safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 28 October 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 4 November 2004.

Aida

Lifestyle - Leefstyl


Henry bult weer spiere

[ Top ]


HENRY JONES is 'n man wat, in die beginjare van Arnold Schwartzeneger se loopbaan as liggaamsbouer, vir dié sterkman-cum-akteur ore aangesit het op die internasionale sportterrein.

Hy is twee keer - in Engeland in 1962 en Frankryk in 1963 - as die wêreld se beste liggaamsbouer gekroon.

Nà 'n afwesigheid van 40 jaar uit dié sportsoort het Henry nou, op 75, weer begin oefen, en maak hy 'n terugkeer tot die sportsoort wat hom al ver oor die waters geneem het om hierdie slag 'n wakende oog te hou oor die aspirant-liggaamsbouers wat by Wellington Health And Fitness Centre in Kerkstraat kom spierbou.

wgymFC

LEERMEESTER. Voormalige liggaamsbouwêreldkampioen Henry Jones (agter) maak gimnasium- -eienaar Christo Ross, wat self al die wêreldkroon in krarate gedra het, touwys in die fynere kunsies van spierbou.

"Ek wil terugploeg in die gemeenskap in, en vir die jongmense 'n paar dinge oor hierdie sport leer," vertel hierdie fiere figuur.

"Vir goeie ontwikkeling en gesondheid is die belangrikste om weg te bly van drank af, ten minste vier keer per week te oefen, en krag en genade vir jou oefening af te bid van die Here."

Dit beteken dat daar nou twee wêreldkampioene is wat regstaan met oefenprogramme en raad by dié goedtoegeruste Wellingtonse gimnasium, wat vyf maande gelede sy deure oopgemaak het.

Die ander is natuurlik eienaar Christo Ross, wat al die wêreldkroon in karate gedra het, en 'n gewilde plaaslike leermeester in dié sportsoort is.


Police invite all

[ Top ]


THE Police will have three Bambanani anti-crime meetings during the following week.

The first is tomorrow, when provincial commissioner Mzwandile Petros will visit Mbekweni from 14:00 to 17:00. The programme is in the Mbekweni Community Hall and transport will be available.

On Saturday he will be at the meeting at the Uniting Reformed Church Betel in Beethoven Avenue, Groenheuwel. The programme will start at 16:00.

The last meeting is on Wednesday at 19:00 in the Afrikaans Language Museum, Pastorie Avenue, Paarl. They will talk about community safety and determining of priorities and aims.


Besoek Drakenstein Sentrum

[ Top ]


DIE Drakenstein Sentrum vir Persone met Gestremdhede hou môre 'n opedag by hul nuwe werkswinkel by die Paarl Vaardigheidskool in Suider-Paarl.

Die program begin om 12:30 met 'n sangitem deur die Satchwell-koor.

Hierna vertel die Paarl Vaardigheidskool meer oor hulle werksaamhede en daarna is die Drakenstein Sentrum aan die beurt.

Om 13:00 vertel Satchwell Controls oor hulle nuwe leerlingskap (learnership) en daarna oorhandig die burgemeester sertifikate aan Satchwell-leerlinge.

Dit word gevolg deur 'n sangitem deur leerders van die Paarl Vaardigheidskoo. Die program sluit met en 'n besigtigingstoer deur die skool en sentrum.


Basaar in Paarl

[ Top ]


Gereformeerde Kerk Paarl se jaarlikse basaar vind Saterdag van 08:00 plaas in die kerksaal van die NG Gemeente Paarl-Vallei.

Afgesien van al die gewone basaarlekkernye soos heerlike tuisgebak, pannekoek en koue poeding sal diegene wat reeds begin dink aan Kersgeskenke oulike winskopies kan bekom. Daar is onder meer 'n geskenktafel met pragtige, handgemaakte artikels.

Die basaar sal ook die aangewese plek wees vir diegene wat betyds hulle koekblikke wil vul voor die vakansie aanbreek.

'n Ontbyt (R20) word bedien van 08:30 tot 11:00 en 'n wegneemete (ook R20) is beskikbaar vanaf 11:30 tot 12:30. Die wegneemete bestaan uit twee braaivleisporsies, twee slaaie en 'n broodrolletjie. Bespreek by Helene Jooste by 863-1770.


Vier die lente

[ Top ]


'n KEUR van Paarlse tuine word vandag oopgestel vir belangstellendes deur Paarl Tuinbouverenigng.

Van prentjie-mooi ouwêreldse roostuin tot asemrowende plaastuin wat strek sover die oog kan sien, knus dorpstuin, nuwe en gevestigde tuine kan besoek word.

Kaartjies is R20 per persoon en 'n roetekaart is vanaf 09:00 tot 17:00 beskikbaar by Eccentric Trading, Hoofstraat, Suider-Paarl. Verdere luister word aan die dag verleen deur die verkoop van unieke dekor-items gemaak deur Sylvia Gericke.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]