safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 28 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 September  2003 at 17:00

Sport


wloop

AAN DIE SPITS. Alfonso Primo van Maties neem die voortou in die 12km vir senior mans tydens Saterdag se Boland Landloopkampioenskappe op Nelson's Creek. Hoewel die weer ideaal was, het die reën van die afgelope week groot plasse water en modder op die roete gelaat wat die atlete stadiger tye laat hardloop het.              Foto: Leon Steenkamp


Aanhou wen

[ Top ]


DAAR is 'n oorvloed jong landloop-talent maar daar sal moet gekyk word om dié atlete te behou nadat hulle die skool verlaat.

Dit was een van die aspekte wat duidelik na vore gekom het tydens die Boland Landloopkampioenskappe wat Saterdag by Nelson's Creek net buite Wellington gehou is.

Volgens Chris Davids, voorsitter van Boland Landloop, was die byeenkoms waar Ussasa skoolatlete en klub-atlete vir die eerste keer saam in 'n kampioenskap deelneem, 'n groot sukses.

"Dit was 'n goeie kampioenskap gewees. Die junior atlete veral was fantasties. Die kwaliteit van laerskool tot by o.17 is baie goed, maar dit verflou na die o.19 en senior-afdelings.

"Van o.9 tot o.19 was daar heelwat 'blanket finishers' - waar die eerste vyf tot sewe atlete in 'n bondel die wenstreep oorsteek.

"Daar is baie talentvolle atlete wat mekaar druk. Maar die kinders hardloop op rou talent en nie met die agtergrond van oefenprogramme nie," sê Davids.

Dit is juis die gebrek aan professionele en deurlopende oefenprogramme wat Boland wil aanspreek.

"Ons wil oefenkampe buite die landloopseisoen aanbied en die atlete oefenprogramme gee om te volg.

"Die programme moet dan gemonitor word om te verseker dat die atlete nie hul oefenbasis verloor nie. Soortgelyk aan die af-seisoenprogramme wat baanatlete volg," sê Davids.

'n Positiewe aspek wat uit die gekombineerde kampioenskappe voortgespruit het, is dat die Boland Landloopligas vir 2004 reeds gefinaliseer en gesinchroniseer is met Ussasa se landloopprogram vir volgende jaar.

"Dié inligting kan dus deurgegee word na klubs en skole wat nou ook besig is om hul programme vir volgende jaar op te stel.

Hy het bygevoeg dat onderlinge byeenkomste tussen skole in die Paarlvallei, ook die room van dié sportsoort beter na vore sal bring.

"Ná die seisoen kan ons 'n opname maak van die talent in die Boland en weet ons ook waar die foute lê. Ons kan dus nou aanbevelings maak teenoor die Wes-Kaapse Departement van Sport asook die Onderwysdepartement.

"'n Groot prioriteit is die verbetering van skolesport. Daar is groot verskille tussen sekere skole en die geriewe wat hulle beskikbaar het vir sport.

Nat toestande

Sowat 500 atlete het vir Saterdag se kampioenskappe ingeskryf.

Hoewel dit in ideale weersomstandighede plaasgevind het, het die hewige reëns vroeër die week die roete baie modderig gemaak met heelwat waterplasse wat die atlete se pad versper het.

Effe stadiger tye as dié wat tydens die onlangse interprovinsiale byeenkoms opgestel is, was dus aangeteken.

In die junior afdelings was dit veral die atlete van Witzenberg, Boland-Sentraal en Noord-Boland wat oorheers het.

In die senior mans- en vrouewedlope oor 12km en 8km het Maties-atlete aldrie die top plekke in elke wedloop gevul.

Onder die mans het Alphonso Primo (38:28), Dawid Gouws (39:19) en Cecil Roffey (40:20) goed vertoon, terwyl Lauren Weyers (31:04), Anneline Geldenhuys (32:28) en Seugnet Serfontein (35:36) vir die vroue uitgeblink het.

In die mans 4km het die SA-atleet, Johan Landsman, eerste gekom in 13:26, gevolg deur André George (13:46). Anton Farao van Wellington was derde in 14:02.

Ander plaaslike atlete wat plek gekry het, is Afrika Koopman (36:54, Paarl) en Arrie Koopman (37:41, Wellington) wat eerste en tweede was in die junior veterane wedloop oor 10km.

In die veterane 40-44jr oor 8km het Frank Koopman van Paarl eerste gekom in 31:31 gevolg deur John Small van Wellington in 33:09.

Frans Kotzé (33:39) van Paarl was tweede in die senior veteranewedloop oor 8km, terwyl Faffa Joubert die eerste grootmeester was wat die 6km voltooi het met 'n tyd van 29:15.

Die Boland Landloop-span sal eersdaags aangekondig word.  


Versigtige Straeuli roep Burger na WB-oefeningroep

[ Top ]


DINGE is besig om vinnig in plek te val vir die Wellingtonner en WP-flank, Schalk Burger.

Burger wat 'n paar weke gelede sy debuut vir die WP in die Curriebeker-reeks gemaak het, is vandeesweek opgeroep om deel te vorm van Rudolf Straeuli se voorlopige Wêreldbeker-oefengroep.

Die groep is tans in Pretoria besig met 'n oefenkamp ter voorbereiding op dié grootste kompetisie in wêreldrugby.

Volgens 'n Bok persverklaring is Burger se oproep genoodsaak nadat Pedrie Wannenburg Sondag las van 'n nekbesering gehad het.

Hoewel Wannenburg dié week nog saam met die groep geoefen het, wil Straeuli niks aan die noodlot oorlaat nie en het hy gevolglik vir Burger opgekommandeer.

Burger het die keurders laat regop sit met sy vertonings in die afgelope Curriebeker-wedstryde en as hy dieselfde kan doen by die oefenkamp, is daar 'n sterk buitekans dat hy nog die finale groep kan haal. 

Terselfdertyd is Jean de Villiers, Paarliet en ook 'n oud-Gimmie, teruggestuur huis toe.

Volgens berigte wil Straeuli Jean nog speelkans gee voordat hy hom weer op die internasionale speelveld inspan.

Dié WP-senter se toetsdebuut teen Frankryk is verlede jaar kortgeknip, toe hy ná 10 minute die veld moes verlaat weens 'n geskeurde knieligament.

Die Bok-breier het aangevoer dat De Villiers op die langtermyn te waardevol is vir SA rugby om hom te vroeg aan die fisies harde vereistes van internasionale rugby bloot te stel, alvorens hy nie 100% reg is daarvoor nie.

Hoewel De Villiers se kanse skraal is om die finale groep te haal, is hy aangesê om nog nie heeltemal moed op te gee nie. 


Paarl wedstryd afgelas nà beweerde intimidasie

[ Top ]


DIE Premierliga A wedstryd wat Saterdag op Kraaifontein tussen die eerste spanne van Paarl Rugbyklub en Hands & Hearts gespeel moes word, is afgelas nadat die skeidsregter na bewering vooraf geïntimideer is.

Luidens 'n skeidsregtersverslag blyk dit dat die betrokke skeidsregter, Abe Cupido, voor die A-spanne se wedstryd deur omstanders rondgepluk is.

Die voorval het skynbaar plaasgevind nadat Cupido 'n spanbestuurder van Hands & Hearts aangeraai het om sy ontevredenheid met 'n mede-skeidsregter by wyse van 'n verslag aan die Unie te kenne te gee, eerder as om hom openlik voor spelers te kritiseer.

Volgens Ben Theron, WP Rugby se Bestuurder van Skeidregtersake, is die saak tans sub judice en sal dit vanaand tydens 'n Unie tugverhoor bespreek word.

"Die skeidsregter het 'n verslag ingedien oor sekere ongerymdhede voor die afskop. Die klub sal Donderdag kans hê om hul verweer voor te lê," het Theron gesê.

Volgens Theron sal Herman Abrahams, bestuurder van klubrugby by die Westelike Provinsie Rugby-voetbalunie, Vrydag kommentaar kan lewer oor die voorval.  


Let your wheels sing this Spring

[ Top ]


THE Yorkshire Cycling Club will host its Spring Cycling Challenge at Ivanhoe Park, Klein Drakenstein Road, Paarl on 6 September.

The day's programme includes races for young and old.

The events kick off at 10:00 with a development clinic for primary and high school pupils.

Different aspects of cycling will be touched upon with talent identification also being one of the main aims.

These development riders will also participate in races with any sort of bike at 10:45.

For the junior riders 2 to 8 years old there is a 1km tricycle race. Entries are R5 and include a cooldrink and party pack. Parents can walk along the route to keep an eye on junior.

At 13:10 a 20km funride for the whole family starts. Entries are R10 and any type of bike is allowed. Great prizes can also be won in the lucky draw following the funride.

The big boys take on one another in the Boland League races for licensed riders.

There will be races in all age categories and riders without licences, can obtain a day licence. Great prize monies are up for grabs.

The defending champion of the main race, Nolan Hoffman, will be back to defend his title and a great competition is expected.

Entry forms for all races are available at Kevin Green Sport at the Shoprite Centre in Breda Street, Paarl.

For information contact Ian Goetham at 083-949-4501 or 868-1901 (w).


Boland o.20's pak Blou Bulle

[ Top ]


Die Boland o.20 rugbyspan speel môre in Pretoria teen die Blou Bulle.

Die span is Kris Joubert, Bretner Fredericks, Arthur Snyders, Maxwell Stoffels, Terence April, Claud Arendse, Arno Hugo, Paul Bester, Frankie Horn, Granville Julies, Jaco Pretorius, Neil Abrahams, Ruaan du Preez, Alwyn Conradie en Anthony Matthee.

Die Boland Kavaliers speel Saterdag in Port Elizabeth teen die Oostelike Provinsie.

Die span is Antonius Verhoeven, Alshaun Bock, Piet van Zyl, Jacques Badenhorst, Warren Petersen, Solly Goosen, Cassie Carstens, Chris Potgieter (k), Kobus le Roux, David Hendricks, Henk Eksteen, Nicky Smit, Tommy Dixon, Gustav Rademeyer en Pieter Terblanche.


Newtons op pad na eindstryd

[ Top ]


HUL wegholoorwinning van 41-11 oor Malmesbury op Newtonpark het Newtons sterk op die pad gesit na die eindstryd van die Boland Superliga A2.

Newtons het ses drieë gedruk vir 'n bonuspunt, terwyl Malmesbury geen antwoord gehad het vir hul meer vlugvoetige teenstanders nie.

Die besoekers se voorspelers het hulle tot met rustyd (18-11) in die wedstryd gehou, maar in die tweede helfte was dit eenrigting-verkeer.

Die tuisspan het die bal na hartelus rondgegooi en só die drieë ingeryg.

Newtons se uitblinkers was Ranfred Dazel (losskakel), Vlam Davids (vleuel), Ben Martin (heelagter), Ronnie Lottering (stut), Mario Linnerts (agsteman) en Roberto Watson (flank).

Davids, Dazel (2), senters Elton Jones en Reggie Manuel asook Adiel Cassiem (vleuel) het Newtons se drieë gedruk.

Ben Martin (4), Jerome Coetzee (2) en Rodderick Claasen (2) het met doelskoppe geslaag, terwyl Claasen ook met drie strafskoppe suksesvol was.

Newtons speel Saterdag weg teen Wesbank. Die bus vertrek om 12:30 en is R20.

Wellington het Saterdag 'n groot loesing aan die hand van Robertson gehad.

Hoewel Wellington net met vier van sy gereelde eerste span spelers gespeel het, was die algemene spel "pateties", sê die klubpresident, Dolf Stemmet.

Hoewel die vaste vyf moedig geveg het, is hulle nietemin oorheers.

Voorspelers wat nie vinnig genoeg by die afbreekpunte was nie, 'n agterlyn sonder enige deurdringingsvermoë en swak verdediging was die Wellingtonners se grootste probleme.

"Met dié soort spel, kan mens nie sien hoe die span vir Moorreesburg (weg), Ceres (tuis) en Rawsonville (weg) in hul volgende wedstryde kan klop nie," meen Stemmet.

Wellington het tans 71 punte ná 17 wedstryde, met Ceres wat 75 punte het ná 18 wedstryde.

Dié twee spanne het reeds hul plekke verseker in die liga-eindstryd wat op 27 September op Boland Stadion beslis word.

Volgens Stemmet sal Wellington beslis sy sokkies moet optrek om sy oorblywende wedstryde goed te wen en bo-aan die Boland se Superliga A1 te eindig - "iets wat verwag sal word van die span wat sy provinsie by die Klubkampioenskappe verteenwoordig het".


Goeie sege vir Albions

[ Top ]


DIE eerste rugbyspan van Albions het Saterdag weer moeilik begin, maar goed teruggekom om Young Stars op Faurestraat Stadion 36-19 te klop.

Die tuisspan moes vroeg keer nadat Stars binne die eerste 10 minute twee vinnige drieë gedruk het om 12-0 voor te loop.

Albions hou egter die besoekers hierna in toom en danksy 'n drie deur agtsteman Janovan Cornelissen, gaan drink hulle water met die telling op 12-5.

Die tweede helfte het heeltemal aan die tuisspan behoort wat 'n verder vyf drieë gedruk het aan die hand van Cornelissen, Alwyn Hugo (vleuel), Ashley Manuel (heelagter), Elrico Petersen (vleuel) en plaasvervanger-flank Denver Adams.

Brendon Hendricks (haker) het goed voorlangs vertoon, terwyl die lostrio van Cornelissen, Leigh Marquard en Morné Goetham goed die bal gejag en druk op Stars geplaas het.

Courtney de Wee (losskakel) het sake in die agterlyn dikteer, terwyl Stars se skoppers nooit vir Manuel uit posisie betrap het nie.

Selwyn Isaacs (skrumskakel, 2) en plaasvervanger-skrumskakel Marius Claassen het met doelskoppe geslaag.

Die tweede en derde spanne wen 9-6 en 22-14.

Young Peoples het Saterdag op Daljosafat nog 'n swak vertoning gelewer toe hy met 17-14 teen Scottsdene verloor het. Peoples was rustyd 14-12 voor.

Die tuisspan het die wedstryd goed begin en vir Scottsdene met uitmuntende hardlooprugby laat bontstaan.

Ricardo Cornelissen (losskakel) en Sam Titus (senter) het met slim spel en vinnige hande hul spanmaats in spasie geplaas.

Peoples se afronding was egter nie na wense nie, terwyl die bal nooit by die ster-vleuel Jacques Lategan uitgekom het nie.

Scottsdene het ook met oorgawe verdedig en dié span se wen-honger het op die ou einde die deurslag gegee.

Voorlangs het Rowan Claasen (slot), Geoff Paulse (flank) en Gilbert Solomon (stut) hul beste probeer, sonder veel hulp van hul spanmaats.

Claasen was baas in die lynstane, en het 'n paar keer soos 'n agterspeler met die bal gehardloop.

Jody Davids en Justin Fortuin het Peoples se drieë gedruk en Melvyn Hermanus het met twee doelskoppe geslaag.

Alles is nog nie verlore nie, met net vyf punte wat die laaste sewe spanne skei, is Peoples steeds in die wedloop om promosie. Dit sal egter ware toewyding kos.

Peoples se tweedes het 27-20 gewen en die derde span verloor 20-12.     


Paarl Post sportsterre gesoek

[ Top ]


DIE Paarl Post is weer op soek na die groot sporttalente in die streek vir sy Junior en Senior Sportman en -vrou van die Jaar Kompetisie.

Alle sportklubs en hoërskole word genooi om nominasies in te stuur.

Kandidate moet hul prestasies behaal het tussen 1 September 2002 en 31 Augustus 2003 en is onderhewig aan die volgende reëls:

* 'n Klub of skool mag slegs een kandidaat per kategorie benoem, naamlik in die kategorie senior sportman en -vrou en junior sportman en -vrou.

In uitsonderlike gevalle én vergesel van voldoende motivering kan 'n klub of skool meer as een benoeming doen per kategorie waar sportlui gelykwaardige prestasies gelewer het.

* Alle kandidate moet ingeskrewe lede/leerlinge van die klub of skool wees. Benoemings van laerskoolleerders word nie aanvaar nie.

* Om as junior te kwalifiseer moet die kandidaat op 1 Januarie 2003 nog nie 19 jaar oud gewees het nie.

Die paneel van beoordelaars word deur die Paarl Post aangewys. Die beoordelaars behou hul die reg voor, in gevalle waar benoemings in 'n bepaalde kategorie nie oor die nodige meriete beskik nie, om die toekenning vir daardie bepaalde kategorie te laat oorstaan.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 12 September.

Die drie finaliste in elkeen van die vier kategorieë sal op 9 Oktober in die Paarl Post verskyn. Die wenners sal tydens 'n dinee op Maandag 13 Oktober aangekondig word.

Inskrywingsvorms is uitgestuur aan klubs en skole, en is ook beskikbaar by die kantore van Paarl Post.


Good season for Girl's High

[ Top ]


THE first hockey team of Paarl Girls' High School ended their season on a high note by beating La Rochelle 1-0 in their last game of 2003.

In a keenly contested match neither side had scored at the break.

Late into the second half, Tinamari du Toit scored the winning goal by deflecting the ball from a quickly taken free hit outside the circle.

In a mid-week friendly match Girls' High beat the WP Premier league side of DF Malan 2-1 in an exciting match.

They also defeated Somerset College 6-0 last Thursday in an away match.

Girls' High will also be competing in the All Girls' Schools Sport and Cultural Festival to be held at Collegiate High School in Port Elizabeth in April 2004.

Other results against La Rochelle were u.18B 0-0, u.18C 3-1, u.16A 0-2, u.16B 3-0, u.14A 0-0, u.14B 1-0.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za