safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 28 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 September  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Kon dié noodlottige ongeluk vermy word?

[ Top ]


EK het op 25 Julie 'n brief aan die Drakenstein Munisipaliteit gestuur om as huisbewoner wie se eiendom grens aan Blouvleiweg my uiterse ongelukkigheid en bekommernis uit te spreek oor die spoed wat in Blouvleiweg, Wellington, gehandhaaf word. 

Ek besef dat hierdie soort van saak tyd vat, maar sou die derde noodlottige ongeluk binne 'n paar weke waarby studente betrokke was, nie dalk verhoed kon wees indien veiligheidsmaatreëls reeds in plek was nie?

Om 01:30 Saterdagoggend (23/8) is ek weereens ru uit my slaap geruk deur 'n BMW wat teen 'n ondenkbare spoed suidwaarts in Blouvleiweg gejaag het. 

Dit is dieselfde BMW wat, nadat daar blykbaar mense hoër op in die woonbuurte afgelaai is, die ongeluk op die R45 gemaak het waarin 'n student dood is. Dit help dus geensins dat daar net bedags wetstoepassing is nie.

My vraag is dus, indien hierdie motorbestuurder betyds in sy geweldige spoed gestuit kon word deur 'n padblokkade, spoedlokval of so iets, baie mense groot hartseer gespaar sou wees.

Blouvleiweg het 'n resiesbaan geword - veral gedurende Woensdag-, Vrydag- en Saterdagnagte.

Indien die Munisipaliteit ernstig is oor veiligheid en die voorkoming van lewensverlies (en ek glo hulle is) sal hierdie saak as hoogste prioriteit geoormerk word en die breë paaie soos Blouvleiweg, Genl Hertzoglaan en Kerkstraat, veral aan die bo-punt aan Bainskloof se kant deur korrekte wetstoepassing beveilig moet word.

Hierdie is 'n noodroep wat ek glo deur een-en-almal wie se eiendom grens aan een van die 'resiesbane' van Wellington, heelhartig geuiter sal word.

M van der Merwe


Waar is borgskappe vir skole dan?

[ Top ]


EK is oorstelp van vreugde met al die talent wat skolesport in die Paarl oplewer. Bygesê wil dit vir my voorkom asof hulle beter rugby as die Springbokspan speel!

Maar om daai mylpaal te behaal, is daar 'n ding soos borge (geld) nodig.

As ouer en inwoner van die Paarl wil ek baie graag dankie sê aan ENB vir sy borgskappe aan plaaslike skolekragmetings. Sonder ENB sal die derby's nie 'n sukses wees nie.

Een ding wat my egter pla, is die borgskappe aan skole in Paarl-Oos. Terwyl ek so deur die program blaai, kom ek agter dat meer as 80% van die borge uit besighede in Paarl-Oos kom.

Waar is die ander banke in die sentrale sakekern van die Paarl? Waar is die ander besighede van die Paarl?

Kom besighede van die Paarl, maak jul beursies oop, sien die talent raak en gee die jong sportmanne 'n kans om 'n sukses van hul sportlewe te maak.

Die toekoms van ons sportjeug is tog in die hande van die borge.

Kom Besigheid Paarl, neem 'n skool aan en maak Paarl 'n sportdorp en bevry die jeug van misdaad.

Baie dankie aan die besighede wat wel die skolesport borg. Ek weet die publiek sal dit nie ongesiens laat verbygaan nie.

Daar lê nog twee of drie derby's in Paarl en Wellington-omgewing voor en ek glo dat meer borge vorendag sal kom om ook hul dag 'n sukses te maak.

Wie weet? Dalk kan ons 'n Springbokspan uit die skolespan in die Paarl-omgewing kry, veral nou dat die Springbokke met hul rug teen die muur is.

EC Delport


Eskom's stance on free basic electricity

[ Top ]


IN response to the letter "Waar is Klapmuts se gratis elektrisiteit?" in Paarl Post (Thursday, 24 July):

All funding for the provision of free basic services has been allocated by the National Government to the municipalities throughout the country.

Therefore, the responsibility of rendering free basic electricity to the communities rests with local government.

Although Eskom is in full support of the free basic electricity initiative and has been in consultation with government over the past three years in this regard, certain critical issues have yet to be agreed upon.

The implementation will be a phased-in approach over three years. This implies that not all current customers will benefit with immediate effect.

On Eskom's side, negotiations are still underway with government as to the implementation and legal process that will be adopted. Once agreement has been reached, service delivery agreements will have to be entered into with all municipalities.

Enquiries about free electricity should be done at local municipalities.

Fanie Zulu (Eskom spokesperson)


Ex-Paarlite now police commissioner

[ Top ]


I WOULD like to congratulate Mr Mzwandile Petros on his recent appointment as Western Cape Commissioner of the South African Police. He is indeed a worthy Commissioner of whom Paarl has reason to be proud.  

In the late eighties he taught Mathematics at Simon Hebe (later Desmond Tutu high school).  It is my strong belief that the years he spent as an activist of the Paarl Youth Congress contributed in his preparation for the Commissioner's position.  

His appointment brings back memories of how he evaded arrest by the security police at the school premises. He is today leading some of those who harassed him. It is indeed another measure of how our society is changing.

My congratulating him is made sweeter by Paarl Post's editorial of August 14. This highlighted the successes of the Police in Paarl in their fight against crime.  

I would like to also take this opportunity to congratulate the gutsy men and women of our Police force. One hopes that this trend will continue in the entire Western Cape under the leadership of Commissioner Petros.

Luvuyo ka Zantsi


Verbied swaarvoertuie

[ Top ]


ONLANGS is berig dat die Wes-Kaapse minister van Vervoer, me Tasneem Essop, nou eers wil vasstel watter grootte voertuig toegelaat kan word om Bainskloofpas te gebruik voordat maatreëls getref gaan word om dit te beskerm teen swaar oertuie.

Minister Essop, dit klink net na 'n verskoning vir uitstel tot dit te laat is om die pas te red! Die antwoord is tog doodeenvoudig: die pas is 150-jaar gelede oopgestel vir ossewaens en perdekarre en GEEN swaarvoertuig behoort daar toegelaat te word nie!

Wellingtonner


Learn lessons from Interschools

[ Top ]


WHAT a pity over-zealous parents stand to destroy a wonderful 74- year-old tradition.

As an East Capie, I was neither in Boy's High nor Gymnasium. I did however attend both the Primary and High School Interschools matches - what a fantastic vibe.

Both "Disillusioned" and "Skaam Oud-Gimmie" have done a great disservice to two great schools.

On face value, "Disillusioned" appeared to be neutral and factually correct, but upon closer inspection, he revealed the true colours of sour grapes.

He is definitely not representative of the BHS parents which I am acquainted with.

As a Paarlite, well acquainted with both schools for more than 20 years, I am sure that "Skaam Oud-Gimmie" does not exist.

No old Gymmie nor Boys' Higher would attack his Alma Mater in the press - there are channels such as Old Boys' organisations for taking up such matters.

Both schools did agree to the choice of referee. Not anybody can act as a referee, they must be a qualified First League referee.

Each school had to appoint a linesman. Boys' Primary appointed the so called "Gymmie linesman". I think this clearly shows what an impeccable track record these gentlemen have.

These are men of integrity and people who have unselfishly dedicated huge amounts of their time to the Paarl community. They certainly do not deserve this treat- ment.

The u.19 referee had no problems, despite being an old Boys' High pupil and "allowing" Boys' High to win. Well played Boys' High.

What passed "Disillusioned" unnoticed, was the fact that the Gimmie's u.13 team started practising very hard from the beginning of the year. They also have beaten teams this season which have beaten Boys Primary.

Three lessons: never underestimate your opponents (even if you did beat them from u.7-u.11), underdogs with an incredible desire to win can be very "gutsy" opponents (even if not as talented), and true sportsmen do not blame the referee when things do not go their way.

Long live Interschools!

HC de Klerk


Ouers stel 'n swak voorbeeld

[ Top ]


DIT is 'n hartseerverhaal as die wenmotief só groot raak dat volwassenes soos onopgevoedes, ons kinders as toekomstige leiers van Suid-Afrika beïnvloed.

Skeidsregters word nie net by die o.13A wedstryde van Interskole nie, maar by talle ander wedstryde afgekraak. Hulle word vuil beledigende taal toegesnou en van hulle persoonlike eiendom word beskadig. Hierdie diens verrig skeidsregters, sonder enige vergoeding en op eie kostes.

Ons verwys geredelik na misdaad in Suid-Afrika en die swak dissipline wat daarmee saamgaan.

Dan verontskuldig ons onsself hiervan, maar by die sportveld word 'n skeidsregter, wat dalk onregverdig was of dalk 'n afdag beleef, of volgens ons subjektiewe mening ons "bedrieg" het, geskouer.

Selfs die skoolhoof word vuil taal toegesnou. Die basis vir die voorkoming van misdaad is in ons huise. Ek haal die voormalige staatspresident, Nelson Mandela aan: "I have discovered the secret that after climbing a great hill, one only finds that there are many more hills to climb".

Ons gaan nog baie wedstryde wen en nog baie verloor. As ons as ouers dit nie kan doen nie, het ons nog baie om te leer.

Louis-sun

[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za