|
mono-onversadigde vette, linoliensuur, volop vitamien E en is 'n anti-oksidant.
Dit help die vloei van suurstof deur hart en are en voed die brein en senustelsel.
Navorsing het bewys dat die anti-oksidante in druiwepitolie 50 keer sterker is as gewone vitamiene A, E en C in die stryd teen veroudering.
"Ons was so trots toe 'n bejaarde vrou nou die aand op Ruda Landman se program sit met 'n bottel van ons olie in haar hand," vertel Wilhelm.
"Met die regte lewenstyl en eetgewoontes het jy nie medisyne nodig nie," het die vrou gesê.
O'Grape is 'n familie-besigheid op Dalweiding in Daljosafat omgewing, met pa Wilhelm, ma Annelie, suster Anja en broer Carl wat oral raakvat.
Hulle gaan haal die pitte by kelders in die omgewing, droog dit, koudpers die olie, filtreer dit, bottel dit en plak self die etikette op.
Vir kokke wat waak oor gesondheid het dié olie met sy besonder hoë brandpunt nie net 'n ereplek op die kombuisrakke nie, maar ook in die medisynekas en op die badrand.
Die Arnolds het geen botter of margarine in die huis nie, en hulle gebruik dit as lyfroom en as naskeerroom.
"Die reuk trek na vyf minute in, so jy het net 'n kort rukkie 'n druiwe-pit karakter," sê Annelie.
Fietsryers vryf dit oor hul hele lyf vir energie-inname. Tuis smeer Wilhelm homself in die somer "blink in", want dan voel hy lekker soepel.
Sy ma Anna (79), het twee jaar gelede begin druiwepitolie drink en nou wil haar vriende by die aftree-oord weet watter nuwe velproduk sy dan gebruik.
Belangstelling in druiwepitolie is wêreldwyd aan die toeneem. Gesondheidsentra soos die nuwe Winelands Estate in Simondium beplan om olie uit druiwepitte in aromaterapie en spabaddens te gebruik.
Die Arnolds se koudgepersde olie is die enigste op winkelrakke in Suid-Afrika.
Teenoor die produk wat uit die distilleermetode verkry word, het die koudgeperste olie meer voedingswaarde, 'n sterker smaak en 'n groen-goue kleur.
Die druiwepitolie word by spesialiswinkels verkoop vir sowat R55 vir 500ml en R32 vir 'n 250ml bottel. |