|
|
 |
 |
|
Sport |
 |
Beker én 'n Bok vir Boland |
|
|
 |
DIE Boland Kavaliers wat Vrydagaand hul titel as Eersteligakampioene van die Curriebeker suksesvol verdedig het, se vreugdesvure is Saterdag 'n hele ent hoër aangeblaas toe hulle 'n Springbok ryker geword het.
Die Kavaliers se blitsige vleuel, Jongikhaya Nokwe, was een van die verrassende insluitings in Jake White se Springbok toergroep van 33 spelers wat Saterdagmiddag aangekondig is.
Nog een van die ses nuwe Springbokke wat in November in Europa en Argentinië gaan toer, is die Paarliet Gurthrö Steenkamp.
Volgens die nasionale breier is Nokwe, "tans die vinnigste rugbyspeler in die land", in die span ingesluit vir sy spoed.
"Jongikhaya het vanjaar die 40m in 4,8s afgelê, vinniger as enige ander speler in die land. Ons hoop sy spoed sal vir ons meer geleenthede op die punte beteken," het White in 'n onderhoud ná die |
|
|
 |
bekendmaking gesê. Die 22-jarige Nokwe, wat in Khayelitsha bly, speel al vir die afgelope twee jaar vir die Kavaliers. Hy is oorspronklik van die Ciskei, maar het op 14-jarige ouderdom na die Kaap verhuis.
Die Cheetahs-stut, Steenkamp, het Suid-Afrika al op o.21-vlak verteenwoordig en vanjaar sy debuut vir die Cats in die Super 12-reeks gemaak.
Gurthrö, wat die skaal op 120kg laat kreun, het aan Hoër Jongenskool Paarl gematrikuleer en studeer tans aan die Universiteit van Vrystaat.
Steenkamp het egter nou sy Cheetah-kolle vir 'n ligblou trui verruil en sal volgende seisoen vir die Blou Bulle uitdraf.
"Dit is 'n baie lekker gevoel. Dit is seker hoe enige ouer sal voel as sy seun in die Springbokspan opgeneem word," het Gurthrö se pa, Julian vandeesweek gesê.
Die ouerpaar was Saterdag in die pawiljoene op Loftus. Gurthrö het egter nog nie by sy ouers aangesluit toe die aankondiging gemaak is nie.
"Hy het maar net gelag toe hy ons hom na die wedstryd sien. Hy is, soos die Engelsman sê, maar baie modest," het Julian laggend bygevoeg.
Nog 'n Boland Kavalier, die agsteman Henley du Plessis, is in die SA A-span opgeneem, terwyl die ander vleuel, Ryno Benjamin in die SA Sewesoefengroep opgeneem is.
Du Plessis het homself reeds as 'n klipharde speler bewys met veral sy dodelike verdediging en wen van die losbal wat hom so waardevol maak vir die Boland.
Die Kavaliers se afrigter, Hawies Fourie, was in sy noppies met dié drie spelers se benoemings.
"Jongi is miskien nog 'n bietjie jonk. Ek sou graag wou sien dat hy miskien eers SA sewesrugby speel, maar ek is seker hy sal homself in die Springbokspan bewys," het Fourie Maandag gesê.
Die Kavaliers se hoop om vir die tweede agtereenvolgende jaar die Curriebeker se Eersteliga-kompetisie te wen, het Vrydag vierkantig op die skouers van die Bulldogs se plaasvervanger-losskakel, Werner Bester, gerus.
Bester se doelskop met die telling op 23-22 (10-7) in die Kavaliers se guns en die tyd wat reeds uitgeloop het, het dié losskakel in 'n maak-of-breek situasie geplaas.
Die vasgeklemde duime van die tuisspelers agter die pale asook dié van die toeskouer langs die veld het egter vrugte gewerp en die skop is links verby.
Twee minute voor die eindfluitjie het 'n strafskop deur Solly Goosen die Kavaliers van 'n oënskynlike veilige sespunt-buffer besorg.
Die Bulldogs het egter versuim om tou op te gooi en in die laaste sekondes druk die plaasvervanger-senter, Werner Coetzer, in die hoek.
Senuwees wat knaag en oorgretigheid deur albei spanne het tot heelwat hanteerfoute en omgekeerde besit gelei. 'n Briljante drie deur die alewig bedrieglike buitesenter, Piet van Zyl, het egter die toeskouers tot in hul kleintoontjie laat lekker kry.
Die heelagter, Antonius Verhoeven, het die bal vir Van Zyl uitgegee waarna die vlugvoetige blondekop van net buite sy kwartgebied drie laagvatte ontduik en sowat 75m gehol het vir sekerlik een van die aanskoulikse drieë van die seisoen.
'n Drie deur Du Plessis asook doelskoppe (2) en strafskoppe (3) deur losskakel Solly Goosen het die punte vol gemaak. |
 |
|
 |
Eerste wen vir Wellington |
|
|
 |
|
 |
NA die vorige naweek se teleurstelling het Wellington se krieketspanne die naweek albei sukses behaal teen Van der Stel.
Dit was Wellington I se eerste oorwinning van die seisoen en hulle klop Van der Stel maklik met sewe paaltjies op die Pen Basson-velde op Wellington.
Die besoekers kolf eerste en behaal slegs 150 lopies.
Godfrey Stevens (4/41 in 12bb) 'n leerder van New Orleans Sekondêr wat ook in die Boland se o.19A-span opgeneem is, blink uit met die bal, terwyl Warren Groeneveld (2/33 in 12bb) ook die paaltjies laat kantel.
Die Wellington kolwers het nie te veel probleme gehad in hul jaagtog vir die teiken nie en hulle behaal dit in die 52ste beurt met slegs drie paaltjies plat.
Die oom en neef kombinasie van Godfrey (38, 3x4) en David Stevens (54 nun, 8x4) was Wellington se voorste lopiemakers.
Op Stellenbosch het Wellington se tweede span ook sukses geproe.
Wellington wen die loot en vra die tuisspan om eerste te kolf.
Van der Stel verloor gereeld paaltjies, maar teken nietemin 'n goeie totaal aan van 243 almal uit.
A Kotze (53, 10x4) en A van der Merwe (58, 8x4 2x6) lewer goeie bydraes met die kolf, terwyl Christiaan Loubser (3/39 in 9bb), Richard Stroebel (2/61 in 14bb) en Anele Nanase (2/48 in 15bb) die beste geboul het vir die besoekers.
Nanase, 'n leerder van Desmond Tutu Sekondêr, is in die Boland O/19B span opgeneem.
Die Wellington kolwers, wat op die stadium van die seisoen nog min moeite van enige boulaanval ondervind het, klim onder die Van der Stel-boulers in en behaal 244 vir die verlies van slegs twee paaltjies.
Albei die openingskolwers, Stroebel (107 4x16, 6x2) en Nicky Roos (100 nun, 4x14, 1x6) wat sy honderd behaal deur die wenlopies met 'n vier te slaan, blink uit.
Saterdag speel Wellington I teen Maties op Wellington en die tweede span teen Maties op Stellenbosch. |
 |
|
 |
Paarl-Oos tem Victoriane |
|
|
 |
|
 |
'n SOLIEDE vertoning met beide die bal en die kolf het Saterdag op Stellenbosch verseker dat Paarl-Oos Krieketklub 'n gemaklike ses paaltjie oorwinning oor Victoriane behaal het.
Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te kolf waarna hulle 171 aanteken met die laaste paaltjie wat in die finale beurt val.
A Olivier (39), D Durham (31) en R Venter (20) was die studente se beste kolwers.
Goeie ekonomiese boulwerk deur die Paarliete se Elroy Abrahams (4/39 in 15bb, 1 leeg), Graig Abrahams (2/31 in 11,3bb, 1 leeg) en Waylin September (1/23 in 15bb, 3 leeg) het Vics se taak bemoeilik. Die kolwers het veral gesukkel om die balle van die draaiboulers, September, en die kaptein, Jackie Daniels (2/13 in 3bb) weg te kry.
Die besoekers behaal die wenlopies in die 29ste beurt, met slegs vier paaltjies plat.
September was die eerste kolwer wat weer teruggestuur is kleedkamer toe, maar nie voordat hy 'n goeie 64 gemoker het nie, wat nege grenshoue en twee sesse ingesluit het. Sy poging om nog 'n groot ses te moker, het egter sy paaltjie geëis toe hy op die grens uitgevang is.
'n Onoorwonne 74 deur Garth Lewis wat vyf grenshoue en twee sesse ingesluit het, asook 'n blitsbeurt van 24 lopies van 24 balle deur Zynodien Fredericks wat drie grenshoue ingesluit het, het Paarl-Oos se totaal afgerond.
W Kloppers (3/38) en J Hobson (1/51) was Vics se top boulers.
Paarl-Oos se derde span het Saterdag sy eerste honderdtal van die seisoen opgelewer teen Oostelikes op New Orleans.
Oostelikes wen die loot en verkies om eerste te kolf. Rocky Manuel (63), G Pretorius (29) en V Voster (21) help die besoekers na 190/9 in hul 50 boulbeurte.
Die tuisspan se beste boulers was E Carolissen (2/24 in 10bb) en Heino Erasmus (2/31 in 6bb).
Germaine Didloff het die pas aangegee in Paarl-Oos se kolfbeurt met 'n uitblink 113 wat agt grenshoue en agt sesse ingesluit het.
Angelico October se 23 lopies, insluitende vier grenshoue, het ook gehelp dat die tuisspan die teiken in die 41ste beurt kry met slegs vyf paaltjies plat.
Saterdag speel Paarl-Oos I weg teen Vredenburg/Saldanha, Paarl-Oos speel tuis teen dieselfde klub en die derde span meet kragte met Van der Stel III op Stellenbosch. |
 |
|
 |
Top atletiekprestasie duik reeds vroeg op |
|
|
 |
|
 |
MEER as 5000 Bolandse toeskouers is Saterdag in ideale weersomstandighede vermaak met atletiek uit die boonste rakke tydens die 2004 Boland Atletiek Voorseisoen-kampioenskappe wat op Daljosafat-stadion in Paarl gehou is.
Van die sowat 800 atlete wat deelgeneem het, het 134 meer as 800 punte op die Atletiek Prestasietabelle verwerf. Meer as 20 van dié prestasies tel in hul onderskeie items onder die beste 10 prestasies in Suid-Afrika vanjaar.
Heinrich Gonzales het 'n nuwe Boland rekord opgestel in die s.17 hamergooi met 'n afstand van 65,53m. Dit is die beste afstand wat nog vanjaar in dié ouderdomsgroep behaal is.
Nicole Nel het 'n nuwe Boland-rekord opgestel in die m.17 spiesgooi met 'n afstand van 45,10m. Dit is die tweede beste afstand wat vanjaar in Suid-Afrika behaal is.
Ander top 10 prestasies is: Werner Williams 200m s.13 (24,20) en 100m s.13 (11,60), Darren Koopman HS s.13 (1,65m), Ramon Samuels VS s.13 (5,75m) en 200m s.13 (24,30), Reagan Julies VS s.19 (7,57m), Angelo Fredricks VS s.13 (5,45m), Werner Williams VS s.13 (5,43m), Simithandile Sikwata HS s.15 (1,85m), Adriaan Thops 100mH s.15 (13,60) en HS s.15 (1,85m), Jason Heyburgh HS s.15 (1,85m), RJ Kellerman GS s.15 (16,47m), Chadlin Smith 200m s.17 (22,00), Kenneth Kraukamp 100m s.15 (11,30), Keenan Watson VS s.17 (7,25m), Brendon Nell 100m s.13 (12,00), Zonika van der Riet 200m m.13 (27,30) en VS m.13 (5,04m), Vedelia Buckenerry 200m m.13 (27,40), Vanessa Hendricks 200m m.13 (27,70), Celeste Rietles 100m m.15 (12,60), Juanita Stander HS m.15 (1,60m).
Die finale Talent Identifiseringsbyeenkoms sal Saterdag op Daljosafat-stadion gehou word en om 08:30 begin.
Die Bolandse atlete sal dan te staan kom teen die beste atlete van die Westelike Provinsie en Suid-Westelike Distrikte. Hierdie byeenkoms sal ook dien as die Wes-Kaapse Voorseisoen Atletiekkampioenskappe. Atlete wat nog in aanmerking wil kom vir die voorlopige span vir die 2005 seisoen, het nog 'n laaste kans om hier hul talente aan die Boland Atletiek Sentrum van Uitnemendheid te toon.
Na afloop van die reeks byeenkomste sal die uitslae van atlete deur Boland Atletiek se Sentrum van Uitnemendheid geëvalueer word om 'n voorlopige span te identifiseer wat reeds in Januarie sal saamtrek vir 'n oefenkamp. |
 |
|
 |
Baabaas, Drakes kraai koning |
|
|
 |
DIE manne van Young Barbarians het Saterdag die span van Young Warriors 15-7 in die eindstryd van die Paarl Landelike Sport-unie se Superliga A geklop.
Japie Aggenbag en Desmond Demas het vir die wenspan gedruk, terwyl Vernon Jacobs in die kol was met 'n doel- en strafskop.
In die eindstryd van die Premierliga het Drakes te veel skietgoed gehad vir Avenues en gevolglik 20-3 gewen.
Drakes se drieë is deur Jerome September, Derick Swarts en Dirk Damonse gedruk, met Melvin Jansen wat 'n doelskop behaal. Gielie Franse het ook met 'n skepdoel geslaag. |
 |
Runs keep on coming to Paarl |
|
|
 |
|
|
THE three senior teams of Paarl Cricket Club again swept all before them with impressive performances in the Boland competitions on Saturday.
The Novel Paarl team thrashed the unbeaten Maties, Paarl II fought bravely for their victory against Maties II, while the third team beat their counterparts in Brackenfell in a close match. Paarl IV went down against Kromco.
The first team managed a convincing five wicket victory over Maties at Coetzenburg.
Wesley Euley (87) showed that he is ready to entertain the crowds again in the Boland matches, taking the match away from the students in fine style, after his calypso innings against Van der Stel the week before.
Batting first, the students struggled against the swing bowling of Ultallyn Erntzen (4/37 in 14 overs), who was again well supported by Anwell Newman, Clint Philander and Denver van Reenen. They reached only 44/4 after 20 overs and in an attempt to break the stronghold of the Paarl bowlers, lost wickets at regular intervals.
The home team was let off the hook, however, and were fortunate to reach 206/8 in their allotted 60 overs.
The visitors needed only 51 overs to knock off the required runs, Euley being the anchorman with two sixes and nine boundaries. Dave Callaghan (37) and Carlo Crotz (20) provided the back-up, while Hilton Solomons (24) finally got an opportunity to show his class, finishing off the match with two tremendous sixes.
Paarl II also retained their unbeaten record with a clinical 28 run victory over Maties II at the Parys Grounds in Paarl.
The home team set a target of 193 after losing eight wickets in their 60 overs, with captain Marco Walters (56) setting the example up front. Alfredo Adams (59) was also in good form, being particularly severe on Christo Plaatjies (2/46).
The visiting team tried hard to clinch a victory with batsmen Nortman (70) and Villett (29) giving it their all, but their innings lasted only 49 overs.
Excellent variation in his spin bowling ensured 6/61 for man of the match Adams who was ably supported by Faghrie Jacobs (3/39).
The third team posted 195/6 in their allotted 50 overs in Brackenfell, thanks to William Wilson (58), Cameron Cupido (69) and Kurt Martin (31).
After a promising start the home team collapsed for 192, due to a fine 10 overs each by David Pick (3/48), Heinrich Daniels (2/28) and Dane Schoor (2/28), handing a three run victory to the Paarl team.
Paarl I plays Stellenbosch/Districts at the Parys Grounds on Saturday, while Paarl II takes on the same team in Stellenbosch, the third team hosts Spes Bona and Paarl IV play Bella Vista in Ceres. |
|
|
|
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|