safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 28 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 September  2003 at 17:00

Arts - Kunste

wtalent

WENNERS. Die 19e jaarlikse Paarl KWV Talentkompetisie het onlangs plaasgevind, die eerste keer in die Paarl stadsaal. Hier is seremoniemeester Johan Rademan by die wenners. Muldene Holloway (voor) was die wenner van die senior afdeling en dit het haar 'n hele R1500 in die sak gebring. In die junior afdeling het Francois Tredoux (links) koning gekraai (R1000), met Natasha Dahl (regs) eerste onder die beginners (R500). Aldrie ontvang ook 'n demo CD van Muzikfront.


Opera in the country

[ Top ]


CAPE TOWN OPERA will start touring into the country again as part of the Spring Opera Festival 2003.

With generous sponsorship of The National Lotteries Board, Cape Town Opera will after a long absence pour their golden voices over the country-side in Franschhoek, Caledon, Swellendam, Darling, Robertson, Knysna and Hermanus.

The Opera Country Tour will be hosted at the Barnyard Theatre at Bridge House on Tuesday  with their Opera Pops Programme.

The prestigious Cape Town Opera Studio will appear in the programme.

Opera Pops comprises operatic favourites such as The Drinking Song from La Traviata, Musetta's Waltz song from La Bohéme, as well as old time favourites from musicals such as ShowBoat and West Side Story.

For some red hot flavour a selection from the musical Chicago has been included. Ticket prices are R60.

Bookings with Robyn on 874-1505.


Strykers by museum

[ Top ]


DIE strykkwintet Asylum Letters hou op Saterdag 30 Augustus om 19:30 'n kamermusiekkonsert in die Paarl Museum.

Die program sal Dvorak se strykkwintet, Peter Warlock se Capriol Suite en Gustav Holst se St Paul Suite insluit.

Kaartjies is R40 en sluit 'n glasie sjerrie tydens pouse in. Belangstellendes kan Jaline de Villiers of Elizabeth Bowes by Paarl Museum skakel om te bespreek by 872-2651 of e-pos museum1@telkomsa.net.

Asylum Letters is in April gestig toe 'n paar musikante eendag gekla het oor hoe min geleenthede hulle kry om mooi kamermusiek te speel.

Die groep bestaan uit Helga van der Merwe (eerste viool), Mariëtte Schumann (tweede viool), Jan-Hendrik Harley (altviool), Robert Jeffery (tjello) en Brünnhilde Ekermans (kontrabas).


Jong pianis by La Motte

[ Top ]


LA MOTTE se tweede klassieke konsert-reeks vir vanjaar begin Saterdag 30 Augustus met 'n uitvoering deur die negentienjarige Ben Schoeman van Pretoria, tans 'n tweedejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria.

Hy het vroeër vanjaar die eerste prys in die gesogte Unisa Nasionale Klavierkompetisie gewen. Van die talle ander pryse op sy kerfstok is die eerste prys in die Nasionale Hennie Joubertkompetisie vir hoërskool-leerders.

Ben speel Beethoven se Sonate in A Majeur, opus 2 no 2, Ginastera se Eerste Sonate vir klavier, opus 22, asook verskeie virtuose werke van Liszt, onder meer Après une lecture du Dante.

Die konsert is in La Motte se historiese kelder met sy rustige atmosfeer en uitmuntende akoestiek aangebied.

By hulle aankoms word gaste met 'n drankie verwelkom en na afloop van elke konsert kan hulle die kunstenaars ontmoet tesame met heerlike La Motte-wyne en ligte versnaperings.

Die konsert begin om 19:00 en toegang is R85 per persoon. Besprekings kan by die proelokaal op La Motte gedoen word, of telefonies by 876-3114/9 (Comari).


Sy wil hele Vallei deur hul passies sit

[ Top ]


EK sien dans as 'n kunsvorm wat mense kan genees en heel maak, raak Jo-Anne Huizies van die Rejoice Dansskool opgewonde oor hierdie groot liefde van haar.

"Ons leer die meisies nie net dans nie, maar ook lewensvaardighede.

"Ek sien hoe ons studente groei na mense wat weet wat hulle wil hê, sterk vroue wat seker is van hulself," gesels Jo-Anne.

Dié fyn meisietjie het reeds diep spore gedans as dit kom by die ontwikkeling van spirituele dans in die Vallei en vandag bied haar dansskool gereeld optredes aan.

Haar jongste produksie, "Women you are called", kan op Saterdag 6 September om 19:00 in die CP van der Merwesaal op Wellington gesien word.

Die stuk is gebaseer op die Bybelse Ester - 'n vrou wat as weeskind sonder veel geleenthede opgegroei het, maar tog haar volk van uitwissing gered het.

"Ons wil vir vroue sê daar is 'n doel met elkeen se lewe en jy kan as jy wil."

Dans is in Jo-Anne se bloed: "Ek het op skool ballet geneem en op onderwyskollege was dans deel van my LO-opleiding".

Jo-Anne het in 1993, met die ontstaan van die Koinonia Gemeenskapsentrum, by die destydse dansgroep aangesluit.

Dit het toe onder leiding van Ethné Truter gestaan en hulle het by kerke, in sentrums en ook op stoepe gedans.

Haar betrokkenheid by Koinonia en die dansgroep is tydelik op die lange baan geplaas toe sy 'n onderwyspos in Johannesburg aanvaar het.

In dié tyd besef Jo-Anne dat Franklin Huizies, deesdae bestuurder van Radio KC, die liefde van haar lewe is en die lang afstand raak 'n groot kopseer.

"Dit is toe dat ek besluit het om my droom te volg en 'n dansskool by Koinonia in die Paarl te begin. My passie was nog altyd om kinders deur dans op te voed en dit is waarvoor ek nou tyd het."

Sy keer in 1998 terug en dieselfde jaar verruil sy ook haar nooiensvan, Pedro, vir Huizies, as sy en Franklin trou.

Sedertdien is sy aan die hoof van die Rejoice Dansskool by Koinonia en bied, met die hulp van Raylene Williams, opleiding aan vir mense om self dansgroepe te stig.

Hulle bied ook twee keer per week klas aan vir jeugdiges van 5 tot 17 jaar.

Die meeste studente is meisies, maar deur die jare het heelparty mans ook al deur haar klasse gegaan.

Verskeie van die dansgroepe wat uit Rejoice ontwikkel het, is die bron vir die 51 dansers wat aan 6 September se optrede deelneem.

Kaartjies kos R20 by Koinonia of die aand by die deure.

Vir navrae, skakel Jo-Anne by 872-2141/2/3.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za