safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 28 October 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 4 November 2004.

Aida

Arts - Kunste


Groot fees die naweek

[ Top ]


DIE telefoon lui, die faksmasjien raas. Dis navrae, besprekings, reëlings gemaak en reëlings wat verander.

Maar niks kry die organiseerders van die Stokkiesdraaifees onder nie. Suzette Riedel en Linda-Marie le Roux en hul helpers sorg dat alles vlot verloop.

Dié naweek is die prys Vrydag en Saterdag R12 (R5 kinders) vir toegang tot die Boland stadion.

Die besoekers sal dan tussen die stalletjies kan kuier, die pretpark en sirkus besoek, vertonings sien gebeur, en voor die oop verhoog sit of staan terwyl kunstenaars die heeldag daar optree.

Sondag is daar 'n gratis program op Boland stadion, met kosstalletjies.

Al waaroor die organiseerders nie kan beskik nie, is die weer, maar te oordeel aan die voorspellers gaan die weer hierdie jaar saamspeel om Wellington se Stokkiesdraaifees 'n somersukses te maak.

wposter

GROOT GEESTE. Daar word beslis nie stokkies gedraai in die Wellingtonse feeskantoor waar dié naweek se Kunstefees gestalte kry nie. Die twee groot geeste agter die Stokkiesdraaifees, Linda-Marie le Roux (middel links) en Suzette Riedel (bo regs), het gewillige hulp in (links) Heléne Beyers, (regs) Esté Laubscher en (onder) Ronél Riedel.                      

* Vanaand 19:00 word Ons Eet Steeds Kreef aangebied in die Hugenote Hoërskoolsaal met Cutt Glass, DNA Strings, ddisselblom en Georgia.

* Môre begin Stokrock om 18:30 in die Huisgenoot Tent (langs Boland Stadion) en Sussie is nou Suur met Nicol Holm is om 19:00 in die Hugenote Hoërskoolsaal. Die stadionprogram met sangers, mallemeule, stalletjies en volop pret begin môre om 16:00 (toegang R12 en R5 vir kinders).

* Saterdagoggend is daar kiskarre, gesins 4x4, 'n pretdraf en gholfdag, asook heeldag volop vermaak en stalletjies in die stadion.

Om 15:00 is die akteurs van Sewende Laan in aksie in die Huisgenoot Tent (langs die stadion) en om 19:00 tree Kurt Darren en Vriende (Ronél en ddisselblom) daar op.

Om 17:00 is daar 'n konsert vir twee klaviere in die Goodnowsaal met sangeres Petronel Baard en Niël Rademan.

Sondag van 10:00 is daar 'n gratis gospelkonsert in die stadion en kosstalletjies

Kaartjies vir vertonings is by Wellington Toerisme, Print Right Paarl, Kikka Paarl en Computicket.

Navrae by 873-3988 of besoek www.stokkiesdraai.co.za.


Wrestlers help charities

[ Top ]


WRESTLERS from New World Wrestlers, Valley Chefs and Radio KC will present Royal Rumble at Faure Stadium, Paarl on Wednesday 3 November at 19:00.

Among the contenders for the evening are Jamo the Leb, Tiny the Tank, Big Joe Storm, G-Force, Silver Bullet, Bad News, Goldstone, Hard Core Hulk and The Clown of Cape Town.

Tickets are R35 each. Proceeds of the evening will go to Valley Chefs and schools and NGO's will also receive R10 for each ticket they sell.

Pupils from the school selling the most tickets will receive pizza and coke, delivered by the wrestlers.

For tickets, phone 073-293-9787 or 871-1438/9.


Twee klaviere in Goodnow

[ Top ]


TWEE is beter as een. Of so sê hulle. Die kombinasie van twee besondere sanger-klavierspelers, SAMA-genomineerde sangeres Petronel Baard en Stellenbosse kunstenaar Niël Rademan, is Saterdag om 17:00 te sien in 'Twee Klaviere',

Dit vind plaas in die Goodnow-saal op Wellington en is deel van  die Stokkiesdraaifees.

"Dit is 'n baie lekker vertoning," gesels Petronel. "Ons speel klavier en sing ou, populêre Afrikaanse musiek, nié uit die FAK bundel nie, wat Niël opgegrawe het. Ons behandel die musiek egter met respek, ons probeer dit nie modern maak nie, maar perform dit net."

Dit was die Paul Roos-onderwyser Niël, wat Afrikaanse juwele soos "Sawens" en "Net 'n stille uurtjie" uit die vergetelheid wil ontruk, wat die konsep vir dié vertoning aan Petronel voorgestel het.

Meer kontemporêre musiek deur kunstenaars soos Christa Steyn en van Niël en Petronel se eie komposisies, maak ook deel van die repertoire uit.

Kaartjies is by die feeskantoor (973-3988) of by die deur beskikbaar.


Stokkiesdraaifees

[ Top ]


DIE Stokkiesdraaifees vind die naweek op Wellington plaas en daar is groot pret en plesier vir almal.

Só lyk die program:

Donderdag 28 Oktober

* Ons Eet Steeds Kreef, 28 Oktober Hugenote Hoërskoolsaal, 19:00

Vrydag 29 Oktober

* Stokrock

Huisgenoot Tent, 18:30

* Sussie is nou Suur

Hugenote Hoërskoolsaal, 19:00

Saterdag 30 Oktober

* Gesins 4x4

Venue: Wellington/Paardeberg

Kontak: Pieter Erasmus, 082-380-805

* Kiskarrekompetisie

Kontak: Bernus vd Westhuizen, 864-2151

* Bainskloof Stap en Pretdraf

Kontak: Coen Reynoldts, 873-1181

* Paarl Post-Stokkiesdraai Gholf

Venue: Wellington Gholfklub

Kontak: Gholfklub, 873-1919

* Die akteurs van 7de Laan in aksie

Huisgenoot Tent, 15:00

* Twee Klaviere

Goodnow Saal, 17:00

* Kurt Darren en Vriende (Ronél en ddisselblom)

Huisgenoot Tent, 19:00

 Kaartjies beskikbaar: Wellington Toerisme, Print Right Paarl, Kikka Paarl, Computicket.

Navrae: 873-3988, of besoek die webwerf, www.stokkiesdraai.co.za.


Hugenotefees

[ Top ]


DIE Franschhoek Trust, Franschhoek Wine Valley Tourism, die Hugenote Vereniging, die NG-gemeente Franschhoek en Bridge House bied die naweek 'n gemeenskapsfees aan. Só lyk die program:

Vrydag 29 Oktober

19:00: Limburger-koor, NG Kerk Franschhoek

Die Limburger-koor en -orkes uit Duitsland bestaan uit 40 koorlede en 40 orkeslede.

19:00: Beethoven Arranged, La Motte Wine Cellar

Saterdag 30 Oktober

'n Vlytmark word by die Hugenote Monument gehou (40-plus stalletjies met alles en nog wat); 'n Roos-uitstalling word in die Hugenote Museum gehou (gratis toegang). 'n Uitstallling van Kinderkuns word in die Hugenote Museum se anneks vertoon (gratis)

09:30: Jaarvergadering Hugenote Vereniging, NG Kerk Franschhoek se kerksaal.

11:00: Oggendkonsert, NG Kerk Franschhoek

Darragh Morgan (Ierse violis) en Albie van Schalkwyk (klavier) se programme sluit Cesar Franck's se Sonate in A in, asook werk van Kariol Szymanowski en Olivier Messiaen.

11:30: Optog in Hugenoteweg, kerksaal na Hugenote Monument

12:00: Vlag- en fakkelseremonie, Hugenote Monument

15:00: Franse Barok, Hugenote Museum

Colleen Oxtoby en vriende speel Franse Barokmusiek op drie Viola da Gambas.

18:30: Opera, NG Kerk Franschhoek

20:00: Driegang dinee en konsert, La Grange

Sondag 31 Oktober

07:00: Gebedsbyeenkoms, Hugenote Monument

09:30: Hervormingsfeesdiens, NG Kerk Franschhoek

Die prediker is prof Pieter Coertzen. Kore van Dalubuhle, Groendal en Hoërskool Franschhoek tree op.

10:00: Barok vir Ontbyt, La Couronne

11:00: Orrel- en trompetuitvoering, NG Kerk Franschhoek.  Diederick Basson (orrel) en Paul van Zuilenburg (trompet) tree op.

15:00: Middagkonsert, NG Kerk Franschhoek

Anmarie van der Westhuizen (tjello) en Albie van Schalkwyk (klavier) speel onder meer Beethoven se Sonata in G min Opus 5 Nr 2, Astor Piazzolla se La Grand Tango en Dmitri Shostakovich se Sonata Op 40.

17:00: Koorfees, Barnyard teater, Bridge House. Die sanggroep Born 2 Sing, die Bridge House Ensemble, die koor van die New Apostolic Church en studente van die Valley Music Project neem aan die program deel.

Navrae: hugenoot@new.co.za


Oudisies vir musiekskool

[ Top ]


DIE Frank Pietersen Musieksentrum hou van 22 tot 26 November hul jaarlikse oudisies.

Enigeen wat belang stel om 'n musiekinstrument te bespeel kan vooraf 'n afspraak reël by die sentrum, tel 872-2123/4 (Maandae tot Donderdae tussen 10:00 en 18:00 en Vrydae tussen 8:00 tot 16:00). Inskrywings sluit 21 November om 15:00.

Onderrig word gegee in alle simfonie-orkesinstrumente, klavier, blokfluit, jazz-instrumente, Afrika-perkussie, solosang en koorsang.

* Die sentrum vier in 2005 hul 35-jarige bestaansjaar. Oudleerders en -kollegas word genooi om die sentrum  te skakel, want verskeie projekte word beplan, waaronder 'n groot reünie. Kontak Lindie Jordaan by 872-2123 of faks by 872-7651.


Banger as bang vir trou

[ Top ]


DIE gewilde Leon Kruger is op 11 en 12 November in die Ou Meulteater, Paarl te sien in "skeitBANG!", 'n komedie oor 'n 31-jarige bachelor wat doodbang is vir trou.

Volgens hom het hy nog nie die vrou ontmoet wat hom verdien nie. Tot hy haar ontmoet...

Ná drie koffies en 'n belustige aandete vra hy haar om by hom in te trek, want saambly is 'n gerieflike agterdeur as jy voel sy het klaar die voordeur gesluit - daar's nog kans om weg te kom.

Hy misgis hom, want selfs die dikvelligste, domste man kom op 'n punt in sy lewe waar hy besef: Hierdie is dalk nie die langste one night stand in die geskiedenis nie.

Dit is nie normaal vir 'n player van sy formaat om vir haar te kyk terwyl sy slaap nie en die girl maak 'n baie beter aartappelslaai as sy ma!

Ons ontmoet die verloofde wat haar troue met militêre presisie beplan.

'n Ma wat weier om van haar oudste seuntjie te skei.

'n Dosent wat glo 'n man kan nie langer as vier weke 'n verhouding met een vrou hê nie - want ná vier weke gaan sy uitvind wie jy werklik is en dit wil jy nie hê nie.

Bespreek by Printright, 872-7209.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

 

[ Top ]