeland deelgeneem het.
Spanne van Australië, Nieu-Seeland en Japan het ook aan die toernooi deelgeneem.
Dit was die eerste keer dat Suid-Afrika aan dié kompetisie deelgeneem het. Voor sy deelname was Suid-Afrika 16de gekeur uit die 32 spanne wat wêreldwyd aan dié sport deelneem, maar ná die Oceania toernooi beklee hy die tiende posisie.
Suid-Afrika sal volgende jaar plaaslik teen dieselfde spanne te staan kom om te kwalifiseer vir die Paralimpiese Spele in Athene. Rolstoel-rugby is tans een van die vinnigste groeiende sportsoorte onder kwadrupleë. Die sport behels twee spanne van vier spelers elk wat op 'n basketbalbaan teen mekaar speel.
'n Speler moet tussen deur pale ry om 'n drie te druk, terwyl opponente hom met hulle rolstoele probeer verhinder. Deelnemers word volgens fisieke beperkings geklassifiseer.
"Hierdie is die enigste spansport vir kwadrupleë en hoewel dit baie fisiek is, is dit 'n fantastiese sport om aan deel te neem," sê Lloyd.
"Daar word tans gepoog om 'n junior span op die been te bring en ons wil 'n beroep doen op persone wat belang stel om te speel of wat wil help met die ontwikkeling van die sport onder gestremdes om my te skakel by 072-228-5767." |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Paarl-Oos lyk goed |
|
|
 |
|
|
|
 |
DIE eerste krieketspan van Paarl-Oos Polisie is goed op dreef ná die eerste dag van sy tweedaagse Super Ses wedstryd teen Brackenfell.
Paarl-Oos is tans 90 lopies voor Brackenfell, maar met die tuisspan wat nog 15 beurte oor het in sy eerste kolfbeurt kort hulle slegs 'n lopie per bal om dinge gelyk te maak. Die dooie blad en vinnige buiteveld kan beslis Brackenfell se taak vergemaklik.
Maar krieket is 'n onvoorspelbare sport en as die Paarliete Brackenfell se oorblywende vyf paaltjies vinnig kan laat kantel, kan hulle die tuisspan onder hul duim hê.
Paarl-Oos het sy beurt deurgekolf vir sy telling van 250/9. Die groot staatmaker was Jack Daniels wie se 80 lopies 'n skouspelagtige 12 viere ingesluit het. Bruce Miller (47 8x4), Edgar Watts (40 7x4) en Wayne Jantjies (24 5x4) het gehelp dat die telling vinnig groei.
A Smit (3/66 in 17bb) en T Dippenaar (3/73 in 18bb) het Brackenfell se boulaanval gelei.
Teen uitskeityd was Brackenfell op 159/5. A Prinsloo (38), N Snyman (34), T Smit (26) en G Munnigke (24) het die lopies geslaan.
In die boulwerk was dit weer Daniels wat goed gedoen het met sy syfers van 2/10 in 6 boulbeurte. Justin Watts (2/52 in 17bb) en Zynodean Fredericks (1/43 in 9bb) het ook paaltjies geneem.
Die tweede span speel tuis teen Brackenfell. Die besoekers het op 144/6 in sy eerste beurt verklaar.
Garth Lewis (3/47 in 13) en Ferdie Jonathan (3/47 in 10bb) was Paarl-Oos se top boulers.
Die tuisspan staan op 137/8 danksy mooi beurte deur Wilfred Minnies (30*), Jonathan (28) en Butch Green (23). Daar is nog 23 beurte oor in Paarl-Oos se eerste kolfbeurt. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Klein Nederburg klop New Orleans |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
DIE Superliga derby-wedstryd tussen Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans Sekondêr is Saterdag op die Parysveld gespeel.
New Orleans het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Klein Nederburg se kolfbeurt begin goed danksy 'n openingsvennootskap van 101 tussen Lorenzo Jacobs (60) en Brett Mitchell (26).
'n Vinnige 28 lopies van net 10 balle deur Ainsley Anderson, asook bydraes deur Greame Adams (16) en Cameron Cupido (18) sorg dat KN 'n goeie telling op die bord kry.
Waylain September van New Orleans het 'n pragbeurt met die bal beleef met sy syfers van 4/23 van 10 beurte.
Klein Nederburg se boulwerk is net so indrukwekkend en hulle boul New Orleans uit vir slegs 117 vir 'n oorwinning van 71 lopies.
Godfrey Stevens (38) en Carlton Arendse (32) was die top lopiemakers.
Lyndon Fredericks (3/30), Jarrier Alexander (3/12) en Christo Plaatjies (1/24) het goed geboul.
Klein Nederburg se Lorenzo Jacobs, wie se 60 lopies vier grenshoue en twee sesse ingesluit het, word as speler van die wedstryd aangewys. |
|
|