|
|
 |
 |
|
Business - Sakenuus |
 |
Hout en saagsels bied nuwe moontlikhede |
|
|
 |
DIE houtwerkkamers van die Kaapse Technikon op Wellington, wat lank onderbenut is, is die nuwe klaskamer van oudskoolhoof Hannes Smit van Saron, waar hy sy passie vir houtwerk en onderrig uitleef.
Hannes is deesdae een van die nasionale opleidingsmaatskappy Protech Training se vaardigheidsopleidingsadviseurs.
So tussen die beitels, skuurpapier en elektriese sae deur het hy vanjaar 24 jong mans, die meeste van Wellington, in 'n leerlingskapsprojek en 'n Incubator-program begin voorberei vir 'n loopbaan as kabinetmakers.
In die houtbedryf het die Forestry Industry Education and Training Authority (Fieta) vanjaar |
|
|
 |
opleidingsprogramme in die maak van meubels en kabinette, stoffering en houtafwerking regoor die land wat deur gekontrakteerde diensverskaffers soos Protech aangebied word.
"Plekke wat sulke opleiding verskaf, bestaan amper nie meer nie, en daarom glo ek hierdie projek is een van die beste maniere vir 'n jong man om die pad as kabinetmaker te begin stap."
Twaalf studente het in die leerlingskapsprojek ses maande klasgeloop in die vaardighede en beginsels van houtwerk en meubels maak, asook beroepsveiligheid.
Tans is hulle besig met indiensopleiding by Wollies Houtwerke in Wellington, asook Nelson Baardman in Franschhoek, Du Toit Houtwerke in Klapmuts en Herman Petersen Kabinetmakers en Plum Joinery in die Paarl, waar hulle te doen het met die harde werklikhede en dissipline van 'n werksopset.
Eersdaags wag hul evalueringseksamen, waarin hulle gemeet word aan die nasionale standaarde.
Die kursus is gratis danksy befondsing van die Nasionale Vaardigheidsfonds. Elke student kry 'n klein weeklikse toelaag, wat help met vervoerkostes na werkplekke en die opleidingsentrum, asook R2000 se houtwerktoerusting.
Dit is ook voordelig vir die werknemers om hul tyd en geduld af te staan, danksy belastingkortings, 'n ekstra (gratis) paar hande op die vloer en gratis kursusse vir hul werknemers oor onder meer beroepsveiligheid.
'n Klein advertensie in die Paarl Post het meer as 50 aansoeke vroeër vanjaar gelok.
"Ek het dit gesien en gedink dis 'n goeie kans," vertel Ricardo Beukes, wat tans sy indiensopleiding by Herman Petersen Kabinetmakers in die Paarl kry onder Gavin Adams, wat al 18 jaar as kabinetmaker werk.
Al het Cornel Steenkamp van Wellington reeds ondervinding in die houtwerkbedryf gehad, het hy die geleentheid aangegryp vir verdere opleiding.
"Dis daardie fynere kunsies wat die manne op die vloer soms nie tyd het om vir jou te wys nie, wat ek nou hier aangeleer het," vertel hy.
"Daar is 'n wêreld se verskil natuurlik tussen die klaskamer en die werkplek," vertel werkgewer Herman Petersen, "en hulle moet aan die harde werklikheid van dissipline en 'n werkdag gewoond raak."
In die Incubator-program het twaalf jong mans vir 63 dae deelgeneem aan 'n intensiewe entrepreneursvaardigheidsprogram binne die houtwerkbedryf, wat konsentreer op die bou van meerdoelige meubels soos kombuiskaste wat spasieslim is, en kursusse oor beroepsveiligheid en besigheidsbeginsels.
"Ek't geleer enigiets is moontlik, selfs om my eie besigheid te begin," vertel kursusganger Henrico Smit van Saron.
Mense wat belang stel in die opleidingsprogram, of 'n kwotasie vir die maak van kaste wil hê, kan Hannes kontak by 082-426-2423. |
 |
|
 |
Awards for Paarlites |
|
|
 |
|
 |
AN award for Lifetime Achievement in the field of Further Education and Training was presented to Cathy Robertson of Paarl at the first ever "Moments of Glory" ceremony for colleges held by the Western Cape Education Department.
Robertson is director of Business and Training Development at Boland College, based in Stellenbosch, after being vice-rector of Boland College Paarl for a number of years.
She received the award for successfully fostering links between college and community, for her sustained achievement and commitment during a long career at the college and for her positive and clear leadership, which earned her the respect of management, lecturers, staff and students in the college community.
Another Paarlite, Ivan Gilfillan, received the award for best general assistant on a college campus, based on his dedication, cont ribution, innovation and overall performance.
Said Cameron Dugmore, MEC of Education: "We celebrate those amongst you who have achieved excellence in delivering educational opportunities for our students.
"As the WCED, we understand the central role the educator or lecturer plays in providing an education system that delivers graduates that are ready to tackle the world of work, either by gaining employment or becoming entrepreneurs.
"The FET College plays a critical role in contributing to human resource development."
A total of 30 nominations were received from the six FET colleges in the Western Cape.
Other awards presented were for community involvement (Northlink), learner support (South Cape), student of the year (Boland College Worcester), leadership (False Bay) and best lecturer (Worcester.
The WCED decided to host this event to give recognition for excellence in the FET Colleges.
This is the first time ever that these awards have been presented, but it is likely they will now become a regular feature. |
 |
|
 |
KWV profit down due to strong rand |
|
|
 |
|
 |
THE KWV's performance over the past year was adversely affected by an increase of 8,8% in cost of sales, while the rand exchange rate increased by more than 20%. The gross profit margin decreased correspondingly from 36,7% to 31,5%.
Headline earnings fell 50% to R66 million, while earnings per share fell 60% from 40,9c to 16c.
Said chairman Danie de Wet in his chairman's report at yesterday's annual general meeting.
"The exchange rate put enormous pressure on KWV, whose business in mainly in the export of products.
"The profitability of some products, markets and market segments were exposed to excessive pressure as a result of the oversupply of produce worldwide.
"These difficult trading conditions forced KWV to approach markets in a different way to maintain profitabilty and to limit the impact of poor trading conditions."
The exchange rate alone had a negative impact of approximately R80 million on the year's turnover, thus the financial results do not compare favourably with the previous year.
Under pressure from the strong rand, export turnover declined by 3% although volume was up by 14%.
Within this economic climate, KWV made its entry into the local market. A portfolio of selected KWV wines and brandies is showing good growth, in effect neutralising the decline in exports.
Furthermore, several strategic alliances with international role players were closed, of which the Golden Kaan project with the German firm A Racke has already shown positive results.
"These alliances have the potential to considerably enlarge KWV's market share in the near future. After just one year in the German market, Golden Kaan is already the category leader for South African wines."
Sales of grape juice concentrate were under pressure due to the exchange rate impact and the availability of imported substitutes.
The 2004 financial year was one of renewal on several levels aimed at long-term profitable growth for the company.
During the year restructuring of top management was undertaken, and 25% black economic empowerment shareholding was facilitated during a complex but successful process.,
"The board believes that the company is now appropriately positioned and that it can approach the next period with confidence," de Wet said. |
 |
|
 |
Uithaler-boer vereer |
|
|
 |
|
 |
DIE bekende Paarlse boer, Aat Hoekstra (74) van Nancy, is vanjaar deur die Landbouskrywersvereniging van die Wes-Kaap as hul Boer van die Jaar vereer. Hoekstra is 'n leier-uitvoerboer en teler van voortreflike, nuwe tafeldruifkultivars.
Hy ding mee met sterk nominasies uit die ander streke vir die toekenning van Nasionale Boer van die Jaar by Franschhoek op 5 November.
Hoekstra boer tans met uitvoerdruiwe, -spanspek en -pruime asook wyndruiwe op nege eenhede (220ha) bekend as Hoekstra Fruit Farms en is internasionaal bekend as 'n vooraanstaande uitvoerder van kwaliteitvrugte onder die handelsmerk, Super Fruit en Sunshine.
Hy bedryf sy onderneming in vennootskap met sy oudste dogter, Maleen, 'n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester.
Hy vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar in die boerdery en sy haar 20ste jaar met die onderneming.
Gedurende hierdie tydperk het hy in samewerking met 'n planteteler van weleer, wyle Ted Evans van die Paarl, groot bresse vir die tafeldruifbedryf geslaan met die ontwikkeling van verbeterde tafeldruifkultivars wat internasionale erkenning geniet.
Sy gereelde besoeke aan navorsingsinstitute en plase in die buiteland het hom in staat gestel om verbeterde verbouingsmetodes in te voer en plaaslik aan te pas tot groot voordeel van die uitvoerbedryf.
Hy was ook 'n pionier van private uitvoere, strydros vir deregulasie, kampvegter vir beter lugvervoerfasiliteite en -tariewe en mede-oprigter, saam met Maleen, van een van die modernste koelstore in Suider-Afrika. Dit is geleë by Slot van die Paarl.
Hy word veral vereer as rolmodel vir jong, opkomende boere wat soms huiwer om die boerdery met min kapitaal aan te pak.
Sy dissipline, voortreflike finansiële bestuur en bemagtigende benadering tot arbeid het hom in staat gestel om sy produksie van tafeldruiwe van 300 000 kissies tot een miljoen kartonne per jaar op te skuif en spanspekproduksie tot 1 000 ton 'n jaar.
Hoekstra is gebore te Gravenzande in Westland, Nederland, die kerngebied van die Nederlandse glashuisbedryf.
Hy het daar die veeleisende dissipline van 'n intensiewe tuinboubedryf feitlik saam met sy moedersmelk ingekry.
Vir hom was dit doodnormaal om soggens en smiddae na skool te help met die pluk van blomme en vrugte.
As jong platsak-immigrant verkas hy na Suid-Afrika ná die oorlog. Na vier jaar se praktiese ondervinding op 'n uitvoerplaas koop hy met 'n groot verband die verwaarloosde landgoed, Nancy, in Suider-Paarl.
Aanvanklik moes hy sy kontantvloei beredder met bolle, swaardlelies en ander plante wat sy moeder vir hom uit Nederland aanstuur.
Sy vrou, Annlene, met 'n Meestersgraad in Sosiologie, swoeg saam met hom van meet af om die verband af te betaal.
Dikwels moet sy vrou-alleen die groot vragmotor bestuur en ook blomme aan die blommeverkopers van Adderleystraat verkwansel.
Vir Aat Hoekstra word boerdery met passie en 'n droom vir die toekoms aangepak en soggens voor dagbreek is hy al in die saal met 'n stewige greep op die teuels en 'n oog op die wispelturigheid van die markte en die weer.
Elke Saterdagoggend vergader hy saam met sy bestuurders wat dan rekenskap van hul werksaamhede moet gee. Saam skep hulle 'n toekoms vir die onderneming en sy werknemers. |
 |
|
 |
Mooiste persele bekroon |
|
|
 |
|
 |
DIE prentjiemooi tuine van die Provence Onthaalsentrum, wat al die agtergrond was vir menige troue en funksie, het vanjaar die oog van die beoordelaars gevang en is aangewys as ontvanger van die Sakeperseel van die Jaar-wisseltrofee van die Wellingtonse Verfraaiingskomitee.
Die trofee is Donderdagaand aan eienaar Erika Ackerman oorhandig by 'n glansfunksie van die Wellingtonse Sakekamer en die plaaslike verfraaiingskomitee.
Die beoordeling van vanjaar se kompetisie is waargeneem deur Kobus Naudé, Charlotte Cupido, Helene Pretorius, Eugenie Wiggins, Johan Conradie en Erik Marais.
Veral persele in Stokeryweg en in die industriële park is geprys vir hul inisiatief om die ingange van die dorp te verfraai.
Volgens Eugenie Wiggins van die Verfraaiingskomitee is 'n mooi en goedversorgde dorp makliker om te bemark aan toeriste, voornemende beleggers en voornemende inwoners.
Die Verfraaiingskomitee, wat etlike jare gelede ontstaan het as 'n subkomitee van die plaaslike toerismeburo, is 'n poging van vrywilligers om saam met die Parke-afdeling van die Drakenstein Raad 'n bewustheid onder inwoners te kweek om die dorp te bewaar en te verbeter.
Sedert 2001 het die komitee reeds gesorg vir die aanplant van inheemse bome in Champagnestraat, Stokeryweg, Fonteinstraat en by die DBV-terrein.
Hul sakeperseel-toekennings gee reeds sedert 2000 erkenning aan sakepersone wat moeite doen om hul persele te versorg. Alhoewel dit nie 'n kompetisie is nie, word sakepersele deur die loop van die jaar, en finaal in Oktober, deur die beoordelaars gemeet aan kriteria soos algemene indruk, omheinings, plantegroei, ontwerp en beplanning.
In die afdeling vir klein persele, is goue sertifikate toegeken aan Jean-Nic Investment Enterprises, Global Directive Marketing; silwer aan Bell Inn en brons aan Call-Mac Glass, Continental China en Versailles Restaurant.
Die medium-grootte persele wat met goud vereer is, is Kerkstraat 41 (kompleks met Basson Skoene en D'Olives Restaurant), Redemption en Vinbott; silwer aan Oude Pastorie en Smit Malan Arkade; en brons aan Dripco en Wellington Exhaust Centre.
In die afdeling vir groot sakepersele was die ontvangers van goud Distell, Oases Padstal, Paarlvallei Botteleringsmaatskappy, Pacmar en Provence Onthaalsentrum; silwer aan DGB en Florida Padstal; en brons aan Anderson Transport, Wamakersvallei Wynkelder, Wellington Wynkelder en Windmeul Hersteldiens & Ingenieurswerke.
Benewens toekennings aan sakepersele, is twee nuwe kategorieë ingestel vir private individue in die historiese kern van Wellington, vir gerestoureerde huise of nuwe strukture.
Daar is onder meer gekyk na die gebruik van gepaste materiaal, vensters, deure en omheinings wat bydra tot die kultuurhistoriese erfenis van die dorp.
De Villiers en Umari Lategan in Malanstraat, en Shaun en Anneke Doubell in Malherbestraat is geprys vir die simpatieke en smaakvolle wyse waarop restourasiewerk of aanbouings aan hul historiese huise gedoen is.
Twee nuwe woonstelgeboue, Villa du Pré van Dawie du Preez in Kerkstraat langs Standard Bank en Adama Afree-oord van Jannie Bosman in Pentzstraat, is aangeprys.
"Daar is groot moeite gedoen om hierdie geboue in die historiese deel van die dorp te laat inpas." |
 |
|
 |
Nywerheidspark kry nog bure |
|
|
 |
|
|
DIE volgende fase van die Wellington Nywerheidspark gaan eers daags geloods word.
Hierdie nuus, wat gewis dui op positiewe groei binne die Wellingtonse nywerheidsektor, is Donderdag deur Herman Bailey, die Drakensteinse burgemeester, aangekondig tydens die toekenningseremonie van die Wellingtonse Sakekamer en Verfraaiingskomitee, waar die insette van plaaslike sakelui vereer is.
Volgens Bailey is daar reeds 21 aansoeke ontvang vir erwe in hierdie ontwikkelingsgebied, waar etlike vervaardigings- en verspreidingsmaatskappye reeds gevestig is.
Bailey sê dat hierdie uitbreiding bydra tot sy Raad se doelwitte van ekonomiese ontwikkeling en werkskepping.
"Die totstandkoming van die nywerheidspark was gewis een van die beste beleggings van die vorige stadsraad van Wellington," het hy gesê.
Ten tyde van die oorhandiging van goue sertifikate aan sakepersele namens die Verfraaiingskomitee, het hy ook park-voorsitter Kabous Marra en sy komitee geluk gewens met die hoë standaarde wat hulle volhou ten opsigte van die stel van riglyne oor die bou van nywerheidsgeboue in die verskillende fases van die park.
By die geleentheid is Tokkie de Beer en Jan-Adriaan van Zyl van Trufruco, wat nasionaal en internasionaal hul vrugtestafie-produkte versprei, aangewys as die Wellingtonse Sakepersone van die Jaar.
Soos verlede jaar se wenner, Kabou Marra van Pacmar, is hul fabriek ook in die nywerheidspark geleë.
Die beoordelaars, wat Trufruco eenparig aangewys het, was dr Piet van Schaik, direkteur en hoofstrateeg van Barnard Jacobs en Mellett, Vincent Langley, rektor van die Kaapse Technikon (Wellington kampus), Fanie Bekker, uitvoerende direkteur van die Wes-Kaapse Afrikaanse Handelsinstituut, en Anton Roelofse, areabestuurder van Business Partners.
Die spreker by die geleentheid was die uitvoerende hoof van die PSG Konsult Groep, Jannie Mouton.
Hy het die belangrikheid van swart ekonomiese bemagtiging veral vir kleinsake-ondernemings benadruk. |
|
|
|
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|