safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 28 October 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 4 November 2004.

Aida

Nuus - News


Poisonous

Anne Kruger

[ Top ]


"IF you row on the Berg River, you keep your mouth closed," says Paarl Canoe Club chairman Herbert Conradie.

He was commenting on concern expressed by scientists about the shockingly high level of human waste pollution in the Berg River below Paarl.

Upset stomachs have become a trademark of the Berg River Canoe Marathon, putting canoeists out of action this year.

"The smell in the northern areas of Paarl is marked. The stench of sewage makes you afraid to open your mouth," says Conradie.

"After the first heavy winter rains, the river is awash in human excretions spilling out of the drains."

wOMO

DANGEROUS. The pollution of the Berg River in Paarl is so high that it carries an extreme health risk for people who come into contact with its water.

According to Dr Jo Barnes, a community health researcher at the Stellenbosch faculty of health sciences, extremely high pollution levels measured in the Berg River are a danger to community health.

Run-off from shack areas has made the water so dangerous it could even endanger agricultural exports to the European Union, it is feared.

Barnes measured an E-coli count of 2,44 billion per 100ml water in the Berg River at a Mbekweni stormwater outlet last summer, the result of fecal waste running into the river from unserviced shack areas.

Contributing to the problem could be an inadequate sewage system in the area.

Lower down the count was 7000 per 100ml water, still much higher than the informal standard for clean water and irrigation (a maximum E-coli count of 2000/100ml).

Drinking water may not contain any traces of E-coli and any measurement above 500 units per 100 ml is considered dangerous for human contact.

According to Barnes the pollution levels  could also have a severe impact on the health of inhabitants of the banks of the river and could even cause cholera.

"The river is of crucial irrigation importance to farmers. Because they need to irrigate during the summer months when bacterial pollution is at its highest, crops are at serious risk of contamination by the polluted water."

The Berg River as tourism attraction is also threatened, because it is no longer suitable for recreational use  down-river of Paarl.

Says Barnes, "There is no proper sewerage infrastructure in the shack areas, and it is time the authorities provide them with the proper systems."

At a meeting in Moorreesburg she recently warned authorities that the organisms in the Berg River were becoming resistant to chlorination and antibiotics.

According to municipal manager Jacques Carstens, Drakenstein Municipality's water samples confirm high E.coli counts, especially down-river from Mbekweni.

"A report by consulting engineers indicates large scale pollution from stormwater canals running through neighbourhoods with insufficient sanitation.

"Three critical channels have been fitted with sewage pumping stations that pump the contents of the channels to the sewage works in summer."

The Department of Water Affairs has commissioned a study into failing sewerage systems which are damaging river ecosystems.

According to Carstens the local sewage system sometime overflows into the Berg River. Funding has now been approved to repair some of the critical points.

Says Carstens, "The biological pollution of the Berg River is a reality which must be addressed on a number of fronts.

"It is a complex problem in which a number of roleplayers are involved regarding the causes and solutions."


'Swak beplanning' sit Paarlse leerders op straat

[ Top ]


SOU daar vandag 'n nuwe skool in die Paarl open, sal daar net genoeg banke wees vir die honderde graad agts en neges uit Paarl-Oos wat sonder heenkome vir volgende jaar is.

Om die probleem op te los, is skole in Paarl-Wes deur die Onderwysbestuur- en Ontwikkelingsentrum (Obos) aangesê om plek te maak vir sowat 500 nuwelinge tot die hoërskool.

"En dit alles weens swak beplanning," het skoolhoofde in die wyer Paarl saamgestem.

Gerugte oor kinders sonder 'n skool, of oorvol klaskamers met leerders wat nie die mas kan opkom nie, het wyd geloop.

Ontstelde ouers moes gerus gestel word, en dít terwyl skole self die implikasies moes deurwerk.

Maar nou, meen skoolhoofde, moet die wilde beweringe gaan lê.

Obos het vroeër hierdie kwartaal by al die hoërskole in Paarl-Wes 'n ondersoek geloods na hul kapasiteit en besetting. Daarvolgens wou Obos 'n onderneming hê dat dié skole die probleem sal help oplos.

"Ons skool is besoek en my vrese is besweer," het Basjan Reinhardt, skoolhoof van Gimnasium, gesê.

"Ons is versoek om 30 leerders te akkommodeer. Dis nie dat hulle by ons geplaas word nie. Alle nuwe applikante doen aansoek om hulle by Gimnasium aan te sluit en dan word hulle gekeur."

Volgens Reinhardt word leerders wat te oud is, of met 'n negatiewe verslag van die laerskool aansoek doen, nie aanvaar nie.

Gimnasium se aansoeke sluit die einde van hierdie maand.

"Ek sal addisionele personeel kry wat deur die departement betaal word," het Reinhardt gesê.

"Soos al ons leerders, kan nuwe leerders ook aansoek doen om vrystelling van skoolgeld. Die skooluniform is nie onderhandelbaar nie."

Volgens die kapasiteit en besetting van die Hoër Jongenskool het Obos gemeen tot honderd leerders uit Paarl-Oos kan deur dié skool ingeneem word.

"Wat nie in ag geneem is nie, is dat ons 'n dubbelmediumskool is en Afrikaanse leerlinge nie in Engelse klasse geplaas kan word nie.

"Keusevakke maak dit ook moeilik om altyd vol klasse te hê," sê skoolhoof Louis Knoetze.

"Ons is lank reeds multi-kultureel. Ons reik die hand uit na kinders sonder plek, maar hierdie inname moet ordelik geskied en is onderhewig aan standaarde soos ouderdom."

Boishaai se inskrywings sluit vandag.

* High schools in Paarl West are ready to admit additional junior students, as requested by the Department of Education due to lack of classroom space in Paarl East.


Vete eindig bloedig

Malané Bosman

[ Top ]


'n JARELANGE vete tussen bure in Paarl-Oos het die naweek bloedig geëindig toe 'n man met 'n byl doodgekap en sy buurman se hondjie doodgebrand het.

Gevolglik was vier lede van die gesinne Hartzenberg en Booysen van Flamingostraat, Milky Town, Maandag in die Paarlse landdroshof.

 Die aanklagte het gewissel van moord, brandstigting, aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

Die naweek se tragedie het begin toe die twee tienerdogters uit die buurhuise, Sharon Jacobs en Nicolene Jonkers, Saterdag in die vroeë oggendure gestry het.

Volgens getuies het die meisies teen vyf-uur klippe na mekaar se wonings, Flamingostraat 31 en 27, begin gooi.

Nadat die ouers uit die huise gekom het, het humeure nog hoër opgevlam en het die oor-en-weer skellery handuit geruk.

Klaas Booysen (46) is met 'n skroewedraaier in die linkerlong gesteek voordat Jannie Hartzenberg (36) met 'n byl oor die kop gekap is.

Inwoners van opslaanwonings agter die huise moes die polisie en die ambulans, en later ook die brandweer,skakel.

'n Dogter van die oorledene was na bewering so ontsteld toe sy die oggend hoor haar vader is sterwend in die hospitaal, dat sy met 'n blik lampolie na die buurwoning gestap het.

Dit was daardie tyd dat Hartzenberg aan sy beserings beswyk het.

Die Booysen-gesin was nie tuis toe hul woning in vlamme uitgebars het nie. Net Lucky, hulle klein troetelhondjie, was in die huis toegesluit.

Alles in die woning is deur die brand verwoes. Ook Lucky het verkool. Toe die gesin later teruggekeer het, was dit om die swartgebrande mure te ontdek.

Hulle het net die klere oorgehou wat aan hul lyf was toe hulle die oggend ná die aanval daar weg is.

Sharon (19) is aangekla van brandstigting, en soos Nicolene (16), ook van opsetlike saakbeskadiging.

Maria Booysen is aangekla van ernstige aanranding. Haar man Klaas word op 'n aanklag van moord aangehou.

"Die vete gaan al baie lank so aan," het 'n buurvrou hierdie week gesê.

"As dit nie die honde was wat oor en weer geraas en baklei het nie, was dit die mense wat geskel het. En nou het dit op só 'n wrede manier geëindig."

Hartzenberg, 'n bekende skrynwerker, word oorleef deur sy vrou Dorothy, dogter Sharon en seuns Christie (13) en Simon (6).

Die tuisdiens is Saterdag om 08:30, met die gedenkdiens daarna in die Fairylandsaal.

* A Paarl East man was hacked to death with an axe before his neighbours' house was torched, killing their dog.


Plaasprojek stort dalk in duie

[ Top ]


ALLES is nie pluis op Kweekvlei nie. Dit is nou die plaas wat verlede jaar 10 km noord van Wellington in Agter-Groenberg gekoop is vir R4,8 miljoen. Die plaas is sowat 206 hektaar groot.

Kweekvlei is deur Biz Afrika 1781, met 'n ledetal van 74 (almal oudweermaglede van die SA Kaapse Korps of hul verwante), aangekoop.

Die fondse is verkry uit 'n skenking van Departement Grondsake (R3 miljoen LRAD-toekenning) en 'n lening van die Landbank (R2 miljoen).

'n Direksie bestuur die plaas namens die lede. Daar woon ook vier plaaswerkergesinne op die plaas.

Die hoofprodukte van Kweekvlei is grootmaat ongepasteuriseerde melk, asook wit en rooi wyndruiwe, sowat 300 ton.

Biz Afrika 1781 Bpk was die eerste swart bemagtigingsgroep in die Boland wat 'n plaas ten volle besit met behulp van die regering se grondhervormingsinisiatief van die regering.

Gerugte van ongerymdhede doen geruime tyd reeds die ronde. Só is daar bewerings dat werkers nie hul volle salarisse betaal word nie. Blykbaar het werkers ook een naweek van die direkteure op die plaas aangehou totdat die polisie hulle kom ontset het.

Twee moedelose vroue het hul nood by die Paarl Post kom bekla. Volgens hulle word hul mans meestal net een week per maand betaal.

Hoewel daar geld vir elektrisiteit afgetrek word, het die werkershuise reeds geruime tyd nie meer krag nie.

"Ons moet ver loop om brandhout te gaan soek vir kosmaak," vertel hulle.

Vrydag het die direkteure glo 'n bees geslag in 'n poging om kos aan die mense te gee.

Vroeër die maand het die werkers vir arbeidskonsultant Leon Coetzee aangestel om hul belange te beskerm.

Hy is baie bekommerd oor die toestand: "Die mense se begrafnisdekking het reeds verval en ek kon nog nie vasstel of hulle werkloosheidsversekering op datum is nie."

Hy het die direksie tot Dinsdag 17:00  geleentheid gegee om die mense se agterstallige lone te betaal, anders sal die saak arbeidshof toe gaan.

Woensdagoggend het hy nog niks gehoor nie: "Ek is baie ontsteld, die mense oorleef op aalmoese," het hy aan die Paarl Post gesê.

'n Vergadering is die eerste keer op 29 Augustus met aandeelhouers gehou om hulle in te lig oor die situasie.

Volgens aandeelhouers het Jacobus Fortuin, voorsitter van die direksie, by dié vergadering erken dat hulle hulself aangestel het.

Die ander  oorspronklike direkteure is Phillip Booysen, Fiona Matthews, Charles Pietersen en Kallie Geslin.

Daar is aangevoer dat daar volskaalse wanorde op die plaas heers, insluitend bedrog, diefstal, laksheid, asook 'n gebrek aan respek en dissipline.

'n Regsgeleerde wat deur Fortuin ingeroep is, Jan Daniëls, het die situasie glo as 'n ramp beskryf en gesê aandeelhouers is mislei.

By dié vergadering is daar ook aangekondig dat die staat in Oktober 'n verdere R1,2 miljoen rand aan die plaas beskikbaar gaan stel.

Die aandeelhouers het toe besluit dat die geld gebruik sal word om professionele mense aan te stel om die plaas te bestuur, wat nie aandele besit nie.

Sondag sou daar 'n jaarvergadering gehou word. Daarvan het niks gekom nie, want daar was skynbaar geen kworum en ook geen finansiële state beskikbaar nie.

Die direksie is in twee verdeel en na bewering wou-wou die twee groepe net handgemeen raak.

Paarl Post het die voorsitter, Fortuin, geskakel om agter die kap van die byl te probeer kom. Hy het egter geweier om enige inligting te gee en het gesê hy is nie gemagtig om enigiets te sê nie - nie eers hoeveel mense die vergadering bygewoon het nie.

Hy wou ook nie kommentaar lewer nie oor aantygings dat geld wat gemaak word met die melkery, "uit die bank verdwyn".

Aandeelhouers wat met die Paarl Post gepraat het, voel dat die direksie vervang moet word met mense wat kan boer.

'n Vergadering van aandeelhouers sal weer op Sondag 7 November om 10:00 in die Colibri-saal gehou word.

* An agricultural empowerment for former members of the SA Defence Force is on the verge of collapse.


Inbreker maak amok by hof

Malané Bosman

[ Top ]


DIE kontantsaal van die Wellingtonse landdroshof was Dinsdagoggend toe onder wit stof nadat 'n inbreker 'n brandblusser leeggespuit het.

Teen landdros Patrick Ross se kantoordeur is 'n wit poeierafdruk van die inbreker se skoensool duidelik afgeêts waar hy die deur probeer ooptrap het.

"Die man moes oor 'n hoë muur met ystertralies bo-op geklouter het om in die hofgebou te kon kom," het landdros Ross gesê.

"Hy het met die brandblusser in die gang die kontantsaal se deure oopgekap en toe probeer om die koeldrankmasjien oop te breek."

Die vandalisme is om 05:00 ontdek.

Hoewel die hof vir besoekers gesluit was terwyl forensiese ondersoek gedoen is, kon die hofverrigtinge teen nege-uur weer normaal voortgaan.

Van die hofgebou het die inbreker die speurderskantore, in 'n ou woonhuis aan Malherbestraat, ingeval.

Hy het in al die kantore, wat nie gesluit word nie, gekrap en vir hom drie plastieksakke volgepak.

Die kamera waarmee verdagtes afgeneem word, 'n selfoon, 'n handvol messe, flits, skêre, penne, bosse sleutels, tot badkamerseep, is ingepak.

Kort na 02:00 het konst Lizelle Francis uit die aanklagkantoor 'n verdagte man sien verbyloop.

Insp Hillary Smit het haar radio-boodskap ontvang en die verdagte in hegtenis geneem.

Ricardo September (26) van St Georgesstraat 21, Weltevrede, word aangehou.

* The magistrate's office and detective offices at Wellington were trashed by a burglar on Monday night.


Vrou sterf na besoek van 'seun'

[ Top ]


'n JONG man wat voor die oë van 'n bejaarde vrou in Paarl-Oos grootgeword het, is verlede week vir haar moord in hegtenis geneem.

Lizzie Matthee (67) was Saterdagmiddag 16 Oktober vir 'n oomblik alleen in haar Ribbokstraat-woning toe Majiet Kahn (35) by haar aangeklop het.

Haar man, Tommy, het hul kleindogter 'n geleentheid gegee "omdat dit nie veilig so alleen is nie".

'n Buurvrou wat Kahn by die woning gesien het, het onraad vermoed. Sy het steungeluide in die huis gehoor voordat sy 'n man met bloed op sy hemp sien weghardloop het.

Die erg beseerde vrou het op haar maag in die voorhuis gelê. Daar was erge wurgmerke aan haar nek, en gesig- en handbeserings. Haar trouringe is van haar vingers afgepluk en die woning was omgekrap, met omgekeerde kaste en beddens.

"Dit was mos betaaldag vir pensionarisse," meen haar gesinslede. "Hy het beslis geld gesoek."

Matthee was tot Maandag in 'n koma, tot sy haar kinders se stemme herken het, al kon sy nie self praat nie. Sy het Dinsdagaand gesterf.

"Majiet ken ons ma, hy was 'n kind in ons straat," het haar hartseer gesin gesê. "Hy kon net haar goed gevat het, toe word sy so aangeval."

Matthee is verlede Saterdag ter ruste gelê. Sy word oorleef deur haar man, seun Aldino en dogters Joy en Theresa en sewe kleinkinders.

Kahn is Maandag in hegtenis geneem en aangekla van die roofmoord in Ribbokstraat, asook van die mesaanval en verkragting van 'n 34-jarige vrou by Groenheuwel die Saterdagaand nadat die bejaarde vrou aangeval is.

Kahn het 'n string veroordelings en is onlangs met korrektiewe toesig uit die gevangenis gelaat.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

 

[ Top ]