|
|
 |
 |
|
Letters - Briewe |
 |
Waterskattings kan jou baie gelde kos |
|
|
 |
|
 |
EK sou sekerlik my plig versaak indien ek nie waterverbruikers betyds gewaarsku nie.
Kaapstad, wat aan Drakenstein water lewer, staar 'n reuse tekort aan water in die gesig. Die raad het daarom onlangs besluit dat alle verbruikers wat vanaf 1 November meer as 30 kiloliter per maand verbruik, 'n 26% verhoging op hul totale verbruik vir die maand sal betaal.
Die sleutelwoorde is hier "per maand" en "1 November". Om absoluut seker te wees dat alle verbruikers regverdig behandel word en nie vir meer as hul werklike verbruik oor 30 dae aangeslaan word nie, behoort die munisipaliteit almal se watermeters op 31 Oktober of 1 November te lees, en daarna elke 30 of 31 dae.
Enige regdenkende mens sal besef dat dit onmoontlik is, en die munisipaliteit sal moet skattings maak. Ek kan ook nie sien dat die Munisipaliteit wetlik gesproke, die 26% verhoging deur die bank kan hef op enige lesings wat nie op bogenoemde twee datums gehef is nie.
'n Goeie voorbeeld sou wees, twee bure wat elk hul swembaddens sou volmaak, een op 30 Oktober en die ander op 2 November, terwyl die watermeters in die straat dalk eers op 4 November gelees word.
Die enigste praktiese oplossing wat aanbeveel kan word, is dat verbruikers self hul meters op 31 Okt/1 Nov lees en die lesing die volgende dag deurfaks na die munisipaliteit.
Dit sal natuurlik nogal 'n probleem afgee as die munisipaliteit byvoorbeeld 4000 fakse sou ontvang.
Maar as jy dit nie doen nie, gaan jy dalk 'n baie hoër waterrekening ontvang einde November as wat jy verwag het.
Ek kan nie sien hoekom besluite in die raad geneem word wat wetlik en prakties onuitvoerbaar is nie.
DDT |
 |
|
 |
Wees dankbaar om in die Paarl te woon |
|
|
 |
|
 |
WAT 'n plesier toe ek op die webblad van Paarl Post afkom.
Ek het 'n tydjie in die Paarl by La Rochelle skoolgegaan en vertel steeds vir almal ek is 'n Paarliet (al het ek al op honderd ander plekke ook gebly) en nie eers daar gebore is nie.
Julle ouens wat nog daar is, moet net dankbaar wees. Die mense is net soveel "nicer",die lug skoner, die uitsig mooier, die padverbruikers vriendeliker,die skole beter en die kinders nog maar kind.
Die see is lekker naby, met genoeg wynplase en plekkies waar mens sommer net kan gaan sit en op die vallei uitkyk, en o, moenie die rugby vergeet nie!
My beste jare was daar, reg langs die Bergrivier.
Nou woon ek in Gauteng omdat my werk hier is en ek verkyk my elke keer as ek 'n CJ kar sien verbykom en groet vriendelik en WEET sommer dis 'n mens wat gaan terugwuif, nie soos die klomp met Gauteng in die bloed nie.
Eendag sal ek weer terugkom en dan sal ek daar bly, want dis waar my hart is!
Inri Moller (voorheen De Lange) |
 |
|
 |
Ek handel nie in gesteelde voertuie nie |
|
|
 |
|
 |
EK wil antwoord op die berig "Stof oor gesteelde motors gaan lê nie". Dit handel oor die vierwiel-motorfiets en drie gesteelde motorenjins wat op my perseel gevind is.
Mnr Herman Louw het my gevra of hy die goed by my kan los totdat die eienaar van Durbanville dit die volgende dag kom haal.
Die een enjinblok was in die pad op sy Y-New perseel en ek het dit, soos die motorfiets,heel openlik vir hom vervoer, terwyl hy die ander twee by my huis kom aflaai het terwyl ek nie daar was nie.
Alles was oop en bloot en niks weggesteek nie, want volgens my was alles wettig, soos mnr Louw dit aan my verduidelik het.
Ek werk al 15 jaar met bakstene, en van motors en enjins weet ek min. Ek wil hiermee die publiek gerusstel dat ek nie handel met gesteelde voertuie nie.
Leon Stroebel, Wellington.
* Die polisie het 'n verklaring van Stroebel geneem toe daar beslag gelê is op die gesteelde motorfiets en enjinblokke by sy woning. Hy is nie aangekla van 'n misdryf nie. - Red. |
 |
Dank van bejaardes |
|
|
 |
EK wil baie dankie sê aan al die mense wat so mildelik vir ons bejaardes is Rusoord goed geskenk het deur die jaar.
Veral vrugte is baie welkom, en lekkergoed is baie lekker, want ons kry ook lus vir iets soet.
C Vercuiel (Rusoord ouetehuis) |
 |
Bank benadeel jou |
|
|
 |
EK en my twee kinders het spaarrekeninge by BoE, toe later PEP Bank, gehad. Met die oorname deur Nedbank van BoE is die rekeninge na Peoples Bank verskuif.
Met die oordrag van die rekeninge na Peoples Bank is daar in hulle wysheid besluit om die rekeninge na transmissierekeninge te verander.
Die gevolg is dat waar ons eers rente verdien het, kry ons nou geen rente nie. Die verandering is sonder ons medewete of goedkeuring gedoen.
Peoples Bank sit nou met die rente van duisende mense in hulle sak.
Die bestuurder het die rekening na 'n spaarrekening verander en die rente teruggeskryf, maar hoeveel ander mense besef nie eens hoe hulle benadeel word nie?
Kliënte van Peoples Bank moet net seker maak dat hulle rekeninge wel voldoen aan hulle verwagtinge en keuses.
Jaco van der Merwe, Paarl |
 |
Swaar voertuie pla |
|
|
 |
DIE Daljosafat nywerheidsgebied het deur die Jan van Riebeeckrylaan 'n pragtige verbinding met Wellington, Tulbagh en Malmesbury.
Kan iemand verduidelik waarom meer en meer swaargelaaide vragwaens via Optenhorststraat en Hoofstraat 'n draai maak deur Noorder-Paarl?
Hoekom ry die swaar voertuie na Malmesbury nie liewer met die breë Jan van Riebeeckrylaan en dan wes via Champagnestraat in Wellington nie?
Hoofstraat kan nie hierdie swaar verkeer dra nie.
Hoofstraatbewoner |
|
Swift action required |
 |
Editorial |
 |
|
|
 |
|
 |
IN the old days, people use to talk about "Bo" Paarl and "Onder" Paarl.
The "Upper" Paarl referred to Paarl South and "Lower" Paarl to northern Paarl, which was located down-river and thus in an inferior position to those who could wash their washing in the clean Berg River water of Paarl South.
Those references have all but disappeared once people were able to receive their water freshly piped from dams located high up in the mountains.
But today, the location of neighbourhoods down-river in Paarl are once again becoming an issue, due to the concentrations of squatters in the northern part of the town.
Thousands of families in Mbekweni and Dal Josaphat live in shacks, with no sanitation. Residents are forced to relieve themselves in low lying areas like canals and streams.
Not only has the run-off become hazardous to the health of people living in towns down-river from Paarl, it could also constitute a threat to the economy of the Boland, which is based on agriculture.
Should South African fruit irrigated from the river be considered unsuitable for export, it could have dire consequences for all residents of the area.
Urgent action is required by the Drakenstein Municipality to counteract this ongoing pollution through provision of services to shack-dwellers and upgrading of the sewage works. |
 |
|
|
|