safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 28 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 September  2003 at 17:00

Nuus - News


wkim01

OVERFLOWING. The Berg River overflowed its banks in places after heavy rain on Sunday and Monday. Kim Consul (7) of Paarl was not bothered by the cold, but enjoyed splashing in the water at Oos Bosch Street. Since Sunday 42mm has been measured, and for the whole of August a total of 186mm. This has not sufficiently compensated for the dry spell during June and July, however. With the Wemmershoek Dam only 50% full, water restrictions this summer cannot be ruled out.                                                                                                                                                    Pic: Uh-Albry Reitz


Student sterf

Malané Bosman

[ Top ]


'n STUDENT van Wellington het Vrydagnag na 'n motorongeluk buite die dorp gesterf, die derde jong man wat sy lewe op Wellingtonse paaie verloor die afgelope drie maande.

Oosthen van Wyk (21) van Jasmynstraat 8, Uitsig, was nie bevriend met die seun saam met wie hy gery het nie, maar wou toesien dat 'n meisie veilig tuiskom ná 'n mondigwordingsviering op 'n Voor-Groenbergplaas.

Hein Stofberg (19) het die meisie in Blouvleiweg afgelaai voordat hy na bewering sy pa se kragtige BMW op die Malmesburypad wou gaan toets.

Altwee jong mans het sitplekgordels aangehad toe hulle om 02:25 van agter teen 'n stadigbewegende vragmotor vasgejaag het.

Die motor het op sy sy te lande gekom, en warm olie het uit die enjin getap oor die voorsitplekke.

Die mans is met meganiese kake uit die verfrommelde wrak bevry. Oosthen het nooit sy bewussyn herwin nie en het vier uur later aan veelvuldige beserings beswyk.

Hein, van Murraystraat 16, Wellington, word in die Paarl Medi-Clinic behandel vir 'n gebreekte neus, wonde aan sy kop, 'n gebreekte duim, heupbesering, brandwonde en geskeurde ligamente aan sy bene.

Oosthen se baie vriende en familielede het ná die ongeluk hul medelye betuig. Hy het in 2001 aan die Hugenote Hoërskool gematrikuleer.

"Oosthen was soveel plesier, altyd vriendelik en vol lag," het hulle die derdejaar-Matiestudent onthou.

"Hy het 'n passie gehad vir die buitelewe, fiksheid en sport."

Sy vriendin, Marlou van Zyl, was Vrydagnag met 'n bus op pad van Namibië om by Oosthen te kom kuier. Sy het kort voor die ongeluk per selfoon met hom gesels en moes by haar aankoms van die tragedie verneem.

Oosthen word oorleef deur sy ouers, Bill en Marianna van Wyk, suster Marisa (19), ouma Anatjie van Wyk van Wellington en ouma Baba Bartie van Porterville.

Die herdenkingsdiens is vandag om 15:00 in die Wellingtonse NG Moederkerk.

Bloed is ná die ongeluk van die bestuurder getrek. Speur-insp Flippie Pietersen ondersoek 'n saak van strafbare manslag.

Hein was verlede jaar in matriek aan die Hugenote Hoërskool en is 'n eerstejaarstudent aan die Wellington-kampus van die Kaapse Technikon.

Hy woon saam met sy ouers in die studentehuis waar Garryd van der Colff (19) van Vredendal ook bly.

Garryd het met ernstige beserings die ongeluk op 25 Mei oorleef waarin sy klasmaat, Pierre Malan (20) van George, gesterf het.

Pierre het die nag om 03:00 na bewering teen hoë spoed met sy BMW uit Blouvleiweg in Piet Retiefstraat ingedraai toe die motor by die spuitfontein omgeslaan het.

In nog 'n noodlottige botsing in Wellington het Aldo Kuhn (21) van Parow Saterdag 20 Julie om 23:00 op die hoek van Kerk- en Bergstraat beheer oor sy motor verloor.

Hy het aan sy beserings gesterf terwyl sy kleinneef, Chris Hiscock (21) van Berg-en-Dal, oorleef het (sien foto bl 3).

* Another student has died in a Wellington road accident.


Vinnig op spoor

Malané Bosman

[ Top ]


'n POLISIEVROU tuis met verlof was verlede week die ondergang van drie vermeende inbrekers in Wellington.

Sy was Vrydagoggend tuis toe twee vreemde mans haar voordeurklokkie in Berg-en-Dal gelui het.

Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, het onraad vermoed en buite sig gebly terwyl sy die huisdeure gesluit het.

Die mans het oor 'n hek gespring na die agterkant van die woning en aan vensters begin ruk. Toe hulle die skuifdeur gryp, het sy net betyds die slot kon afdruk.

"Die mans het gemeen daar is niemand tuis nie," het speur-insp Ballie Cupido gesê.

"Toe hulle die vrou gewaar, het hulle gevlug in 'n rooi motor met 'n vrou agter die stuur."

Die polisie is in kennis gestel en drie insittendes in die motor met Namibiese nommerplate, is in Kerkstraat voorgekeer.

Daar is vasgestel dat die motor 'n CA registrasieskyf van 'n CitiGolf het, en moontlik gesteel is. Die verdagte vrou, agt maande swanger, is op borgtog vrygelaat terwyl die twee mans - almal van Khayelitsha-omgewing - aangehou word vir poging tot huisbraak.

Die verbintenis van die verdagtes met sake van besit en handel in dwelms asook huisbraak, word ondersoek.

* Daar is die naweek sewe huisbraaksake in Wellington aangemeld op plase en in Ranzadale, Berg-en-Dal en die middedorp. Selfone, juweliersware, musiekdiskette, videomasjiene en sigarette is van die gesteelde goedere.

Donderdag het inspekteurs Nico de Villiers en Simon Fredericks 'n man met 'n verdagte sak oor sy skouer in Wellington gesien loop.

Dit was kort nadat 'n oproep ontvang is van 'n huisbraak in Bainstraat waar 'n jaggeweer gesteel is.

Toe hulle by die man stop, het hy die geweersak laat val en weggehardloop.

Fredericks het hom agternagesit terwyl De Villiers eers die geweer, 20 patrone, gesteelde klere, geld en vleis opgetel het.

Daarna het hy en versterkings ook agter die twee  naellopers aangejaag.

Ná 'n gehardloop van meer as 'n kilometer, oor tuinmure, deur erwe, verby honde, het Fredericks die verdagte man in die Spruitrivier vasgetrek.

Jonathon Williams (21) van Carterville het reeds in die Wellington landdroshof verskyn.

* Police in Wellington are proving too fast for burglars.


Mak motordiewe

Malané Bosman

[ Top ]


VRYWILLIGE helpers van die Kankervereniging op Wellington sit gestrand nadat hul minibus vanjaar vir die tweede keer gesteel is.

Met die diefstal in Junie het die polisie die volgende dag die gesteelde wit minibus, duidelik gemerk in groot blou letters, in Khayelitsha opgespoor.

Maar hierdie keer meen Linda du Toit, administratiewe beampte van Kansa, is hulle dalk nie weer so gelukkig nie.

Die Toyota Hi-Ace, met 'n CA registrasienommer, het Donderdagaand onderdak op haar erf in Louvrestraat, Courtrai, gestaan toe dit verdwyn het.

"Ons het nie 'n geluid gehoor nie. Die bussie het 'n ratslot, maar as hulle dit wil vat, sal hulle.

"Die Kankerverenigingnaam, embleem en telefoonnommer is teen die sye en die registrasienommer is groot op die dak aangebring.

"Nou sit ons met 'n probleem, want ons het geen vervoer vir ons vrywilligers nie," sê Linda.

Kansa hoop om, indien hulle weer 'n bussie kan aanskaf, 'n motorhuis in Wellington te huur vir hul "hoë risiko vervoermiddel".

Sedert Donderdag is daar elke daaropvolgende aand 'n voertuig in die Paarl of Wellington gesteel.

"Dis nou die tyd dat motordiewe toeslaan," het 'n polisieman verduidelik.

"Dis wanneer die wind raas of as huismense nie die reën en koue wil trotseer om vas te stel hoekom die honde blaf of die motoralarm afgaan nie.

"En dan is daar voetgangers wat 'n motor steel net om nie huis toe te stap in die nat nie."

* Dit is heel waarskynlik wat gebeur het toe 'n man Vrydagnag nie sy bakkie buite 'n kuierplek in Jan van Riebeeckweg kon vind nie. Sy ou model 1400 Datsun bakkie het in die niet verdwyn.

Hy het die diefstal die volgende oggend om 10:00 aangemeld en die Paarl-Oos polisie het die bakkie kort daarna verlate in Grebestraat gevind.

Die battery was uitgehaal, die flikkerhefboom was afgebreek en die ratkas was stukkend.

* Saterdagmiddag om 18:45 is Neels Weyers se silwerkleurige, langbak Toyota bakkie voor sy oë by 'n rottangwinkel in die Hoofstraat gesteel.

Hy was besig om 'n kas op die bak by die voordeur af te laai toe 'n man in sy twintigerjare, met ligte gelaatstrekke, donker hare en 'n snor, in die bakkie gespring, die deure gesluit en weggejaag het.

"Ek het eers gedink dis 'n pêl wat 'n grap maak," het Neels gesê. "Maar toe besef ek dis ernstig."

Op die eerste straathoek het die motordief 'n blonde jong man geklee in 'n blou windjekker en denimbroek opgetel en verdwyn.

Die gestroopte bakkie is Maandag teruggevind by Magnoliawoonstelle in Lantanastraat, Paarl-Oos.

Die aand het Neels mismoedig by die steeds netjiese dop van sy bakkie gestaan, want die enjin, ratkas, de laaste onderdeel, is verwyder.

Van die kas en die motordiewe was daar ook geen spoor nie.

* Sondagmiddag om 18:30 is 'n wit Mitsubishi bakkie met 'n wit kappie, CN 3569, voor 'n woning in Du Toitstraat, Wellington, gesteel.

Die motordiefstalsake word ondersoek deur insp Githa Kilian (807-4000) in die Paarl en insp Flippie Pietersen (873-1141) in Wellington.

* Four vehicles were stolen in as many days in Paarl and Wellington last week.


Perdekar vat lang Karoopad na die Paarl

[ Top ]


SONDAG begin die historiese perdekartrek van Kimberley na die Paarl met die oog op Erfenisdag.

Die bokkiekar en perde waarmee gery gaan word, het reeds Dinsdag na Kimberley vertrek, net betyds vir die Gariepfees.

Daarvandaan word Sondag weggetrek op die Vergete Grootpad na plekke met name soos Saamsuip, Bizansgat, Schietfontein, Karoopoort, Freezing Station (Sutherland) en Leeuwfontein.

Hierdie roete was vroeër jare die hoofroete van die Kaap na die binneland, veral ná die ontdekking van die eerste diamant by Hopetown in 1866, totdat die spoorlyn in 1885 tot by Kimberley voltooi is.

Die vraag na rytuie gedurende die stormloop het aanleiding gegee tot die vestiging van die eerste groot industrie in die Paarl - die wamakersbedryf.

Hoewel die ou roete met tyd geleidelik "vergete" geraak het, word dit herdenk met 'n Erfenisfees in die Paarl op 24 September, aangebied deur die De Poort-projek wat 'n museumdorpie wil vestig by die ingang tot die Paarl.

Dele van hierdie binnelandse roetes was baie oud en is reeds gevestig deur die trekbeesboere van die Koina lank voor die eerste wiel sy verskyning gemaak het na die VOC se aankoms in Tafelbaai in 1652.

Oorspronklike reisigers na die Warm Bokkeveld by Ceres moes hulle vierwielrytuie uitmekaar haal en op pak-osse laai om deur die kloof by Michellspas te kom. 

Die roete is eers in 1765 gangbaar gemaak deur Mostert met 'n pad onder in die kloof en op die rivierwalle. 

Verder noord-oos was 'n meer natuurlike roete verby Lakenvlei en na 1850 verby Leeuwfontein se "hotelletjie" oor Theronsbergpas na Karoopoort - 'n roete wat reeds deur die eeue gevestig was deur die Koina trekboer. 

Die natuurlike monument van die fontein "Saamsuip" langs die Doringrivier by Pretoriuskraal in dié geweste wat Lichtenstein in 1805 beskryf het, was 'n lafenis vir die moderne mens en dier op sy roete.

Hierdie roete  na die binneland is deur verskillende reisigers, sendelinge na Klaarwater en later van die 2000 diamantdelwers wat maandeliks by die delwery aangekom het. 

De Poort se simboliese bokkiekar getrek deur twee Saron boerperde vertrek Sondag van Kimberley se mynmuseum op dié Karooroete.

Die plaaslike gemeenskap verskaf rytuie en trekdiere asook perderuiters om deel te neem aan 'n optog by die Gariepfees saam met De Poort se bokkiekar.

Verder suid doen hulle aan by Hopetown (1 September) en Carnarvon (3 September). Elke dorp reël sy program rondom die aankoms en vertrek van die bokkiekar. Drie dae (4,5 en 6 September) word in die Ceres Karoo vertoef en daarna word Bainskloof oorgesteek saam met die viering van dié historiese pas se 150ste verjaarsdag op 13 September.

Op Erfenisdag 24 September sal die bokkiekar simbolies die Paarl binnekom en aansluit by 'n optog van outydse rytuie en verrigtinge van die dag. Daar word ook beplan om die Vrydag en Saterdag daarna 'n program aan te bied.

Vir navrae, kontak Frances Graves 863-3902 of Johan van der Merwe 869-8584 (n/u) of 082-879-1100.

* The  commerative trek by cart from Kimberley to Paarl starts on Sunday, tracing the historic wagon route through the Karoo and ending on Heritage Day


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za