safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 28 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 December 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


Joseph, Mary en Slampamperman in Paarl

[ Top ]


waffairDAAR lê 'n bedrywige week voor by die Ou Meulteater in die Paarl, met nie minder nie as drie stukke wat opgevoer word.

Eerste aan die beurt is "A Woman Alone", 'n "swart" komedie wat Dinsdag om 20:00 opgevoer word deur Esther von Waltsleben.

TONEEL. Abduragman Adams, Charlton George en Ilse Oppelt met "Die Joseph en Mary Affair".

Dit is die verhaal van Maria, 'n alledaagse huisvrou, wat dag na dag deur haar man in hulle woonstel

Hoekom? Hy vertrou haar nie. Hoekom ? Sy soek meer as wat hy haar bied.

Sy hou haarself besig met huistake en haar swaer wat na 'n motor-ongeluk van kop-tot-tone in gips toegedraai is. As afleiding (en ontvlugting) luister sy radio, totdat sy 'n nuwe intrekker oorkant die straat gewaar en haar bevriend. Uiteindelik iemand om mee te praat.

Die vertoning is in Engels met 'n Italiaanse aksent

Kaartjies is R35 by Print Right (872-7209).

Joseph en Mary Affair

Woensdag en Donderdag 5 Desember om 20:15 word "Die Joseph en Mary Affair" deur Ilse Oppelt en Malan Steyn opgevoer, met Ilse, Abduragman Adams, Charlton George in die rolverdeling.

So, issit dan nou 'n miracle, of wat?

Toe Speedy Cupido sê Gerty moet twenty past seven inklok vir 'n meeting was sy skepties, maar sy klok toe maar in, betyds.

Nie soos Munier wat laat was nie. Munier wens egter later hy het nooit opgedaag nie, want die kamtige meeting gaan dan oor 'n nativity play en hy wat Munier is, is mos 'n Moslem, maar dis ook oraait besef hy later, want hy speel mos maar net die Bethlehem ster en bou die stel.

"Die Joseph en Mary Affair" is 'n toneelstuk met deernis en warmte wat die gehoor kort-kort sal laat lag en ook sal laat huil - 'n Goeie dosis Kaap! Regie deur Marthinus Basson. Kaartjies is R40 by Print Right.

'n Handvol Gruis

Van die sterre, van die maan, kom die alleen slampamperman en hy maak, uit puur verstrooiing, slampamperliedjies waar hy gaan.

'n Reis met woord en lied om te sien wat die lewe en werk van C Louis Leipoldt steeds bied, "'n Handvol Gruis", word op Saterdag 7 Desember om 20:00 deur Johann Nel en Leon Schelhase aangebied.

Van die gedigte wat opgedis word, is Wys my die plek, Fluit windswael, Soutpan, Oktobermaand, Tuinroos tussen die tulpe, Kom gee vir my polfyntjie en die sonnet Liefde.

Bespreek by Print Right.


Kultuurpersoonlikheid gesoek

[ Top ]


DIE Paarlse Afrikaanse Skakelforum (PASF) wil 'n "kultuurpersoonlikheid" van die Paarl en omgewing aanwys.

Die publiek kan enige persoon wat 'n bydrae tot die kultuur gemaak het, hetsy in erfenis, bewaring, musiek, teater, skryfkuns, taal, godsdiens, geskiedenis, onderwys, ens. vir die toekenning nomineer.

Nominasie

'n Curriculum Vitae van die kandidaat moet sy nominasie vergesel en besonderhede soos opleiding, loopbaan, organisasies waarop gedien is, publikasies indien enige, deelname aan geskrewe en elektroniese media, toekennings reeds ontvang, belangstellings/aktiwiteite/stokperdjies en persoonlike besonderhede insluit.

Nominasies moet teen die begin Desember aan die sekretaris van die PASF, Elaine Joubert, gestuur word. Rig dit aan Paarlse Afrikaanse Skakelforum, Chateaustraat 1, Courtrai, Paarl 7646.

Die kandidaat sal in die eerste kwartaal van 2003 vereer word met 'n oorkonde wat op 'n kultuuraand oorhandig sal word.


Alvin Bruinders by Paarlse fees

[ Top ]


DIE bekende sanger en komediant Alvin Bruinders is weer te sien by die Kersliggiefees in die Paarl op Vrydag 13 Desember.

Die feesliggies word op 12 Desember aangeskakel en die aand sal ingelui word met gewyde Kersmusiek met begeleiding deur 'n blaasorkes.

Die Saterdagmiddag word 'n fietskermesse van 14:00 en 'n straatmyl om 17:00 aangebied in die middedorp. Die aand tree Kinders van die Ses op.

Verskeie plaaslike kunstenaars sal aande optree. Onder die sterre is Perfect Harmony, Essentials, Volume Four, Protegé, Rodney en Francisca.

Van hulle sal op Saterdagaand 7 Desember ook op Saron te sien wees, saam met Vader Kersfees.

Mense wat stalletjies wil bespreek vir die Kersliggiefeeste in die Paarl en Wellington moet opskud.

Om stalletjies vir Paarl te bespreek, skakel 083-430-8410 of 872-4842 en vir Wellingtonse Kersliggiefees môre, skakel 864-2126.

Die Paarlse Kersliggie-feeskomitee het 'n beroep op besighede en huiseienaars gedoen om Kersliggies op hul eiendom aan te bring.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za